Israel-museum

Die Israel-museum (Hebreeus: מוזיאון ישראל‎, Muze'on Yisrael) in Jerusalem is in 1965 as Israel se nasionale museum gestig. Dit is op 'n heuwel in die weste van Jerusalem, naby die parlementsgebou (Knesset) en die Nasionale Kampus vir die Argeologie van Israel, geleë.

Die museum het 'n oppervlakte van sowat 50 000 m², insluitende 'n tuin van 24 000 m², en word jaarliks deur byna een miljoen belangstellendes besoek.

Die museum behels vier afdelings:

  • die Kunsafdeling met die Billy-Rose-kunstuin,
  • die Afdeling vir Judaica en Joodse etnografie,
  • die Argeologiese Afdeling met die Heiligdom van die Boek waar enkele van die Dooie See-rolle bewaar word, en
  • die Jeugafdeling.
Israel-museum
'n Beeld van die museum.
Die Israel Museum se hoofingang

Plek Jerusalem
Land Israel
Openingsjaar 1965
Tipe museum Kuns en geskiedenis
Webtuiste www.imjnet.org.il

Galery

Israel museum

Lugbeeld van die Israel Museum

Jerusalem Schrein des Buches BW 1

Die Heiligdom van die Boek in 'n vleuel van die museum

Jerusalem Modell BW 2

'n Model van Jerusalem met die Herodes-tempel

Eksterne skakels

Koördinate: 31°46′20.56″N 35°12′16.29″O / 31.7723778°N 35.2045250°O

Avigdor Arikha

Avigdor Arikha (28 April 1929 – 29 April 2010) was 'n Roemeens-gebore Frans-Israelse skilder, tekenaar, druk-kunstenaar, en kuns-geskiedkundige.

Bybellande Museum

Die Bybellande Museum (Hebreeus: מוזיאון ארצות המקרא ירושלים Muzeon Artzot HaMikra) is 'n museum toegewy aan die antieke lande en kulture in die Joodse Bybel. Die museum is geleë in Jerusalem, langs die Israel Museum.

Museum van Filistynse Kultuur

Die Museum van Filistynse Kultuur (Hebreeus: המוזיאון לתרבות הפלשתים ע"ש קורין ממן - Corinne Mamane Museum of Philistine Culture) is 'n argeologiese museum in Ashdod, Israel. Dit is toegewy aan die kultuur van die Filistyne, wat in die omgewing van die stad gewoon het. Dit is die enigste museum ter wêreld wat aan die Filistynse kultuur gewy is. Dit is ook die eerste museum wat in 1990 in Ashdod geopen het.

Tweede Tempel

Die Tweede Tempel (Hebreeus: בֵּית־הַמִּקְדָּשׁ הַשֵּׁנִי, Beit HaMikdash HaSheni) was die Joodse heilige tempel wat tussen 516 v.C. en 70 n.C. op Tempelberg in Jerusalem gestaan het. Volgens die Joodse tradisie het dit Salomo se Tempel (die Eerste Tempel) vervang wat in 586 v.C. deur die Nieu-Babiloniese Ryk vernietig is toe Jerusalem binnegeval en ’n deel van die bevolking van Juda na Babilon verban is.

Vlag van Israel

Die nasionale vlag van Israel (Hebreeus: דגל ישראל, Degel Jisra'él; Arabies: علم إسرائيل, ʿAlam Israʼīl) is op 28 Oktober 1948 amptelik goedgekeur, vyf maande nadat die Staat Israel tot stand gekom het. Dit verteenwoordig die staat, sy soewereiniteit, sy instansies en sy burgers, sowel in Israel asook in die wêreld. Die vlag vertoon ’n blou Dawidster tussen twee horisontale blou bane op ’n wit agtergrond. Die Israeliese vlagwetgewing bepaal die amptelike metings op 160 by 220 cm. Daarom is die amptelike verhoudings 8:11. Variante met ’n wye verskeidenheid van verhoudings kan gevind word, met 2:3 wat algemeen is.

Die blou kleur word as “donker lugblou” beskryf en wissel van vlag tot vlag. Die vlag is in 1891 vir die Sionistiese Beweging ontwerp. Die basiese ontwerp herinner aan die talliet (טַלִּית), die Joodse gebedskleed, wat wit is met donker strepe. Die simbool in die middel verteenwoordig die Dawidster (מָגֵן דָּוִד, Maden David), ’n Joodse simbool wat van Antieke tye dateer. Die vlag het in Risjon LeSion tydens die eerste alijá in 1885 verskyn en is in Basel deur die Eerste Sionistiese Kongres van 1897 aanvaar. Hierdie vlag is verkies bo die "Sewester-vlag" wat deur Theodor Herzl voorgestel is. Na die stigting van die Staat Israel het die Voorlopige Staatsraad die vlag van die staat bespreek. Die vlag van die Sionistiese beweging is amptelik gekies om vanaf 28 Oktober 1948 as vlag van die staat Israel te dien en het voorkeur geniet bo ander idees, hoofsaaklik as gevolg van die gewildheid onder die Joodse volk. Die regstatus van die vlag is veranker in die Vlag- en Simboolwet 5719–2018 en het grondwetlike status in die Grondwet ontvang: Basiese wet: Israel as die nasiestaat van die Joodse volk.

’n Beduidende deel van die van die Staat Israel se Joodse bevolking, en van die Jode wat in ander lande woon, beskou die nasionale vlag as ’n simbool van die onafhanklikheid van die Staat Israel. Een van die mees algemene uitdrukkings hiervan is die opheffing van die vlag op huise en motors op Onafhanklikheidsdag. In die ultraortodokse sektor is daar ’n polemiek oor die houding jeens die vlag en sy plek in hierdie samelewings, veral omdat dit ’n Sionistiese simbool is, en in sommige Arabiese sektore is daar dieselfde polemiek omdat dit ’n Sionistiese en Joodse simbool is.

In 2007 is ’n Israelse vlag van 660 m by 100 m met ’n gewig van 5,2 ton naby die antieke Joodse vesting Masada onthul waar dit ’n wêreldrekord opgestel het vir die grootste vlag. Dit is later deur ’n reuse-vlag van Libanon verbygesteek, wat in 2013 weer deur ’n reuse-vlag van Roemenië in Clinceni geklop is.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.