Wes

Wes is een van die vier hoofwindrigtings. Die ander hoofwindrigtings is: noord, oos en suid.

Wes is die teenoorgestelde rigting van oos; op die kompasroos lê noord bo en wes links.

Die son sak in die weste. Vandaar die slagspreuk: "As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste".

Die skryfwyse vir 'weste' as windrigting is met 'n klein "w", vir die aanduiding van 'n bepaalde gedeelte van 'n land (soos Wes-Australië), 'n provinsie (soos Wes-Vlaandere) of 'n streek (soos Wes-Friesland) gebruik mens 'n hoofletter "W".

Windrose
'n Windroos wat die windrigtings aandui.

Ander gebruike

Eksterne skakels

Windrigtings Kompas Sofia.JPG

Noord | Oos | Suid | Wes

Bruin mense

Bruin mense is 'n term wat verwys na 'n heterogene etniese groep van veral Suid-Afrika wat wit sowel as swart voorouers het.

Hulle vorm die grootste deel van die Wes-Kaapse en Noord-Kaapse bevolking. Die meeste is bruin Afrikaners en maak deel uit van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap, terwyl ongeveer 10 persent Engels as moedertaal het, meesal in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Vanweë Suid-Afrika se geskiedenis van rassediskriminasie word die woord Kleurlinge deur baie mense as neerhalend beskou. Die term "bruin mense" word deesdae meesal gebruik. Baie bruin mense verkies ook om hulself "swart", "Khoisan" of slegs "Suid-Afrikaners" te noem.

Bryanston-Wes

Bryanston-Wes is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se B-streek geleë.

Demokratiese Alliansie

Die Demokratiese Alliansie (DA) is 'n hoofstroom Suid-Afrikaanse politieke party en die amptelike opposisie teenoor die regerende African National Congress (ANC) in die Parlement van Suid-Afrika. Die party is gevorm toe die Demokratiese Party 'n kortstondige alliansie met die Nuwe Nasionale Party betree het in 2000. Sedert 2009 word die provinsie Wes-Kaap (Helen Zille), en sedert Mei 2016 die drie metropolitaanse munisipaliteite Stad Kaapstad (Dan Plato), Stad Tshwane (Stevens Mokgalapa) en Stad Johannesburg (Herman Mashaba) deur die DA (sommige in koalisies met kleiner partye) geregeer.

Distrikte van Suid-Afrika

Suid-Afrika is verdeel in 52 distrikte (Metropolitaanse- en Distriksmunisipaliteite). As gevolg van die 12de wysiging van die Grondwet (Desember 2005) is die hoeveelheid distrikte van 53 na 52 verminder. 'n Verdere gevolg van die wysiging is dat elke distrik nou slegs in één provinsie val, om konflik van belange te vermy.

Dunkeld-Wes

Dunkeld-Wes is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se B-streek geleë.

Engels

Hierdie artikel handel oor die Engelse taal. Sien gerus Engels (dubbelsinnig) vir ander artikels met 'n soortgelyke titel.Engels (English, [ˈɪŋɡlɪʃ], ) is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Die meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.

Europa

Vir die vierde grootste maan van die planeet Jupiter, sien Europa (maan).Europa (afgelei van Grieks Εὐρώπη of Eurṓpē) is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese, regtelike en ideële aspekte.

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is. Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers. As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke.

Marokko

Marokko (Arabies: المغرب, al-maġhrib, letterlik "plek waar die son sak", "plek van sononder" of "die weste"; Berbers: ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, lmeɣrib; Frans: Maroc), amptelik die Koninkryk Marokko (Arabies: المملكة المغربية, al-mamlakah al-maghribiyah, letterlik "die westelike Koninkryk"; Berbers: ⵜⴰⴳⵍⴷⵉⵜ ⵏ ⵍⵎⵖⵔⵉⴱ, tageldit n lmaɣrib; Frans: Royaume du Maroc), is 'n land in Noordwes-Afrika. Dit het 'n lang kuslyn aan die Atlantiese Oseaan wat verby die Straat van Gibraltar strek tot in die Middellandse See. Die land grens aan Algerië in die ooste. Die suidgrens met Wes-Sahara en Mauritanië is omstrede. Die Spaanse eksklawes Ceuta en Melilla word ook deur Marokko opgeëis.

Wes-Sahara is grotendeels onder die gesag van Marokko, die gebiede wat nie deur Marokko beset word nie, vorm deel van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara wat deur die Polisario gelei word. Weens die konflik om Wes-Sahara het Marokko op 12 November 1984 van die Organisasie vir Afrika-eenheid onttrek en daarmee die enigste land van Afrika geword wat nie 'n lidland van die Afrika-unie was nie. In 1987 het Marokko vir lidmaatskap by die Europese Gemeenskap, die voorganger van die huidige Europese Unie, gevra, maar is weens sy ligging in Afrika afgewys. Op 30 Januarie 2017 het Marokko ten spyte van die Wes-Sahara-konflik lid van die AU geword.Marokko het 'n oppervlakte van 446 550 (sonder Wes-Sahara) of 710 850 (met Wes-Sahara) en 'n bevolking van 33 250 000 in 2014 gehad. Die hoofstad is Rabat en die grootste stad is Casablanca. Ander groot stede sluit in Fes, Marrakesj en Tangier. Marokko se sentrale streek word deur die Atlasgebergte beheer.

Mayfair-Wes

Mayfair-Wes is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë.

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: Mntla-Koloni) is die grootste en mees ylbevolkte provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

Noordwes

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

Oberliga

Die Oberliga is tans die vyfde hoogste vlak van sokker in die Duitse ligastruktuur.

In Oos-Duitsland was "Oberliga" ook die benaming van die hoogste liga en daar word algemeen na hierdie liga verwys as die DDR-Oberliga. Die DDR-Oberliga het verdwyn nadat Duitse sokker verenig is na die eenwording van Duitsland (kyk Duitse sokkerkampioen).

Tans is daar 7 oberligas wat elk 'n aantal verbande op 'n geografiese basis bedien. Die wenner van elke oberliga word gepromoveer na die toepaslike Regionalliga (onderhewig aan die verkryging van 'n lisensie). Die enigste uitsondering is die verbande (streeksbonde) wat vroeër na die Oberliga Noord gepromoveer het. Die wenners van die hierdie oberligas (Neder-Sakse Wes; Neder-Sakse Oos; Hamburg; Bremen; Sleeswyk-Holstein) speel aan die einde van die seisoen 'n reeks uitspeelwedstryde om te bepaal wie promoveer. Spanne aan die onderpunt van die oberligas word weer gerelegeer na die toepaslike verbandsliga (soms het 'n verband se hoogste vlak die benaming Landesliga), terwyl die verbandskampioene promosie na die oberliga kan verkry. Net soos by die ander hoër ligas van Duitsland, moet 'n klub ook om 'n oberligalisensie aansoek doen.

Potchefstroom

Potchefstroom is 'n stad in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaalprovinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011). Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van Johannesburg.

Provinsies van Suid-Afrika

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

Wes-Kaap (Kaapstad)

Noord-Kaap (Kimberley)

Oos-Kaap (Bhisho)

KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)

Vrystaat (Bloemfontein)

Noordwes (Mahikeng)

Gauteng (Johannesburg)

Mpumalanga (Nelspruit)

Limpopo (Polokwane)

Swart mense

Swart mense is 'n term wat in sekere lande gebruik word, dikwels in sosiaal gegronde stelsels van rasse-klassifikasie of etnisiteit, om mense met donker gelaatstrekke te beskryf teenoor ander bevolkingsgroepe. Die betekenis van die uitdrukking verskil ook baie wyd, beide tussen en in gemeenskappe, en hang baie af van konteks. Vir baie ander indiwidue, gemeenskappe en lande word "swart" as 'n neerhalende, uitgediende, of andersins as 'n onverteenwoordigende etiket beskou, en word dit gevolglik nie gebruik of gedefinieer nie.

Verskillende gemeenskappe pas verskillende kriteria toe van wie word as "swart" geklassifiseer, en hierdie sosiale verskille het ook deur die jare verander. In 'n aantal lande beïnvloed maatskaplike veranderlikes klassifikasie net soveel as die kleur van iemand se vel, en die sosiale kriteria vir "swartheid" wissel. Byvoorbeeld in Noord-Amerika is die term swart mense nie noodwendig 'n aanduiding van 'n persoon se velkleur of sy etnisiteit nie, maar is eerder 'n sosiaalgegronde rasse-klassifikasie wat verband hou daarmee of die indiwidu 'n Afro-Amerikaner is met geskiedenis wat met die geïnstitusionaliseerde slawerny vereenselwig kan word. In Suid-Afrika en Latyns-Amerika word daar nie noodwendig na gemengde rasse as "swart" gekyk nie. In ander streke soos Australasië het setlaars die term "swart" gebruik, Andersinds was dit ook deur die plaaslike bevolking met die verskillende geskiedkundige agtergrond en verskillende voorvaderlike agtergrond gebruik om te identifiseer.

Wes-Kaap

Die Wes-Kaap (Engels: Western Cape, Xhosa: Ntshona-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste nedersetting is Kaapstad. Dit het in 1994 'n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap verdeel is. Die Prins Eduard-eilande, bestaande uit die Prins Eduard-eiland en Marion-eiland in die suidelike Indiese Oseaan, maak deel uit van die provinsie Wes-Kaap.

Kaapstad is ook Suid-Afrika se moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante Parlementsgebou. Die Kaapstad-hawe (vroeër Tafelbaaihawe) is die naasbesigste hawe in die land (ná die Durban-hawe).

Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Knysna, Oudtshoorn, Saldanha, Vredenburg, Worcester, Malmesbury, Mosselbaai en Vredendal.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.