Koninklike Australiese Vloot

Die Koninklike Australiese Vloot (KAV) is die vloottak van die Australiese Weermag. Na die totstandkoming van die Gemenebes van Australië in 1901, is die skepe en hulpbronne van die afsonderlike koloniale vlote opgeneem in 'n nasionale mag: die Statebondsvlootmagte. Nadat dit oorspronklik bedoel was vir plaaslike verdediging, is die titel van "Koninklike Australiese Vloot" aan die vloot verleen in 1911, en het dit toenemend verantwoordelikheid aanvaar vir die verdediging van die streek.

Brittanje se Royal Navy het voortgegaan om die Australiese Vloot  te ondersteun, en het bykomende blouwater-verdedigingsvermoë in die Stille Oseaan verskaf tot en met die vroeë jare van die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het vinnige oorlogstydse uitbreiding die verkryging van groot skepe en die bou van baie kleiner skepe tot gevolg gehad. In die dekade na die oorlog is 'n klein aantal vliegdekskepe ook in diens gestel, die laaste van hierdie is opgeskort in 1982.

Die vloot is een van die grootste en mees gesofistikeerde seemagte in die Suid-Stille Oseaan-streek, met 'n beduidende teenwoordigheid in die Indiese Oseaan en by wêreldwye bedrywighede ter ondersteuning van militêre operasies en vredessendings. Die huidige Hoof van die Vloot is Vise-Admiraal Michael Noonan.

HMAS Hobart under construction April 2015
Hobart lei die vloot se nuwe klas van lug-oorlogvoering torpedojaers in, hier onder konstruksie in 2015
Koninklike Australiese Vloot
Royal Australian Navy
Gestig 1911
Land Vlag van Australië Australië
Tipe Vloot
Vaandel Naval Ensign of Australia
Flag of Australia (converted)
Hoofkwartier Russell Offices, Canberra
Aantal lede 47 skepe
14 215 personeel
Veldslae Verskeie

Vloot

Teen September 2017 bestaan die Koninklike Australiese Vloot uit 47 oorlogskepe, insluitende torpedojaers, fregatte, duikbote, patrolliebote en hulpskepe.[1] Skepe wat opgekommandeer is, word met die voorvoegsel HMAS (Haar Majesteit se Australiese Skip) benoem.[2]

Die vloot beskik oor twee primêre basisse:

  • Vlootbasis Oos,[3] geleë op HMAS Kuttabul, Sydney; en
  • Vlootbasis Wes,[4] geleë op HMAS Stirling, naby Perth.

Daarbenewens is drie ander basisse die tuiste van die meerderheid van die Koninklike Australiese Vloot se kleiner oorlogskepe:[5][6][7]

  • HMAS Cairns, by Cairns;
  • HMAS Coonawarra, by Darwin; en
  • HMAS Waterhen, by Sydney.
Vaartuie
Beeld
Klas/naam
Tipe Aantal Diensaanname Detail
HMAS Collins, Collins class
Collins-klas Duikboot 6 2000 Teenskip, intelligensieversameling. Diesel-elektries aangedrewe.
HMAS Canberra, Canberra class
Canberra-klas Helikopter-
landingsdok
2 2014 Amfibiese oorlogvoering.
HMAS Hobart
Hobart-klas Torpedojaer 1 (2) 2017 Lugoorlogvoering, torpedojaer
HMAS Perth, Anzac class
Anzac-klas Fregat 8 1996 Teenduikboot- en teenvliegtuig-fregat met 1 helikopter.
HMAS Newcastle, Adelaide-klas
Adelaide-klas Fregat 2 1985 Algemene doel-geleidemissiel fregat met 2 helikopters.
HMAS Broome, Armidale-klas
Armidale-klas Patrollieboot 13 2005 Kusverdediging, maritieme grenspatrollie, visserybeskerming
HMAS Yarra, Huon-klas
Huon-klas Mynveër 6 1997 Mynopruim
HMAS Leeuwin, Leeuwin class
Leeuwin-klas Opmetingskip 2 2000 Hidrografiese ondersoeke
HMAS Benalla, Paluma class
Paluma-klas Opmetings-
lanseerder
4 1989 Hidrografiese ondersoeke
HMAS Choules FBE 2014
HMAS Choules
(Bay-klas)
Skiplandingsdok 1 2011 Swaar seehyskraan en transport
HMAS Success
HMAS Success
(Durance-klas)
Bevoorradingskip 1 1986
HMAS Sirius
HMAS Sirius Bevoorradingskip 1 2006
Australian MRH-90 lands on USS Green Bay (LPD-20) in July 2015

MRH-90 van 808 Eskader

RAN S-70B-2 Seahawk Avalon 2011

S-70 Seahawk van 816 Eskader

De Havilland Canada DHC-8-200 VH-LCL

Bombardier Dash 8

Personeel

Royal Australian Navy officer during RIMPAC 2014
'n Vroulike Australiese vlootoffisier.

Teen Junie 2011 het die KAV 14 215 permanente voltydse personeel, 161 gapingjaarpersoneel en 2 150 reserwepersoneel gehad. Die permanente lede het bestaan uit 3 357 offisiere met 10 697 personeel op bystand. In Junie 2010 was 82% van die permanente voltydse magte manlik, terwyl vroulike personeel 18% uitgemaak het. Die vloot het die hoogste persentasie vroue in die Australiese Weermag, in vergelyking met die Australiese Lugmag se 17.8% en die leër se 9.7%.

Safety briefing aboard HMAS Tobruk in 2010
Koninklike Australiese Vloot matrose in 2010

Verwysings

Notas

  1. "Current Ships". Royal Australian Navy. Besoek op 23 September 2017.
  2. Frame 2004, p. 96.
  3. "Fleet Base East". Royal Australian Navy. Besoek op 31 Augustus 2014.
  4. "Fleet Base West". Royal Australian Navy. Besoek op 31 Augustus 2014.
  5. "HMAS Cairns". Royal Australian Navy. Besoek op 31 Augustus 2014.
  6. "HMAS Coonawarra". Royal Australian Navy. Besoek op 31 Augustus 2014.
  7. "HMAS Waterhen". Royal Australian Navy. Besoek op 31 Augustus 2014.

Bibliografie

  • Dennis, Peter; Grey, Jeffrey; Morris, Ewan; Prior, Robin (1995). The Oxford Companion to Australian Military History. Melbourne: Oxford University Press. ISBN 0-19-553227-9.
  • Frame, Tom (2004). No Pleasure Cruise: The Story of the Royal Australian Navy. Crows Nest, New South Wales: Allen & Unwin. ISBN 1-74114-233-4.
  • Gillett, Ross; Graham, Colin (1977). Warships of Australia. Adelaide, South Australia: Rigby. ISBN 0-7270-0472-7.
  • Whitley, M. J. (2000) [1988]. Destroyers of World War Two: An International Encyclopedia. London: Cassell. ISBN 1-85409-521-8.

Eksterne skakels

Australië

Hierdie artikel handel oor die land. Vir die kontinent, sien Australië (kontinent).Australië (Engels: Australia, [əˈstreɪliə, ɒ-], ), amptelik die Gemenebes Australië (Commonwealth of Australia), is 'n grondwetlike monargie in die Suidelike Halfrond. Australië is die sesde grootste land ter wêreld en die enigste wat 'n hele vasteland beslaan – die Australiese kontinent (die wêreld se oudste, kleinste, droogste en platste vasteland). Australië se staatsgebied sluit daarnaas die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan in. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Salomonseilande, Vanuatu en Nieu-Kaledonië in die noordooste en Nieu-Seeland in die suidooste. Dit is 'n grondwetlike monargie en 'n lid van die Britse Statebond.'n Groot deel van dié land is woestynagtig en plat. Die vrugbare deel is 'n vlakte in die suidooste, waar die meeste van sy inwoners die hoogs verstedelikte ooskus bevolk. Die Australiese vasteland word egter reeds vir meer as 42 000 jaar deur Australiese Inboorlinge bewoon. Na verskeie besoeke deur Europese ontdekkingsreisigers en handelaars in die 17de eeu, is die oostelike helfte van Australië in 1770 deur Groot-Brittanje opgeëis en oorspronklik deur wettelik gestrafte oortreders as deel van die kolonie van Nieu-Suid-Wallis gevestig, beginnende op 26 Januarie 1788. Soos die bevolking gegroei het en nuwe areas ontdek is, is vyf ander selfregerende Britse kolonies tydens die 19de eeu gevestig.

Op 1 Januarie 1901 het die ses kolonies saam 'n federasie geword en die Australiese Gemenebes is gevorm. Sedertdien het Australië 'n stabiele liberale demokratiese politieke stelsel gehandhaaf en bly dit steeds 'n lidstaat van die Britse Statebond wat die Britse monarg as staatshoof erken. Die hoofstad van Australië is Canberra, wat geleë is in die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory). Die bevolking van 25 miljoen is gekonsentreerd in die vastelandse staatshoofstede Sydney, Melbourne, Brisbane, Perth en Adelaide.

Britse Vloot

Die Koninklike Britse Vloot (Engels: Royal Navy, afgekort RN) is die militêre vloot van die Verenigde Koninkryk. Dit is die oudste deel van die Britse krygsmagte, en word daarom ook die "Seniordiens" genoem. Vanaf die 18de eeu tot die Tweede Wêreldoorlog was dit die grootste en sterkste vloot ter wêreld. Die Britse Vloot het 'n belangrike rol gespeel om Brittanje tot die supermoondheid van daardie tyd te verhef.

Al die skepe van die Britse Vloot word "Haar Majesteit se Skip" (afgekort as HMS) genoem omdat die grondwet bepaal dat die koningin die skepe besit en bevel oor hulle uitvoer. In tye van 'n manlike monarg word "Haar" met "Sy" (in Engels "His") vervang. Die Engelse afkorting bly egter dieselfde.

Die Britse Vloot is een van die grootste vlote in die wêreld gemeet aan die bruto tonnemaat (massa en grootte van al hul skepe). Die Britse Vloot en die Britse Vloot se hulpdienste het ongeveer 98 skepe, insluitend vliegdekskepe, duikbote, mynveërs en patrollie-vaartuie.

Fairey Firefly

Die Fairey Firefly was 'n veg- en verkenningsvliegtuig wat deur die Britse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog op hulle vliegdekskepe. Dit was 'n tweesitplek, eenmotorige monovlerkvliegtuig. Dit het die Fairey Fulmar vervang. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 22 Desember 1941 voltooi.

Tweede Wêreldoorlog

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat geduur het van 1939 tot 1945, alhoewel verwante konflik al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad tot meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.Hierdie globale konflik het die meeste van die wêreld se nasies in twee kampe verdeel: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. As gevolg van die groot skaal waarop die oorlog plaasgevind het, het meer as 60 miljoen mense omgekom, wat beteken dat dié konflik ook die dodelikste in die aangetekende geskiedenis van die mens is. Die oorlog was tot dusver ook die enigste waartydens sowel kernwapens (deur die Verenigde State in Japan) asook biologiese en chemiese wapens (deur Japan in China) gebruik is.

Die Tweede Wêreldoorlog was dan ook die verreikendste oorlog in die geskiedenis en die betrokke lande het saam meer as 100 miljoen militêre personeel gehad wat aan die oorlog deelgeneem het. Totale oorlog het die onderskeiding tussen burgerlike en militêre hulpmiddels tot niet gemaak en was ook die toneel vir een nasie se mobilisering van sy ekonomiese, industriële en wetenskaplike vermoëns tot inspanning van die oorlog. Amper twee derdes van die gestorwenes was siviele burgers. Die Holocaust, wat grotendeels in Oos-Europa plaasgevind het, was verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer ses miljoen Jode en ander sosiale en politieke minderhede (Sinti en Roma, Kommuniste, ens.) deur die Spilmoondhede.

Die konflik het geëindig met 'n oorwinning deur die Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State en die Sowjetunie ontwaak as die twee voorste wêreldmoondhede. Selfbeskikking het tot dekolonisasie- en onafhanklikheidsbewegings in Afrika en Asië gelei, terwyl Europa self die pad na integrasie begin loop het.

Vaandel

'n Vaandel of insinje is 'n onderskeidende vlag van 'n skip of militêre eenheid; of 'n onderskeidende kenteken, embleem of wapen. Die woord insinje is afgelei van die Franse enseigne van die Latynse meervoud insignia en word gewoonlik gebruik vir 'n militêre- of vlootbanier. 'n Wapenkundige insinje verwys spesifiek na heraldiese simbole van 'n weermag.

Vlag van Australië

Die nasionale vlag van Australië is amptelik op 3 September 1901 aanvaar. Die vlag vertoon ’n Blou Britse vaandel met die Ster van die Gemenebes onder die skildhoek en die vyf sterre van die Suiderkruis op die wapperkant.

Die vlag se oorspronklike ontwerp (met ’n sespuntige Ster van die Gemenebes) is in 1901 gekies uit inskrywings in ’n wêreldwye kompetisie wat gehou is nadat die Federasie op die been gebring is, en is vir die eerste keer op 3 September 1901 in Melbourne vertoon; hierdie datum is verklaar as die Australiese Nasionale Vlagdag. ’n Effens gewysigde ontwerp is in 1902 deur koning Edward VII goedgekeur. Oor die volgende paar jaar is die presiese spesifikasies van die vlag telkens gewysig, soms doelbewus en soms as gevolg van ’n misverstand. Die huidige spesifikasies is in 1934 in die staatskoerant gepubliseer en in 1954 is die vlag wetlik gedefinieer in die Vlagwet van 1953 en erken as die “Australiese Nasionale Vlag”.

Naas hierdie vlag is daar ook ander vlae wat Australië, sy mense en kernbedrywe van die regering verteenwoordig.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.