1 Januarie

1 Januarie is nuwejaarsdag, die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook die eerste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar (365 in skrikkeljare).

Bretons

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bretonners.

Britse Ryk

Die Britse Ryk (Engels: British Empire) was 'n groep lande wat voorheen deur Groot-Brittanje beheer is. Dit was die mees uitgestrekte koloniale ryk in die geskiedenis met 'n groot aantal kroonkolonies, kolonies, dominiums en protektorate op elke vasteland. Aan die begin van die 20ste eeu het Groot-Brittanje meer as twee vyfdes van die wêreld se landoppervlakte oorheers, waaronder die twee destydse kolonies en twee Boererepublieke van Suid-Afrika, met 'n bevolking van sowat 458 miljoen of 'n kwart van die destydse wêreldbevolking. Die feit dat Engels nog steeds die belangrikste internasionale verkeerstaal is, het onder meer te make met die groot rol wat Brittanje in die moderne geskiedenis gespeel het.

Britse Statebond

Die Statebond (vroeër Britse Statebond, Engels: Commonwealth of Nations, tot 1947 British Commonwealth of Nations) is 'n vrywillige vereniging van 53 onafhanklike, soewereine lande, meestal bestaande uit die Verenigde Koninkryk en sy vorige kolonies.

Britse oorsese gebiede

Die Britse oorsese gebiede (Engels: British Overseas Territories) is 14 gebiede, wat geen deel van die kerngebied van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland uitmaak nie, maar wel deur die Verenigde Koninkryk beheer word. Die gebiede lê oorwegend buite Europa, en is met die uitsondering van Gibraltar nie deel van die Europese Unie nie.

Engeland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.

Ierland

Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Republiek Ierland. Vir die deel van die Verenigde Koninkryk, sien Noord-Ierland. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Ierland.Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], ; Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], ; Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.

Jakobus I van Engeland

Jakobus I (Engels: James I; 19 Junie 1566 – 27 Maart 1625) was koning van die Skotte (as Jakobus VI), van Engeland en van Ierland. Hy was die eerste persoon wat na homself verwys het as koning van Groot-Brittanje. In Skotland het hy van 24 Julie 1567 tot en met sy dood as Jakobus VI regeer. Ná die dood van sy niggie Elizabeth I het hy koning van Engeland en Ierland geword waar hy van 24 Maart 1603 tot en met sy dood regeer het. Hy was die eerste Engelse monarg van die Huis van Stuart.

Kanada

Kanada (Engels: Canada, ['kænədə], en Frans: Canada, [kana'da], ), histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van byna 37 miljoen (soos in die eerste kwartaal 2018). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie geregeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is.

Kelties

Die Keltiese tale is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die Indo-Europese tale wat deur die Kelte gepraat is, een van die eerste Europese groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die 5de eeu v.C. vanuit die sentrale deel van Europa getrek.

Koninkryk van Engeland

Hierdie artikel handel oor die historiese koninkryk. Vir die land in sy huidige vorm, sien Engeland.

Koninkryk van Ierland

Die Koninkryk van Ierland (Iers: Rioghacht Éireann, Engels: Kingdom of Ireland) was 'n staat geleë in Wes-Europa op die Eiland Ierland. Dit het bestaan van 1542 tot met die Act of Union 1800 wat dit verenig het met die Koninkryk van Groot-Brittanje (1707–1800) om die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland (1800–1922) te vorm.

Koninkryk van Skotland

Hierdie artikel handel oor die historiese koninkryk. Vir die land in sy huidige vorm, sien Skotland.

Kornies

Die Korniese taal (Kornies: Kernowek of Kernewek) behoort saam met Wallies en Bretons tot die Britonse groep van die Keltiese tale en word tot sowat 1780 (die jaar waarin die laaste moedertaalspreker van Kornies, Dolly Pentreath, oorlede is) in Cornwall as 'n gemeenskapstaal gepraat.

Monargie van die Verenigde Koninkryk

Die monargie van die Verenigde Koninkryk (algemeen die Britse monargie genoem) is die grondwetlike monargie van die Verenigde Koninkryk en sy oorsese gebiede. Die monarg se titel is "koning" (manlik) of "koningin" (vroulik). Koningin Elizabeth II is sedert Februarie 1952 die monarg. Sy het die troon na die dood van daar vader, koning George VI bestyg.

Skotland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Skotland.Skotland (Engels en Skots: Scotland, [ˈskɔtlənd]; Skots-Gaelies: Alba, [ˈal̪ˠapə], ; Latyn-Kelties: Caledonia) is 'n deelstaat in die noordweste van Europa en vorm een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Die Skotse hoofstad Edinburg (Engels: Edinburgh) word net soos Glasgow, die grootste stedelike nedersetting in die land, onder die belangrikste finansiële sentrums in Europa gereken.

Vlag van Engeland

Die vlag van Engeland is die Sint Joriskruis. Die rooi kruis het in die Middeleeue en in die Kruistogte as ’n embleem van Engeland verskyn en is een van die vroegste embleme wat Engeland verteenwoordig het. Dit het die status van nasionale vlag van Engeland verwerf tydens die 16de eeu.

Vlag van Skotland

Die vlag van Skotland is die Sint Andreaskruis. Die rooi kruis het in die Middeleeue as ’n embleem van Skotland verskyn en is een van die vroegste embleme wat Skotland verteenwoordig het. Dit het die status van nasionale vlag van Skotland verwerf tydens die 16de eeu.

Vlag van die Verenigde Koninkryk

Die nasionale vlag van die Verenigde Koninkryk, ook die Union Jack of Union Flag genoem, is op 1 Januarie 1801 amptelik in gebruik geneem. Die verhouding van die vlag is 1:2 en die kleure is rooi (Pantone 186C), blou (Pantone 280C), en wit. Die vlag het ook amptelike of halfamptelike status in ander Statebondsgebiede; dit is byvoorbeeld in Kanada deur wetgewing as die Royal Union Flag afgekondig en simboliseer Kanada se affiliasie met die Britse monargie en die Britse Statebond. Dit word ook as die amptelike vlag in sommige van die kleiner Britse oorsese gebiede gebruik. Die Union Flag verskyn ook op die wapperkant (boonste linkerkantse kwart) van die vlae van verskeie lande en gebiede wat voormalige Britse besittings of kolonies was.

Wallies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Walliesers.Wallies (Wallies: Cymraeg [kəmˈrɑːɨɡ] of y Gymraeg [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]) behoort tot die Britoniese tak van die Keltiese tale. Wallies word deur moedertaalsprekers in die westelike deel van Groot-Brittanje in Wallis (Wallies: Cymru), 'n minderheid op die Walliese grens en deur die Walliese immigrante gemeenskap (Y Wladfa) in die Chubut-provinsie in Patagonië in Argentinië, gepraat. Daar is ook sprekers in die res van die wêreld, vernaamlik in Engeland, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Wallies is nouverwant aan Kornies en Bretons en meer verlangs aan Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies.Aan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%. Die mees onlangse sensussyfers (2001) deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991.

Lees in 'n ander taal