Video

Video is ’n elektroniese medium vir die opneem, kopieer en uitsaai van bewegende beelde. In 1951 het die eerste video-opnemer beelde van televisiekameras opgeneem deur die kamera se elektroniese impulse om te skakel en die inligting op ’n magnetiese videoband te stoor. In 1971 het Sony videokassetopnemers en -bande aan die publiek begin verkoop.[1]

Ná die uitvinding van DVD's in 1997 en Blu-ray in 2006 het die verkope van video's skerp gedaal.

VHS-Kassette 01 KMJ
'n VHS-videoband.

Verwysings

  1. "Vintage Umatic VCR". Rewind Museum. Besoek op 14 Februarie 2014. |section= ignored (help)
1 Augustus

1 Augustus is die 213de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (214de in skrikkeljare). Daar volg nog 152 dae in die res van die jaar.

28 April

28 April is die 118ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (119de in skrikkeljare). Daar volg nog 247 dae in die res van die jaar.

Alain Badiou

Alain Badiou (gebore 17 Januarie 1937, Rabat, Marokko) is 'n bekende Franse linkse filosoof wat voorheen die hoof van die École Normale Supérieure was.

Canon EOS 1000D

Die Canon EOS 1000D is 'n 10,1-megapieksel digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon bekendgestel is op 10 Junie 2008. Dit is bekend as die EOS Kiss F in Japan en die EOS Rebel XS in die Verenigde State van Amerika en Kanada. Die 1000D is 'n intreevlak DSLR wat beskryf word as 'n stap onder die 450D.Die kamera deel 'n paar funksies met die 450D. Dit bied lewendige sigskiet, 'n DIGIC III beeldverwerker en SDHC mediastoor. Dit het egter net sewe fokuspunte (in teenstelling met nege) en het ook nie plekligmeting nie. Die 1000D is die tweede Canon EOS model (na die 450D) om uitsluitlik gebruik te maak van 'n SD-kaart en SDHC geheuestoor in plaas van CompactFlash.

Canon EOS 1100D

Die Canon EOS 1100D is 'n 12.2-megapieksel digitale enkellensreflekskamera deur Canon bekend gestel op 7 Februarie 2011. Dit is bekend as die EOS Kiss X50 in Japan en die EOS Rebel T3 in die Amerikas. Die 1100D is Canon se mees basiese intreevlak-DSLR, en stel rolprentmodus bekend aan ander intreevlak-DSLRs. Dit vervang die 1000D en is ook die enigste Canon EOS-model tans in produksie wat nie in Japan vervaardig word nie, maar in Taiwan, afgesien van die EOS Rebel T4i.

Canon EOS 500D

Die Canon EOS 500D is 'n 15.0 megapieksel intreevlak digitale enkellensreflekskamera, wat op 25 Maart 2009 deur Canon bekendgestel is. Dit was sedert Mei 2009 in winkels beskikbaar. Dit is bekend as die EOS Kiss X3 in Japan, en as die EOS Rebel T1i in Noord-Amerika. Dit het die Rebelreeks van digitale SLR kameras voortgesit, as die opvolgermodel van die EOS 450D, en is later vervang deur die EOS 550D (T2i).

Dit is die derde digitale enkellensreflekskamera om 'n rolprentfunksie te bied en die tweede met die funksie van volle 1080p video-opname, al is dit teen die koers van 20 rame/sek. Die kamera deel 'n paar funksies met die luukse Canon EOS 5D Mark II, insluitend rolprent, lewendige voorskou en DiGIC 4 prosesering. Soos die EOS 450D en EOS 1000D, maak dit gebruik van SDHC mediastoor, dit is reeds die derde Canon EOS-model wat hierdie medium gebruik in plaas van CompactFlash. Soos die EOS 5D Merk II, word videoskote opgeneem as MOV (QuickTime) lêers met H. 264/MPEG-4 saamgeperste video en lineêre PCM klank.

Canon EOS 7D

Die Canon EOS 7D is 'n semi-professionele gekropte sensor digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon vervaardig is. Dit is aangekondig op 1 September 2009 teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van VS$1,699. Van sy eienskappe is 'n 18.0 effektiewe megapieksel CMOS sensor, HD video-opname, sy 8.0 rame per sekonde deurlopende skiet, nuwe beeldsoeker wat 'n 1.0 x vergroting en 100% dekking bied, 19-punt outofokusstelsel, rolprentmodus, en ingeboude Speedlite sender.Die 7D was vir effens meer as vyf jaar in Canon se modelreeks sonder vervanging—die langste produksiklus vir enige Canon EOS-kamera. Sy opvolger was die Canon EOS 7D Mark II, aangekondig op 15 September 2014.

DVD

DVD is 'n formaat vir optiese stoorskywe, wat soos die kompakskyf (CD) uit polikarbonaat bestaan, 'n deursnee van 12 sentimeter en 'n dikte van 1,2 millimeter het. In teenstelling met die CD word dit egter uit twee plate van 0,6 millimeter elk vervaardig, wat die aftasting met 'n laserstraal minder moeilik maak. Die twee kante van 'n DVD-skyf kan albei twee lae met inligting bevat en bied derhalwe 'n stoorkapasiteit wat 25 keer groter kan wees as dié van die CD. Die oordragsnelheid van die DVD is eweneens vertienvoudig.

Aanvanklik staan die afkorting DVD vir Digital Video Disc (Digitale Videoskyf), maar dit word gewysig tot Digital Versatile Disc (Digitale Veelsydige Skyf) nadat die medium ook as lees- en stoormedium vir rekenaars en as medium vir oudio-toepassings bekend gestel word.

Die DVD-standaarde word ontwikkel en beheer deur die DVD-Forum, 'n werkgroep van die vernaamste vervaardigers van harde- en sagteware.

Die formaat DVD-Video is in 1996 op die Japanse en Noord-Amerikaanse markte ingevoer.

IP-adres

'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene (gewoonlik rekenaars) gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internet Protokol bestuur hierdie kommunikasie.

'n Voorbeeld van 'n IP-adres is 207.142.131.236. Omdat mense moeilik sulke nommers onthou, is 'n gepaardgaande stelsel ontwerp om name (soos www.wikipedia.org) na hierdie nommers om te skakel, bekend as die DNS (Domain Name System).

ITunes

iTunes is ’n mediaspeler wat gebruik kan word om digitale musiek en video-lêers op ’n rekenaar te speel, af te laai, te berg en te organiseer. Dit kan ook die inhoud van iPod, iPhone, iPod Touch en iPad-toestelle beheer.

iTines kan met die iTunes Store verbind waar musiek, musiekvideo’s, televisieprogramme, iPod-speletjies, oudioboeke, potgooie, rolprente en die uitneem van rolprente (nie in alle lande beskikbaar nie) en luitone (slegs beskikbaar vir die iPhone en 4de generasie iPod Touch) gekoop en afgelaai kan word. Dit kan ook gebruik word om toepassingsagteware vir die iPhone, iPad en iPod Touch van die Toepwinkel af te laai. iTunes is gekritiseer omdat dit nie die oordra van musiek van een toestel na ’n ander toelaat nie.

iTunes is op 9 Januarie 2001 deur Apple Inc. bekendgestel. Die nuutste weergawe, 10.6.3, is beskikbaar as ’n gratis aflaai vir Mac OS X v10.5 of nuwer, asook vir Windows XP, Windows Vista en Windows 7. In Junie 2010 het Apple ’n nuwe privaatheidsbeleid vrygestel wat inligting bevat het oor die opname en versameling van gebruikers se intydse ligginginligting. Die inligting is ingesluit in verskeie toestel-spesifieke EGLO’s sedert 2008 maar het eers in 2010 deel uitgemaak van Apple se algemene privaatheidsbeleid.iTunes gebruik verskeie maniere om musiek en video's in te voer:

Musiek kan van CDs af gerip word.

Musiek of video's kan in die iTunes Store aangeskaf word.

Audio of video kan van iPods ingevoer word, hoewel dit nie outomaties moontlik gemaak is nie ten einde kopieregskening te beperk.iTunes is gerig op die eenvoudigmaking van die beheer van 'n biblioteek wat audio en video bevat. Dit bied ook verskeie maniere om vir items in die versameling te soek. Só kan daar byvoorbeeld per titel, kunstenaar, komponis, album en genre gesoek word. Verder is dit moontlik om die inligting van CDs via die Internet in te voer sodat die gebruiker nie ál die velde per hand hoef in te vul nie. Die CDs se omslagte kan ook afgelaai en ingevoer word sodat iTunes 'n fisieke ry CDs kan simuleer.

Dit is ook moontlik om speellyste te maak. Hierdie speellyste kan op iPods gebruik word, maak kan ook in die vorm van 'n iMix na die iTunes Store gestuur word vir enigiemand om te besigtig.

iTunes gebruik Apple se multimediaprogram QuickTime vir die audio- en video kodeks. Die iTunes-sagteware is gratis verkrygbaar vir Apple se Macintosh-operateurstelsel en Microsoft Windows-rekenaars vanaf hul tuisblad.

iTunes maak deel uit van Apple se iLife-sagtewarepakket.

Intel

Intel is 'n VSA-gebaseerde multinasionale korporasie wat bekend is vir die ontwerp en vervaardiging van mikroverwerkers en spesialiseer in geintegreerde stroombane. Intel vervaardig ook netwerkkaarte, moederborde, en ander rekenaarkomponente.

Die maatskappy is gestig in 1968 deur Gordon E. Moore (van Moore se wet) en Robert Noyce. Die derde werknemer was Andrew Grove, wat die maatskappy bestuur het vanaf sy aankoms in 1960 tot sy aftrede in 1990, en dit gebou het tot een van die grootste en suksesvolste besighede in die wêreld.

Moore en Noyce wou die maatskappy 'Moore Noyce' noem, maar die naam was reeds geneem deur 'n hotelgroep, en het besluit op die akroniem INTegrated ELectronics.

Die maatskappy het begin as 'n vervaardiger van geheue voordat hulle oorgeskakel het na verwerkers. Andrew Grove het hierdie oorgang beskryf in die boek Only the Paranoid Survive.

Gedurende die 1990's was Intel se Intel Architecture Labs (IAL) verantwoordelik vir baie van die nuwighede op die terrein van Persoonlike rekenaar-hardeware, onder andere die PCI-bus, Universal Serial Bus (USB) en die tans-dominerende argitektuur vir multi-verwerker-bedieners. IAL se sagteware het gemengde sukses gehad; hulle video- en grafikasagteware was belangrik vir die ontwikkeling van sagteware-gedrewe digitale video, maar hulle pogings is later hoofsaaklik oorskadu deur kompetisie van Microsoft. Hierdie stryd tussen Intel en Microsoft het aan die lig gekom in getuienis by die Microsoft antitrust-verhoor.

Intel se oorheersing in die x86-mikroverwerkermark het oor die jare tot verskeie aanklagte van antitrust-oortredings gelei, waaronder FTC-ondersoeke in beide die laat 1980's en in 1999, asook siviele regsgedinge soos die hofsaak deur Digital Equipment Corporation (DEC) in 1997 en 'n patentsaak deur Intergraph. Min van die hofsake het op enigiets uitgekom.

Die enigste groot mededinger vir Intel in die x86-verwerkermark is Advanced Micro Devices (AMD), met wie Intel ooreenkomste vir kruis-lisensiëring het sedert 1976: hulle kan mekaar se gepatenteerde tegnologiese uitvindings gratis gebruik. Kleiner mededingers bestaan, soos Transmeta wat verwerkers vir draagbare toerusting vervaardig wat min krag gebruik.

Laserskyf

'n Laserskyf of kompakskyf (ook in Engels bekend as 'n compact disc, verkort na CD) is 'n plat, ronde skyf wat gebruik word om data, musiek- (oudio CD) of video-opnames (video CD) daarop te stoor. Die deursnee van 'n normale laserskyf is 120 mm, en die gaatjie in die middel is omtrent 15 mm in deursnee.

Aanvanklik is slegs musiek en klank op laserskywe gestoor, maar later is hulle só gemaak dat hulle rekenaarlêers kon stoor op dieselfde manier as wat musiek daarop gestoor is. Na hierdie skywe word verwys as CD-ROMs, wat staan vir die Engelse term Compact Disc - Read Only Memory, wat beteken dat die rekenaar die skyf "lees" deur gebruik te maak van 'n CD-ROM-aandrywer, of enige ander aandrywer wat laserskywe kan lees.

Microsoft

Microsoft is 'n Amerikaanse en multinasionale sagteware maatskappy wat in 1975 gestig is deur Bill Gates en Paul Allen. Microsoft het prominent geword deur die MS-DOS bedryfstelsel vir die IBM-PC in die 1980's beskikbaar te stel.

Sedertdien het Microsoft veral deur sy Microsoft Windows bedryfstelsel, en Microsoft Office kantoorpakket tot 'n reuse en winsgewende maatskappy ontwikkel.

Benewens bedryfstelsels en rekenaarpakkette, ding Microsoft ook op byna alle terreine van elektroniese sagteware mee, byvoorbeeld bediener-sagteware, databasisbestuurstelsels, video- en musiekdatabasisse en programmeertale.

Programmeerder

Rekenaarprogrammeerders of rekenaarprogrammeurs skep, wysig en toets die vorms, skripte en bronteks wat vir die rekenaar sê wat om te doen. Hulle dien as die skakel tussen die operateur en die rekenaar.

Die werk van rekenaarprogrammeerders is beide veeleisend en belonend. In algemene terme is hulle mense wat programme skryf vir spesifieke doeleindes of behoeftes, soos 'n virtuele realiteitspeletjie, 'n databasisstelsel, beheer oor masjinerie, of om 'n onderneming se telefoonstelsel te beheer.

Rekenaarprogrammeerders skryf programme, bestaande uit eksakte, gedetailleerde instruksies, wat die stappe lys wat die rekenaar moet volg om 'n probleem op te los of om inligting in 'n logiese orde te verwerk. Stelselontleders verskaf die spesifikasies vir 'n spesifieke taak. Programmeurs skryf programme en vertaal dit in rekenaartale soos VISUAL BASIC, DELPHI, Pascal, Cobol, Java, Informix, C, C# en C++. Die volgorde van instruksies word sekuur deur middel van die toetsbord ingevoer en gekontroleer om te verseker dat die instruksies korrek is en dat dit die gewensde inligting sal produseer. Indien foute deursypel, word die program gewysig en getoets totdat die gewensde resultaat bereik word.

Rekenaarprogrammeerders werk nou met stelselontleders om programme te produseer gebaseer op die behoeftes van die kliënt.

Die werk van rekenaarprogrammeerders behels die navorsing en dokumentering van rekenaargebruikers se verwagtinge, die ontleding van die einddoele en probleme wat deur die stelselontleder gespesifiseer word, en die vasstelling van watter stappe gedoen moet word en in watter volgorde, gevolg deur die vertaling van hierdie stappe in rekenaartaalopdragte. Hulle toets programme en sagtewaretoepassings en ontfout ("debug") dit dan. Hulle moet ook die wyse en beskrywing van die program se funksionering dokumenteer deur gebruiksaanwysings en helpskerms voor te berei.

Rekenaarprogrammeerders spesialiseer in 'n verskeidenheid gebiede:

Netwerkprogrammeerders werk met kommersiële netwerktale om die implementering en wysiging van netwerkkonfigurasies te ondersteun.

Databasisprogrammeerders is betrokke by die ontwikkeling van programme om die toegang en onderhouding van databasisse te pas.

Ontlederprogrammeerders ontwerp en ontleed kliëntebehoeftes en skep ingewikkelde ontwerpstrukture vir vertaling in 'n programtaal.

Multimediaprogrammeerders is betrokke by stelsels, toepassings en programmeerkwessies. Dit sluit in die verwisseling tussen platforms en die aanvanklike skryf van bronteks vir die inkorporering van teks, grafika, video, animasie, digitale/analoogfoto's, klank en 2/3D-modelle.

Stelselsagtewareprogrammeerders skryf, onderhou en wysig programme wat die algehele funksionering van rekenaars beheer.

Teleostei

Teleostei is die dominante visse van vandag. Hulle ontstaan in die Mesosoïkum-periode, en sluit 20,000 lewende spesies in.

Hulle is, in volgorde van evolusie: gewerweldes (vertebrata), kaakdier-visse (Gnathostomata), beenvisse (Osteichthyes) en straalvinvisse (Actinopterygii).Die visse het beweegbare kake met aangepaste kaakspiere. Hierdie aanpassing laat hulle toe om die kake uit die mond na buite te steek. Dit help hulle om vinnig bewegende prooi te kan gryp.

Universiteit van die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat (UV) is 'n universiteit wat in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë is. Studente verwys na hulself as "kovsies".

Die Universiteit se kampus word soms as 'n akademiese dorp beskryf, omrede alle lesingsale, laboratoria, kantore, koshuise, sport- en studentefasiliteite, en 'n opleidingshospitaal binne loopafstand in 'n veilige kampus geleë is. Die kampus is op sy beurt naby Bloemfontein se stadskern geleë.

Die universiteit is in 2010 deur Webometrics as die 9de beste universiteit in Suid-Afrika, en as die 2095ste beste ter wêreld aangewys.

Videospeletjie

'n Videospeletjie is 'n elektroniese speletjie wat op 'n TV, rekenaar of elektroniese video-apparaat gespeel word.

Vis

'n Vis is 'n waterlewende gewerwelde (Latyn: vertebrata) dier met kieue. Die meeste visse is koudbloedig. Daar bestaan meer as 32 000 verskillende spesies visse in die wêreld. Vis is 'n belangrike bron van proteïen in die dieet van die mens. Teen 2001 is vis na raming deur 1 miljard mense as hoofproteïenbron verbruik.

YouTube

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit gekombineerd dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.