Tunisië

Tunisië (Arabies: تونس, Tūnis, ; Berber: ⵜⵓⵏⴻⵙ; Frans: Tunisie), amptelik die Republiek Tunisië (Arabies: الجمهورية التونسية, al-Jumhūrīya at-Tūnisīya, ; Berber: ⵜⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵏ ⵜⵓⵏⴻⵙ), is 'n republiek geleë aan die kus van Noord-Afrika langs die Middellandse See in die Magreb-streek. Dit is die mees oostelike en ook die kleinste van die nasies langs die Atlasgebergte, en begrens Algerië aan die weste, en Libië aan die suide en ooste. Tunisië word as die enigste volledige demokrasie van die Arabiese wêreld beskou.[11]

Veertig persent van die land bestaan uit die Saharawoestyn, met die res wat bestaan uit redelike vrugbare grond, wat maklik bereikbaar is vanaf die kus. Beide faktore het 'n prominente rol gespeel in antieke tye, eerste betreffende die Fenisiese stad van Kartago, en later as die provinsie van Afrika in die Romeinse Ryk, het dit bekend geword as die broodmandjie van die Romeinse Ryk. Daar word beweer dat die naam Tunis ontstaan het uit Berber, met die betekenis van óf 'n geografiese prominensie, óf "om te oornag".

الجمهورية التونسية
al-Jumhūrīya at-Tūnisīya
Republiek Tunisië
Vlag van Tunisië Wapen van Tunisië
Vlag Wapen
Nasionale leuse: حرية، كرامة، عدالة، نظام‎
Ḥurrīyah, Karāma, 'Adālah, Niẓām[1]
(Arabies vir: "Vryheid, waardigheid, geregtigheid en orde")
Volkslied: حماة الحمى
Humat al-Hima
(Arabies vir: "Verdedigers van die Vaderland")
Ligging van Tunisië
Hoofstad Tunis

36°50′N 10°9′O / 36.833°N 10.150°O

Grootste stad Tunis
Amptelike tale Arabies[2]
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek[3][4]
Kais Saied
Youssef Chahed
Onafhanklikheid
Vorming
• Husainid-dinastie
• Onafhanklikheid
van Frankryk
• Republiek
• Rewolusiedag
• Huidige grondwet


15 Julie 1705

20 Maart 1956
25 Julie 1957
14 Januarie 2011
26 Januarie 2014[5]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
163 610 km2  (93ste)
63 170 myl2
5,0
Bevolking
 - 2017-skatting
 - Digtheid
 
11 434 994[6] (79ste)
63 / km2 (133ste)
163,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$149,190 miljard[7]
$12 661[7]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$38,732 miljard[7]
$3 287[7]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,735[8] (95ste)  –  hoog
Gini (2015) 32,8[9] –  medium
Geldeenheid Dinar (TND)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .tn, تونس.[10]
Skakelkode +216

Algemene gegewens

Tunisië lê in Noord-Afrika aan die oostelike rand van die Maghreb, waarvan dit met ’n oppervlakte van 163 610 km² die kleinste land is. Die land is tussen die olieryke buurlande van Algerië en Libië geleë en het 'n kusstrook van meer as 1 000 km lank.

Die belangrikste geografiese teenstellinge in die land is die tussen die vogtige, relatief bergagtige noorde, die semi-droë laagvlakte in die sentrale gebied en die droë Sahara in die suide. Die noordelike deel van Tunisië, die Tunisiese Dorsale of Chaîne Dorsale, word deur die oostelike uitlopers van die Atlasgebergte, die Noordelike en die Hoë Tell bepaal.

Die Noordelike Tell bestaan uit die Mogodberge aan die kus en die Kroumirieberge suid daarvan. Die reekse is 'n voortsetting van die Algerynse Tell-Atlasgebergte, met 'n hoogte van tussen 300 en 600 m en bestaan hoofsaaklik uit sandsteen. Die Hoë Tell, met Djabal Chambi (1 544 m; die hoogste berg in die land) en die Tebessaberge, vorm 'n voortsetting van die Algerynse Sahara-atlas en bestaan grotendeels uit sand- en kalksteen.

Tussen die Noordelike en die Hoë Tell lê die vrugbare vallei van die Medjerdarivier, die enigste standhoudende rivier in die land. Die ander het net water nadat dit gereën het. Die berggebied word deur uitgestrekte vlaktes omring, wat in die suide die oorgang na die Sahara vorm en in die ooste tot aan die kus van die Middellandse See strek. In die oostelike deel van die Chaîne Dorsale lê die Hoë Steppe.

Dit is komvormige valleie, wat deur lae, boomlose heuwels omring word. Nog verder na die ooste strek die Lae Steppe hom uit, waarin die droë riviere (wadi's) in 'n soutmeer uitmond. Die vlakte in die suide bestaan uit 'n laagte, die Nefzaoua, wat deur soutmere (die sogenaamde chotts) gekenmerk word. Die grootste, die Chot Dzjerid, lê 16 m onder seespieël en is altyd met 'n soutkors bedek.

Geskiedenis

Met die begin van dateerde geskiedenis, is Tunisië bewoon deur Berberstamme. Fenisiërs het reeds aan die begin van die 10de eeu v.C. die kus bewoon. In die 6de eeu v.C. het Kartago opgekom as 'n dominante fors in die gebied rondom die Middellandse See, maar is oorwin en verpletter deur Rome in die 2de eeu v.C., en die streek het as die broodmandjie van Rome gedien.

Die gebied was ook in die besit van die Vandale (5de eeu n.C.) en die Bisantynse Ryk (6de eeu). In die 7de eeu is dit verslaan deur Arabiese Moslems, wat Al Qayrawan gestig het. Daaropvolgende Islamitiese dinastieë het die gebied regeer, onderbreek deur Berberopstande. Die bewind van die Aghlabids (9de eeu) en die van die Zirids (van 972), Berbervolgeling van die Fatimiede, was veral voorspoedig.

Nadat die Zirids die Fatimiede in Kaïro in (1050) vertoorn het, het die laasgenoemde die Banu Hilal ingestuur om Tunisië te verwoes. Die kusgebiede is kortstondig deur die Normandiërs van Sisilië in die 12de eeu n.C beset. In 1159 is Tunisië verower deur die Almoravide van Marokko. Hulle is opgevolg deur die Berberse Hafsiede (ongeveer 1230–1574) en Tunisië het onder hulle bewind floreer.

In die laaste jare van die Hafsiede het Spanje baie van die stede aan die kus oorgeneem, maar is later weer teruggewen vir Islam deur die Ottomaanse Ryk onder die Turkse regeerders, die Beys, het Tunisië virtuele onafhanklikheid bekom. Die Hussein-dinastie van Beys, wat ontstaan het in 1705 het gehou tot in 1957. In die laat 16de eeu het die kusgebiede 'n vesting geword vir seerowers. Tunisië is 'n Franse protektoraat gemaak op 12 Mei 1881 en het daarna in 1956 onafhanklik geword.

Karthago

Die ruïnes van Antoninus Pius se badhuis, een van die indrukwekkende openbare geboue van Romeinse Kartago

Unknown origin coin 7

Tunisiese muntstukke

Tunis Hafsid flag

Tunisiese vlag onder die Hafsiede, ongeveer 1375

Flag of Tunisia with French canton

Vlag van die Franse protektoraat van Tunisië

Flag of Tunisia (1959–1999)

Vlag van Tunisië voor 1999

Politiek

Kaïs Saïed 2019
Kais Saied, die huidige president van Tunisië

Tunisië is 'n republiek met 'n baie sterk presidensiële stelsel.

Die voormalige president Zine El Abidine Ben Ali het vanaf 1987 tot 2011 die amp beklee toe hy van Habib Bourguiba ontslae geraak het, hy was weer op sy beurt die President vanaf Tunisië se onafhanklikheid van Frankryk in 1956. Die regerende party, die Demokratiese Grondwetlike Aksie (RCD), was die enigste wettige party vir 25 jaar – toe dit bekend was as die Sosialistiese Destouriese Party (PSD) – en dit domineer nog die politieke sfeer van die land.

Die President word verkies vir vyfjaar termyne — met geen werklike opposisie nie — en wys dan 'n eerste minister en kabinet aan, wat 'n rol speel in die uitvoering van beleid speel. Streek-goewerneurs en plaaslike administrateurs word ook aangewys deur die sentrale regering; meestal konsultatiewe burgemeesters en stadsraadlede word verkies.

Daar is 'n enkele wetgewende liggaam, die Kamer van Adjunkte, met 182 setels, waarvan 20% gereserveer is vir die opposisie. Dit speel 'n toenemende rol as 'n arena vir debatvoering oor nasionale beleid, maar geen nuwe wetgewing het al ooit daaruit gekom nie en dit voer omtrent te alle tye wetgewing deur soos dit aangebied word deur die uitvoerende komitee, met slegs klein veranderings aangebring.

Die Regstelsel is grotendeels onafhanklik, maar gehoorsaam uitvoerende direksie, veral in politieke sake. Die weermag is professioneel en speel nie 'n rol in die politiek nie. Daar is tans ses wettige opposisie partye.

Geografie

Tunisië is in Noord-Afrika, tussen die Middellandse See in die noorde en die Saharawoestyn in die suide en tussen Algerië en Libië geleë. Groot dele van die land is halfwoestyn en woestyn. Daar is berge in die noorde. Die klimaat is gematigd en mediterreens in die noorde, met gematigde, reënerige winters en warm en droë somers.

Satellite image of Tunisia in August 2001

Nasa-Satellietbeeld van Tunisië

Tunisiekaart

Kaart van Tunisië

Koppen-Geiger Map TUN present

Klimaatsones in Tunisië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Kelibya

Kelibya

Nabeul Tunisie

Nabeul

Tunis-uitsig

Tunis

Tozeur-palmeraie

Uitsig op palmeraie van Tozeur, Tunisië, met 'n werker op die dadelpalm

Raubwürger2

'n Voël in Tunisië

Ekonomie

Tabouna (Piotr Kuczynski)
Tradisionele Tunisiese brood word gemaak

Tunisië het 'n diverse ekonomie, met belangrike landbou-, mynbou-, energie-, toerisme- en vervaardigingsektore. Regeringsbeheer van ekonomiese sake, terwyl nog baie streng, het minder geword oor die laaste dekade met toenemende privatisering, vereenvoudiging van belastingstrukture en 'n verstandige aanslag op skuld.

Ware groei het 'n gemiddeld van 5% getoon in die 1990's, en inflasie neem af. Groei in toerisme en toenemende handel is sleutelelemente in hierdie bestendige groei. Tunisië se samewerkende ooreenkoms met die Europese Unie (EU) het in werking getree op 1 Maart 1998, en is die eerste ooreenkoms van so aard wat in werking tree tussen die EU en 'n mediterreense land.

Onder die ooreenkoms sal Tunisië stelselmatig struikelblokke vir handel met die EU uit die weg ruim oor die volgende dekade. Verdere privatisering, verdere liberalisasie van die investeringsbeleid om buitelandse belegging aan te moedig, en verbeteringe in die effektiwiteit van die regering is maar van die uitdagings waarmee die land in die toekoms moet deel. Handel tussen Tunisië en die EU is in 2008 vergemaklik nadat alle doeaneheffings op nywerheidsprodukte afgeskaf is. 'n Vryehandelsooreenkoms is tans in voorbereiding.

Demografie

Tunis church
'n Kerk in Tunis
TUNISIE SOUSSE 04
Medina-toring Sousse

Hedendaagse Tunisiërs is afstammelinge van die inheemse Berbers en van talle beskawings wat die gebied binnegeval het, of na migreer het, en is geassimileer in die bevolking oor die millenia heen, soos die Fenisiërs.[12]

Opgetekende geskiedenis in Tunisië begin met die aankoms van die Feniciërs, wat Kartago en ander nedersettings van Noord-Afrika laat ontstaan het in die 8ste eeu v.C. Kartago het 'n groot seemag geword, en het in konflik met die Romeinse Ryk gekom, betreffende die beheer van die Middellandse See, totdat hulle verslaan en gevange geneem is deur die Romeine in 146 v.C.

Die Romeine het oor Noord-Afrika regeer, en hulself gevestig in die gebied, tot en met die 5de eeu toe die Romeinse Ryk tot 'n val gekom het en Tunisië binnegeval is deur Europese stamme, insluitende die Vandale. Die Islamitiese oorname in die 7de eeu het Tunisië en die samestelling van sy bevolking getransformeer, met opeenvolgende golwe van immigrasie van dwarsoor die Arabiese en Ottomaanse wêreld, insluitende noemenswaardige getalle van Spaanse Moore en Jode teen die einde van die 15de eeu.

Tunisië het 'n sentra van Arabiese kultuur en opvoeding geword en is geassimileer in die Turkse Ottomaanse Ryk in die 16de eeu. Dit was 'n Franse protektoraat vanaf 1881 tot en met onafhanklikheid in 1956, en behou goeie politieke, ekonomiese, en kulturele bande met Frankryk.

Amper alle Tunisiërs (98% van die bevolking) is Moslems. Daar was 'n Joodse gemeenskap op die suidelike eiland van Djerba vir 2000 jaar, en alhoewel die bevolking aansienlik verminder het, is daar 'n klein oorblywende Joodse bevolking in Tunis wat afstammeling is van dié wat vanuit Spanje gevlug het in die laat 15de eeu (Sefardiese Jode). Daar is geen inheemse Christelike bevolking nie. Klein nomadiese inheemse minderhede is amper geheel en al in die groter bevolking geassimileer.

Opvoeding

Kolleges en universiteite in Tunisië sluit in:

  • Die Internasionale Universiteit van Tunis
  • Die Université libre de Tunis
  • Die Universiteit van Lugvaar en Tegnologie, Tunisië

Verwysings

  1. (en) "Tunisia Constitution, Article 4" (PDF). 26 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Februarie 2014. Besoek op 10 Februarie 2014.
  2. (en) "Tunisia Constitution, Article 1" (PDF). 26 Januarie 2014. Besoek op 4 Januarie 2015.
  3. (en) Frosini, Justin; Biagi, Francesco (2014). Political and Constitutional Transitions in North Africa: Actors and Factors. Routledge. p. 4. ISBN 978-1-317-59745-2.
  4. (en) Choudhry, Sujit; Stacey, Richard (2014). "Semi-presidential government in Tunisia and Egypt" (PDF). International Institute for Democracy and Electoral Assistance. Besoek op 30 Augustus 2016.AS1-onderhoud: Veelvoudige name: authors list (link)
  5. (en) "Tunisia assembly approves new constitution". Al Jazeera. 26 Januarie 2014. Besoek op 3 September 2019.
  6. (fr) "National Institute of Statistics-Tunisia". National Institute of Statistics-Tunisia. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2015.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Tunisia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 23 Oktober 2019.
  8. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 23 Oktober 2019.
  9. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 23 Oktober 2019.
  10. (en) "Report on the Delegation of تونس". Internet Corporation for Assigned Names and Numbers. 2010. Besoek op 23 Oktober 2019.
  11. (en) "Tethered by history". The Economist. 14 Augustus 2014. ISSN 0013-0613. Besoek op 23 Oktober 2019.
  12. (en) "The NGM Study "Who were the Phoenicians" and the Return of the Phoenicians". Besoek op 23 Oktober 2019.

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-68-0, volume 168, 169

Eksterne skakels

Regering

Nuus

Inligting oor Tunisië

Toerisme

Ander

.tn

.tn is die Internettopvlakdomein vir Tunisië.

1956

Die jaar 1956 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

20 Maart

20 Maart is die 79ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (80ste in skrikkeljare). Daar volg nog 286 dae tot die einde van die jaar. Gewoonlik val die Maart-ewening op hierdie datum, wat die begin van die lente in die Noordelike Halfrond en die begin van herfs in die Suidelike Halfrond aandui, wanneer beide die dag en nag ewe lank is.

7 November

7 November is die 311de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (312de in skrikkeljare). Daar volg nog 54 dae in die res van die jaar.

Africa (Romeinse provinsie)

Africa (later ook Africa Proconsularis) was eeue gelede 'n Romeinse provinsie.Die provinsie kom hoofsaaklik ooreen met die huidige Tunisië. Dit was tot 146 v.C. die gebied van Kartago (Rome se groot vyand) en in hierdie jaar word die stad vernietig. Drie-en-twintig jaar later stig Caius Grachus opnuut 'n nedersetting wat 'n Romeinse kolonie word. Maar dit duur amper 'n eeu voordat Rome die gebied wat 'n belangrike graanskuur vir die Republiek was, in 'n provinsie Africa herorganiseer. Of liewer in twee provinsies, omdat 'n deel van Numidië die provinsie Africa Nova sou vorm. Onder keiser Augustus word hulle in 27 saamgevoeg in een groot provinsie Africa of later Africa Proconsularis.Die Vandale verower dit in 439 en maak dit tot hulle koninkryk. In 533 val die Bisantyne hulle aan. Africa word 'n Bisantynse Eksargaat tot die Moslems dit in 698 verower.

Algerië

Algerië (Arabies: الجزائر, al-Jazā'ir; Berbers: ⴷⵣⴰⵢⴻⵔ, Dzayer, Frans: Algérie), amptelik die Demokratiese Volksrepubliek Algerië (Arabies: الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبية; Berbers: ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ), is 'n groot, bergagtige land in Noord-Afrika en die grootste land van Afrika, effens groter as die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die grootste deel van die land lê in die Saharawoestyn met 'n smal kusvlakte aan die Middellandse See, noord van die Atlasgebergte. In die suidooste van Algerië is die Ahaggarbergreeks geleë. In die suide grens dit, van wes na oos, aan Wes-Sahara, Mauritanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens. Dit vorm saam met Marokko en Tunisië, waartussen dit lê, die Magreb (of Tamazgha).

Algerië het 'n ou Berber-beskawing wat dateer uit die jaar 200 v.C. tydens die Berber-koninkryk Numidië. Algerië was tussen 1830 en 1962 'n kolonie van Frankryk. Die land het op 5 Julie 1962 onafhanklik geword.

Die hoofstad en grootste stad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.

Arabiere

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Arabies.Die Arabiere (Arabies: عَرَب, ‘arab, [ˈʕarab], ) is 'n groot en heterogene Semitiese etniese groep wat veral in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en aan die Horing van Afrika aangetref word. Hulle het met die uitbreiding van die Islam in die 7de eeu vanaf die Arabiese Skiereiland en Wes-Asië versprei. Tussen 430 en 450 miljoen Arabiere leef wêreldwyd, waarvan die meeste in die Arabiese wêreld. Daarmee is die Arabiere die tweede grootste etniese groep naas die Han-Chinese. Belangrike Arabiese minderhede leef in Iran, Israel en Turkye. Die bande wat Arabiere verbind is taalkundige, kulturele, politieke en etniese feite. Palestyne en Sahrawis is van die bekendste Arabiese deelgroepe.

Die meeste Arabiere is aanhangers van die Soennitiese Islam en hul moedertaal is Arabies. Die Arabiese diaspora is een van die grootstes ter wêreld en het in lande van die Amerikas, Europa, Suid- en Suidoos-Asië gevestig. Die meeste mense van Arabiese afkoms buite die Arabiese wêreld leef in Brasilië (9 miljoen), gevolg deur Frankryk (5,9 miljoen), Argentinië (4,5 miljoen), die Verenigde State (3,5 miljoen), Spanje (1,6–1,8 miljoen), Venezuela (1,6 miljoen), Italië (1,5 miljoen), Meksiko (1,1 miljoen), Chili (1 miljoen) en Colombia (700 000–1 miljoen). As gevolg van die Arabiese Lente met burgeroorloë soos die Libiese (2011) en die Siriese Burgeroorlog (sedert 2011) het miljoene Arabiere van hul tuislande gevlug, waarvan die meeste na Europese lande soos Duitsland.

Arabies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Arabiere.

Arabies (العَرَبِية‎, al-ʻarabiyyah [alʕaraˈbijja] of عربي ,عربى‎ ʻarabī [ˈʕarabiː] ) is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is. Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in die Arabiese alfabet geskryf.

Arabies bevat verskeie dialekte, waarvan Egiptiese Arabies die belangrikste is. Byna elke Arabiestalige land beskik oor sy eie dialek. As gevolg van die Arabiese diaspora se verspreiding het die Arabiese taal ook in lande soos Argentinië, Brasilië, Frankryk, Italië en Spanje gevestig.

Arabies is die liturgiese taal van die Islam en byna elke Moslem verstaan Arabies en kan die Arabiese alfabet lees. Dit was die profeet Mohammed se moedertaal en die Koran is in Arabies geskryf. Daarbenewens gebruik Arabiese Christene ook Arabies en Maltees, die amptelike taal van die meerendeels Rooms-Katolieke Malta, het uit 'n Arabiese dialek ontwikkel.

Berbers

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taalfamilie, sien Berbertale.Die Berbers (Berbers: ⵉⵎⴰⵣⵉⵖⵏ Imaziɣen, enkelvoud: ⴰⵎⴰⵣⵉⵖ Amaziɣ/Amazigh) is 'n etniese groep inheems aan Noord-Afrika wat Berbertale praat. Hulle is versprei in 'n gebied wat strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Siwa-oase in Egipte in die ooste en van die Middellandse See in die noorde tot die Nigerrivier in die suide. Lande met 'n belangrike Berberbevolking sluit in Algerië, Libië, Mali, Marokko, Mauritanië, Niger en Tunisië. In die lande van die Magreb, waar die Arabiere die meerderheid vorm, vorm die Berbers die belangrikste minderheid.

Die Berbers vorm die inheemse bevolking van Noord-Afrika en eerste verwysings stam van beide die Antieke Egipte en Antieke Griekeland. Die Griekse historikus en skrywer Herodotos het hulle in sy bekende Histories opgeteken. Oor eeue heen het Berbers die kus vanaf die Atlantiese Oseaan tot Egipte bewoon en het afwisselend onder die heerskap van die Fenisiërs, Romeinse Ryk, Vandale, Alane en die Bisantynse Ryk gekom.

Nog voor die Arabiese verowering van die Magreb onder die Rasjidoen-kalifaat en die Omajjadiese Kalifaat het die Berbers die belangrikste bevolkingsgroep in Noord-Afrika gevorm. Sedertdien word die gebied deur die Arabiere oorheers en Arabies is die belangrikste taal. As gevolg daarvan is die Berbergebied gefragmenteer en hulle het die Islam as hul geloof aangeneem. Arabiere en Berbers het die Iberiese Skiereiland in 711 verower en aansluitend daar gevestig. Hulle het die Islamitiese ryk van Al-Andalus gekenmerk en pragtige paleise soos die Alhambra in Granada opgerig.

As gevolg van die Christelike Reconquista van Portugal en Spanje in 1492 is die Berbers van die Iberiese Skiereiland verdryf en hulle het in Noord-Afrika hervestig. As gevolg van die Franse verowering van groot dele van Noord-Afrika het die Berbers onder Franse invloed gekom en Frans 'n belangrike vreemde taal geword. Vandag leef sowat 1,5 miljoen Berbers in Frankryk.

Aangesien die meeste Berbers in gebiede woon wat moeilik toeganklik is, is daar min nywerhede in hulle woongebiede. Daar is egter potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van hulle handwerk. Dit behels ook produkte wat as "kunsnywerheidsartikels" aan toeriste verkoop word en selfs in die buiteland bemark kan word. Die Berbers se pottebakkerswerk het nie ver ontwikkel nie, maar slaag miskien tog juis deur die eenvoud daarvan. Hulle vlegwerk (hoede, mandjies en matte) oortref selde die peil van goedkoop gebruiksartikels. Die doeke en komberse van die Berbers het 'n eie karakter. Dit word geweef met inslag van dik woldrade op 'n skering van baie dun katoendraad. Verskillende kleure word gebruik en die ontwerpe bestaan uit eenvoudige geometriese patrone. Die tradisionele kleurkombinasie vir mans is wit, grys, swart en bruin. Vroue gee weer voorkeur aan 'n kombinasie van wit met een of helderder primêre kleure, afhangende van die plaaslike kleredrag.

Berbertale

Die Berbertale (Berbers: Tamaziɣt, Tamazight, ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ [tæmæˈzɪɣt], [θæmæˈzɪɣθ]) vorm 'n tak van soortgelyke en naverwante tale en dialekte binne die Afro-Asiatiese tale wat in sommige dele van Noord-Afrika deur die inheemse Berbervolke gepraat word. Dié taalgroep bestaan uit 26 tale wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Soms word dit as een taal beskou wat uit dialekte bestaan.

Die Berbertale is oorwegend in Marokko en Algerië, waar dit ampstale is, asook in kleiner mate in Libië, Mali, Niger, Tunisië, Burkina Faso, Egipte en Mauritanië versprei. As gevolg van die Berberse diaspora word Berbertale ook in lande soos België, Frankryk, Nederland, Duitsland, Spanje, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gepraat.

Tot die begin van die Middeleeue het die Berbertale 'n dialekkontinuum gevorm, wat as gevolg van die Islamitiese veroweringe en die uitbreiding van Arabies gefragmenteer is. Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Kabilies (5,6 miljoen), Tachelhit (4 miljoen), Tamazight (2,5 miljoen), Tarifit (1,5 miljoen) en Tamasjek (1,2 miljoen).

Kartago

Kartago (ook: Carthago, Kartage, van Latyn: Carthago, uit Punies: Qart-Hadasht: nuwe stad) was in die eerste millennium v.C. 'n belangrike stad aan die kus van die huidige Tunisië. Die stad was die grootste opponent van die Romeinse Republiek en is ná die Derde Puniese Oorlog in 146 v.C. volledig vernietig.

Noord-Afrika

Noord-Afrika of Noordelike Afrika is die noordelike gedeelte van die kontinent van Afrika. Die gebied sluit die lande Algerië, Egipte, Libië, Marokko, Soedan, Suid-Soedan, Tunisië, Wes-Sahara en dikwels ook Mali, Mauritanië, Niger en Tsjad in. Die belangrikste inheemse taal is Arabies en die religie is die Islam.

Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.

Pietersielie

Pietersielie (Petroselinum crispum) is 'n spesie van die genus Petroselinum in die familie Apiaceae, inheems aan die sentrale Middellandse Seestreek (die suide van Italië, Algerië, en Tunisië). Dit het egter dwarsoor die wêreld gevestig en word wyd verbou as 'n krui, spesery en as groente.

Waar dit as 'n tweejarige plant gekweek word, vorm dit in die eerste jaar reeds 'n roset van drieledige blaarstele 10-25 cm lank, met talle liggroen blaartjies 1-3 cm groot en 'n penwortel wat deur die winter as 'n voedselstoor funksioneer.

Pietersielie word algemeen gebruik in Midde-Oosterse, Europese en Amerikaanse kookkuns. Krullerige blaarpietersielie word dikwels as 'n versiering langs hoofgeregte gerangskik. In Sentraal- en Oos-Europa en die weste van Asië, word baie geregte bedien met vars gekapte pietersielie bo-oor gesprinkel. Wortelpietersielie is baie algemeen in die Sentrale en Oostelike Europese kookkuns, waar dit gebruik word as 'n versnapering of 'n groente in meeste soppe, bredies asook rys.

Tunis

Tunis (Arabies: تونس Tūnis ) is die hoofstad en grootste stad van Tunisië. Die stad het 'n bevolking van 1 958 782 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 212,63 km². Dit is in die noordooste van Tunisië aan die kus van die Middellandse See geleë. Die Medina van Tunis en die argeologiese terrein van Kartago is in 1979 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Vlag van Libië

Die nasionale vlag van Libië is op 27 Februarie 2011 terwyl die Libiese Burgeroorlog deur die Nasionale Oorgangsraad in gebruik geneem en was ook tussen 1951 en 1969 die amptelike vlag van die Koninkryk van Libië. Sedert die 21 September 2011 is die vlag van die Verenigde Nasies erken. ’n Grondwet vir die amptelike gebruik is beplan.

Vlag van Mauritanië

Die nasionale vlag van Mauritanië is op 6 Augustus 2017 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee rooi strepe wat ’n groen veld flanker met ’n geel vyfpuntige ster en halfmaan in die middel van die vlag. Die rooi, groen en geel is drie van die Pan-Afrika kleure.

Vlag van Tunisië

Die nasionale vlag van Tunisië is in 1835 en weer op 20 Maart 1956 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n wit skyf in die middel van die vlag waarop ’n rooi ster en sekelmaan is.

Lande en gebiede in Afrika
Lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Lande van
Afrika
Asië

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.