OESO

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO; Engels: Organisation for Economic Co-operation and Development, OECD; Frans: L'Organisation de coopération et de développement économiques, OCDE) is 'n internasionale organisasie van ontwikkelde lande wat 'n demokratiese regeringstelsel en 'n markekonomie in gemeen het.

Die OESO is die opvolger van die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking (OEES) wat van 1948 tot 1960 bestaan het en wat 'n belangrike rol gespeel het in die uitvoer van die Marshall-plan en by die politieke stabilisering van Wes-Europa. Die OESO is gestig met die Paryse ooreenkoms van 14 Desember 1960, wat op 30 September 1961 in werking getree het.

Die OESO bestaan uit 36 lidlande, met Engels en Frans as sy voertale, en publiseer gereeld statistiese verslae oor diverse aanwysers soos die Bruto binnelandse produk, bevolking, inflasie ens. Die organisasie se hoofkantoor is in Château de la Muette in Parys, Frankryk. Die OESO het kantore in Berlyn, Meksikostad, Tokio en Washington, D.C.

Château de la Muette, Paris 2012
Hoofkantoor van die OESO in die Château de la Muette in Parys
OECD Logo
Kenteken van die OESO
OECD member states map
Die lidlande van die OESO: ██ 20 Stigterslande ██ 16 Toetredinglande
OECD
Status van lidmaatskap in die OESO:

   Lidlande

   Kandidaatlande

   Moontlike kandidaatlande

OECD Members

   OESO-lidlande

   Onderhandelings oor toetreding begin of beloof

   Belangstelling in toetreding uitgedruk

Lidlande van die OESO[1]

Lidlande

Op 14 Desember 1960 teken 20 lande die OESO-verdrag. Daarna sluit 16 ander lande by die OESO aan. Die OESO bestaan vandag uit die hoof nywerheidslande van Europa (27), Noord-Amerika (3), Asië (4), Oseanië (2) en Suid-Amerika (1).[2]

Kandidaatlande

Kandidaatlande van die OESO was sedert 16 Mei 2007 Chili, Estland, Israel, Rusland en Slowenië; moontlike kandidaatlande en belangrike samewerkers sluit in Brasilië, Indië, Indonesië, Suid-Afrika en die Volksrepubliek China.[3] Op 7 Mei 2010 het Chili,[4] op 21 Julie 2010 Slowenië,[5] op 7 September 2010 Israel[6] en op 9 Desember 2010 Estland by die OESO aangesluit.[7]

In Mei 2013 is toetreding-onderhandelings met Colombia en Letland begin, onderhandelings met Costa Rica en Litaue is in 2015 begin.[8] Ander lande, wat belangstelling in 'n toetreding getoon het, is Argentinië, Brasilië, Bulgarye, Kroasië, Peru en Roemenië.[9] Op 1 Julie 2016 het Letland by die OESO aangesluit[10] en op 5 Julie 2018 Litaue.[11]

Ekonomiese idees

Marshall Plan poster
'n Advertensieplakkaat van 'n VSA-agentskap bevorder bewustheid van die Marshall-plan

Die OESO speel 'n belangrike rol in pogings tot multilaterale regulering van belegging. Van 1995 tot 1998 maak 'n onderhandelingsforum die skep van 'n multilaterale ooreenkoms oor belegging wat vandag die grondslag vir baie bilaterale ooreenkomste vorm, moontlik. Daar moet gelet word daarop dat die ooreenkoms vandag hoofsaaklik op bilaterale vlak bestaan wat die lande tussen mekaar gesluit het wanneer hulle die behoefte daarna voel (byvoorbeeld: die ooreenkoms tussen die Switserse Federale Raad en die regering van die Verenigde Arabiese Emirate handel oor wedersydse bevordering en beskerming van beleggings RS 0.975.232.5).

Die rigsnoer vir die behandeling van buitelandse belegging in 1992 uitgebrei binne die Internasionale Bank vir Heropbou en Ontwikkelings (IBHO) (Frans: Banque Internationale pour la Reconstruction et le Développement, BIRD) verteenwoordig 'n ander bron van inspirasie vir die opstel van ooreenkomste vir die beskerming van belegging.

Op die internasionale vlak is dit tot nou toe moeilik om konsensus te bereik. Die Verenigde Nasies (meer spesifiek Die Verenigde Nasies Kongress oor Handel en Ontwikkeling) kan intussen 'n rol speel, die lande wantrou die VN aangesien dit begaan is oor die internasionale ekonomiese regte van alle lande (wat alle lande, ryk of arm gelyk beskou).

Gedurende die konferensies van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in Singapoer (2001) en Genève (2004) is daar nog geen ooreenkoms bereik nie, tog gaan die WHO voort met die reëling van vraagstukke op die gebied van handel, dienste en intellektuele eiendom. Dit hou hom egter nie besig met die beskerming en ontwikkeling van internasionale beleggings nie. Daar bestaan verwagtings dat die organisasie hierdie probleme in die nabye toekoms sal aanpak en oplos.

Tans volg die leierskap van die organisasie 'n neoliberale beleid, wat 'n breuk maak met die Keynesiaanse beginsels en die vanuit sosialistiese leerstellings ontleende konsep van die welvaartstaat, wat in die sogenaamde "glorieryke drie dekades" tussen 1945 en 1975 algemeen aanvaar is. Dat die state hulleself teruggetrek het van hulle voormalige sosiale beleid, strek tot voordeel van groot nasionale en multinasionale ondernemings.

Sekretaris-generaals

Tussen 16 April 1948 en 30 September 1960 bestaan die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking.[12]

  • José Angel Gurria (Meksiko) Junie 2006 – hede
  • Donald J. Johnston (Kanada) Junie 1996 – Junie 2006
  • Jean-Claude Paye (Frankryk) Oktober 1984 – Mei 1996
  • Emile van Lennep (Nederland) Oktober 1969 – September 1984
  • Thorkil Kristensen (Denemarke) September 1960 – September 1969
  • René Sergent (Frankryk) April 1955 – September 1960
  • Robert Marjolin (Frankryk) April 1948 – April 1955

Sien ook

Verwysings

  1. (en) oecd.org: List of OECD Member countries – Ratification of the Convention on the OECD
  2. (en) oecd.org: Members and partners
  3. (en) oecd.org: OECD invites five countries to membership talks, offers enhanced engagement to other big players
  4. (en) oecd.org: Chile's accession to the OECD
  5. (en) oecd.org: Slovenia's accession to the OECD
  6. (en) oecd.org: Israel's accession to the OECD
  7. (en) oecd.org: Estonia's accession to the OECD
  8. (en) oecd.org: Global OECD boosted by decision to open membership talks with Colombia and Latvia with more to follow
  9. (en) oecd.org: OECD strengthens engagement with partner countries during annual Ministerial Meeting
  10. (en) oecd.org: Latvia's accession to the OECD
  11. (en) oecd.org: Lithuania's accession to the OECD
  12. (en) rulers.org: Organization for Economic Cooperation and Development

Eksterne skakels

1960

Die jaar 1960 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1 Julie

1 Julie is die 182ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (183ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die derde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 183 dae in die res van die jaar.

2010

Die jaar 2010 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 21ste eeu n.C. Dit was ook die eerste jaar van die dekade 2010's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Die jaar is deur die Verenigde Nasies as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit gedenk.

2016

Die jaar 2016 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 16de jaar van die 21ste eeu n.C. en in teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

2018

Die jaar 2018 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dis was die 18de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

21 Julie

21 Julie is die 202de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (203de in skrikkeljare). Daar volg nog 163 dae in die res van die jaar.

5 Julie

5 Julie is die 186ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (187ste in skrikkeljare). Daar volg nog 179 dae in die res van die jaar.

7 Mei

7 Mei is die 127ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (128ste in skrikkeljare). Daar volg nog 238 dae in die jaar.

7 September

7 September is die 250ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (251ste in skrikkeljare). Daar volg nog 115 dae.

9 Desember

9 Desember is die 343ste dag van die jaar volgens die Gregoriaanse kalender (die 344ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 22 dae oor in die jaar.

Australië

Hierdie artikel handel oor die land. Vir die kontinent, sien Australië (kontinent).Australië (Engels: Australia, [əˈstreɪliə, ɒ-], ), amptelik die Gemenebes Australië (Commonwealth of Australia), is 'n grondwetlike monargie in die Suidelike Halfrond. Australië is die sesde grootste land ter wêreld en die enigste wat 'n hele vasteland beslaan – die Australiese kontinent (die wêreld se oudste, kleinste, droogste en platste vasteland). Australië se staatsgebied sluit daarnaas die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan in. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Salomonseilande, Vanuatu en Nieu-Kaledonië in die noordooste en Nieu-Seeland in die suidooste. Dit is 'n grondwetlike monargie en 'n lid van die Britse Statebond.'n Groot deel van dié land is woestynagtig en plat. Die vrugbare deel is 'n vlakte in die suidooste, waar die meeste van sy inwoners die hoogs verstedelikte ooskus bevolk. Die Australiese vasteland word egter reeds vir meer as 42 000 jaar deur Australiese Inboorlinge bewoon. Na verskeie besoeke deur Europese ontdekkingsreisigers en handelaars in die 17de eeu, is die oostelike helfte van Australië in 1770 deur Groot-Brittanje opgeëis en oorspronklik deur wettelik gestrafte oortreders as deel van die kolonie van Nieu-Suid-Wallis gevestig, beginnende op 26 Januarie 1788. Soos die bevolking gegroei het en nuwe areas ontdek is, is vyf ander selfregerende Britse kolonies tydens die 19de eeu gevestig.

Op 1 Januarie 1901 het die ses kolonies saam 'n federasie geword en die Australiese Gemenebes is gevorm. Sedertdien het Australië 'n stabiele liberale demokratiese politieke stelsel gehandhaaf en bly dit steeds 'n lidstaat van die Britse Statebond wat die Britse monarg as staatshoof erken. Die hoofstad van Australië is Canberra, wat geleë is in die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory). Die bevolking van 25 miljoen is gekonsentreerd in die vastelandse staatshoofstede Sydney, Melbourne, Brisbane, Perth en Adelaide.

Chili

Chili (Spaans: Chile, [ˈtʃile], ), amptelik die Republiek Chili (República de Chile, [reˈpuβlika ðe ˈtʃile], ), is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in 'n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in 'n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van Suid-Chili strek. Dit het lae berge langs die kus, ’n vrugbare vallei, en die Andesgebergte in die ooste.

Chili word in die weste deur die Stille Oseaan, in die noorde deur Peru, in die noordooste deur Bolivië, in die ooste deur Argentinië en in die suide deur die Suidelike Oseaan begrens. Die Straat van Magellaan, wat volledig onder Chili se beheer val, bied dié land ook toegang tot die Atlantiese Oseaan in die ooste. Naas sy vastelandgebiede maak ook die Paaseiland (of Rapa Nui) in die Stille Oseaan, die eiland Salas y Goméz, die Juan-Fernández-eilandgroep met Robinson-Crusoe-eiland, die Desventuradas-eilande en die eilandgroepe van Ildefonso en Diego-Ramirez in die suide deel uit van Chileense grondgebied. Dié land maak daarnaas ook aanspraak op ’n gebied in Antarktika (Antártica Chilena) met ’n oppervlakte van sowat 1,266 miljoen vierkante kilometer rondom die Antarktiese Skiereiland.

Danksy die ekonomiese beleid en vryemarkhervormings van Augusto Pinochet se demokratiese opvolgers het Chili tot een van die welvarendste lande in Latyns-Amerika en mees stabiele nasies in Suid-Amerika ontwikkel. Volgens die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) is Chili tans dié land met die hoogste lewensgehalte in Latyns-Amerika. Chili is een van die belangrikste koperprodusente ter wêreld, ’n beduidende uitvoerder van wyn en ook een van Suid-Afrika se grootste mededingers op die internasionale vrugtemark.

Colombia

Colombia of Kolombië (Spaans: Colombia, [koˈlombja], ), amptelik die Republiek Colombia (Spaans: República de Colombia, ), is 'n land in die noordweste van Suid-Amerika. Dit grens in die noorde aan die Karibiese See, in die ooste aan Venezuela, in die suidooste aan Brasilië, in die suide aan Peru en Ecuador, en in die weste aan Panama en die Stille Oseaan. Colombia is na Christophorus Columbus, wat die Amerikas in 1492 vir Europa ontdek het, genoem.Bekende Colombiane sluit in die Nobelprys vir Letterkundewenner, Gabriel García Márquez, popsangeres Shakira, Juanes, Formule 1renjaer Juan Pablo Montoya en dwelmbaron Pablo Escobar, wat in 1993 met die hulp van die Amerikaners in 'n koeëlreën uit die weg geruim is. Die land is dan ook berug vir die verbouing van kokaïen en die kombinasie van dwelmhandel en verbouing met 'n gewelddadige politiese stryd teen FARC dra daartoe by dat Colombia die hoogste per kapita moordsyfer in die wêreld het.

Estland

Estland (Esties: Eesti [ˈeːsti]), amptelik die Republiek Estland (Eesti Vabariik), is 'n land in Noord-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste van die drie Baltiese lande. Estland bestaan hoofsaaklik uit bosryke heuwellande met talle mere, vleie en moerasgebiede. Inwoners praat oorwegend Esties wat nou verwant is aan Fins en – in teenstelling met die ampstale van Letland en Litaue – deel uitmaak van die Fins-Oegriese taalgroep.

Estland is eeue lank deur Europese moondhede soos die Duitse Orde, Denemarke, Swede, Pole, Rusland en die Sowjetunie oorheers en het – ná 'n kortstondige periode as 'n onafhanklike staat tussen die twee wêreldoorloë – saam met die ander twee Baltiese lande, Letland en Litaue, in 1991 sy onafhanklikheid verklaar. Vanweë sy geografiese ligging en historiese bande met Sentraal- en Noord-Europa het Estland homself steeds as 'n voorpos van die westerse beskawing beskou. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy nou bande met Finland en Skandinawiese lande asook sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers.

In die 13de eeu is die kerstening van Estland vanuit Denemarke deurgevoer, en die land is later deur die Duitse Orde oorheers, terwyl Duitse koopmans van die Hansebond handelskantore in Lyfland, die huidige Letland en Estland geopen het. Tallinn, wat deur die Duitsers Reval genoem is, het net soos Narva, Tartu (Dorpat), Pärnu (Pernau) en Viljandi (Fellin) tot 'n bloeiende Hansestad ontwikkel.

In die 16de en 17de eeu het Pole, Swede en Russe pogings onderneem om Estland by hulle magsgebied in te lyf. Dit was Rusland wat uiteindelik oorwinning behaal het. Alhoewel Estland in 1917/1918 sy onafhanklikheid van Rusland bereik het, is die land as gevolg van die sogenaamde Hitler-Stalin-ooreenkoms van 1939 weer by die Sowjet-invloedsfeer ingelyf en in 'n Sowjetrepubliek omgeskep. Ná die Duitse besetting tydens die Tweede Wêreldoorlog is Estland met geweld gesowjetiseer, en duisende Estiese burgers het uit die land gevlug of is na Siberië gedeporteer. Talle inwoners is deur die nuwe bewindhebbers vermoor, en uiteindelik het Estland sowat 'n kwart van sy oorspronklike bevolking kwytgeraak, terwyl honderdduisende Russiese immigrante hulle in die land gevestig het. Vandag is sowat 72 persent van die totale bevolking etniese Estlanders.

Met die sogenaamde "Singende Rewolusie" in die tydperk tussen 1989 en 1991 het Estland tydens die ontbinding van die Sowjetunie sy kans waargeneem om sy onafhanklikheid te herwin. Die nuwe onafhanklike Republiek van Estland is op 20 Augustus 1991 geproklameer, en Estland het 'n lidland van die Verenigde Nasies geword.

Israel

Israel, ook Israël (Hebreeus: יִשְׂרָאֵל‎‎ Yisrā'el; Arabies: إِسْرَائِيل‎‎ Isrāʼīl), amptelik die Staat Israel (Hebreeus: מְדִינַת יִשְׂרָאֵל‎‎ Medīnat Yisrā'el [mediˈnat jisʁaˈʔel] (); Arabies: دولة إِسْرَائِيل‎‎ Dawlat Isrāʼīl [dawlat ʔisraːˈʔiːl]), is 'n demokratiese republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste.

Letland

Letland (Lets: Latvija, [ˈlatvija], ), amptelik die Republiek Letland (Latvijas Republika), is 'n republiek in Noordoos-Europa, een van die Baltiese lande aan die Oossee. Die land word verder begrens deur Estland in die noorde, Litaue en Wit-Rusland in die suide en Rusland in die ooste. Nes Estland en Litaue word Letland dikwels 'n Baltiese Tier genoem.

Die land is geografies, in oppervlakte en inwonertal die middelste van die Baltiese lande, en verenig elemente van beide buurlande: dit deel sy Baltiese taal, Lets, met Litaue, waar die verwante Litaus gepraat word, en dit deel sy oorwegend Lutherse geloof met Estland. Die geskiedenis van Letland vertoon groot ooreenkomste met dié van Estland, en veel minder met dié van Litaue. Letland het ná 'n langdurige Sowjet-besetting in 1991 sy onafhanklikheid herwin nadat dit reeds tussen 1918 en 1940 as onafhanklike republiek bestaan het. 'n Erfenis van die Sowjet-tydperk is die groot aantal Russiessprekende inwoners.

Die hoofstad van Letland is Riga en die grootste rivier die Daugava of Westelike Dwina, onderskeidelik die grootste stad en die grootste rivier in die Baltiese gebied. Letland kan verdeel word in vier historiese landskappe: Koerland (Kurzeme), Lyfland (Vidzeme), Semgale (Zemgale) en Letgallen (Latgale). Letland is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2014 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Op 1 Julie 2016 het Letland by die OESO aangesluit.'n Kenmerk van die huidige Letland is die groot teenstellings tussen die besige hoofstad, 'n voormalige lid van die magtige Hanseverbond waar Letland se ekonomiese opswaai merkbaar word, en die rustige idille – en soms ook armoede – van die landelike streke. Naas lae geboorte- en hoë sterfteyfers bly die grootskaalse emigrasie van Lette na Wes-Europa 'n groot uitdaging. Sedert 2004 het 'n vyfde van die Lettiese bevolking hulle in welvarende lande soos die Verenigde Koninkryk, Ierland en Duitsland hervestig.

Meso-Amerika

Meso-Amerika (Spaans: Mesoamérica; letterlik "Sentraal-Amerika" in Grieks) is 'n historiese kultuurlandskap in die huidige Sentraal-Amerika, waar vergelykbare beskawings tot die ontdekking van Amerika deur Christophorus Columbus in 1492 en die daaropvolgende Spaanse verowering in die 15de en 16de eeu bestaan het.

Hierdie beskawings sluit in die Nahua (Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke), Boruca, Chichimeke, Huaxteke, Huichole, Maja (Lacandone), Mayangna, Mazateke, Mixe, Mixteke, Olmeke, Otomí, Purépecha, Totonake en Zapoteke.

Die gebied van Meso-Amerika maak deel uit van die huidige lande Meksiko, Belize, Guatemala, El Salvador, Honduras, Nicaragua en die noorde van Costa Rica.

Volgens die OESO se definisie is Meso-Amerika in ekonomiese opsigte 'n multinasionale streek in Sentraal-Amerika, wat uit die lande Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Nicaragua en Panama, asook die nege suidoostelike Meksikaanse deelstate Campeche, Chiapas, Guerrero, Oaxaca, Puebla, Quintana Roo, Tabasco, Veracruz en Yucatán bestaan.

Ontwikkelde land

’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard. Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.

Ontwikkelde lande het ’n post-industriële ekonomie, wat beteken die dienssektor verskaf meer rykdom as die nywerheidsektor. Daarteenoor is ontwikkelende lande besig om te industrialiseer of hoofsaaklik op landbou aangewese. In 2015 het gevorderde ekonomieë 60,8% uitgemaak van die wêreldwye BBP gebaseer op nominale waardes en 42,9% van die wêreldwye BBP gebaseer op koopkragpariteit (KKP), volgens die Internasionale Monetêre Fonds. In 2015 was die 10 grootste gevorderde ekonomieë volgens BBP in beide nominale en KKP-terme Australië, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Suid-Korea, Spanje, Brittanje en die VSA.

Spanje

Spanje (Spaans: España, [esˈpaɲa], ), amptelik die Koninkryk Spanje (Spaans: Reino de España, Katalaans: Regne d'Espanya, Aragonees: Reino d'Espanya, Asturies: Reinu d'España, Baskies: Espainiako Erresuma, Galicies: Reino de España, Oksitaans: Reiaume d'Espanha), is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied.

Spanje is 'n grondwetlike erflike monargie nadat dit dekades lank, tot die fascistiese leier of caudillo Francisco Franco se afsterwe in 1975, deur 'n diktatoriese regime beheer is. Administratief word die land onderverdeel in 17 outonome gemeenskappe en twee outonome stede (ciudades autónomas), die eksklawes Ceuta en Melilla. Die hoofstad en grootste metropool is Madrid. Ander belangrike metropolitaanse gebiede sluit Barcelona, Valencia, Sevilla, Bilbao, Zaragoza en Málaga in.

Spanje is 'n lidstaat van die Verenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Europese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 30 Mei 1982). Dit is een van die hoogs ontwikkelde nywerheidslande en word ook onder die wêreld se grootste twintig in- en uitvoerlande gereken. Danksy 'n hoogs ontwikkelde toerismesektor is Spanje die tweede meesbesoekte land op aarde na Frankryk. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Die amptelike taal is Spaans (Castellano), met Katalaans as tweede ampstaal in die outonome gemeenskappe van Katalonië, Valencia en op die Baleariese Eilande; Baskies in die Baskeland en dele van Navarra; Galicies in Galisië; en Aranees in die Val d'Aran. Aragonees en Asturies word as streekstale erken. Die bevolking word volgens taal of dialek en kultuur onderverdeel in Kastiliane in Noord- en Sentraal-Spanje, Andalusiërs in die suide, Galiciërs in die noordweste, Baske in die noordoostelike Atlantiese kusgebied en Katalane in die noordoostelike Mediterreense streek.

Die geskiedenis van Spanje se kultuur strek terug tot in die prehistoriese tydperk toe die land omstreeks 15 000 v.C. deur die Iberiërs bewoon is wat hul naam aan die Iberiese Skiereiland verleen het. Die geskiedenis van kuns in Spanje strek oor byna twintig millennia, van paleolitiese kuns wat in grotte in die noordweste van die land aangetref word, tot Salvador Dalí se 20ste eeuse surrealistiese skilderye.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.