Sefardiese Jode

Sefardiese Jode (Hebreeus: סְפָרַדִּים‬, Moderne Hebreeus: Sefaraddim, Tiberies: Səp̄āraddîm; ook יְהוּדֵי סְפָרַד‬, Jehoedéj Sefarad, letterlik: "Jode van Spanje") is 'n Joodse etniese deelgroep. Die naam is afgelei van die plek of landskap Sefarad (ספרד) in die boek Obadja van die Hebreeuse Bybel.[3] Tydens die Middeleeue het Sefarad die algemene Hebreeuse naam vir Spanje geword, Jehoedéj Sefarad (יְהוּדֵי סְפָרַד‬) verwys darem na die Jode van Spanje. Hulle het hulle gemeenskappe in alle dele van die moderne Spanje en Portugal gevestig en hul kenmerkende eienskappe en diaspora-identiteit ontwikkel, wat hulle in ballingskap uit Iberië saamgeneem het, beginnende in die laat 15de eeu na Noord-Afrika, Anatolië, die Levant, Suidoos- en Suid-Europa, sowel as die Amerikas, en alle ander plekke van hul verbanning, óf langs die bestaande mede-godsdienstiges óf alleen as die eerste Jode in nuwe grense. Hul duisendjarige verblyf as 'n oop en georganiseerde Joodse gemeenskap in Iberië het met die Reconquista begin daal en is tot 'n einde gebring met die Alhambra-besluit deur die Spaanse Rooms-Katolieke monarge in 1492, en toe deur die edik van uitsetting van Jode en Moslems deur die Portugese koning Manuel I in 1496,[4] wat gelei het tot 'n kombinasie van interne en eksterne migrasies, massa-bekerings en teregstellings.

Sepharadic Migrations
Kaart van Sefardiese migrasies
Emanuel de Witte - Interieur van de Portugese synagoge te Amsterdam
Binneruimte van die Portugese sinagoge in Amsterdam, skildery deur Emanuel de Witte, ca. 1680
1900 photo of a Sephardi couple from Sarajevo
Sefardies-Joodse egpaar uit Sarajevo in tradisionele klere, ca. 1900
Jews 1490
Onakkurate verteenwoordiging van beweerde blygebiede van die Joodse diaspora rondom 1490:
Europa:

   Asjkenasiese Jode

   Sefardiese Jode

   Italiaanse Jode (Italkim, Sefaraddim, Asjkenasim en ander groepe)

   Romaniote Jode

   Karaïete-Jode


Afrika:

   Berber-Jode

   Jode van Bilad el-Sudan (Wes-Afrika, Timboektoe)

   Beta Israel


Midde-Ooste/Kaukasus (gewoonlik saam met Mizrachi-Jode gegroepeer):

   Palestynse Jode

   Babiloniese/Irakse Jode

   Koerdiese Jode

   Jemense Jode

   Georgiese Jode

   Bergjode

   Persiese/Buchara-Jode


Indië en China (vir latere tydperke: Bagdadse Jode):

   Bene Israel

   Cochin-Jode

   Kaifeng-Jode

Sefardiese Jode vorm die derde grootste en tweede oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2000 jaar. Dit is onduidelik of Jode reeds vóór die Romeinse verowering op die Iberiese Skiereiland hulle gevestig het of daarná. Volgens die Romeinse keiser Titus het Jode hulle reeds in die 1ste eeu n.C. in die hele Middellandse Seegebied gevestig. Na die onderdrukking van die Joodse opstand en die vernietiging van die tweede Tempel van Jerusalem het Jode hulle in ander dele van die Romeinse Ryk gevestig, insluitende die Iberiese Skiereiland. Volgens 'n ander teorie het Jode hulle reeds saam met Fenisiese handelaars uit die Levant op die Iberiese Skiereiland gevestig, reeds voor die koms van die Romeine.

Vandag verwys die term "Sefardiese Jode" ook soms na tradisioneel Oos-Joodse gemeenskappe in Wes-Asië en verder; alhoewel hulle nie genealogiese wortels in die Joodse gemeenskappe van Iberië het nie, het hulle 'n liturgiese styl, wette en gebruike gemeen met die Sefardiese Joodse ballinge van Iberië.

Die tradisionele tale van Sefardiese Jode en hul afstammelinge was histories sowel Spaans as Portugees, alhoewel ook ander tale oor die eeue heen aangeneem en aangepas is. Die historiese vorme van Spaans of Portugees wat in verskillende Sefardiese gemeenskappe gepraat is, is algemeen bepaal deur die datum van hul vertrek vanaf Iberië en hulle toestand van vertrek as Jode of nuwe Christene. Sefardiese Jode het hulle veral in die destydse gebied van die Ottomaanse Ryk met provinsies soos Thrakië, Masedonië, Bosnië en die Heilige Land asook Noord-Afrika (Maghreb) gevestig. 'n Kleiner aantal het hulle in Noord-Europa gevestig, veral in die hawestede van Nederland (Amsterdam) en Noord-Duitsland (Hamburg), maar ook in Frankryk (Bordeaux, Bayonne), in Italië (Livorno, Ferrara), in die Amerikas, Indië en Afrika. Die Griekse stad Thessaloniki het tot die besetting deur Duitse troepe in 1941 waarskynlik die grootste Europese Sefardiese gemeenskap gehuisves; dié stad is dus ook "Jerusalem van die Balkan" genoem.[5]

Ladino, soms "Ladino Oriental" (Oostelike Ladino) genoem, is 'n Romaanse taal afgelei van Oud-Spaans, insluitend elemente van al die ou Romaanse tale van die Iberiese Skiereiland, asook Hebreeus en Aramees, en is gepraat deur die Oos-Sefardiese Jode, wat hulle na die uitsetting uit Spanje in 1492 in die Oostelike Middellandse See gevestig het. Hierdie dialek was ook beïnvloed deur Ottomaanse Turkse, Arabiese, Griekse, Bulgaarse en Serwo-Kroatiese woordeskat in die verskillende lande van hul ballingskap. Haketia (in Algerië ook "Tetouani" genoem) is 'n deur Arabies beïnvloede Judeo-Spaanse variëteit wat ook uit Oud-Spaans ontwikkel het met talle Hebreeuse en Aramese leenwoorde en deur Sefardiese Jode in Noord-Afrika na hul uitsetting uit Spanje in 1492 gepraat is. Die hoofkenmerk van hierdie dialek is die sterk invloed van die Jebli-Arabiese dialek van Noord-Marokko. Vroeë Moderne Spaans en Vroeë Moderne Portugees, insluitende 'n mengsel van dié twee is tradisioneel gepraat of liturgies gebruik deur die eens bekeerde Westelike Sefardiese Jode en saamgeneem tydens hul latere migrasie uit Iberië tussen die 16de en 18de eeu as bekeerdes, waarna hulle teruggekeer het na Judaïsme. Moderne Spaanse en Moderne Portugese variëteite word tradisioneel deur die Sefardiese Bnei Anusim van Iberië en Ibero-Amerika gepraat, ook na die onlangse terugkeer deur sommige na Judaïsme in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. By laasgenoemde het hierdie variëteite leenwoorde uit die inheemse tale van die Amerikas na die Spaanse verowering oorgeneem.

Van die 2,2 miljoen Sefardiese Jode wêreldwyd lewe sowat 1,4 miljoen in Israel, gevolg deur tussen 300 000 en 400 000 in Frankryk en 200 000 tot 300 000 in die Verenigde State.

Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino) word onderskei van Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj), wat afstam van Jode uit Sentraal- en Oos-Europa, en Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), wat afstam van Jode wat in die Midde-Ooste gebly het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Sefardiese Jode
Fête juive à Tétouan, Alfred Dehodencq, 1865

Joodse feesviering in Tétouan, skildery deur Alfred Dehodencq in 1865, Paryse Museum vir Joodse Kuns en Geskiedenis
Totale bevolking: 2,2 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Israel Israel 1,4 miljoen

Vlag van Frankryk Frankryk 300 000–400 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 200 000–300 000
Vlag van Argentinië Argentinië 50 000
Vlag van Brasilië Brasilië 40 000
Vlag van Spanje Spanje 40 000
Vlag van Kanada Kanada 30 000
Vlag van Turkye Turkye 26 000
Vlag van Italië Italië 24 930
Vlag van Meksiko Meksiko 15 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 8 000
Vlag van Panama Panama 8 000
Vlag van Colombia Colombia 7 000
Vlag van Marokko Marokko 6 000
Vlag van Griekeland Griekeland 6 000
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina 2 000
Vlag van Tunisië Tunisië 2 000
Vlag van Bulgarye Bulgarye 2 000
Vlag van Kuba Kuba 1 500
Vlag van Serwië Serwië 1 000
Vlag van Nederland Nederland 600
Vlag van Indonesië Indonesië 500
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 200

Taal: Histories: Ladino, Arabies, Haketia, Judeo-Portugees, Berbers, Katalaans, Sjoadit, plaaslike tale

Hedendaags:: Plaaslike tale, veral Hebreeus, Frans, Engels, Turks, Spaans, Portugees, Italiaans, Ladino, Arabies

Geloofsoortuiging: Judaïsme
Verwante etniese groepe: Jode, Asjkenasiese Jode, Bene Israel, Bergjode, Beta Israel, Boerejode en Mizrachi-Jode; ander Levantyne, Libanese,[1] Palestyne,[1][2] Siriërs,[1] ander Midde-Oosterse Semitiese volke, Spanjaarde, Portugese, Pieds-noirs en Hispanics/Latino's

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Jews Are The Genetic Brothers Of Palestinians, Syrians, And Lebanese". Sciencedaily.com. 9 Mei 2000. Besoek op 16 Mei 2019.
  2. (en) (2000) “High-resolution Y chromosome haplotypes of Israeli and Palestinian Arabs reveal geographic substructure and substantial overlap with haplotypes of Jews”. Human Genetics 107 (6): 630–41. doi:10.1007/s004390000426. Besoek op 16 Mei 2019.
  3. (af) "Obadja 1,20". Bybel: Obadja. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 16 Mei 2019. Dieselfde Israeliete wat in ballingskap weggevoer is, sal Kanaän in besit neem tot by Sarfat; die mense van Jerusalem wat nou ballinge in Sefarad is, sal die stede in die Suidland in besit neem.
  4. (pt) Fernandes, Maria Júlia (1996). "Expulsão dos judeus de Portugal". RTP. Besoek op 16 Mei 2019.
  5. (de) Schalom. Deutschlandfunk, 25 November 2011

Eksterne skakels

Asjkenasiese Jode

Asjkenasiese Jode (Hebreeus: אַשְׁכְּנַזִּים‬, Asjkenasim, [ˌaʃkəˈnazim]; eenvoud: Asjkenasi, [ˌaʃkəˈnazi]; Moderne Hebreeus: [aʃkenaˈzim] of [aʃkenaˈzi]; ook יְהוּדֵי אַשְׁכְּנַז‬, Jehoedéj Asjkenas, letterlik: "Jode van Asjkenas") is 'n Joodse diasporabevolking wat rondom die einde van die eerste millennium in die Heilige Romeinse Ryk ontstaan het. Die naam is afgelei van Asjkenas (אשכְּנז), 'n seun van Gomer, kleinseun van Jafet en agterkleinseun van Noag in Genesis van die Hebreeuse Bybel. Jeremia verwys egter na 'n koninkryk Asjkenas wat saam met Ararat (Urartu) en Minni (Manneërs) oorlog teen Babilon moes voer om dié stad te vernietig. In die Middeleeuse Rabbynse literatuur het dié term na Duitsland verwys.

Asjkenasiese Jode vorm die grootste en derde oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2000 jaar. Rondom 200 v.C. het Palestynse Jode 'n gemeente in Rome gestig. As gevolg van die nederlae tydens die Joodse oorlog (70 n.C.) en die Bar Kochba-opstand (130 n.C.) is nog meer Palestynse Jode as slawe na Italië gebring. Baie van hul nasate het hulle later in gebiede noord van die Alpe gevestig, terwyl ander na die Islamitiese verowering van Jerusalem in die 7de eeu na Palestina teruggekeer het. Met die verowering van Germania Inferior en Germania Superior onder keiser Augustus het Jode hulle saam met Romeine in dié twee provinsies gevestig. Die riviere Ryn en Donau het grense van die Romeinse Ryk geword en dus was die Joodse vestiging in stede suid en wes van dié riviere beperk. Vroeë sentra was Augusta Treverorum (Trier), Mogontiacum (Mainz), Colonia Claudia Ara Agrippinensium (Keulen), Borbetomagus (Worms) en Noviomagus Nemetum (Speyer).

Die tradisionele diasporataal van Asjkenasiese Jode is Jiddisj ('n Germaanse taal met elemente van Hebreeus en Aramees) wat ontwikkel nadat hulle in Noord-Europa ingetrek het: Beginnende met Duitsland en Frankryk in die Middeleeue. Oor eeue heen het hulle Hebreeus slegs as 'n liturgiese taal gebruik, tot die herlewing van Hebreeus as 'n amptelike taal in Israel. Dwarsdeur hul tyd in Europa het Asjkenasiese Jode baie belangrike bydraes tot filosofie, geleerdheid, letterkunde, kuns, musiek en wetenskap gelewer.Die term "Asjkenasiese Jode" verwys na Joodse setlaars wat tydens die Middeleeue gemeentes tussen die riviere Loire in Noord-Frankryk en die Rynrivier in Wes-Duitsland gestig het. Toe hulle hulle daar gevestig het, het hulle hul tradisies aangepas wat van Babilon, die Heilige Land en die Wes-Mediterreense gebied na hul nuwe omgewing saamgeneem is. Die Asjkenasiese ritus het in stede soos Mainz, Worms en Trier ontwikkel. Die vooraanstaande rabbi Shlomo Itzhaki (Rashi) sou 'n beduidende invloed op die Joodse godsdiens hê.

In die laat Middeleeue, as gevolg van godsdienstige vervolging soos tydens die Kruistogte en ander pogromme, het die meerderheid van die Asjkenasiese bevolking geleidelik ooswaarts verskuif en uit die Heilige Romeinse Ryk na die gebiede van die latere Pools-Litause Gemenebes (bestaande uit dele van die hedendaagse Wit-Rusland, Letland, Litaue, Pole, Rusland en Oekraïne) beweeg. In die loop van die laat 18de en 19de eeu het daardie Jode wat in die Duitse lande gebly of teruggekeer het, 'n kulturele heroriëntering opgedoen; onder die invloed van die Haskalá en die stryd om emansipasie sowel as die intellektuele en kulturele gis in stedelike sentrums het hulle geleidelik die gebruik van Jiddisj laat vaar en Duits as taal aangeneem en gelyktydig nuwe vorme van Joodse godsdienstige lewe en kulturele identiteit ontwikkel.Die Holocaust van die Tweede Wêreldoorlog het die Asjkenasiese Jode probeer vernietig en lede van feitlik elke Joodse familie is vermoor. Volgens ramings het die Asjkenasiese Jode in die 11de eeu drie persent van die totale wêreldwye Joodse bevolking gevorm, terwyl volgens 'n skatting van 1930 (naby dié bevolking se piek) hulle 92 persent van die wêreldwye Jode gevorm het. Onmiddellik voor die Holocaust was die getal Jode wêreldwyd ongeveer 16,7 miljoen. Statistiese syfers wissel vir die kontemporêre demografie van Asjkenasiese Jode en streek van 10 tot 11,2 miljoen. Sergio Della Pergola het in 'n ruwe skatting van Sefardiese en Mizrachi-Jode geraam dat Asjkenasiese Jode nie meer as 74% van die Joodse bevolking wêreldwyd verteenwoordig nie. Volgens ander ramings maak die Asjkenasiese Jode sowat 75% van die Jode wêreldwyd uit. Die meeste Jode in Suid-Afrika is van Asjkenasiese Jode afkomstig.

Volgens genetiese studies oor Asjkenasiese Jode – wat beide hul vaderlike en moederlike afstamming ondersoek het – beskik hulle oor 'n oorheersende hoeveelheid gedeelde Midde-Oosterse voorgeslagte, aangevul deur verskillende persentasies van Europese invloed. Hierdie studies het aangekom by uiteenlopende gevolgtrekkings met betrekking tot beide die graad en die bronne van hul Europese afkoms en het oor die algemeen gefokus op die mate van die Europese genetiese oorsprong wat in Asjkenasiese Jode se moederstamme waargeneem is.Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj) word onderskei van Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino), wat afstam van Jode wat hulle in die Iberiese Skiereiland gevestig het, en Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), wat afstam van Jode wat in die Midde-Ooste gebly het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Bene Israel

Moenie verwar word met Beta Israel nie.Die Bene Israel (Hebreeus: בני ישראל, letterlik: "Seuns van Israel"; Judeo-Marathi: बेने इस्राएल), in Indië voorheen bekend as die Sjaniwar Teli-kaste ("Saterdag-olie-perskaste") en later as die "Inheemse Joodse Kaste", is 'n historiese gemeenskap van Jode in Indië. Volgens bewerings bestaan dit uit afstammelinge van een van die betwiste verlore stamme en voorvaders wat hulle eeue gelede daar gevestig het. In die 19de eeu, nadat die mense oor normatiewe (Asjkenasiese/Sefardiese) Judaïsme geleer is, het hulle geneig om van dorpe in die Konkan-gebied na die nabygeleë stede, veral Mumbai, te migreer, maar ook na Pune, Ahmedabad en Kolkata in Indië; en Karatsji in die hedendaagse Pakistan. Baie het poste by die Britse koloniale gesag van die tydperk behaal.

In die vroeë deel van die twintigste eeu het baie Bene Israel aktief geword in die nuwe rolprentbedryf, as aktrises en akteurs, produsente en direkteure. Nadat Indië sy onafhanklikheid in 1947 verkry het en Israel in 1948 gestig is, het die meeste Bene Israel na Israel, Kanada en ander Statebondlande en die Verenigde State geëmigreer. Voor hierdie migrasies het hulle die grootste deel van die Joodse bevolking op die Indiese subkontinent gevorm en hul moedertaal is Judeo-Marathi, 'n soort Marathi met leenwoorde uit Hebreeus en Aramees.

Bergjode

Moenie verwar word met Boerejode nie.Bergjode of Kaukasiese Jode (Azerbeidjans: Dağ Yəhudiləri; Hebreeus: יהודי קווקז, Jehoedéj Kafkas of יהודי ההרים, Jehoedéj he-Harim, Russies: Горские евреи, Ghorskije Jewrej) is Jode van die oostelike en noordelike Kaukasus, veral Azerbeidjan, Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië. Hulle is die afstammelinge van Persiese Jode uit Iran. Bergjode verwys na hulself as Djoehoer ("Jode") en na hul taal as Djoehoeri ("Joods").

Die Bergjode-gemeenskap het hulle vanaf die 5de eeu in Antieke Persië gevestig; hul taal, Judeo-Tat genoem, is 'n antieke Suidwes-Irannese taal wat baie elemente van antieke Hebreeus bevat en nou verwant is aan Persies.Volgens bewerings het hulle Persië uit die Antieke Israel reeds in die 8ste eeu v.C. bereik. Hulle het voortgegaan om na die ooste te migreer en hulle uiteindelik in die bergagtige gebiede van die Kaukasus gevestig. Die Bergjode het talle historiese wisselvallighede oorleef omdat hulle hulle in uiters afgeleë en bergagtige gebiede gevestig het. Die Joodse godsdiens en gebruike is deur eeue heen onderhou en bewaar. Hulle was bekend as krygers en perdryers.Die belangrikste Bergjode-nedersetting in Azerbaijan is Qırmızı Qəsəbə, ook "Jerusalem van die Kaukasus" genoem. In Russies was Qırmızı Qəsəbə eens bekend as Еврейская Слобода (Jewrejskaja Sloboda, "Joodse dorpie"), maar tydens die Sowjet-tye is dit herdoop na Красная Слобода (Krasnaja Sloboda, "Rooi dorpie").Bergjude word onderskei van Georgiese Jode van die Kaukasusberge. Die twee groepe is kultureel en etnies anders, praat verskillende tale en het baie verskille in gebruike en kultuur.As gevolg van die alijá het die meeste Bergjode hulle in Israel gevestig, waar tussen 100 000 en 140 000 leef. In Azerbeidjan is nog tussen 22 000 en 50 000 Bergjode oor. 'n Bykomende 10 000 tot 40 000 het hulle in die Verenigde State gevestig.

Beta Israel

Moenie verwar word met Bene Israel nie.Die Beta Israel (Hebreeus: בֵּיתֶא יִשְׂרָאֵל‬, Béjte Jisra'él; Ge'ez: ቤተ እስራኤል, Bēta 'Isrā'ēl, hedendaags: Bēte 'Isrā'ēl, Encyclopaedia Aethiopica: Betä Ǝsraʾel, letterlik: "Huis van Israel" of "Gemeenskap van Israel"), ook bekend as Ethiopiese Jode (Hebreeus: יְהוּדֵי אֶתְיוֹפְּיָה, Jehoedéj Etiópija; Ge'ez: የኢትዮጵያ አይሁድዊ, ye-Ityoppya Ayhudi), is Jode wie se gemeenskap oor eeue heen in die gebied van die Koninkryk Aksum en die Keiserryk van Ethiopië, wat nou tussen die Amhara- en Tigray-streke van Ethiopië en Eritrea verdeel is, geleef en ontwikkel het. Die meeste van hierdie mense het sedert die laat 20ste eeu na Israel geëmigreer. Hulle word ook Falasja genoem, wat uit Oud-Ethiopies (Ge'ez) afgelei is en "uitgewekenes" of "uitgeweke" beteken en 'n neerhalende konnotasie behels. In Ethiopië het hulle 'n kaste van ambagsmanne gevorm wat oor eeue heen smeewerk uitgeoefen het, omdat hulle nie grond kon besit nie.

Die Beta Israel was eens in noordelike en noordwestelike Ethiopië in meer as 500 klein dorpies oor 'n groot gebied wyd versprei, saam met bevolkings van Moslems en hoofsaaklik Christene. Die meeste van hulle was gekonsentreer in die gebied rondom en noord van die Tanameer en die Blou Nyl, in die Gondar-streek saam met die Wolqayit, Shire en Tselemt, Dembia, Segelt, Quara en Belesa.

Die Beta Israel het in die latere 20ste eeu hernude kontak met ander Joodse gemeenskappe gemaak. Na Halagiese en grondwetlike besprekings het Israeliese amptenare op 14 Maart 1977 besluit om die Israeliese wet van terugkeer op die Beta Israel toe te pas. Die Israeliese regering en Amerikaanse nieregeringsorganisasies soos die American Association for Ethiopian Jews (Amerikaanse Assosiasie vir Ethiopiese Jode, AAEJ) het alijá-bedrywighede geloods om die mense na Israel te bring. Hierdie aktiwiteite sluit in Operasie Broers tussen 1977 en 1991 in Soedan (dit sluit die groot operasies Moses en Josua in) en in die 1990's van Addis Abeba (wat Operasie Salomon insluit). Van die grootste alijá-operasies sluit in Moses (1984/85), Salomo (1991) en Duifvlerke (2011). Tans bly nog sowat 8 000 Jode in Ethiopië, waarvan omtrent 5 000 in Gondar.Teen die einde van 2010 was daar 119 700 mense van Ethiopiese afkoms in Israel, insluitende sowat 78 900 mense wat in Ethiopië gebore is en ongeveer 40 800 wat in Israel gebore is (sowat 34 persent van die gemeenskap) met minstens een ouer wat in Ethiopië of Eritrea gebore is. Net 'n klein aantal van Ethiopiese Jode het in Ethiopië oorgebly, terwyl 'n verdere aantal hulle in die Verenigde State gevestig het.

Boerejode

Moenie verwar word met Bergjode nie.Die Boerejode (of Afrikanerjode) is die afstammelinge vanuit die Afrikanerdom en die Jodedom. Aan die begin van die 19de eeu, toe groter geloofsvryheid in Suid-Afrika bekendgestel is, het ’n klein getal Asjkenasiese Jode vanuit die Verenigde Koninkryk en Duitsland geëmigreer. Die eerste Suid-Afrikaanse Asjkenasiese gemeente is in 1841 gestig. Tussen die laat 19de eeu en 1930 het groot getalle uit Litaue en Letland na Suid-Afrika verhuis. Hul kultuur en bydrae het die karakter van die Suid-Afrikaanse gemeenskap verander.

Volgens die Suid-Afrikaanse Jodemuseum het “baie van die latere immigrante met niks anders as hul spitsvondigheid en ervaring hier aangekom nie. Die meeste was tydens hul aankoms nie Engels magtig nie. Dikwels sou hulle eers Afrikaans voor Engels aangeleer het. Hierdie huishoudings was veeltalig, in die sin dat die ouers Jiddisj en Afrikaans gepraat het, terwyl die kinders Engels op skool geleer het.”

Haketia

Haketia (Hebreeus: חקיטייה, Arabies: حاكيتيا) is 'n bedreigde Joods-Marokkaanse Romaanse taal, ook bekend as Djudeo-Español of Ladino Occidental (westelike Ladino). Dit is versprei oor die hele noorde van Marokko soos in Tétouan en Tangier en die Spaanse dorpe Ceuta en Melilla. In Ceuta en Melilla het dit gedeeltelik die status van 'n amptelike taal gehad voor dit vanaf 1860 deur moderne Spaans verdring is. 'n Variant van Haketia word ook in Algerië (Oran) gepraat en staan bekend as Tetuani.

Jode

Die woord Jood (Hebreeus: יְהוּדִים Jehudim, [jehuˈdim]) word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke. Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme.

Die meeste Jode beskou hulleself as 'n volk, lede van 'n nasie, en die voorvaders van Joodse nasionale identiteit word deurgetrek vanaf die Bybelse patriarg Abraham (Avraham), sy seun Isaak en veral Jakob (Ja'akov), Isak (Jitshak) se seun, asook deur die persone wat mettertyd by hulle aangesluit het as bekeerdes (sien ook Israeliete). Die term Jood ("Jahudi") se oorsprong begin by die verdeling van die Koninkryk van Israel (Jisra'el) in die noordelike Koninkryk van Israel en die suidelike Koninkryk van Juda (Jahuda). Daarom is die Israeliete (wat later deur die Assiriërs verwoes is) afkomstig vanuit die noordelike koninkryk, en die Jode (Jahudim) – wat oorleef het – van die suidelike koninkryk. Algaande het die woord Jood begin verwys na dié van die Joodse geloof eerder as dié wat van Juda afkomstig is. Etniese Jode sluit sogenaamde "gelowige Jahudim" (die wat Judaïsme beoefen) asook "sekulêre Jahudim" (dié wat nie Judaïsme as 'n geloof beoefen nie), maar nog steeds hulleself as Jode in 'n kulturele of etniese sin identifiseer) in.

Ladino

Ladino is die taal van die Sefardiese Jode in hulle toenmalige vaderland Sefarad in Spanje van die 8ste tot die 15de eeu. Dit is 'n taal nou verwant aan Spaans waarin baie Hebreeuse woorde voorgekom het (soortgelyk aan die Germaanse taal Jiddisj wat nou verwant is aan Duits).

Tydens die heerskappy van die Arabiere van Spanje in de 7de eeu mag Jode net soos Katolieke en Moslems hulle eie geloof beoefen. Ladino vier hoogty op literêre gebied.

Deur die opkoms van die inkwisisie van die Rooms-Katolieke Kerk word die Jode in 1492 gedwing om hulle tot Katolisisme te bekeer. Baie ontvlug daarom Spanje en vestig hulle onder andere in die Balkan, Turkye, die Midde-Ooste en in Noord-Afrika, waar die taal verder ontwikkel.

In die twintigste eeu neem die aantal sprekers drasties af. Groot groepe Sefardiese Jode word in die Joodse volksmoord (Holocaust) tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor. Oorblywende Sefardiese Jode immigreer na Israel, waar hulle Iwrit ('n moderne vorm van Hebreeus) as die taal van hulle nuwe vaderland aanneem.

Ladino word as minderheidstaal nog in Israel, Marokko en op die Balkan gepraat, maar meestal deur ouer mense, wat die taal nie meer oordra aan hulle nageslagte nie. In enkele Latyns-Amerikaanse lande word Ladino ook nog binne Sefardiese gemeenskappe gepraat.

Madrid

Madrid is die hoofstad van Spanje en die Outonome Gewes Madrid met 'n oppervlak van 606 vierkante kilometer en is met 3,27 miljoen inwoners die derde grootste stad in die Europese Unie ná Londen en Berlyn. Die metropolitaanse gebied van Madrid (Comunidad de Madrid) het 'n oppervlakte van sowat 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,8 miljoen.

Madrid lê teen die Manzanares-rivier in 'n uitgestrekte vlakte sowat vyftig kilometer suid van die bergreeks Sierra de Guadarrama, in die geografiese sentrum van die Iberiese skiereiland.

Madrid is die historiese hoofstad van die Spaanse wêreldryk en die huidige politieke en kulturele sentrum van Spanje en sy finansiële en handelsentrum. Madrid dien as die setel van die Spaanse monargie en regering. Alhoewel die stad oor 'n hoogs moderne infrastruktuur beskik, het dit baie van sy historiese stadsbuurte, strate en geboue bewaar. Sy bekendste besienswaardighede sluit die reusagtige Koninklike Paleis van Madrid, die Teatro Royal (die Koninklike Skouburg) met sy gerestoureerde operahuis uit die jaar 1850, die Buen Retiro-park (gestig in 1631), die indrukwekkende 19de eeuse gebou van die Nasionale Biblioteek van Spanje (gestig in 1712), 'n internasionaal bekende argeologiese museum en drie eersterangse kunsmuseums in: Die Prado-museum, wat een van die uitstekendste kunsversamelings ter wêreld huisves; die Museo Nacional Centro de Arte Reina Sofia, wat die moderne kuns behandel, en die Thyssen-Bornemisza-museum in die gerenoveerde Villahermosa-paleis.

Madrid is daarnaas ook die setel van 'n aartsbiskop, belangrike administratiewe en militêre instellings, ses universiteite en 'n aantal ander tersiêre instellings, die Internasionale Toerisme-organisasie (OMT) talle teaters, museums en kulturele instellings. Die Koninklike Paleis van Madrid, die Koninklike Klooster van San Lorenzo de El Escorial en die Prado-museum is die belangrikste in 'n lang lys van besienswaardighede.

Mizrachi-Jode

Mizrachi-Jode (Hebreeus: מזרחי, Mizrachi, letterlik: "oostelik"; מִזְרָחִים, Mizrachim), ook bekend as Edot HaMizrach (עֲדוֹת-הַמִּזְרָח‬; "Gemeenskape van die Ooste"; Hebreeus: ʿEdot(h) Ha(m)Mizraḥ), Bene HaMizrah ("Seuns van die Ooste"), of Oosterse Jode, is afstammelinge van plaaslike Joodse gemeenskappe in die Midde-Ooste van Bybelse tye tot in die moderne era. Hulle sluit afstammelinge van Babiloniese Jode en Bergjode uit die hedendaagse Irak, Sirië, Bahrein, Koeweit, Dagestan, Azerbeidjan, Iran, Oesbekistan, Kaukasus, Koerdistan, Afghanistan, Indië en Pakistan in. Jemenitiese Jode, sowel as Noord-Afrikaanse Jode word soms ook ingesluit, maar hul geskiedenis is afsonderlik van die Babiloniese s'n.

Mizrachi-Jode vorm die tweede grootste en oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2600 jaar. Die eerste gemeentes het met die begin van die Joodse diaspora na die vernietiging van die eerste Tempel van Jerusalem deur Babilonië in 587 v.C. ontstaan.

Die gebruik van die term "Mizrachi" kan ietwat verwarrend wees. Die term Mizrachi word soms toegepas op afstammelinge van Magreb- en Sefardiese Jode, wat in Noord-Afrika gewoon het (Egipte, Libië, Tunisië, Algerië en Marokko), die Sefardiese gemeenskappe van die voormalige Ottomaanse Ryk, en die gemengde Levantynse gemeenskappe van Libanon, Israel en Sirië. Voor die stigting van die Staat Israel het Mizrachi-Jode hulself nie as 'n aparte Joodse subgroep geïdentifiseer nie. In plaas daarvan het Mizrachi-Jode na hulself as Sefardiese Jode verwys, omdat hulle die tradisies van Sefardiese Judaïsme volg (maar met sommige verskille tussen die gebruike van bepaalde gemeenskappe). Dit het gelei tot 'n botsing van terme, veral in Israel en in godsdienstige opsig, met "Sefardies" wat in 'n breë sin gebruik word, insluitende Mizrachi-Jode, Noord-Afrikaanse Jode sowel as Sefardiese Jode. Uit die oogpunt van die amptelike Israeliese rabbinaat val enige rabbyn van Mizrachi-oorsprong in Israel onder die jurisdiksie van die Sefardiese hoofrabbi van Israel.

Soos in 2005 was 61% van die Israeliese Jode van volle of gedeeltelike Mizrachi-afkoms. Van die 3,5 miljoen Mizrachi-Jode wêreldwyd leed sowat 3,2 miljoen in Israel, gevolg deur 250 000 in die Verenigde State. In ander lande leef net 'n kleiner getal van Mizrachi-Jode. Na die stigting van die Staat Israel in 1948 moes sowat 800 000 Mizrachi-Jode uit Arabiese lande soos Egipte, Sirië, Libië en Irak vlug.Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), word onderskei van Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj), wat afstam van Jode uit Sentraal- en Oos-Europa, en Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino), wat afstam van Jode wat hulle in die Iberiese Skiereiland gevestig het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Nicolas Sarkozy

Nicolas Sarkozy (uitgesproke as [nikɔˈla saʁkɔˈzi]) (Parys, 28 Januarie 1955), met volle naam Nicolas Pál Stéphane Sárközy de Nagy-Bocsa, was die president van Frankryk vanaf 16 Mei 2007 tot 15 Mei 2012.

Nicolas Sarkozy is die seun van 'n adellike Hongaarse immigrant en 'n Griekse moeder. Sarkozy het na sy studies in Politieke Wetenskappe en Publieke Reg 'n loopbaan as advokaat begin. Sedert 28 November 2004 is hy die voorsitter van Frankryk se grootste konserwatief-burgerlike party Union pour un Mouvement Populaire (UMP), wat in 1976 onder die naam Rassemblement pour la République (RPR) deur Jacques Chirac gestig is.

In die regering van die Eerste Minister Dominique de Villepin het hy die amp van Minister van Binnelandse Sake beklee en daarnaas ook die eretitel "Staatsminister" gedra. Hy was die derde magtigste man in die land na die Staatspresident Jacques Chirac en die eerste minister.

Portugese

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Portugees.Die Portugese (Portugees: Portugueses) is die inheemse bevolking van Portugal, 'n land op die Iberiese Skiereiland in die suidweste van Europa. Hulle taal is Portugees, en die oorgrote meerderheid is Rooms-Katolieke.

Die Portugese is 'n Suid-Europese volk van gemengde afkoms. Hulle is afstammelinge van Voor-Romeinse Keltiese en Iberiese stamme, die sogenaamde Keltiberiërs, soos byvoorbeeld die Lusitaniërs, Gallaeci, Cynetes of Conii, en klein plaaslike stamme soos die Bracari, Celtici, Coelerni, Equaesi, Grovii, Interamici, Leuni, Luanqui, Limici, Narbasi, Nemetati, Paesuri, Quaquerni, Seurbi, Tamagani, Tapoli, Turduli, Turduli Veteres, Turdulorum Oppida, Turodi en Zoelae).

Ook die Romeine het 'n belangrike invloed uitgeoefen, veral op kulturele gebied, en die Portugese taal het uit die plaaslike Latyn ontwikkel. Ander volke, wat hulle in die gebied van die huidige Portugal gevestig en 'n invloed by die vorming van die Portugese volk uitgeoefen het, was die Wes-Gote, Suevi, Quadi en Markomanne.

Kleiner invloede het gekom van die Fenisiërs, wat half-permanente nedersettings aan die suidkus gestig het, die Vandale, Silingi en Hasdingi en die Sarmatiese Alane, wat almal deur die Wes-Gote en Suevi verdryf is of gedeeltelik met hulle versmelt het, en die Noord-Afrikaanse Berbers en Arabiere, wat ná die Christelike Reconquista (herowering) van Portugal verdryf is of die Katolieke geloof aangeneem het.

Tydens die Middeleeue was daar ook minderhede van Jode en Afrikane uit gebiede suid van die Sahara. Hulle is verdryf of het met die plaaslike bevolking versmelt. Slawe uit Afrika is uiteindelik nie meer vervang nie.

Soos in baie Europese lande, was daar ook in Portugal altyd invloede van ander Europese volke, veral Franse, Duitsers, Engelse, Skotte, Iere, Nederlanders en Vlaminge, Italianers en Spanjaarde. In die laaste dekades het 'n groot aantal bewoners van die voormalige Portugese kolonies, veral Indië, Afrika en Brasilië, na Portugal geïmmigreer. Die mees onlangse immigrante kom uit Slawiese lande soos Oekraïne.

Tans is daar sowat tien miljoen Portugese in Portugal. Sowat 35 miljoen Brasilianers is danksy die grootskaalse immigrasie in die laat 19de en vroeë 20ste eeu van Portugese afkoms. Na ramings is daar as gevolg van Portugese immigrasie na Indië, die Amerikas, Macau, Oos-Timor, Indonesië en Afrika sedert die 16de eeu altesame meer as 100 miljoen mense wêreldwyd met Portugese voorvaders.

Rabbyn

'n Rabbyn (Hebreeus: רב, Raw; meervoud: רבנים, Rabbanim; Asjkenasiese Hebreeus en Jiddisj: Row; meervoud: Rabbonim; Afrikaanse meervoud: rabbyne; letterlik: "meester" of "leraar") is 'n Joodse geleerde wat 'n kundige op die gebied van die skriftelike en mondelingse Tora is.

Met die term rabbyn word vandag algemeen na die geestelike leier van 'n sinagogegemeente verwys. Sy belangrikste rol is dié van 'n spirituele raadgewer, leraar, kenner van die halagá ("die Joodse leefwyse", הלכה, "lewenswandel"; afgelei van van die werkwoord halág, הלך, "om te gaan"), en dus die persoon wat geskille oor die Joodse wet beslis. 'n Rabbyn wat in 'n beit dien (בית דין, 'n Joodse regbank) dien is vergelykbaar met 'n regter. In 'n kleiner gemeente dien 'n rabbyn soms ook as gazan (חַזָּן, voorsanger) in die sinagoge en/of as ba'al koré (בעל קורא, voordraer van die weeklikse Toralesing).

Baie Jode wat die studie tot rabbyn afgesluit het, is nie as godsdienstige leiers werksaam nie. Die titel rabbyn is beide 'n akademiese en 'n eretitel, vergelykbaar met 'n doktorale graad. In die formele sin dui die titel slegs die bereiking van 'n studievlak aan, nie 'n beroep nie. 'n Rabbyn word deur 'n sinagogegemeente in diens geneem en kan ook weer ontslaan word.Sommige lande beskik oor 'n eie hoofrabbinaat wat die hoogste geestelike gesag vir Jode in 'n land vorm. Sedert 2005 dien Warren Goldstein as hoofrabbyn vir die Jode in Suid-Afrika. Israel het twee hoofrabbyne, een vir Asjkenasiese en een vir Sefardiese Jode.

Religie

Religie bestaan uit verskeie sisteme van geloof, godsdiens, en praktyk wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word.

Sahara

Vir ander gebruike van die term, sien asb. Sahara (dubbelsinnig).

Die Sahara (Arabies: الصحراء الكبرى‎, aṣ-ṣaḥrāʾ al-kubrā , letterlik: "die grootste woestyn") is die wêreld se grootste warm woestyn, meer as 9 000 000 km², of omtrent dieselfde grootte as die Verenigde State. Die Sahara is geleë in Noord-Afrika en is 2,5 miljoen jaar oud. Die naam, Sahara, is 'n westerse uitspraak van die Arabiese woord vir woestyn.

Simon Sebag Montefiore

Simon Jonathan Sebag Montefiore (Engels: s|aɪ|m|ən|_|ˌ|s|iː|b|æ|ɡ|_|ˌ|m|ɒ|n|t|ᵻ|f|i|ˈ|ɔː|r|i; gebore op 27 Junie 1965) is 'n Britse geskiedkundige, televisie-aanbieder en skrywer van populêre-geskiedenisboeke en romans.Sy vader was Stephen Eric Sebag Montefiore en sy broer is Hugh Sebag-Montefiore. Hulle stam af van 'n lyn van welgestelde of gegoede Sefardiese Jode wat regoor Europa as diplomate en bankiers gedien het en oorspronklik van Morokko en Italië was.

Sinagoge

'n Sinagoge (vanaf Grieks: συναγωγή, synagōgē, letterlik: "byeenkoms"; Hebreeus: בית כנסת, beit knésset, letterlik: "huis van byeenkoms"; בית תפילה, beit t'fila, letterlik: "huis van gebed", of בית מדרש, beit midrasj, letterlik: "huis van uitlegging"; Jiddisj: שול, sjoel, letterlik: "skool"; Ladino: אסנוגה, esnoga, afgelei van Grieks, of קהל, kahal, afgelei van Hebreeus) is 'n gebou wat byeenkomste, gemeenskaplike gebedsdienste en onderwys binne die Jodedom huisves. Dit is die belangrikste inrigting in Judaïsme en het die gemeenskaplike aanbidding in Christendom en Islam beduidend beïnvloed.In watter gevalle in antieke geskrifte ná 'n sinagoge as plek van byeenkomste en die uitvoering van gebedsdienste verwys word, is in die navorsing ewe omstrede soos die tyd van die opkoms van die eerste sinagoges. Argeologiese en geskrewe bronne dui op die bestaan van sinagoges tydens die bestaan van die Tweede Tempel in Jerusalem, sowel in die Land Israel asook in die Joodse diaspora.In die sinagoge vind die daaglikse gebedsdienste, asook die viering van Sabbat en die Joodse feeste plaas. 'n Joodse gemeente word deur 'n rabbyn (aanspreekvorm: rabbi) gelei, wat die Talmoed en Tora bestudeer het. Die sinagoge beskik oor 'n Toraskryn (Hebreeus: אָרוֹן הָקׄדֶש, Arón haKodesj, letterlik: "skryn van die Heilige"), wat die gemeente se Torarolle huisves en die rigting van Jerusalem aandui, die rigting waarin Jode bid.

Sinagoges is toegewyde ruimtes vir gebed, die lees en studie van beide Tanag (die hele Hebreeuse Bybel, insluitende die Tora) en Talmoed, asook byeenkoms; 'n sinagoge is egter nie noodsaaklik vir 'n gebedsdiens nie. Volgens die Halagá sal 'n gebedsdiens op enige plek uitgevoer kan word waar ten minste tien Jode (מִנְיָן, minjan, letterlik: "telling" of "getal"; afgelei van die werkwoord maná, מנה, "om te tel") byeenkom. Die daaglikse gebedstye kan ook alleen of met minder as tien mense wat byeenkom gedoen word. Volgens die Halagá is sekere gebede egter gemeenskaplik en vervolgens kan hulle slegs deur 'n minjan opgesê word. Die sinagoge se spesifieke rituele en liturgiese funksies vervang nie die lank gelede verwoeste Jerusalemse Tempel s'n nie.

Israeli's gebruik die Hebreeuse term בית כנסת, beit knésset. Asjkenasiese Jode gebruik tradisioneel die Jiddisje term 'שול, sjoel (verwant aan die Duitse Schule, in Afrikaans: "skool"). Romaniote en Sefardiese Jode gebruik veral die term kal (ontleen aan die Hebreeuse kahal, letterlik: "gemeente"). Spaanse Jode verwys na die sinagoge as sinagoga, terwyl Portugese Jode dit esnoga noem. Persiese Jode en sommige Karaïete Jode gebruik die term kenesa, afgelei van Aramees, en sommige Mizrachi-Jode noem dit kenis. Sommige "Gereformeerde", "Rekonstruksioniste" en "Konserwatiewe" Jode gebruik die term "tempel". Die Griekse woord sinagoge word in Afrikaans (Duits, Engels, Frans en die meeste Romaanse tale) gebruik om die voorafgaande moontlikhede te dek.

Sirië

Sirië (Arabies: سوريا of سورية, Sūriyā of Sūrīyah), amptelik die Arabiese Republiek Sirië, is in die sogenaamde Vrugbare Halfmaan geleë, die boogvormige noordelike rand van die Arabiese Skiereiland. Die land grens in die noorde aan Turkye, in die suidweste aan Israel (die strategies belangrike Siriese Golanhoogtes is in 1967 deur Israel beset), in die ooste aan Irak, in die noordweste aan die Middellandse See, in die suide aan Jordanië en in die suidweste aan Libanon.

Die huidige staatsgebied beslaan 185 180 km² met 'n totale bevolking wat in Julie 2012 op sowat 22,5 miljoen beraam is, onder wie 1,5 miljoen vlugtelinge uit Irak en 'n halfmiljoen Palestyne. Die statistiese bevolkingsdigtheid is meer as 120 inwoners per km², nogtans is die bevolking oneweredig versprei en hoofsaaklik in stedelike gebiede soos Damaskus, Aleppo en Homs saamgetrek. Die woestynagtige steppe van Oos-Sirië, die tradisionele tuisland van nomadiese Bedoeïne wat die Tweestroomland in die ooste van die Mediterreense bergreeks Djabal Sahilija skei, is yl bevolk. As gevolg van die Siriese Burgeroorlog het meer as vier miljoen Siriërs sedert 2011 na die buiteland gevlug. Baie van die vlugtelinge word in aangrensende lande soos Turkye en Jordanië in tentkampe gehuisves. 'n Verdere nege miljoen Siriërs is in hul eie land ontwortel.

Die moderne Siriese staat het sy oorsprong in die tyd ná die Eerste Wêreldoorlog toe die gebied onder die mandaat van Frankryk geplaas is. Sirië was die grootste land wat in die Arabiese Levant ná die verbrokkeling van die Ottomaanse Ryk ontstaan het. In April 1946 het Sirië sy politieke onafhanklikheid as parlementêre republiek verkry.In die volgende dekades is die land deur interne onrus geskud. So is Sirië in die periode tussen 1949 en 1971 verskeie kere deur staatsgrepe en pogings tot staatsgrepe getref. Tussen 1958 en 1961 het Sirië 'n kortstondige politieke unie met Egipte gevorm, die Verenigde Arabiese Republiek (VAR), wat deur 'n staatsgreep beëindig is. Sirië het vanaf 1963, toe die Pan-Arabiese Baath-party aan die bewind gekom het, tot en met 2011 in 'n noodtoestand verkeer waardeur die meeste burgerregte opgeskort is.

Sirië se binne- en buitelandse beleid is aanvanklik vanaf 1963 deur sosialistiese en anti-Westerse stromings oorheers. As voormalige bondgenoot van die Sowjetunie handhaaf die land steeds noue bande met die Russiese Federasie. Daarnaas is belangrike politieke alliansies met Palestyns-Islamistiese groeperings en die Islamitiese Republiek van Iran gesluit.

Die politieke mag in Sirië is in die hande van 'n klein elite van invloedryke families gekonsentreer. Sy politieke bedeling, waarin Pan-Arabiese ideologie met politieke sekularisme gekombineer word, toon baie ooreenkomste met dié van Irak onder die bewind van Saddam Hoesein. Die Islamitiese godsdiens vorm nogtans 'n sentrale bestanddeel van Sirië se nasionale identiteit en speel 'n belangrike rol in die openbare lewe.

Die Baath-party is naas die Siriese leër 'n beslissende sekulêre element waarin godsdienstige minderhede soos Alawiete, Droese en Grieks-Ortodokse Christene hul invloed kan laat geld in 'n samelewing wat andersins deur Soennitiese Moslems oorheers sou word. Sedert die verkiesing van Hafez al-Assad tot staatspresident in 1971 word die land deur die Alawitiese al-Assad-gesin geregeer. Hafez al-Assad is ná sy afsterwe in 2000 deur sy seun Basjar as staatshoof opgevolg. Basjar al-Assad, 'n geneeskundige wat sy akademiese opleiding in Londen en Parys ontvang het, het verskeie pogings onderneem om die land se ekonomie en regeringstelsel te hervorm en te liberaliseer.

Dit is nie tans vir buitelandse waarnemers duidelik hoe die interne magsverdeling tussen president, regering en geheimediens gereël word nie. Sedert Maart 2011 is die land egter in 'n bloedige burgeroorlog gewikkel wat uit die rewolusionêre politieke ontwikkelings van die sogenaamde Arabiese Lente in ander Arabiese lande soos Libië, Tunisië en Egipte voortgespruit het. Die regering verwys na die opstandelinge as Islamitiese terroriste.

Dit is nie die eerste keer dat opposisiegroepe soos die Moslembroederskap in opstand teen die Siriese regering gekom het nie. So is 'n opstand van die Moslembroederskap in 1982 deur lugaanvalle op sogenaamde "bevryde stede" soos Aleppo en Homs afgeweer.

Tunisië

Tunisië (Arabies: تونس, Tūnis, ; Berber: ⵜⵓⵏⴻⵙ; Frans: Tunisie), amptelik die Republiek Tunisië (Arabies: الجمهورية التونسية, al-Jumhūrīya at-Tūnisīya, ; Berber: ⵜⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵏ ⵜⵓⵏⴻⵙ), is 'n republiek geleë aan die kus van Noord-Afrika langs die Middellandse See in die Magreb-streek. Dit is die mees oostelike en ook die kleinste van die nasies langs die Atlasgebergte, en begrens Algerië aan die weste, en Libië aan die suide en ooste. Tunisië word as die enigste volledige demokrasie van die Arabiese wêreld beskou.Veertig persent van die land bestaan uit die Saharawoestyn, met die res wat bestaan uit redelike vrugbare grond, wat maklik bereikbaar is vanaf die kus. Beide faktore het 'n prominente rol gespeel in antieke tye, eerste betreffende die Fenisiese stad van Kartago, en later as die provinsie van Afrika in die Romeinse Ryk, het dit bekend geword as die broodmandjie van die Romeinse Ryk. Daar word beweer dat die naam Tunis ontstaan het uit Berber, met die betekenis van óf 'n geografiese prominensie, óf "om te oornag".

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.