Otho

Marcus Salvius Otho Caesar Augustus was in die vierkeiserjaar 69 vanaf 15 Januarie tot sy afsterwe drie maande later keiser van die Romeinse Ryk.

Otho
Otone scontornato png

Tydvak Vierkeiserjaar
Voorganger Galba
Periode 15 Januarie - 16 April 69
Opvolger Vitellius
Geboortedatum 28 April 32
Sterfdatum 16 April 69

Sien ook

12de Oscar-toekenningsaand

Die 12de Oscar-toekenningsaand is op 29 Februarie 1940 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1939. Bob Hope was vir die eerste (van 19) keer die aanbieder.

Gone with the Wind het die meeste benoemings ontvang: altesaam 13. Dit was die eerste jaar waarin ’n Oscar toegeken is vir beste visuele effekte, asook waarin twee pryse vir kinematografie toegeken is: vir ’n kleur- en ’n swart-wit prent.

Hattie McDaniel was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar gewen het, as beste vroulike byspeler vir Gone with the Wind.

Dit was die eerste Oscar-aand wat verfilm is. Die tydskrif Variety Magazine het geskryf die sterre was selfbewus vanweë die kameras en die geleentheid is gekenmerk deur modebewuste aktrises in die beste rokke, pelse en juweliersware.

15 April

15 April is die 105 ste dag van die jaar in die Gregorian Kalender (106ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 260 dae in hierdie jaar.

19 April

19 April is die 109de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (110de in skrikkeljare). Daar volg nog 256 dae.

28 April

28 April is die 118ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (119de in skrikkeljare). Daar volg nog 247 dae in die res van die jaar.

32

Die jaar 32 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 32ste jaar van die 1ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

58

Die jaar 58 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 58ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

62

Die jaar 62 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

65

Die jaar 65 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

69

Die jaar 69 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 1ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Antieke Rome

Antieke Rome was 'n beskawing wat uit 'n klein landelike gemeenskap ontstaan het, wat reeds in die 10de eeu v.C. op die Italiaanse skiereiland gevestig is. Die beskawing was oorwegend langs die Middellandse See geleë, met die stad Rome as fokuspunt, en het tot een van die grootste ryke in die antieke wêreld ontwikkel.In die eeue-lange bestaan daarvan, het die Romeinse beskawing ontwikkel van 'n monargie tot 'n oligargiese republiek tot 'n toenemend outokratiese ryk. Dit sou heerskappy voer in Suidwestelike Europa, Suidoostelike Europa (die Balkan-skiereiland) en die Mediterreense streek na stelselmatige verowering en inkorporering.

Geteister deur interne onstabiliteit en aangeval deur verskeie migrerende volke, het die westelike deel van die ryk, insluitend Italië, Hispanië, Gallië, Britannië en Africa in die 5de eeu opgebreek in verskeie onafhanklike koninkryke. Hierdie verbrokkeling word deur geskiedkundiges aangedui as die breekpunt tussen die Antieke tydperk en die middeleeuse tydvak van die "Donkereeue".

Die Oos-Romeinse Ryk wat vanuit Konstantinopel regeer is, nádat Diocletianus die Ryk in 286 n.C. verdeel het, en wat saamgestel was uit Griekeland, die Balkans, Klein-Asië, Sirië en Egipte, het hierdie krisis oorleef. Ten spyte van die latere verlies van Sirië en Egipte, wat aan die Arabies-Islamitiese ryk afgestaan is, het die Oos-Romeinse Ryk vir 'n verdere millennium standgehou, tot die oorblyfsels uiteindelik geannekseer is deur die ontluikende Turkse Ottomaanse Ryk. Hierdie oostelike, Christen- en middeleeuse era van die ryk word gewoonlik die Bisantynse Ryk genoem deur historici, alhoewel die Bisantynse nasie hulself gesien het as 'n voortsetting van die antieke Romeinse tradisie.

Die Romeinse beskawing word dikwels onder die "klassieke oudheid" geresorteer, saam met antieke Griekeland, 'n beskawing wat, tesame met die Etruskerse beskawing en die vele ander beskawings wat deur die Romeine verower en geïnkorporeer is, heelwat van die kultuur van antieke Rome geïnspireer het. Antieke Rome het grootliks bygedra tot die ontwikkeling van regering, wetgewing, oorlogvoering, kuns, literatuur, argitektuur, tegnologie, religie en die tale in die Westerse wêreld, en die geskiedenis daarvan het 'n blywende grondige invloed op die hedendaagse wêreld.

Galba (keiser)

Servius Sulpicius Galba (24 Desember 3 v.C., Terracina – 15 Januarie 69, Rome was 'n Romeinse senator en generaal, die eerste princeps (dws. keiser) in die vierkeiserjaar 69 . Hy was die eerste princeps wat nie tot die Juliaans-Claudiese dinastie behoort het nie en regeer slegs vir sewe maande.

Helvidius Priscus

Sjabloon:Rquote

Helvidius Priscus, stoïsynse filosoof en staatsman, het gelewe tydens die bewinde van Nero, Galba, Otho, Vitellius en Vespasianus.

Soos sy skoonpa, Thrasea Paetus, was hy bekend om sy oortuigde en manhaftige republikanisme. Alhoewel hy by herhaling sy regeerders aanstoot gegee het, het hy verskeie hoë ampte beklee. Tydens Nero se bewind was hy quaestor van Achaje en tribuun van die plebs (56 n.C.); hy het wet en orde herstel in Armenië, en het die respek en vertroue van die provinsies gewen. Sy verklaarde simpatie met Brutus en Cassius het op sy verbanning in 66 n.C. uitgeloop.

Na sy terugroeping na Rome deur Galba in 68, het hy onverwyld vir Eprius Marcellus, die aanklaer van Thrasea Paetus, laat vervolg, maar weer die klag laat vaar, aangesien Marcellus se skuldigbevinding 'n aantal senatore sou impliseer. As verkose praetor het hy gewaag om Vitellius in die senaat teë te staan (Tacitus, Gesk. ii. 91), en as praetor (70) het hy, in opposisie tot Vespasianus, volgehou dat die bestuur van die finansies aan die oorleg van die senaat oorgelaat moes word; hy het voorgestel dat die Tempel van Beste en Grootste Jupiter, wat tydens die Vitellyns-Flawiese burgeroorlog vernietig is, op publieke onkoste herstel moes word; hy het Vespasianus op sy persoonsnaam gesalueer, en het hom nie as keiser erken in sy praetoriaanse ordonnansies nie.

Uiteindelik is hy vir 'n tweede keer verban, en is kort daarop op bevel van Vespasianus tereggestel. Sy lewensverhaal in die vorm van 'n gul panegiriek deur Herennius Senecio, opgestel op versoek van sy weduwee, het die skrywer se terregstelling tydens die Domitiaanse bewind meegebring.

Henry Otho

Henry Otho (6 Februarie 1888 – Junie 1940) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Slim (1937), It Happened Out West (1937), Clipped Wings (1937), en The Fighting Devil Dogs (1938).

Nero

Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus (15 Desember 37 n.C. – 9 Junie 68 n.C.), gebore Lucius Domitius Ahenobarbus, en algemeen bekend as Nero, was die vyfde Romeinse Keiser van 54 tot 68. Hy was die laaste keiser van die Julio-Claudiese dinastie. Nero is aangeneem deur sy grootoom Claudius om sy erfgenaam en opvolger te word. Hy het die bewind aanvaar in 54, met die afsterwe van Claudius.

Tydens sy regering het Nero heelwat van sy aandag gefokus op diplomasie, handel en toevoegings tot die kulturele kapitaal van die ryk. Hy het die aanbou van teaters gelas en atletiekspele bevorder. Tydens sy bewind het die gedugte generaal Corbulo 'n suksesvolle oorlog gevoer en vrede beding met die Arsakideryk (vroeë Parthers). Sy generaal Suetonius Paulinus het 'n opstand in Britannia onderdruk. Verder het hy die Bosporus-koninkryk by die ryk geannekseer, en die Eerste Romeins-Joodse oorlog het begin.

In 64 is die oorgrote deel van Rome vernietig in die Groot brand van Rome. In 68 het die opstand van Vindex in Gallië, en die latere uitroeping tot keiser van Galba in Hispanië, Nero uit die kussings gelig. In die aangesig van 'n sluipmoord of terregstelling, het hy op 9 Junie 68 selfmoord gepleeg.Nero se bewind word dikwels verbind met tirannie en uitspattigheid. Hy is bekend vir 'n aantal terregstellings, insluitend die van sy ma en die waarskynlike moord deur vergiftiging van sy stiefbroer, Britannicus. Hy is ook berug as die keiser wat sou "vioolspeel terwyl Rome gebrand het", en as 'n vroeë vervolger van Christene. Hy is bekend daarvoor dat hy gevange Christene in sy tuin verbrand het vir nagtelike beligting. Hierdie siening berus op die geskrifte van Tacitus, Suetonius en Cassius Dio, die vernaamste behoue bronne vir Nero se bewind.

Min ekstante bronne vermeld Nero in 'n positiewe lig. Sekere bronne egter, insluitend sekere van die bogenoemdes, beeld hom uit as 'n keiser wat gewild was onder die gewone Romeinse mense, veral in die Ooste. Die bestudering van Nero is problematies aangesien sekere moderne historici die betroubaarheid van antieke bronne bevraagteken wanneer oor Nero se tiranniese handelinge berig word.

Plutarchus

Plutarchus, gebore Plutarchos (Grieks: Πλούταρχος), met verkryging van sy Romeinse burgerskap, Lucius Mestrius Plutarchus (Μέστριος Πλούταρχος), c. 46 – 120 n.C., was 'n Griekse historikus, biograaf, opstelskrywer en middelplatonis, mees bekend om sy Parallelle Lewens en Moralia. Hy het afgestam van 'n vername familie in Chaironeia, Boiotië, 'n dorp sowat twintig myl oos van Delphi.

Vitellius

Aulus Vitellius Germanicus Augustus was in die vierkeiserjaar 69 kort keiser van die Romeinse Ryk.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.