Salomo

Salomo (Hebreeus: שלמה) was die vierde koning van Israel en 'n seun van koning Dawid en Betseba. Hy het op haar aandrang die troonopvolger van Dawid geword. Salomo het volgens Bybelse geskrifte van ongeveer 970 v.C. tot 930 v.C. geregeer en het ook volgens die Hebreeuse Bybel die eerste Joodse Tempel gebou.

Salomo
Koning van Israel
Salomons dom
Salomo praat reg, 1617-skildery deur Peter Paul Rubens (1577–1640)
Dinastie Huis van Dawid
Bewind ca. 970–931 v.C.
Gebore ca. 990 v.C.
Jerusalem
Gesterf ca. 931 v.C.
Jerusalem
Jerusalem
Voorganger Dawid
Rehabeam
Opvolger Rehabeam
Gade Naamah, 'n farao se dogter
700 vrouens van koninklike geboorte en 300 byvroue[1][2][3][4]
Vader Dawid
Moeder Bathsheba

Wysheid

Ingobertus 001
Koning Salomo op 'n afbeelding in 'n negende-eeuse bybel
Persischer Meister 001
Koning Salomo. Illustratie uit die Persiese Sjahnama

Salomo (wat ook in Arabies as Süleyman bekend staan) was bekend vanweë sy wysheid wat onder meer blyk uit sy regverdige uitsprake – byvoorbeeld die beroemde oordeel van Salomo soos beskryf in 1 Konings 3 vers 16-28.[5] Die Bybelboeke Prediker en Spreuke wat as die wysheidsliteratuur bekend staan asook Hooglied word tradisioneel beskou as sou dit deur Salomo geskryf gewees het, al word dit baie aangeneem dat die boeke eers later iewers tussen die 2de en 3de eeu v.C. saamgestel is uit verskillende geskrifte wat in omloop was. Dit is moontlik dat van die geskrifte oorspronklik van Salomo gewees het maar dit is te betwyfel of sy naam aan die samestelling in sy geheel gekoppel kan word. Ook in die naburige beskawings van Antieke Egipte en Mesopotamië doen soortgelyke wysheidsgeskrifte die rondte. 'n Bekende Egiptiese bundel met wyse spreuke word aan die farao Ramses I toegeskryf.

Regering en bou-aktiwiteite

Salomo het tydens Israel se ‘’Goue Eeu’’ geregeer. Die ryk van Israel het gestrek vanaf Oud-Egipte tot by die Eufraatrivier en die vanaf die see tot diep in die huidige Jordanië. Gedurende sy regering was daar geen oorlogsvoering nie en kon inwoners hul toewy aan winsgewende handel deur die vele handelsweë wat deur Israel en Jerusalem loop. Salomo het 'n handelsverbond met koning Hiram van Tirus gesluit en het materiaal en vaklui by hom verkry vir die oprig van 'n vloot aan die Rooisee. Salomo se skepe was na oorlewering by die skeepswerf te Eilat gestasioneer. Salomo het in samewerking met sy bondgenoot Hiram van Tirus daarna ook die skeepsvaart en handel op die Middellandse See en die Rooisee uitgebrei. Volgens legendes het baie Israeliete op reis gegaan as skeepsbemanning en as handelaars en hul gevestig op handelsposte in Tarsis, Libië, Etrurië en Ofir (moontlik die huidige Jemen).

Salomo het ook volgens die Bybel die eerste Joodse tempel opgerig. Sy vader Dawid sou hiermee begin het maar God het by monde van profeet Natan (II Samuel 7:5-7)[6] hom nie die voorreg toegestaan nie. Salomo het geskoolde boumeesters, messelaars en kunstenaars onder sy eie bevolking gebruik maar daar was ook Fenisiese vakmanne gebruik.

Hy het ook by Hiram bekwame metaalwerkers gekry wat vir hom twee bronspilare, twee bronskapitele (suilhoof of versierde kop van die pilare), roosters met gevlegde kettingwerk, rye granate, 'n groot waterbak van gegote metaal op twaalf op twaalf bronsbeeste gemonteer, tien brons voetstukke met gekerfde reliëfwerk, tien brons waens met reliëfwerk daarop en verskeie waskomme (bakke).

Die beskrywing van die tempel self in die Bybel is redelik volledig sodat 'n mens 'n algemene indruk kan kry van die opset maar die presiese argitektoniese uitleg word vermis wat verskeie interpretasies moontlik maak.

Bou van die tempel

Dit was Dawid se ideaal om 'n tempel vir die Here in Jerusalem te bou. Hy het die grond daarvoor aangekoop (die dorsvloer van Arauna op die berg Moria), kosbare boumateriaal bymekaar gemaak en 'n plan laat optrek. Maar omdat hy 'n man van geweld was, het die Here hom nie toegelaat om die tempel te bou nie. Sy seun Salomo, die man van vrede, sou dit doen. Salamo het dus 'n handelsooreenkoms met 'n ou vriend van sy vader, Hiram, die koning van Tirus, gesluit.

In ruil vir koring en olie sou Hiram aan Salomo waardevolle seder - en sipreshout vir die bou van die tempel lewer. Sewe jaar lank is daar gebou. Die klippe vir die prag-gebou is almal in die steengroewe klaar gekap om netjies te pas sodat daar op die tempelterrein self nooit die geluid van beitels of hamers gehoor is nie. Goud, marmer, kosbare hout en edelgesteentes is gebruik, en slegs die beste vakmanne en kunstenaars het aan die tempel gewerk.

Toe dit voltooi het Salamo self die gebed gedoen en die seën van die Here op die Huis afgesmeek. Vier eeue lank is die manjifieke gebou deur die Israeliete gebruik om God te dien en te eer, totdat dit in die jaar 587 v.C. deur Nebukadnésar verwoes is. Salamo het ook vir homself en sy groot hofhouding 'n paleis laat bou. Dertien jaar lank daar gewerk. Die groot handelsvloot wat hy met die hulp van Hiram se ervare seevaarders en skeepsbouers opgebou het, het na verre lande gevaar en met kosbare vragte ivoor en speserye en met eienaardige diere teruggekom.

Israel het 'n florerende in- en uitvoerhandel gedryf, maar Salomo het ook, hoewel hy in vrede met sy bure geleef het, 'n groot leërmag opgebou. In 1928 het 'n span wetenskaplikes by Megiddo in Palestina die oorblyfsels van wat waarskynlik die perdestalle van Agab was, opgegrawe. Salomo het ook 'n groot afdeling: strydwaens in gereedheid gehou. Berigte oor die wysheid en rykdom van Salomo het onder die naburige volke begin versprei, en ook die koningin van Skeba in die Suide van Arabië bereik. Met 'n groot karavaan kamele, belaai met speserye en kosbare geskenke van goud en edelgesteentes, het sy na Jerusalem gereis.

Sy was self ryk en knap, maar tog was sy heeltemal oorstelp deur Salomo se prag en praal - sy goue troon met die twaalf leeus, sy goue drinkservies, sy baie bediendes, sy weelderige lewenswyse oor die algemeen - en sy was net so getref deur sy wysheid . “Omdat die Here Israel vir ewig liefhet," het sy aan Salomo gesê, ”het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen." Maar Salomo, in al sy wysheid en glorie, het teen die einde van sy lewe twee groot foute begaan.

Hy het die wyse raad van sy vader Dawid om hom te hou aan die verordeninge van die Here en te wandel in Sy weë, vergeet. Hy het in sy ouderdom toegegee aan die wense van sy heidense vroue en vir hulle afgode en tempels laat bou. Hier het hy self ook die offers aan die goede gebring. Daarom het die Here vir hom gesê: “Ek sal sekerlik die koningskap van jou afskeur!” Die volk het ook swaar gekry onder die las wat Salamo se uitsapttige leefwyse op hulle gelê het en ontevrede begin word. Na veertig glorieryke jare van koningskap is Salamo dood en onmiddellik daarna het die ryk van Israel in twee geskeur en was daar weer broedertwis en oorlog. God se belofte aan Dawid het egter bly staan: eeue later is die ware Vredevors, Jesus Christus, uit die geslag van Dawid en Salamo gebore.

Die Spreuke van Salamo

Spreuke behoort tot die wysheidliteratuur van die Ou Testament. Hierdie wysheid word uit die natuur en die ervaring geput, maar staan nie los van die ander dele van die Ou Testament, die wet en die profete nie. In die laaste instansie kom die wysheid van God en het dit dus 'n sedelike en godsdienstige strekking.

Prediker

Hierdie boek, net soos Spreuke, behoort tot die wysheidliteratuur. Eerlik en openhartig spreek die skrywer sy diepe teleurstelling uit oor wat die aardse lewe bied. Hy twyfel egter nooit aan die bestaan en bestuur van God en Sy geregtigheid nie. Hy worstel met die Godsbestuur, wat dikwels vir hom ʼn raaisel is, maar daar is geen teken van ongeloof of verbittering nie.

Die nietigheid en tevergeefsheid van die lewe sonder God word sterk beklemtoon. Alle menslike pogings om geluk te vind, is tevergeefs. Die skrywer “weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees" en hy kom tot die gevolgtrekking: “Vrees God en hou Sy gebooie ...want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg."

Die Hooglied van Salamo

Hierdie liefdeslied handel in digterlike taal oor die natuurlike liefde tussen twee jong mense - Salomo en die Sulammitiese vrou. Die liefdeslewe word in sy volle reine werklikheid belig. Die lied het egter ook ʼn dieperliggende betekenis. Die bruidegom en bruid wys na Christus en Sy gemeente en die lied werp lig op die liefde tussen Christus en Sy gemeente, tussen die Lam en Sy Bruid.

Sien ook

Bronne

  • Die Bybel (1953-Vertaling)
  • KENNIS, 1980, ISBN 0798108231, volume 1, bl. 194, 195
  • Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1

Verwysings

  1. (en) "In Our Time With Melvyn Bragg: King Solomon". BBC. 7 Junie 2012. Besoek op 23 Augustus 2019.
  2. (af) "1 Konings 11,1". Bybel: 1-2 Konings. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 23 Augustus 2019. Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens. Behalwe die dogter van die farao het hy ook vrouens uit die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete gehad.
  3. (af) "1 Konings 11,2". Bybel: 1-2 Konings. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 23 Augustus 2019. Dit was die nasies waarvan die Here vir die Israeliete gesê het: “Julle mag nie met hulle omgaan nie, en julle mag nie toelaat dat hulle met julle omgaan nie, want hulle sal julle net verlei om hulle gode te aanbid.” Salomo het egter juis op hierdie vrouens verlief geraak.
  4. (af) "1 Konings 11,3". Bybel: 1-2 Konings. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 23 Augustus 2019. Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad, en ook nog drie honderd byvroue. Dit was sy vrouens wat hom verlei het.
  5. http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-4&book=1KI&chapter=3&version=1&GO=Wys 1 Konings 3 vers 16-28
  6. http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-5&book=2SA&chapter=7&version=1&GO=Wys II Samuel 7:5-7

Eksterne skakels

Profete van Islam, soos in die Koran genoem. Star and Crescent.svg
ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Mohammed
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus
1-2 Kronieke

1-2 Kronieke is die 13de en 14de boeke van die Hebreeuse Bybel.

27 Maart

27 Maart is die 86ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (87ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 279 dae in hierdie jaar.

Bybel

Die Bybel is die heilige boek van die Christelike en Joodse geloof. Die Joodse Bybel of Tenach het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel.Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (Die Tanach is anders georden)

Die Apokriewe boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.

Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).

Met 'n geraamde verkope van meer as 5 miljard kopieë word die Bybel algemeen as die topverkoper boek van alle tye beskou. Na raming word 100 miljoen Bybels jaarliks verkoop. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is. Dit het ook 'n groot invloed op letterkunde en die geskiedenis, veral in die Weste, uitgeoefen.

Dawid

Dawid (Hebreeus: דָּוִד, Davīd, Arabies: داود‎, Dāwūd; Grieks: Δαυίδ, Davíd; Latyn: Davidus, David; Ge'ez: ዳዊት, Dawit; Armeens: Դաւիթ, Dawitʿ; Kerkslawies: Давíдъ, Davidŭ; moontlike betekenis: "geliefde een") was die tweede koning van Israel en het vir 40 jaar regeer. Volgens die Bybel was hy 'n koning reg na God se hart. Hy het die grondslag van die Dawidiese dinastie gelê wat tot in die Nuwe Testament van die Bybel sy invloed sou uitoefen. Hy het ook die ark na Jerusalem teruggebring en die aanvoorwerk vir die bou van die Tempel gedoen.

Hooglied van Salomo

Hooglied van Salomo is die 22ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Hooglied bevat 'n versameling liefdesliedere (sommige daarvan met uitgesproke erotiese inhoud) waarin die man en vrou mekaar se aantreklikheid en hulle liefde en hartsog vir mekaar besing.

Daar is in die egte liefdesverhouding nie net vreugde nie maar ook misverstand en hartseer (3:1 e.v.; 5:6 e.v.), maar die liefde is onuitblusbaar. (8:6,7).

Joodse diaspora

Die Joodse diaspora (Oud-Grieks: διασπορά, verstrooiing, uitsaaiing) begin met die ondergang van die koninkryk van Juda in 586 v.C. Na die vernietiging van die eerste Tempel van Jerusalem ongeveer 587 v.C. deur die Babiloniërs vertrek 'n deel van die bevolking van Juda na Egipte; die grootste deel van die bevolking gaan in ballingskap na Babilon. In Babilon word die Judeërs in afgeslote nedersettings, waar hulle hul tradisies en godsdiens kon beoefen saamgetrek. Hierdie lewenswyse, as minderheid met 'n eie geloof en juridiese status, word as die Joodse diaspora beskryf.

Orde van die Tempeliers

Die Orde van die Arme Ridders van Christus en die Tempel van Salomo, beter bekend as die Tempeliers of Tempelridders, is 'n Middeleeuse geestelike ridderorde wat tydens die kruistogte gestig is om pelgrims in die Heilige Land te beskerm. Die naam Tempeliers is afgelei van die Tempel van Salomo (Arabies: Haram asj-Sjarif, tans die Al-Aqsa-moskee op die Tempelberg), waarvan 'n vleuel deur die Christelike koning Boudewyn van Jerusalem aan die orde gegee is om as sy hoofkwartier te dien. Die orde bestaan ook na die einde van die Westerse heerskappy oor die gebied van Jerusalem voort.

Kenmerkend van die orde is die versmelting van die ridderlike en kloosterlike sfeer. Die lede van die orde is tegelyk ridders én monnike, en hulle word dikwels ook Christus se strydmag (Latyn: milites Christi) genoem. Hulle geestelike reëls is aan Bernardus van Clairvaux se Cisterciënsers ontleen en met militêre reëls aangevul.

Die skilde van die Tempeliers het 'n swart-wit patroon met 'n rooi kruis op 'n wit agtergrond, 'n simbool wat versinnebeeld dat hulle die eed van armoede afgelê het. Die militêre ridderordes is egter ryke en magtige organisasies, wat gewoonlik onafhanklik is ten opsigte van wêreldse en kerklike owerhede. Die Tempeliers wek uiteindelik die afguns en hebsug van 'n aantal Europese heersers wat die orde laat ontbind en baie ridders op die brandstapel teregstel. Die orde bestaan daarna net in Portugal as die Orde van Jesus Christus voort. Een van die Portugese Grootmeesters, Hendrik die Seevaarder, gebruik sowat eenhonderd jaar later die bates van die Portugese orde ter finansiering van sy ontdekkingsreise.

Ou Testament

Die term Ou Testament (van Latyns testamentum, 'n vertaling van respektiewelik die Hebreeuse בְּרִית (berît) en Griekse διαθήκη (diathēkē) – "verbond", ook: Eerste Testament) verwys in die Christelike teologie sedert omstreeks 180 na die Heilige Skrifte van die Jodedom wat daar sedert omstreeks 100 as Tanach bekend staan, asook 'n aantal skrifte uit die Septuagint wat vanaf 250 v.C. ontstaan het. Dit is oorspronklik in Hebreeus geskryf (vandaar die alternatiewe name Hebreeuse Skrifte of Hebreeuse Bybel), afgesien van kleiner gedeeltes in Bybelse Aramees.

Die eerste Christene het hierdie skrifte as die "Woord van God" beskou wat Jesus van Nasaret as Messias van Israel en die wêreld se ander volke verkondig. Afhangende van die skrifte se uitlegging word Jesus as die verlosser beskryf. Die Ou Kerk het die Hebreeuse Skrifte as openbaring teen kleiner Christelike minderhede verdedig wat hierdie opvatting nie gedeel het nie.

As kanon is die Ou Testament tot 350 saamgestel en die volgorde van sy boeke vasgelê om saam met die Nuwe Testament as Christelike Bybel te dien. Nogtans verskil die groot Christelike kerke oor die aantal boeke wat tot die kanon behoort. Terwyl Protestantse kerke dit tot die boeke van die Tanach beperk het, erken die Rooms-Katolieke Kerk net soos Ortodokse Christene daarnaas ook verskillende skrifte uit die Septuagint.

Poligamie

Poligamie (πολυ (poly) = veel; γαμος (gamos) = huwelik)) is 'n huwelik van 'n man met meer as een vrou tegelyk of omgekeerd. In teenstelling met poligamie is monogamie 'n huwelik met een huweliksmaat. Bigamie verwys na poligamie met twee huweliksmaats.

Verskeie vorme van poligamie kom voor:

poliginie of veelwywery - een man met verskeie vroue;

poliandrie - een vrou met meer as een man;

groep troues - is 'n kombinasie van poliginie en poliandrie waar al die lede van die familie vir al die kinders verantwoordelik is.Die oudste voorbeeld hiervan is in die Ou Testament, waar daar in I Konings 11 : 1 – 4 na Salomo se baie vroue verwys word. Dit moet in die lig gesien word van Salomo se pa, Dawid, wat sy lewe lang oorlog gevoer het, en dat daar waarskynlik 'n tekort aan mans na die oorlog was.

Hoewel poligamie in sommige Afrika- en Islamitiese lande wettig is, is dit in meeste westerse lande teen die wet. In Nederland, as voorbeeld, kan gevangenisstraf van tot 4 jaar vir die misdryf opgelê word (6 jaar as die wederhelf nie daarvan ingelig is nie).

Pretoria Boys High School

Pretoria Boys High School, ook bekend as Boys High of PBHS, is 'n openbare Engels-medium skool vir seuns in Brooklyn, Pretoria in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika.

Die skool se kenmerkende rooi baksteengeboue is as 'n nasionale monument verklaar. Die geboue is in die neoklassieke styl gebou en dateer uit 1909. Die hoofgebou van die skool, geleë op Waterkloofkop, sit in die verte reg teenoor die Uniegebou op Meintjieskop.

Die skool het tans sowat 1500 leerders, insluitende 300 koshuisgangers. Daar is drie koshuise op die skoolterrein: Rissik House en Salomo House is in 1909 saam met die oorspronklike skoolkompleks voltooi, terwyl School House eers 'n paar jaar later gebou is.

Sportgeriewe sluit in rugby-, krieket- en hokkievelde, 'n gimnasium, twee swembaddens (een vir waterpolo), Olimpiese standaard atletiekgronde, verskeie tennis- en muurbalbane, 'n paar basketbalbane, 'n AstroTurf-baan, en 'n muur vir rotsklim. Die skoolterrein sluit ook 'n tweede kampus (Pollock kampus) in met 'n aangeplante dennebos, 'n skietbaan wat nou vir boogskiet gebruik word, 'n amfiteater en 'n kunsmatige meer (Loch Armstrong). Die gronde vorm 'n beskermde voëlreservaat en is die tuiste van verskeie voëlspesies.

Die skool het 'n goed gevestigde musikale tradisie en beskik oor 'n formele simfonie-orkes, jazz-ensemble, Dixie-orkes, koor, pyporkes en folkgroep.

Salomo se Tempel

Salomo se Tempel, ook bekend as die Eerste Tempel, was volgens die Bybel die Heilige Tempel (Hebreeus: בֵּית־הַמִּקְדָּשׁ, Beit HaMikdash) in Jerusalem voor die vernietiging daarvan deur Nebukadnesar II ná die beleg van die stad in 587 v.C. en die daaropvolgende vervanging daarvan met die Tweede Tempel in dieselfde eeu.

Salomonseilande

Die Salomonseilande (Engels: Solomon Islands) is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 28 400 km² en 'n bevolking van amper 600 000 in 2016. Die Salomonseilande is oos van Papoea-Nieu-Guinee, suid van Nauru, wes van Tuvalu, noord van Vanuatu en noordoos van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Honiara, geleë op die eiland Guadalcanal.

Die Salomonseilande bestaan uit ses hoofeilande en meer as 900 kleiner eilande. Dié land se naam is afgelei van die gelyknamige argipel, wat tot Melanesië behoort en nog die Noordelike Salomonseilande rondom Bougainville insluit, wat tot Papoea-Nieu-Guinee behoort. Die Salomonseilande word deur die Koraalsee in die weste en die Salomonssee in die suide begrens. In die noorde is die oop Suidelike Stille Oseaan geleë.

In 1568 het die Spaanse ontdekkingsreisiger Álvaro de Mendaña de Neira die eilande vir Europa ontdek en na die Bybelse koning Salomo Islas Salomón genoem. In Junie 1893 het die Salomonseilande onder Britse invloed gekom, nadat die Suidelike Salomonseilande deur kaptein Gibson R.N. van die HMS Curacoa tot Britse protektoraat verklaar is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het gedurende die Salomonseilande-veldtog (1942–1945) tussen die Verenigde State en die Keiserryk van Japan hewige gevegte plaasgevind, soos die Slag van Guadalcanal. Op 7 Julie 1978 het die Salomonseilande van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Die Salomonseilande is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Elizabeth II as staatshoof.

Spreuke van Salomo

Spreuke van Salomo is die 20ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Die boek Spreuke bestaan uit 'n versameling gedigte en spreuke wat bedoel is om mense te onderrig in die regte lewenshouding en lewenskuns. Die grondslag wat telkens gestel word, is dat die ware kennis begin met die dien van die Here.

Staat Palestina

Palestina (Arabies: فلسطين, Filasṭīn), amptelik die Staat Palestina (Arabies: دولة فلسطين, Dawlat Filasṭīn), is 'n land met omstrede status, geleë in Wes-Asië, en word deur Israel beset en geëis. Die Staat Palestina is deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie verklaar op 15 November 1988 en word deur meer as 134 lande erken. Op 31 Oktober 2011 het Palestina 'n lid van Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem. Palestina bestaan uit die Gasastrook en die Wesoewer.

Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word en geniet sedert 2012 die status as 'n waarnemer-land sonder lidmaatskap in die Verenigde Nasies – wat die erkenning van staatskap impliseer. Dit is 'n lidland van die Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, G77 en die Internasionale Olimpiese Komitee asook ander internasionale organisasies.

Tisj'a be'Aw

Tisj'a be'Aw (Hebreeus: תשעה באב, [tiʃʕa bəˈʔav], , letterlik: "Negende in Aw") is 'n rou- en vasdag in Judaïsme, genoem na die negende dag (Tisj'a) van die maand Aw in die Joodse kalender. Die vas (bid en sonder kos bly) herdenk die vernietiging van beide die Salomo se Tempel deur die Nieu-Babiloniese Ryk en die Tweede Tempel deur die Romeinse Ryk in Jerusalem, wat oor die 656 jaar uitmekaar plaasgevind het, maar beide op dieselfde datum in die Joodse kalender val. Daarom word die dag "die hartseerste dag in die Joodse geskiedenis" genoem en dit is dus 'n dag wat glo vir tragedie bestem is. Tisj'a be'Aw is in Julie of Augustus van die Gregoriaanse kalender.

Tweede Tempel

Die Tweede Tempel (Hebreeus: בֵּית־הַמִּקְדָּשׁ הַשֵּׁנִי, Beit HaMikdash HaSheni) was die Joodse heilige tempel wat tussen 516 v.C. en 70 n.C. op Tempelberg in Jerusalem gestaan het. Volgens die Joodse tradisie het dit Salomo se Tempel (die Eerste Tempel) vervang wat in 586 v.C. deur die Nieu-Babiloniese Ryk vernietig is toe Jerusalem binnegeval en ’n deel van die bevolking van Juda na Babilon verban is.

Verbondsark

Die verbondsark (Hebreeus: אָרוֹן הַבְּרִית, ʾĀrôn Habbərît) was in die tradisie van die Hebreeuse Bybel ’n heilige kis. Dit is deur Basaleël gemaak tydens die uittog uit Egipte, by Berg Sinai. Dit was ’n draagbare kis waarin die twee plat klippe met die tien gebooie op bewaar is. Dit het gestaan in die Heilige van die Allerheiligste, die binnenste ruimte van die tabernakel, en later op dieselfde plek in Salomo se Tempel in Jerusalem.

Vlag van Marokko

Die nasionale vlag van Marokko is op 2 Maart 1961 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n verweefde groen pentagram met swart fraiings in die middel van die vlag.

Wysheid van Salomo

Die Wysheid van Salomo is 'n Ou Testamentiese apokriewe boek. Die titel van die boek is misleidend want die boek is nie deur Salomo geskryf nie. Die boek was waarskynlik geskryf deur 'n Hellenistiese Jood wat in die Egiptiese stad Aleksandrië geskryf was. Die boek was oorspronklik in Grieks geskryf

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.