Wes-Europa

Wes-Europa is 'n geografiese gebied in die weste van Europa.

Tydens die Koue Oorlog was Wes-Europa hoofsaaklik 'n sosio-politieke konsep wat gebruik is om die Europese lande in die Eerste Wêreld saam te groepeer. Dit is van Oos-Europa onderskei met betrekking tot die verskille in ekonomie, politiek en godsdiens eerder as deur geografiese afbakening.

Vandag het die term Wes-Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met liberale demokrasieë, kapitalisme, asook met die Europese Unie geassosieer. Meeste van die lande in hierdie streek deel die Westerse kultuur en baie het ekonomiese en politieke bande met die lande in Noord-Amerika, Suid-Amerika en Oseanië. Daarteenoor word lande in Noord-Europa eerder met sosiale demokrasie en neutraliteit ten opsigte van internasionale geskille geassosieer.

MapLab-Western Europe
Wes-Europa ten opsigte van die res van Europa.

Lande in Wes-Europa

Die volgende elf lande is in Wes-Europa geleë:

Gebiede van die Wêreld

Location of Africa

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Location of America

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Location of Asia

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Location of Europe

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

LocationOceania

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

LocationPolarRegions

Poolgebiede

Arktika · Antarktika

LocationOceans

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

LocationOceans

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld
Europa

Vir die vierde grootste maan van die planeet Jupiter, sien Europa (maan).Europa (afgelei van Grieks Εὐρώπη of Eurṓpē) is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese, regtelike en ideële aspekte.

Hoed

'n Hoed is 'n tipe hoofbedekking of hooftooisel wat op 'n persoon se kop geplaas word. Daar is baie verskillende tipes van hoede. Hoede verskil in alle dele van die wêreld. Sommige hoede word nét deur vroue, sommige nét deur mans, en ander deur albei gedra; babas en kinders kan ook hoede dra. 'n Paar hoede word nooit deur iemand gedra nie, hierdie hoede word net vir versiering gebruik.

Mense wat hoede maak, word hoedemakers genoem. Die vorm van hoede (of pette, wat soos hoede is) wat gedra word deur verskillende gemeenskappe in verskillende lande wissel baie. Sommige hoede of pette word as 'n teken van hoogs gespesialiseerde sosiale rolle gedra. As 'n voorbeeld, kan biskoppe musse dra en prokureurs en regters pruike dra. Meeste weermagte vereis ook altyd die dra van 'n hoofbedekking saam met 'n uniform.

In sommige gemeenskappe is die dra van hoede van groot politieke belang, soos die wit hoed van die Engelse radikale, die hoed van vryheid van die Jakobyne van Frankryk, en die twee politieke partye in Swede, die Hoede (edelmanne) en pette (gewone mense).

Verdere voorbeelde is:

bofbalpet, vir bofbalspelers, deesdae oral algemeen gebruik

beret, vir vissermanne of boere in dele van Wes-Europa

bolkuil, vir mans wat oorsee sekere tradisionele middelklasberoepe beoefen

velhoed, vir wildjagters of voëlskuts

cowboy-hoed, vir Amerikaanse cowboys

fedora, 'n hoed van vilt

fez, gevind in meeste Islamitiese lande

staalhelm, vir dié wat dien in die gewapende magte

tulband, vir formele gebruik deur biskoppe

valhelm, 'n valhelm vir perderuiters of motorfietsryers

sombrero, vir die Latyns Amerikaner

tophoed, vir die gesofistikeerde Europese of Westerse heer

breërandhoed vir vroue wat in die son in die tuin werk, of krieketspelers in die son

mynhelm het ook plek vir 'n lig vooraan

Karel die Grote

Karel die Grote (Latyn: Carolus Magnus of Karolus Magnus, Duits: Karl der Große, Engels en Frans: Charlemagne) (742 of 747 – 28 Januarie 814) was die Koning van die Franke van 768 tot met sy dood in 814. Hy het Italië oorwin en die Yster Kroon van Lombardye in 774 aangeneem. Op 'n besoek aan Rome in 800 is hy deur Pous Leo III op Kersdag tot keiser gekroon waarmee die herlewing van die Romeinse ryk tradisie in die Weste ingelui is in die vorm van die Heilige Romeinse Ryk. Deur sy buitelandse oorwinnings en interne hervormings het Karel die Grote bygedra tot die herdefinisie van Wes-Europa en die Middeleeue. Sy heerskappy word ook geassosieer met die Karolingiese Renaissance, 'n herlewing van kuns en onderwys in die Weste.

Karel die Grote was die seun van Pepyn die Korte en sy vrou Bertrada van Laon. Sy oorspronklike naam in Oud-Frankies is nooit gedokumenteer nie, maar vroeë voorbeelde van sy naam in Latyn lees "Carolos" of "Karol's". Hy het sy vader opgevolg en saam met sy broer Karloman regeer tot laasgenoemde se dood in 771. Karel die Grote het sy vader se beleid teenoor die pousdom voortgesit en het die beskermer van die pousdom geword, die Longobarde se mag in Italië opgehef, en oorlog gevoer met die Sarasene, wat sy ryk uit Spanje lastig geval het. Tydens een van die veldtogte het hy een van die ergste nederlae van sy lewe by Roncesvalles deurgemaak (778). Hy het ook veldtogte teen die bevolkings oos van sy ryk gevoer, veral die Sakse, en hulle na 'n uitgerekte oorlog aan sy heerskappy onderwerp. Deur hulle na Christendom te bekeer het hy hulle in sy ryk geïntegreer en dus die weg gebaan vir die latere Ottoniaanse Dinastie.

Vandag word Karel die Grote as die vader van beide Frankryk en Duitsland gesien, en soms ook as die Vader van Europa. Hy was die eerste heerser van 'n Wes-Europese keiserryk sedert die val van die Romeinse Ryk.

Kryt (geologie)

Die Kryt is die derde en laaste geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die Jura sowat 145 miljoen jaar gelede tot die begin van die Paleogeen, die eerste periode van die Kainosoïese Era, sowat 66 miljoen jaar gelede. Die naam kom van die Duitse woord Kreide. Dit strek oor 79 miljoen jaar en is die langste periode van die Fanerosoïese Eon. Die Kryt is ook ’n chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem.

Die Kryt was ’n periode met ’n relatief warm klimaat, wat gelei het tot hoë oseaanvlakke en talle vlak binnelandse seë. Hierdie oseane en seë is bewoon deur seereptiele, ammoniete en rudiste, terwyl dinosourusse steeds op land oorheers het. Terselfdertyd het nuwe soorte soogdiere en voëls ontstaan, sowel as blomplante. Die Kryt het geëindig met ’n groot katastrofe, die Kryt-Paleogeen-uitwissing, waarin baie groepe, insluitende nie-vlieënde dinosourusse, pterosourusse en groot seereptiele, uitgewis is. Die einde van die Kryt word gekenmerk deur die K–Pg-grens, wat verbind word met die massauitwissing tussen die Mesosoïese en die Kainosoïese Era.

Die Kryt is in 1822 die eerste keer as ’n aparte periode geïdentifiseer deur die Belgiese geoloog Jean d'Omalius d'Halloy en is genoem na die groot kalkbodems wat gevorm is uit die skulpe van see-ongewerweldes wat in Wes-Europa gevind word.

Moslem

'n Moslem of Moesliem (Arabies: مُسلِم) is 'n aanhanger van die Islam-geloof. Die aanduiding kom van die Arabiese woord 'muslim' (مسلم), wat 'iemand wat homself oorgee (aan Allah)' beteken. Die wêreld tel 1,62 miljard Moslems (2009), oftewel 23 persent van die wêreldbevolking en daarmee die tweede belangrikste religie ná die Christendom. 80 tot 90 persent van die Moslems is Soenniete en 10 tot 20 persent Sjiïete. Die Islam is die belangrikste religie in die Midde-Ooste, in die Sahel, aan die Horing van Afrika en in Noord-Afrika. Afrika is die enigste kontinent met 'n Moslemse meerderheid (52,39%). China, die Balkan en Rusland het ook groot persentasies aan Moslembevolking. In Wes-Europa is die Islam die tweede belangrikste godsdiens ná die Christendom met 6 % van die totale bevolking.

Die grootste Moslemland is Indonesië met 12,7 %, gevolg deur Pakistan (11,0 %), Indië (10,9 %) en Bangladesj (9,2 %). Sowat 20 % van alle Moslems woon in Arabiese lande. In die Midde-Ooste is Turkye en Iran die twee nie-Arabiese lande met die grootste Moslembevolking en in Afrika is Egipte en Nigerië die twee lande met die hoogste Moslembevolking.

Noord-Afrika

Noord-Afrika of Noordelike Afrika is die noordelike gedeelte van die kontinent van Afrika. Die gebied sluit die lande Algerië, Egipte, Libië, Marokko, Soedan, Suid-Soedan, Tunisië, Wes-Sahara en dikwels ook Mali, Mauritanië, Niger en Tsjad in. Die belangrikste inheemse taal is Arabies en die religie is die Islam.

Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.

Noord-Europa

Noord-Europa of Noordelike Europa is 'n term wat verwys na die noordelike deel van Europa waarvan die grense op 'n paar verskillende manier gedefinieer kan word. Die Nordiese Lande:

Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede, sowel as die outonome gebiede Åland, die Faroëreilande, Jan Mayen en Svalbard. Hoewel polities en histories nou geskakel met Noord-Europa, word die Nordiese gebied Groenland geografies eerder as deel van Noord-Amerika gesien.saam met 'n seleksie van die volgende wat van definisie tot definisie afhang:

Die Baltiese lande: Estland, Letland en Litaue.

Die Britse Eilande: Groot-Brittanje, die Kanaaleilande en die Eiland Man (sien ook Wes-Europa).

Ierland

Gebiede wat aan die Oossee of Noordsee is of wat daaraan grens, i.e. Noordwestelike Rusland (insluitend Kaliningrad), Nederland, België, Luxemburg, die noordelike dele van Pole, Duitsland en Frankryk (Nord-Pas-de-Calais).

Soms word Ingria, Karelië en die Kola-skiereiland ook ingesluit (sien ook Oos-Europa).Die Verenigde Nasies definieer Noord-Europa as:

Åland (Finland)

Denemarke

Estland

Faroëreilande (Denemark)

Finland

Ierland

Kanaaleilande: Guernsey en Jersey

Letland

Litaue

Man (eiland)

Noorweë

Svalbard en Jan Mayen (Noorweë)

Swede

Verenigde Koninkryk

YslandVoor die 19de eeu is die terme "Nordies" of "Noordelik" algemeen gebruik om Noord-Europa te bedoel in 'n sin wat die Nordiese lande Europese Rusland, die Baltiese lande (op daardie stadium Lyfland en Koerland) en Groenland ingesluit het.

Selfs vroeër toe Europa deur die Middellandse Seegebied oorheers is (i.e. die Romeinse Ryk), is alles wat nie naby die See was nie as Noord-Europa gesien, insluitend Duitsland, die Lae Lande en Oostenryk. Hierdie betekenis word vandag not in sekere omstandighede gebruik soos wanneer daar van die Noordelike Renaissance gepraat word.

Oos-Afrika

Oos-Afrika of Oostelike Afrika is die oostelike gedeelte van die kontinent van Afrika. Die gebied sluit die lande Comore-eilande, Djiboeti, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Mauritius, Seychelle, Somalië, Tanzanië, Uganda en dikwels ook Burundi, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan en Suid-Soedan in.

Oos-Europa

Oos-Europa is 'n term wat verwys na die oostelike deel van Europa waarvan die grense op 'n paar verskillende manier gedefinieer kan word. Die Baltiese lande:

Estland, Letland en Litaue. Hulle staan bekend as Baltiese Tier.Kaukasië:

Armenië, Azerbeidjan en Georgië word dikwels beskou as deel van Suidwes-Asië.Ander lande van die voormalige Sowjetunie:

Kasakstan, Moldowa, Oekraïne, Rusland en Wit-Rusland.

Romantiek

Die Romantiek is 'n kuns- en intellektuele beweging wat in die laat 18de eeu in Wes-Europa ontstaan het. Deels 'n opstand teen aristokratiese, maatskaplike en politiese norme van die Verligting en 'n reaksie teen die rasionalisering van die natuur, in kuns en letterkunde, het dit klem gelê op sterk emosie as 'n bron van estetiese ondervinding, en is nuwe klem gelê op emosies soos angs, afsku, en die ontsag waarmee mens vervul word wanneer die sublieme van die natuur ondervind word. Dit het volkskuns, die natuur en tradisionele gebruike verhef, en betoog vir 'n epistemologie gegrond op gebruik en gewoonte. Dit is beïnvloed deur idees uit die Verligting en verhewe middeleeuse gees en elemente na kuns en verhaal aangesien as middeleeus. Die naam "Romantiek" self kom van die term "romanse" wat verwys na 'n prosa of poëtiese verhaal met oorsprong in middeleeuse letterkunde en letterkunde uit die Romantiek.

Daar word geglo dat die ideologieë en gebeure van die Franse Revolusie die beweging beïnvloed het. Die Romantiek het die prestasies van wat gesien is as heroïese misverstane individue en kunstenaars wat die samelewing verander het, opgehef. Dit het ook die individuele verbeelding erken as 'n kritiese outoriteit wat vryheid van klassieke gedagtes oor vorm in kuns. Daar is sterk beroep gemaak op historiese en natuurlike onvermydelikheid in die voorstel van die idees daarvan.

Ryn

Die Ryn (Duits: Rhein, Frans: Rhin, Italiaans: Reno, Retoromaans: Rain, Nederlands: Rijn, Latyn: Rhenus) is 'n rivier in Europa met 'n lengte van 1 238,8 kilometer.

Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau het die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse Ryk gevorm. Die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert die antieke tydperk is die Ryn 'n besige waterweg.

Met jaarliks sowat 300 miljoen ton se vrag, wat hier vervoer word, is die Ryn die belangrikste waterweg in Europa. Tagtig persent van alle goedere, wat op Europese waterweë vervoer word, word op Rynskepe gelaai. As waterweg verbind die rivier groot nywerheidsgebiede langs sy oewer met mekaar en bly danksy 'n gesofistikeerde radarstelsel 365 dae per jaar bevaarbaar – selfs in digte mis.Die Ryn is daarnaas een van die hoofare van Europese kultuur wat die Alpegebied met die Noordsee verbind en oor 'n lang afstand die grenslyn tussen die oorspronklik Romeins-oorheerste gebiede van Suid- en Wes-Europa en streke onder Germaanse invloed vorm. So het die meeste stedelike nedersettings langs die Ryn aan sy linkeroewer ontstaan. Van hul beskeie begin as militêre kampe het hulle gegroei tot vroeg-Christelike biskopsetels en uiteindelik tot Middeleeuse handelspilpunte.

Sentraal-Afrika

Sentraal-Afrika, of Middel-Afrika, is terme wat gebruik word om die gebied van Afrika onder die Sahara-woestyn te beskryf en die westelike "bult", maar ten weste van die Groot Skeurvallei. Die Kongorivier vloei deur Sentraal-Afrika. Hierdie rivier voorsien 'n groter gebied van water as enige ander rivierstelsel, met die uitsondering van die Amesonerivier.

Die lande wat meestal tot Sentraal-Afrika gereken word, is:

Tsjad

Sentraal-Afrikaanse Republiek

Demokratiese Republiek van die Kongo

Rwanda

BurundiSoms word die volgende lande ook ingesluit:

Kameroen

Gaboen

Kongo

Angola

Zambië

Sentraal-Europa

Sentraal-Europa is 'n geografiese gebied in die middel van Europa, tussen Oos-Europa en Wes-Europa.

Serwies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serwiërs.

Serwies (Serwiese Cyrillies: српски, Latyns: srpski, [sr̩̂pskiː]) is 'n taal binne die Slawiese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met Sloweens, Kroaties, Masedonies, Bosnies, Montenegryns en Bulgaars word dit by die Suid-Slawiese taalgroep gereken. Serwies was vroeër (as Serwo-Kroaties) saam met Sloweens en Masedonies die ampstale van die voormalige Joego-Slawië.

Serwies is tans die ampstaal van Serwië waar dit deur sowat 6,2 miljoen mense as moedertaal gepraat word. 'n Verdere twee miljoen sprekers word in Bosnië en Herzegowina, Montenegro, Kroasië, Kosowo en Noord-Masedonië aangetref. Die taalkennis van sowat 3,5 miljoen Serwiese emigrante in Wes-Europa, Australië, Kanada en die Verenigde State varieer.

Volgens die Serwiese grondwet van November 2006 word Serwies amptelik volgens die Cyrilliese alfabet geskryf, alhoewel in die alledaagse lewe en in die media dikwels ook die Latynse alfabet gebruik word.

Op grond van grammatikale en semantiese kriteria word na Serwies, Kroaties en Bosnies dikwels as nasionale variëteite van 'n gemeenskaplike taal, Serwo-Kroaties, verwys. Alhoewel hierdie klassifikasie omstrede is, is al drie tale tot 'n groot mate onderling verstaanbaar.

In Montenegro word die ampstaal amptelik Montenegryns genoem en kan in beide die Cyrilliese en die Latynse alfabet geskryf word. Die verskille tussen Montenegryns en Serwies is egter minimal.

Stedelike gebied

'n Stedelike gebied of urbane gebied is 'n gebied wat ten opsigte van sy omgewing 'n verhoogde graad van verstedeliking vertoon.

Daar is stedelike gebiede in talle grootte en vorms. Dit kan 'n enkele stad wees wat in vergelyking met sy omgewing groot is soos Bloemfontein, of dit kan 'n enkele agglomerasie wees soos Brussel, of 'n reeks agglomerasies of konurbasie soos die Randstad in Nederland of Gauteng in Suid-Afrika. Die begrip stedelike gebied word selfs gebruik om te verwys na groter gebiede soos dele van Wes-Europa wat Nederland, Vlaandere en die weste van Duitsland soos die Roergebied omspan, of die “BosWash” wat 'n groot deel van die noordooste van die Verenigde State omvat.

Suid-Europa

Suid-Europa is 'n term wat verwys na die suidelike deel van Europa waarvan die grense op 'n paar verskillende manier gedefinieer kan word.

Die Iberiese Skiereiland (suidwestelike Europa):

Spanje, Portugal, Andorra en Gibraltar (Britse oorsese gebied).Die Italiaanse Skiereiland:

Italië, Malta, San Marino en VatikaanstadDie Balkanskiereiland (suidoostelike Europa):

Albanië, Bosnië en Herzegowina, Griekeland, Kosovo, Kroasië, Noord-Masedonië, Montenegro, Serwië, Slowenië en die Europese deel van Turkye.

Swart mense

Swart mense is 'n term wat in sekere lande gebruik word, dikwels in sosiaal gegronde stelsels van rasse-klassifikasie of etnisiteit, om mense met donker gelaatstrekke te beskryf teenoor ander bevolkingsgroepe. Die betekenis van die uitdrukking verskil ook baie wyd, beide tussen en in gemeenskappe, en hang baie af van konteks. Vir baie ander indiwidue, gemeenskappe en lande word "swart" as 'n neerhalende, uitgediende, of andersins as 'n onverteenwoordigende etiket beskou, en word dit gevolglik nie gebruik of gedefinieer nie.

Verskillende gemeenskappe pas verskillende kriteria toe van wie word as "swart" geklassifiseer, en hierdie sosiale verskille het ook deur die jare verander. In 'n aantal lande beïnvloed maatskaplike veranderlikes klassifikasie net soveel as die kleur van iemand se vel, en die sosiale kriteria vir "swartheid" wissel. Byvoorbeeld in Noord-Amerika is die term swart mense nie noodwendig 'n aanduiding van 'n persoon se velkleur of sy etnisiteit nie, maar is eerder 'n sosiaalgegronde rasse-klassifikasie wat verband hou daarmee of die indiwidu 'n Afro-Amerikaner is met geskiedenis wat met die geïnstitusionaliseerde slawerny vereenselwig kan word. In Suid-Afrika en Latyns-Amerika word daar nie noodwendig na gemengde rasse as "swart" gekyk nie. In ander streke soos Australasië het setlaars die term "swart" gebruik, Andersinds was dit ook deur die plaaslike bevolking met die verskillende geskiedkundige agtergrond en verskillende voorvaderlike agtergrond gebruik om te identifiseer.

Wes-Asië

Wes-Asië, Westelike Asië, Suidwes-Asië of Suidwestelike Asië is 'n geografiese gebied in die weste van Asië. Die gebied oorvleuel grootliks met die Midde-Ooste, wat 'n geografiese ligging met betrekking tot Wes-Europa, eerder as ten opsigte van Asië beskryf. As gevolg van hierdie vermeende Eurosentrisme, het internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies (VN) die term Midde-Ooste met die term Wes-Asië vervang. Hierdie streek, saam met Europa, is gesamentlik bekend as Wes-Eurasië.

'n Groot deel van Wes-Asië word deur die Arabiese Skiereiland, Anatolië en Iran beslaan. Die drie by verre belangrikste tale is Arabies, Persies en Turks, elkeen met meer as 70 miljoen moedertaalsprekers in die streek.

Wes-Asië word in die weste van die Middellandse See, in die noordweste deur die Swartsee, in die noorde deur die Kaukasus, in die noordooste deur die Kaspiese See, in die suidooste deur die Arabiese See en in die suidweste deur die Rooisee begrens.

Wes-Romeinse Ryk

Die Wes-Romeinse Ryk (Latyns: Imperium Romanum Occidentale) het ontstaan met die laaste verdeling van die Romeinse Ryk in 395 onder die twee seuns van Theodosius I: Arcadius het vanaf Konstantinopel oor die Oos-Romeinse Ryk geregeer en Flavius Honorius het vanaf Milaan en later Ravenna oor die Wes-Romeinse Ryk geheers.

Die Wes-Romeinse Ryk het geëindig - afhangende van die perspektief - in Augustus 475 met die uitsetting van die laaste Wes-Romeinse keiser Julius Nepos, wat deur die Bisantynse Augustus Zenon erken is, deur die Wes-Romeinse bevelvoerder Orestes, in Augustus 476 met die afsetting van die jong usurpator en teenkeiser Romulus Augustus deur die Wes-Romeinse bevelvoerder Odoaker of in die jaar 480 met die moord van die in die provinsie Dalmatia gevlugte Julius Nepos, wat spyte van die uitsetting steeds as Augustus (keiser) van die Wes-Rome beskou het.

Met die einde van die Wes-Romeinse Ryk het in Wes-Europa nie 'n keiserryk meer bestaan nie, net die Oos-Romeinse of later Bisantynse Ryk het as enigste keiserryk in Europa in die vroeë Middeleeue bestaan. Net met die kroning van Karel die Grote deur Pous Leo III het weer 'n Wes-Europese keiserryk ontstaan, die Frankiese Ryk.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.