Hadera

Hadera (Hebreeus: חֲדֵרָה; Arabies: الخضيرة) is 'n Israelse stad in die noordelike Sharonvlakte, tussen Netanya en Haifa. Die stad word dikwels aangedui as die noordelike grens van die metropool van Tel Aviv ("van Gadera tot Hadera") en het in Desember 2005 74 700 inwoners gehad. Dit is die hoofstad van 'n subdistrik met dieselfde naam wat in die Haifadistrik geleë is.

Hadera
חֲדֵרָה
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Wapen van Hadera

Wapen
Ligging van Hadera op 'n kaart (Israel)

Hadera
Hadera
Koördinate: 32°27′0″N 34°55′0″O / 32.45000°N 34.91667°OKoördinate: 32°27′0″N 34°55′0″O / 32.45000°N 34.91667°O
Land Vlag van Israel Israel
Distrik Haifa
Stigting 1891
Stadstatus 1952
Regering
 - Burgemeester Zvika Gendelman (Yesh Atid)
Oppervlak
 - Stad 53 km²  (20 vk m)
Bevolking (2013)
 - Stad 91 634
Tydsone IST (UTC+2)
 - Somer (DST) IDT (UTC+3)
Webwerf: hadera.muni.il

Geskiedenis

Hadera's Great Synagogue
Die Groot Sinagoge van Hadera, uit 1940

Hadera is opgerig as 'n landboudorp in 1891, op grond wat Jode aangekoop het in die destydse Ottomaanse Ryk.

In 1936 word 'n sentrale sinagoge gebou, gedeeltelik op oorblyfsels van 'n ou herberg.

Ekonomie

Deesdae werk die meeste inwoners in die diensindustrie en die stad se industrie en buite die stad as pendelaars. Die groot werkgewers van die stad sluit in die Mediese Sentrum Hillel Yaffe en die kragsentrale Orot Rabin. Orot Rabin ("ligte van Rabin") is 'n steenkoolsentrale, waarvoor die brandstof veral uit Suid-Afrika ingevoer word. Die kole word op 'n pier op pale gelos en met 'n vervoerband na die sentrale vervoer.

Die sosiaal-ekonomiese profiel van die stad is gemiddeld op Israelse skaal (5 uit 10), maar die gemiddelde salaris van werknemers lê onder die landelike gemiddelde. Daar woon 1048 vroue vir elke 1000 mans.

Kultuur en toerisme

Kikar haHasmal and Zahal st-Hadera 01
Kikar Hahashmal (Die elektrisiteitsplein) met standbeeld

Hadera het lang strande aan die Middellandse See. Die stad is trots op 'n semi-professionele simfoniese strykorkes en een van die oudste blaasorkeste van Israel, die brandweerorkes. Dié orkes is gestig deur Otto Gronich, die vader van komponis/sanger Shlomo Gronich, moontlik die bekendste seun van die stad. Die olimpiese kampioen sylplankrykampioen Gal Fridman is ook in Hadera gebore, maar bloot omdat die streekshospitaal dienste verleen het aan sy woonplek Pardes Hana-Karkur.

Hillel Yaffe Medical Center from north 01
Mediese Sentrum Hille Yaffe, die streekshospitaal van Hadera

Susterstede

Gebore

  • Gal Fridman (1975), sylplankryer
  • Ilan Gronich, violis
  • Shlomo Gronich, musikus
  • Sarit Hadad (1978), sangeres
  • Ofra Harnoy, tjelliste
  • Moshe Kahlon (1960), politikus
Distrikte van Israel

Die distrikte van Israel (distrik is mehoz, meervoud mehozot) is deur die ministerie van binnelandse sake ingestel en word vir onder andere planologie en statistiek gebruik. Dit deel Israel in ses distrikte op, naamlik:

1, Noordelike distrik (Mehoz HaTzafon), hoofstad Nazareth (Nasaret).

Tzfat (subdistrik)

Kinneret (subdistrik)

Yizre'el (subdistrik)

Akko (subdistrik)

Golan (subdistrik), geannekseerde Siriese gebied.2. Haifa distrik (Mehoz Heifa), hoofstad Haifa.

Haifa (subdistrik)

Hadera (subdistrik)3. Sentrale distrik (Mehoz HaMerkaz), hoofstad Ramla.

Sharon (subdistrik)

Petah Tikva (subdistrik)

Ramla (subdistrik)

Rehovot (subdistrik)4. Tel Aviv distrik (Mehoz Tel Aviv), hoofstad Tel Aviv.

5. Jerusalem distrik (Mehoz Yerushalayim), hoofstad Jerusalem.

6. Suidelike distrik (Mehoz HaDarom), hoofstad Be'er Sheva.

Ashkelon (subdistrik)

Be'er Sheva (subdistrik)

Lys van nedersettings in Israel

Hierdie is 'n lys van nedersettings in Israel.

Die volgende 77 munisipaliteite is stede en het 'n stadsraad.

Middellandse See

Die Middellandse See (die naam is afgelei van die oorspronklike Latyn mare mediterraneum) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan, alhoewel dit net deur die Seestraat van Gibraltar met dié oseaan verbind word en andersins 'n binnelandse see vorm, wat die vastelande van Europa en Afrika van mekaar skei. Deur die Dardanelle, die See van Marmara en die Bosporus word dit ook met 'n aangrensende kleiner binnelandse see, die Swartsee van Oos-Europa, verbind.

Die water van die Middellandse See beslaan 'n oppervlakte van 2 331 000 vierkante kilometer; die afstand tussen sy uiterste westelike en oostelike punte is sowat 3 520 km en die grootste afstand in 'n noord-suidrigting is 1 120 km. Die Middellandse See bereik sy diepste diepte in die Ioniese See op meer as 5 000 m.

Die see word in twee groot bekkens verdeel, die Westelike Hoofbekken met die Baleariese of Iberiese See in die weste en die Tireense See in die ooste, en die Oostelike Bekken, wat die Ioniese See met die Adriatiese See en die Levantynse See met die Egeïese See insluit.

Die grootste eilande is Korsika (Frankryk), Sardinië en Sisilië (Italië), die Baleariese Eilande (Spanje), Kreta en die Ioniese eilandgroep (Griekeland), Siprus en Malta.

Moderne geskiedenis van Israel - Diaspora (1918)

Die antieke geskiedenis van Israel was vol geweld, oorloë, ballingskap, die verdwyning van die Tien Stamme van Israel en uiteindelik die Diaspora of verstrooiing van die Joodse volk na verskillende lande in Asië, Afrika en Europa.

Joodse geskiedskrywers beskou die jaar 538 v.C. as die keerpunt in die geskiedenis van die streek omdat dit van daardie tyd af opeenvolgend regeer is deur verskillende vreemde magte, insluitende die Perse, die Hellenistiese Grieke, die Romeine, die Bisantyne, die Moslems, die Christen-kruisvaarders en die Ottomaanse en Britse Ryke. Die tweede artikel het oor die eerste vier heersers gegaan. In hierdie artikel word die oorblywende vyf ryke bespreek.

In vele opsigte is die moderne geskiedenis van Israel 'n herhaling van die gebeure wat in antieke tye plaasgevind het.

Saint Paul

Saint Paul (of: St. Paul) is die hoofstad van die Amerikaanse deelstaat Minnesota en die administratiewe sentrum van die distrik Ramsey (Ramsey County). Dit is die staat se tweede grootste stad wat saam met Minneapolis die Twin Cities of "Tweelingstad" vorm, die sestiende grootste metropolitaanse gebied in die VSA. Saint Paul het 'n bevolking van sowat 287 000 mense. Saint Paul lê aan die noordoewer van die Mississippirivier.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.