Iberiese Skiereiland

Die Iberiese Skiereiland is die deel van Europa wat suid van die Pireneë-bergreeks lê. Die skiereiland word omring deur die Middellandse See, die Atlantiese Oseaan en die Golf van Biskaje. Dit het 'n oppervlakte van 582 530 km². Van die belangrikste riviere sluit in Ebro, Taag, Douro, Guadiana en Guadalquivir. Die belangrikste stede is die twee hoofstede van Portugal en Spanje, onderskeidelik Lissabon en Madrid, asook Barcelona, Málaga, Porto, Sevilla en Valencia.

Iberia (orthographic projection)
Ligging van die Iberiese Skiereiland
Relieve de Península Ibérica
Topografiese kaart van die Iberiese Skiereiland
Spanje satelliet
Nasa-Satellietbeeld van die Iberiese Skiereiland
Linguistic map Southwestern Europe-en
Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000

Lande en gebiede

Die volgende lande en gebiede lê gedeeltelik of ten volle op die Iberiese Skiereiland:

Tale

Die volgende tale word in die gebied gepraat:

Sien ook

Eksterne skakels

  • (en) "Iberian Peninsula". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Maart 2019.

Koördinate: 40°18′N 3°43′W / 40.300°N 3.717°W

Alboransee

Die Alboransee (Arabies: بحر البوران, Latyns: Mare Ibericum, Spaans: Mar de Alborán) is 'n see van die Middellandse See tussen die Iberiese Skiereiland in die noorde, Noord-Afrika in die suide en die Straat van Gibraltar in die weste. Die see grens in die noorde aan Spanje en in die suide aan Marokko. In die weste is die Britse oorsese gebied Gibraltar en in die suide die Spaanse gebiede Ceuta en Melilla geleë. Die see is genoem ná die eiland Alborán in die middel van die see.

Asturies

Asturies (Asturianu in Asturies, [astuˈɾjanu]) is 'n Romaanse taal wat in sommige dele van die Spaanse provinsie Asturië gepraat word. In Asturië word die taal deur wetgewing van die Outonome Status beskerm en is 'n keusevak op skool. Vanweë diglossie tussen Asturies en Spaans beskou sommige vakkundiges dit as 'n dialek van Leonees, maar deesdae word dit as 'n afsonderlike taal gereken.

Die taal het uit Latyn ontwikkel met bydraes van die voor-Romaanse tale wat in die gebied van die Astures, 'n ou stam op die Iberiese Skiereiland, gepraat is. Kastiliaans Spaans bereik die gebied later, in die 14de eeu, toe die sentrale regering gesante en amptenare gestuur het om politieke en kerklike posisies te vul.

Sedert 1980 word daar baie moeite gedoen om Asturies te beskerm en te bevorder. Maar die toestand van die taal is kritiek, met 'n groot daling in die aantal sprekers in die laaste honderd jaar. Portugal het 'n verdere stap ter beskerming geneem deur ook die taal te erken.

Die weiering om Asturies amptelik te erken doen afbreuk aan die taal. Sprekers kan nie die taal in hulle daaglikse lewe gebruik nie omdat nog die regering, nog privaatinstellings dokumente in Asturies aanvaar, en nie aandag daaraan skenk om mense wat in Asturies met hulle wil kommunikeer, te akkommodeer nie. Sommiges beweer dat Asturies oor twee geslagte moontlik sal uitsterf.

Ondanks al die probleme wat die beleid van sowel die Asturiese as die Spaanse regering veroorsaak het, het die aantal jongmense wat Asturies aangeleer het en gebruik (veral as geskrewe taal) in die laatste paar jaar gestyg, veral onder intellektuele en polities aktiewe Asturiane en Leoneze wat trots is op hulle streeksidentiteit.

Aan die einde van die 20ste eeu het die Academia de la Llingua Asturiana aktiwiteite onderneem ter oorlewing van die taal: 'n grammatika, 'n woordeboek en tydskrifte. 'n Nuwe geslag van skrywers is tans aktief in die taal.

Asturië

Asturië (Asturies: Principáu d'Asturies, Spaans: Principado de Asturias, "Vorstedom Asturië") is sedert 11 Januarie 1982 een van die outonome gemeenskappe van Spanje.

Asturië lê in die noorde van die Iberiese Skiereiland in die noordelike uitloper van die Kantabriese Kus (Cornisa Cantábrica) en word in die noorde deur die Kantabriese See, in die suide deur die Kantabriese Berge, in die ooste deur die riviere Deva en Cares en in die weste deur die Eorivierbedding begrens.

Die geleidelike oorgang tussen see en berge het 'n verskeidenheid landskapsvorme met 'n ryk inheemse fauna en flora geskep, terwyl Asturië ook vir sy historiese erfenis bekend staan. Die Voor-Romaanse boukuns van die gebied is deur die Unesco as 'n wêrelderfenis gelys. Bestanddele van hoë gehalte en bekende plaaslike spesialiteite soos Sidra (Asturiese sider) het Asturië se kookkuns op die gastronomiese wêreldkaart geplaas.

Berbers

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taalfamilie, sien Berbertale.Die Berbers (Berbers: ⵉⵎⴰⵣⵉⵖⵏ Imaziɣen, enkelvoud: ⴰⵎⴰⵣⵉⵖ Amaziɣ/Amazigh) is 'n etniese groep inheems aan Noord-Afrika wat Berbertale praat. Hulle is versprei in 'n gebied wat strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Siwa-oase in Egipte in die ooste en van die Middellandse See in die noorde tot die Nigerrivier in die suide. Lande met 'n belangrike Berberbevolking sluit in Algerië, Libië, Mali, Marokko, Mauritanië, Niger en Tunisië. In die lande van die Magreb, waar die Arabiere die meerderheid vorm, vorm die Berbers die belangrikste minderheid.

Die Berbers vorm die inheemse bevolking van Noord-Afrika en eerste verwysings stam van beide die Antieke Egipte en Antieke Griekeland. Die Griekse historikus en skrywer Herodotos het hulle in sy bekende Histories opgeteken. Oor eeue heen het Berbers die kus vanaf die Atlantiese Oseaan tot Egipte bewoon en het afwisselend onder die heerskap van die Fenisiërs, Romeinse Ryk, Vandale, Alane en die Bisantynse Ryk gekom.

Nog voor die Arabiese verowering van die Magreb onder die Rasjidoen-kalifaat en die Omajjadiese Kalifaat het die Berbers die belangrikste bevolkingsgroep in Noord-Afrika gevorm. Sedertdien word die gebied deur die Arabiere oorheers en Arabies is die belangrikste taal. As gevolg daarvan is die Berbergebied gefragmenteer en hulle het die Islam as hul geloof aangeneem. Arabiere en Berbers het die Iberiese Skiereiland in 711 verower en aansluitend daar gevestig. Hulle het die Islamitiese ryk van Al-Andalus gekenmerk en pragtige paleise soos die Alhambra in Granada opgerig.

As gevolg van die Christelike Reconquista van Portugal en Spanje in 1492 is die Berbers van die Iberiese Skiereiland verdryf en hulle het in Noord-Afrika hervestig. As gevolg van die Franse verowering van groot dele van Noord-Afrika het die Berbers onder Franse invloed gekom en Frans 'n belangrike vreemde taal geword. Vandag leef sowat 1,5 miljoen Berbers in Frankryk.

Aangesien die meeste Berbers in gebiede woon wat moeilik toeganklik is, is daar min nywerhede in hulle woongebiede. Daar is egter potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van hulle handwerk. Dit behels ook produkte wat as "kunsnywerheidsartikels" aan toeriste verkoop word en selfs in die buiteland bemark kan word. Die Berbers se pottebakkerswerk het nie ver ontwikkel nie, maar slaag miskien tog juis deur die eenvoud daarvan. Hulle vlegwerk (hoede, mandjies en matte) oortref selde die peil van goedkoop gebruiksartikels. Die doeke en komberse van die Berbers het 'n eie karakter. Dit word geweef met inslag van dik woldrade op 'n skering van baie dun katoendraad. Verskillende kleure word gebruik en die ontwerpe bestaan uit eenvoudige geometriese patrone. Die tradisionele kleurkombinasie vir mans is wit, grys, swart en bruin. Vroue gee weer voorkeur aan 'n kombinasie van wit met een of helderder primêre kleure, afhangende van die plaaslike kleredrag.

Douro

Die Douro (Portugees: [ˈdo(w)ɾu]; Spaans: Duero, [ˈdweɾo]; Kelties: *Dur, letterlik: "water") is 'n groot wes-vloeiende rivier in Spanje en Portugal. Die rivier, met 'n lengte van 897 km, is die derde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag en die Ebro asook die grootste volgens afloop en stroomgebied.

Die Douro ontspring naby Picos de Urbión in die Sistema Ibérico naby Soria in die outonome gewes Kastilië en León van Spanje. Aansluitend vloei die rivier in 'n westelike rigting en vorm vir sowat 112 km die grens tussen Spanje en Portugal. Vir die volgende 213 km vloei die Douro deur die Portugese wyngebiede en mond by Porto in die Atlantiese Oseaan uit. Die Portugese wynbougebied is veral bekend vir sy Portwyn wat van Porto vervoer word. Dit is in 2001 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Ibero-Amerika

Ibero-Amerika (Spaans: Iberoamérica, Portugees: Ibero-america) is 'n versamelnaam vir lande op die Amerikaanse kontinent waar Spaans of Portugees die voertaal is. Dit word onderskei van Latyns-Amerika, wat ook Franssprekende lande insluit.

In 'n wyder sin omvat Ibero-Amerika ook die Iberiese Skiereiland, oftewel Spanje, Portugal en Andorra. Hierdie lande het 'n histories-kulturele verbintenis. Hulle organiseer sedert die jare '90 van die 20ste eeu reëlmatig gesamentlike konferensies.

Kelte

Die Kelte het – volgens tradisionele 19de eeuse hipoteses – sowat 3 000 jaar gelede tot 'n hoogs ontwikkelde beskawing in die hartland van Europa ontwikkel en in die volgende eeue die noorde van die vasteland oorheers. Hulle was veral 'n volk van krygers en ambagsmanne wat eersterangse kunswerke en wapentuig geskep en 'n gevreesde strydmag ontwikkel het. Meer onlangse navorsing, wat genetiese en taalkundige studies insluit en onder meer deur die argeoloog Barry Cunliffe gedoen is, dui egter daarop dat die Keltiese taal sy oorsprong in die uiterste weste van Europa het, en langs die Atlantiese seeroete vanuit die Iberiese Skiereiland noordwaarts versprei het. Die Kelte het dus nie noodsaaklik 'n homogene etniese groep gevorm nie, maar het bestaan uit 'n verskeidenheid stamme vir wie die Keltiese taal en kultuur om verskillende redes aantreklik genoeg was om dit te oorneem.

Die Kelte is onder meer as die "Veroweraars van Europa" en die "Barbare van Europa" beskryf, maar hulle was in elk geval die eerste groot beskawing wat in Sentraal-Europa ontstaan het. In die 2de eeu v.C. het hierdie beskawing sy hoogtepunt bereik en 'n gebied oorheers wat van Klein-Asië (die huidige Turkye) tot by Ierland en van die Iberiese Skiereiland tot by die huidige Duitsland gestrek het. Keltiese nedersettings het selfs in afgeleë gebiede soos Oekraïne ontstaan.

Die Kelte het handel met hulle buurvolke in die Mediterreense gebiede gedryf, en in Keltiese grafte is selfs voorwerpe ontdek wat uit die Midde-Ooste ingevoer is. Maar alhoewel groot dele van Europa noord van die Alpe deur Keltiese stamme oorheers is, het hierdie beskawing nooit 'n gemeenskaplike ryk gestig nie – hulle was eerder 'n soort konfederasie van verskillende stamme wat dieselfde taalgroep, godsdiens en kultuur gedeel het. Die Kelte het ook min historiese dokumente agtergelaat. Ons kennis oor hierdie beskawing berus dus oorwegend op argeologiese opgrawings en die beskrywings van antieke Griekse en Romeinse outeurs.

Die Kelte was gevreesde krygers en die beduidendste teenstanders van Rome. Nogtans het hulle verdeeldheid daartoe gelei dat hulle magsgebied geleidelik by die Romeinse Ryk ingelyf is. Binne 'n enkele dekade het Gaius Julius Caesar se aanval op Gallië 'n einde aan die Keltiese beskawing gemaak. Net in die westelike randgebiede van Europa het Keltiese volke daarin geslaag om hul onafhanklikheid te bewaar.

Die kulturele erfenis van die Keltedom sluit buitengewone religieuse en ander kunswerke asook mites en legendes in wat deur latere Keltiese skrywers versamel en neergeskryf is. Nogtans bly die Kelte in baie opsigte 'n raaiselagtige beskawing.

Leonees

Leonees is 'n Romaanse taal wat in sommige dele van die Spaanse provinsies León, Zamora, en in die gebied Miranda de Douro en Bragança in Portugal gepraat word (waar dit amptelik erken word as Mirandees).

Die taal het uit Latyn ontwikkel met bydraes van die voor-Romaanse tale wat in die gebied van die Leoniërs, 'n ou stam op die Iberiese Skiereiland, gepraat is. Kastiliaans Spaans bereik die gebied later, in die 14de eeu, toe die sentrale regering gesante en amptenare stuur om politieke en kerklike posisies te beklee.

Lissabon

Lissabon (Portugees: Lisboa [liʒˈboɐ]) is die hoofstad van Portugal en die gelyknamige distrik en administratiewe gewes. Die stad is aan die monding van die Tejorivier in die Atlantiese Oseaan in die uiterste suidweste van Europa en aan die weskus van die Iberiese Skiereiland geleë.

As die grootste stad van Portugal met sy belangrikste seehawe, die setel van die Portugese regering en talle nasionale owerhede, ses universiteite en die Portugese Akademie vir Wetenskap is Lissabon die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land.

Lissabon is ook die setel van 'n aantal instellings van die Europese Unie, waaronder die Europese Kontrolekantoor vir Dwelmmiddels en Dwelmverslaafdheid en die Europese Agentskap vir Veiligheid op See. Die stad huisves daarnaas ook die hoofkantoor van die Gemeenskap van Portugeessprekende Lande (CPLP).

Lissabon het in 205 v.C. onder Romeinse heerskappy gekom. Gaius Iulius Caesar het die status van Romeinse municipium en die Latynse naam Felicitas Iulia aan die destydse nedersetting Olisipo toegeken.

Die stad het vanaf die 5de eeu n.C. onder die gesag van verskillende Germaanse stamme gestaan en is in die 8ste eeu deur More verower. Sedert die Christelike herowering in 1147 deur kruisvaarders onder die bevel van Afonso Henriques het Lissabon tot die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van Portugal ontwikkel. In teenstelling met die meeste ander hoofstede het Lissabon sy status as hoofstad en regeringsetel nie aan enige statuut of ander geskrewe ooreenkoms te danke nie, maar fungeer danksy 'n grondwetlike konvensie as die de facto-hoofstad van Portugal.

Madrid

Madrid is die hoofstad van Spanje en die Outonome Gewes Madrid met 'n oppervlak van 606 vierkante kilometer en is met 3,27 miljoen inwoners die derde grootste stad in die Europese Unie ná Londen en Berlyn. Die metropolitaanse gebied van Madrid (Comunidad de Madrid) het 'n oppervlakte van sowat 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,8 miljoen.

Madrid lê teen die Manzanares-rivier in 'n uitgestrekte vlakte sowat vyftig kilometer suid van die bergreeks Sierra de Guadarrama, in die geografiese sentrum van die Iberiese skiereiland.

Madrid is die historiese hoofstad van die Spaanse wêreldryk en die huidige politieke en kulturele sentrum van Spanje en sy finansiële en handelsentrum. Madrid dien as die setel van die Spaanse monargie en regering. Alhoewel die stad oor 'n hoogs moderne infrastruktuur beskik, het dit baie van sy historiese stadsbuurte, strate en geboue bewaar. Sy bekendste besienswaardighede sluit die reusagtige Koninklike Paleis van Madrid, die Teatro Royal (die Koninklike Skouburg) met sy gerestoureerde operahuis uit die jaar 1850, die Buen Retiro-park (gestig in 1631), die indrukwekkende 19de eeuse gebou van die Nasionale Biblioteek van Spanje (gestig in 1712), 'n internasionaal bekende argeologiese museum en drie eersterangse kunsmuseums in: Die Prado-museum, wat een van die uitstekendste kunsversamelings ter wêreld huisves; die Museo Nacional Centro de Arte Reina Sofia, wat die moderne kuns behandel, en die Thyssen-Bornemisza-museum in die gerenoveerde Villahermosa-paleis.

Madrid is daarnaas ook die setel van 'n aartsbiskop, belangrike administratiewe en militêre instellings, ses universiteite en 'n aantal ander tersiêre instellings, die Internasionale Toerisme-organisasie (OMT) talle teaters, museums en kulturele instellings. Die Koninklike Paleis van Madrid, die Koninklike Klooster van San Lorenzo de El Escorial en die Prado-museum is die belangrikste in 'n lang lys van besienswaardighede.

Portugal

Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣaɫ]), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpuβlikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal.

Portugal is 'n stigterslid van die NAVO en sedert 1 Januarie 1986 lid van die Europese Unie. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Reconquista

Reconquista (Spaans: [rekoŋˈkista], Portugees: [ʁəkõŋˈkiʃtɐ]; Katalaans: reconquesta [rekoŋˡkesta] of [rəkuŋˡkestə], "Herverowering") is 'n historiese term wat tans algemeen en retrospektief gebruik word om na 'n periode in die geskiedenis van die Iberiese Skiereiland te verwys wat oor 'n tydperk van sowat 780 jaar strek, van die Islamitiese inval in en verowering van Hispania (die Wes-Gotiese Koninkryk) in 711 tot die val van die laaste Islamitiese staat in Iberië, Granada, wat op 2 Januarie 1492 voor die aanval van Christelike leërs moes swig. In dié periode, wat in verskillende fases onderverdeel kan word, het Christelike magte 'n reeks militêre veldtogte teen Islamitiese state op die skiereiland onderneem.

In die eerste drie eeue van Moors-Islamitiese oorheersing het Christelike magte net enkele pogings onderneem om die invallers te verdryf. Ná 'n mislukte Moorse inval in Spanje in 778 het Frankiese magte in 801 daarin geslaag om Barcelona in te neem. Die Spaanse Mark of Marca Hispanica, 'n strategies belangrike streek tussen die Pireneëreeks en die Ebrorivier, het vervolgens onder Frankiese bewind gekom.

In die noorde van die Iberiese Skiereiland kon Asturiese konings, wat hulself as opvolgers van die Wes-Gotiese monarge beskou het, in die laat 9de eeu voordeel trek uit die verdeeldheid in Moorse geledere en hul magsgebied suidwaarts uitbrei. Spanninge tussen die Christelike koninkryke Kastilië en León in die 10de eeu en die Kalifaat Córdoba se militêre sterkte het die herverowering van die hele Iberiese Skiereiland nogtans in die volgende eeue vertraag.

Die Reconquista het begin met die Slag van Covadonga in 722 (sommige oorlewerings gee 718 as datum) toe Asturiese magte onder bevel van Pelayo, die legendariese stigter van die Koninkryk Asturië, 'n oorwinning oor die More behaal het. Maar eers vanaf die 11de eeu, toe die Islamitiese Almoravide-dinastie sy jihad-teorie ontwikkel het, het ook trekke van religieuse fanatisme aan albei kante van die konflik na vore gekom.

Die Almoravide se magsuitbreiding tussen 1085 en 1095 word as die begin van die tweede fase van die Reconquista beskou waartydens die stryd teen die More 'n Europese dimensie gekry het met die Pous se toenemende betrokkenheid in die konflik. Vrywilligers uit ander dele van Europa het by die Christelike magte aangesluit – waaronder ridders van die Orde van die Tempeliers – om in die "heilige oorlog" teen Moslems te veg. Uiteindelik het Christelike oorwinnings op die Iberiese Skiereiland die aanleiding gegee tot die Kruistogbeweging.

Die Reconquista as proses van de-islamisering en uitbreiding van Christelike koninkryke op die Iberiese Skiereiland is voltooi in 1492, kort voor die Europese ontdekking van die Amerikaanse vastelande – die Nuwe Wêreld - deur Christophorus Kolumbus nog in dieselfde jaar. Spanje en Portugal het vervolgens tot die wêreld se leidende seevarende nasies en koloniale grootmoondhede ontwikkel. Suid- en Wes-Europeërs, wat al deur die geografiese besonderhede van hul vateland aangetrokke moes voel tot die see, het kort voor lank tot die planeet se voorste kulturele en tegnologiese beskawings ontwikkel.

Romaanse tale

Die term Romaanse taal verwys na die groot en wydverspreide familie van tale, wat hulle oorsprong in die Latynse taal het. Latyn self word by die Italiese tale gereken. Daar is tans meer as 600 miljoen sprekers van Romaanse tale wêreldwyd, hoofsaaklik in Noord- en Suid-Amerika, Europa en Afrika.

Die Romaanse tale het almal uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van die soldate, setlaars en slawe van die Romeinse Ryk ontwikkel, wat in baie opsigte van die klassieke Latynse skryftaal van die Romeinse literati met sy fyn afgewerkte en soms kunsmatige grammatika verskil. Die omgangstaal in die Romeinse Ryk was deur 'n duidelik eenvoudiger verbuigingstelsel en sinsbou gekenmerk. Ook sy woordeskat wyk af van die klassieke Latyn. Vulgêr-Latyn het in die tydperk tussen 200 v.C. en 100 danksy die uitbreiding van die Romeinse magsgebied en die administratiewe en opvoedkundige beleid van die Romeinse owerhede die oorheersende taal in groot dele van Europa geword, en dit was in die antieke tydperk die verkeerstaal van 'n gebied, wat van die Iberiese Skiereiland in die weste tot by die Swart See in die ooste van Europa gestrek het.

Na die ondergang van die Romeinse Ryk het die plaaslike variante van Vulgêr-Latyn geleidelik tot tientalle selfstandige tale en dialekte ontwikkel. Die oorsese koloniale gebiede van Spanje, Portugal en Frankryk het die Romaanse taalgebied sedert die 15de eeu aansienlik vergroot, en tans woon twee derdes van alle Romaanstaliges buite Europa.

Die Romaanse dialekte en tale het in die loop van hulle geskiedenis onder die invloed van baie vreemde tale gestaan, nogtans is die Vulgêr-Latynse fonologie, morfologie, woordeskat en sinsbou grotendeels bewaar. Die Romaanse groep van tale beskik dus oor 'n aantal gemeenskaplike besonderhede, waarmee hulle duidelik van die ander taalgroepe in die Indo-Europese familie van tale onderskei kan word. Hulle het byvoorbeeld meesal die verbuigings van die klassieke Latyn verloor en in plaas daarvan 'n min of meer vaste woordvolgorde ontwikkel. Daarnaas maak hulle grootskaals gebruik van voorsetsels.

Die hooftale in die Romaanse groep is:

Frans

Italiaans

Katalaans

Korsikaans

Oksitaans

Portugees

Retoromaans

Roemeens

Sardies

Sisiliaans

Spaans

Sefardiese Jode

Sefardiese Jode (Hebreeus: סְפָרַדִּים‬, Moderne Hebreeus: Sefaraddim, Tiberies: Səp̄āraddîm; ook יְהוּדֵי סְפָרַד‬, Jehoedéj Sefarad, letterlik: "Jode van Spanje") is 'n Joodse etniese deelgroep. Die naam is afgelei van die plek of landskap Sefarad (ספרד) in die boek Obadja van die Hebreeuse Bybel. Tydens die Middeleeue het Sefarad die algemene Hebreeuse naam vir Spanje geword, Jehoedéj Sefarad (יְהוּדֵי סְפָרַד‬) verwys darem na die Jode van Spanje. Hulle het hulle gemeenskappe in alle dele van die moderne Spanje en Portugal gevestig en hul kenmerkende eienskappe en diaspora-identiteit ontwikkel, wat hulle in ballingskap uit Iberië saamgeneem het, beginnende in die laat 15de eeu na Noord-Afrika, Anatolië, die Levant, Suidoos- en Suid-Europa, sowel as die Amerikas, en alle ander plekke van hul verbanning, óf langs die bestaande mede-godsdienstiges óf alleen as die eerste Jode in nuwe grense. Hul duisendjarige verblyf as 'n oop en georganiseerde Joodse gemeenskap in Iberië het met die Reconquista begin daal en is tot 'n einde gebring met die Alhambra-besluit deur die Spaanse Rooms-Katolieke monarge in 1492, en toe deur die edik van uitsetting van Jode en Moslems deur die Portugese koning Manuel I in 1496, wat gelei het tot 'n kombinasie van interne en eksterne migrasies, massa-bekerings en teregstellings.

Sefardiese Jode vorm die derde grootste en tweede oudste groep binne die Joodse diaspora (Jode buite Israel) met 'n geskiedenis van meer as 2000 jaar. Dit is onduidelik of Jode reeds vóór die Romeinse verowering op die Iberiese Skiereiland hulle gevestig het of daarná. Volgens die Romeinse keiser Titus het Jode hulle reeds in die 1ste eeu n.C. in die hele Middellandse Seegebied gevestig. Na die onderdrukking van die Joodse opstand en die vernietiging van die tweede Tempel van Jerusalem het Jode hulle in ander dele van die Romeinse Ryk gevestig, insluitende die Iberiese Skiereiland. Volgens 'n ander teorie het Jode hulle reeds saam met Fenisiese handelaars uit die Levant op die Iberiese Skiereiland gevestig, reeds voor die koms van die Romeine.

Vandag verwys die term "Sefardiese Jode" ook soms na tradisioneel Oos-Joodse gemeenskappe in Wes-Asië en verder; alhoewel hulle nie genealogiese wortels in die Joodse gemeenskappe van Iberië het nie, het hulle 'n liturgiese styl, wette en gebruike gemeen met die Sefardiese Joodse ballinge van Iberië.

Die tradisionele tale van Sefardiese Jode en hul afstammelinge was histories sowel Spaans as Portugees, alhoewel ook ander tale oor die eeue heen aangeneem en aangepas is. Die historiese vorme van Spaans of Portugees wat in verskillende Sefardiese gemeenskappe gepraat is, is algemeen bepaal deur die datum van hul vertrek vanaf Iberië en hulle toestand van vertrek as Jode of nuwe Christene. Sefardiese Jode het hulle veral in die destydse gebied van die Ottomaanse Ryk met provinsies soos Thrakië, Masedonië, Bosnië en die Heilige Land asook Noord-Afrika (Maghreb) gevestig. 'n Kleiner aantal het hulle in Noord-Europa gevestig, veral in die hawestede van Nederland (Amsterdam) en Noord-Duitsland (Hamburg), maar ook in Frankryk (Bordeaux, Bayonne), in Italië (Livorno, Ferrara), in die Amerikas, Indië en Afrika. Die Griekse stad Thessaloniki het tot die besetting deur Duitse troepe in 1941 waarskynlik die grootste Europese Sefardiese gemeenskap gehuisves; dié stad is dus ook "Jerusalem van die Balkan" genoem.Ladino, soms "Ladino Oriental" (Oostelike Ladino) genoem, is 'n Romaanse taal afgelei van Oud-Spaans, insluitend elemente van al die ou Romaanse tale van die Iberiese Skiereiland, asook Hebreeus en Aramees, en is gepraat deur die Oos-Sefardiese Jode, wat hulle na die uitsetting uit Spanje in 1492 in die Oostelike Middellandse See gevestig het. Hierdie dialek was ook beïnvloed deur Ottomaanse Turkse, Arabiese, Griekse, Bulgaarse en Serwo-Kroatiese woordeskat in die verskillende lande van hul ballingskap. Haketia (in Algerië ook "Tetouani" genoem) is 'n deur Arabies beïnvloede Judeo-Spaanse variëteit wat ook uit Oud-Spaans ontwikkel het met talle Hebreeuse en Aramese leenwoorde en deur Sefardiese Jode in Noord-Afrika na hul uitsetting uit Spanje in 1492 gepraat is. Die hoofkenmerk van hierdie dialek is die sterk invloed van die Jebli-Arabiese dialek van Noord-Marokko. Vroeë Moderne Spaans en Vroeë Moderne Portugees, insluitende 'n mengsel van dié twee is tradisioneel gepraat of liturgies gebruik deur die eens bekeerde Westelike Sefardiese Jode en saamgeneem tydens hul latere migrasie uit Iberië tussen die 16de en 18de eeu as bekeerdes, waarna hulle teruggekeer het na Judaïsme. Moderne Spaanse en Moderne Portugese variëteite word tradisioneel deur die Sefardiese Bnei Anusim van Iberië en Ibero-Amerika gepraat, ook na die onlangse terugkeer deur sommige na Judaïsme in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. By laasgenoemde het hierdie variëteite leenwoorde uit die inheemse tale van die Amerikas na die Spaanse verowering oorgeneem.

Van die 2,2 miljoen Sefardiese Jode wêreldwyd lewe sowat 1,4 miljoen in Israel, gevolg deur tussen 300 000 en 400 000 in Frankryk en 200 000 tot 300 000 in die Verenigde State.

Sefardiese Jode (met hul tradisionele taal Ladino) word onderskei van Asjkenasiese Jode (met hul tradisionele taal Jiddisj), wat afstam van Jode uit Sentraal- en Oos-Europa, en Mizrachi-Jode (met tradisionele tale soos Aramees, Arabies en Persies), wat afstam van Jode wat in die Midde-Ooste gebly het. Die belangrikste verbindende elemente is die gemeenskaplike geloof, Judaïsme, en die gebruik van Hebreeus as liturgiese taal.

Skiereiland

'n Skiereiland is 'n landstuk of 'n landtong in water wat aan die vasteland of aan 'n groter eiland bevestig is. Skiereiland beteken feitlik 'byna-eiland'.

Bekende skiereilande is die Kaapse Skiereiland, die Iberiese Skiereiland (Spanje, Portugal en Andorra) en Italië.

Sommige mense beskou Europa as 'n skiereiland van die Asiatiese kontinent.

Spanjaarde

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Spaans.Die Spanjaarde (Spaans: españoles, [espaˈɲoles]) is die staatsvolk van Spanje, bestaande uit verskillende etniese groepe. Naas die Spaanse vastelandse gedeelte van die Iberiese Skiereiland bewoon hulle omliggende eilande soos die Baleariese en die Kanariese Eilande. Hulle deel 'n gemeenskaplike kultuur, afkoms en praat Spaans of 'n ander Romaanse taal of Baskies as moedertaal. Spanjaarde vorm die titulêre nasie van Spanje, waar hulle 88% van die bevolking uitmaak, terwyl volgens die wetlike sin die hele bevolking van Spanje Spanjaarde is, alhoewel Baske en Katalane hul eie nasionale identiteit as etniese en taalgroepe handhaaf.

Wêreldwyd leef byna 50 miljoen Spanjaarde, waarvan omtrent 41 miljoen in Spanje en meer as 2 miljoen in die Spaanse diaspora, veral in die Amerikas en lande van Wes-Europa. Na die Spaanse verowering van beide die Asteekse en die Inka-ryk in die 16de eeu het tientalle Spanjaarde in die Vise-Koninkryke van Nieu-Spanje en Peru gevestig. In die tydperk vanaf 1850 tot 1950 het 3,5 miljoen Spanjaarde ná Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Uruguay, Meksiko, Brasilië, Chili, Venezuela en Kuba migreer. Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Spanjaarde saam met Italianers en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon.

Volgens etniese herkoms leef wêreldwyd sowat 500 miljoen mense met 'n Spaanse herkoms, veral in lande van Latyns-Amerika. In Meksiko is sowat 94 miljoen mense van ten minste gedeeltelike Spaanse afkoms, gevolg deur die Verenigde State met sowat 50 miljoen. Die verspreiding van Spanjaarde het veral met die uitbreiding van die Spaanse Ryk tussen die 15de en die 17de eeu gepaard gegaan, waarvan naas die Amerikas ook die Filippyne en kleiner gebiede langs die kus van Afrika betrokke was.

Spanje

Spanje (Spaans: España, [esˈpaɲa], ), amptelik die Koninkryk Spanje (Spaans: Reino de España, Katalaans: Regne d'Espanya, Aragonees: Reino d'Espanya, Asturies: Reinu d'España, Baskies: Espainiako Erresuma, Galicies: Reino de España, Oksitaans: Reiaume d'Espanha), is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied.

Spanje is 'n grondwetlike erflike monargie nadat dit dekades lank, tot die fascistiese leier of caudillo Francisco Franco se afsterwe in 1975, deur 'n diktatoriese regime beheer is. Administratief word die land onderverdeel in 17 outonome gemeenskappe en twee outonome stede (ciudades autónomas), die eksklawes Ceuta en Melilla. Die hoofstad en grootste metropool is Madrid. Ander belangrike metropolitaanse gebiede sluit Barcelona, Valencia, Sevilla, Bilbao, Zaragoza en Málaga in.

Spanje is 'n lidstaat van die Verenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Europese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 30 Mei 1982). Dit is een van die hoogs ontwikkelde nywerheidslande en word ook onder die wêreld se grootste twintig in- en uitvoerlande gereken. Danksy 'n hoogs ontwikkelde toerismesektor is Spanje die tweede meesbesoekte land op aarde na Frankryk. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Die amptelike taal is Spaans (Castellano), met Katalaans as tweede ampstaal in die outonome gemeenskappe van Katalonië, Valencia en op die Baleariese Eilande; Baskies in die Baskeland en dele van Navarra; Galicies in Galisië; en Aranees in die Val d'Aran. Aragonees en Asturies word as streekstale erken. Die bevolking word volgens taal of dialek en kultuur onderverdeel in Kastiliane in Noord- en Sentraal-Spanje, Andalusiërs in die suide, Galiciërs in die noordweste, Baske in die noordoostelike Atlantiese kusgebied en Katalane in die noordoostelike Mediterreense streek.

Die geskiedenis van Spanje se kultuur strek terug tot in die prehistoriese tydperk toe die land omstreeks 15 000 v.C. deur die Iberiërs bewoon is wat hul naam aan die Iberiese Skiereiland verleen het. Die geskiedenis van kuns in Spanje strek oor byna twintig millennia, van paleolitiese kuns wat in grotte in die noordweste van die land aangetref word, tot Salvador Dalí se 20ste eeuse surrealistiese skilderye.

Toledo

Toledo is 'n stad in Kastilië-La Mancha van Spanje met 'n bevolking van 83 108 in 2011. Toledo was tussen 1087 en 1561 die hoofstad van die koninkryke van Kastilië en Spanje. In 1561 het koning Filips II die hoofstad ná Madrid geskuif, weens die stad se sentrale ligging tot die hawens van die Iberiese Skiereiland. Die historiese sentrum van Toledo is in 1986 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die stad is langs die Tajorivier geleë.

Wes-Gote

Die Wes-Gote (Latyn: Visigothi, Wisigothi, Vesi, Visi, Wesi, of Wisi) was een van twee hoof takke van die Gote, 'n Oos-Germaanse stam, die Oos-Gote was die ander. Die twee stamme was lede van die Germaanse volke wat die Romeinse Ryk tydens die Groot Volksverhuising geteister het nadat 'n Wesgotiese mag onder Alarik I Rome in 410 geplunder het.

Ná die val van die Romeinse Ryk het die Wes-Gote vir twee en halwe eeu 'n belangrike rol in die geskiedenis van Wes-Europa gespeel.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.