Guerrilla-oorlogvoering

Guerrilla-oorlogvoering (“Guerrilla” is die verkleiningsvorm van die Spaanse woord “guerre”, wat oorlog beteken) is 'n term op die gebied van die krygswetenskap wat verwys na 'n gewapende konflik waarin ongereguleerde vegters probeer om 'n staande gewapende mag te ontwrig en uit te put, terwyl die verskil in vuurkrag die direkte konfrontasie van daardie vegters verhoed. Die term guerrilla word ook gebruik om die organisasie wat die guerrillastryd voer, aan te dui.

Belangrike bydraes tot die literatuur oor guerrillas is gemaak deur die ervare kundiges Mao Zedong en Che Guevara. Guerrilla-aksies is een van die oudste vorme van asimmetriese oorlogvoering.

Smuts Boereoorlog
Generaal Jan Smuts het guerrilla-eenheid aangevoer in die Tweede Vryheidsoorlog

Voorbeelde

Afrikaner Commandos2
Boere-guerrillas tydens die Tweede Boereoorlog

Guerrilla het reeds in die oudheid bestaan. In die tyd van Darius die Grote het die nomadiese Skitiërs hulself op die wyse verset vanuit Sentraal-Asië teen die Persiese Ryk en later teen die Macedoniese Ryk van Alexander die Grote. Later voorbeelde is die bittereinders wat guerrillataktieke gevolg het tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur in klein, beweeglike kommandos te veg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug. Ander voorbeelde sluit in die weerstand in Atjeh teen die Nederlandse kolonisasiepogings, die weerstand in China tydens die Japannese besetting (1937-1945), die optrede van Joego-Slawiese, Griekse, Franse en Russiese partisane tydens die Tweede Wêreldoorlog, die Vietminh se stryd teen die Franse en van die Viëtkong teen Amerikaanse troepe tydens die Viëtnamoorlog, sowel as die Fidel Castro-opstand in Kuba in die 1950's. Die Taliban in Afghanistan gebruik ook guerrilla-taktiek.

Taktiek

6-de-junio-1808
Spaanse guerrilla-weerstand teen die Napoleontiese Franse inval in Spanje in 1808, waar die term "guerrilla" die eerste keer in oorlogvoering gebruik is.

'n Sentrale leerstelling in guerrilla-doktrine is die bereiking van 'n tydelike en plaaslike meerderwaardigheid teen 'n vyand wat baie beter is in terme van mannekrag en vuurkrag. So word byvoorbeeld, vyandverbindings ontwrig deur konvooie in 'n hinderlaag te lei en aanvalle word uitgevoer op geïsoleerde militêre poste. Hulle val aan en verdwyn dan klaarblyklik na niks voordat vyandversterkings op die slagveld kom. 'n Voorwaarde vir 'n suksesvolle guerrilla is 'n moeilike terrein met heuwels, digte woude of moerasse met 'n swak padnetwerk.

Nog 'n voorwaarde is die ondersteuning van die bevolking, waarin, soos Mao Zedong dit gestel het, die vegters 'soos 'n vis in die water moet beweeg'. Die bevolking moet wegkruipplekke, voorrade en inligting verskaf. Die bevolking is ook 'n bron van nuwe rekrute. Albei strydende partye dra dikwels by tot die bereidwilligheid om by die guerrillas aan te sluit. Die guerrilla doen dit deur die "gewapende propaganda", dit wil sê deur die voorbeeldige effek van suksesvolle aksies teen die troepe van die regeringsleër of die buitelandse besettingsmag. In die stryd teen die guerrillas veroorsaak die laasgenoemde ook dikwels burgerlike ongevalle of neem wraak, wat hul bereidwilligheid om wapens teen hulle op te neem, verhoog. Om hierdie rede veroorsaak sommige groepe opsetlik weerwraak, byvoorbeeld deur aanvalle op senior soldate of politici te pleeg.

"Gewapende propaganda" kan van deurslaggewende strategiese betekenis word as dit die balans van magte tussen die twee strydende partye fundamenteel verander. So 'n situasie het voorgekom tydens die voormelde Kubaanse rewolusie. Ná aanvanklike terugslae het die rebelle 'n paar skouspelagtige suksesse behaal, waarna 'n sneeubal-effek in werking getree het en meer en meer burgers by die rebelle aangesluit het.

'n Belangrike voorwaarde vir suksesvolle'gewapende propaganda' is dat die bevolking moet saamstem met die doelwitte van die guerrilla. Che Guevara het die teendeel hiervan ervaar tydens sy veldtog in Bolivië in 1967. Die plaaslike bevolking het geen begrip van Guevara se optrede getoon nie, en dit het uiteindelik tot sy ondergang gelei.

Die guerrilla maak staat op gebuite wapens om sy vuurkrag te verhoog. Wapens word ook verskaf deur buitelandse magte wat die guerrillas ondersteun of deur die internasionale wapenhandel.

Strategie

Kovpak partisanki
Sowjet-partisane wat onder Sydir Kovpak in die Duitse besette Oekraïne aktief was.

'n Strategiese doelwit van die guerrilla kan wees om 'n konvensionele oorlog te ondersteun. 'n Voorbeeld hiervan is die optrede van die Russiese partisane teen die Duitse troepe in die Tweede Wêreldoorlog. Nie net kan 'n guerrilla ernstige skade aan bevoorading aanrig nie, maar ook die vyand dwing om troepe wat elders nodig is, te ontplooi.

Nog 'n doel van die guerrilla kan wees om 'n einde te maak aan buitelandse oorheersing of 'n binnelandse regime. Voorbeelde hiervan is die oorloë in die konteks van die dekolonisasie van Viëtnam, Indonesië en die Portugese kolonies in Afrika, respektiewelik die verwydering van Kubaanse diktator Fulgencio Batista deur Fidel Castro en Che Guevara. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Joego-Slawië daarin geslaag om deur middel van guerrilla-taktiek onder leiding van Josip Broz Tito homself van die Duitsers te bevry. Dit is die enigste besette land wat daarin geslaag het om homself van die besetter te bevry tydens hierdie oorlog.

'n Mengsel van die twee doelwitte was die basis vir die operasies gelei deur die Britse kolonel T. E. Lawrence, beter bekend as Lawrence of Arabia, tydens die Eerste Wêreldoorlog in die Midde-Ooste. Die Britte het hierdie bedrywighede gesien as 'n welkome bydrae tot die finale oorwinning oor die Turke, terwyl die Arabiere die Turkse heerskappy wou beëindig.

Die guerrilla is gemik op verswakking van die teenstander, nie op die verowering van grondgebied nie. Die vyand se aksies sal deur voortdurende belemmering deur aanhoudende aanvalle gestuit word, terwyl vyandige vergrype dikwels hierdeur opgevolg word. Daarbenewens sal dit moraal verlaag deur onveiligheid en vrees onder vyandige soldate te veroorsaak, wat tot muitery, dros en diensweiering kan lei. Dit kan uiteindelik in politieke druk verander om 'n ooreenkoms met die guerrilla te sluit en die duur stryd te stop. Die vyand kan ook onder internasionale druk kom weens sy aksies.

In gebiede waar die steun van die bevolking groot genoeg is en die impak van vyandige optrede beperk is, kan daar 'n vorm van bestuur deur die guerrillas in hierdie gebiede wees. Dan ontstaan een of meer partisaan republieke. Die guerrilla sal gewoonlik probeer om as 'n regering te funksioneer en die hervatting van die normal lewe aanmoedig. Moraal word, indien moontlik, hoog gehou deur 'n koerant te publiseer en soms selfs teaters of bioskope te laat funksioneer. Belasting hefings op burgerlikes kan help om die oorlog te befonds. Hierdie entiteite is egter altyd klein en tydelik, en die guerrilla is dikwels bereid om trug te trek wanneer die teenstander te naby kom. As dit gebeur, verdwyn die guerrillas, om later iewers weer opnuut te begin.

Op die lang termyn kan volgehoue guerrilla-aksies die vyand uitput, sy moraal ondermyn en uiteindelik soos die geskiedenis toon, die oorwinning binne bereik bring. As die mag van die guerrilla-beweging groot genoeg is, kan dit die stryd in 'n konvensionele oorlog omskakel. Dit gebeur ook dat wat begin het as 'n konvensionele oorlog, 'n guerrilla-oorlog kan word, byvoorbeeld as die vyand se superioriteit groot is.

Bekamping

My Tho, Vietnam. A Viet Cong base camp being. In the foreground is Private First Class Raymond Rumpa, St Paul, Minnesota - NARA - 530621 edit
'n Viëtkong-basiskamp word verbrand, Mỹ Tho, Suid-Vietnam, 1968

'n Guerrilla-aanslag is moeilik om te bestry, veral as dit die steun van die bevolking geniet. Direkte aanvalle is dikwels van weinig nut aangesien guerrilla-vegters maklik verdwyn om elders weer toe te slaan. Dit is ook moontlik dat die straf-ekspedisie verwag word en die guerrillas dan 'n hinderlaag opstel. 'n Guerrilla-mag kan op sy beurt ook uitgeput word, maar dit sal gewoonlik baie tyd neem om dit te vermag.

'n Taktiek wat die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog suksesvol toegepas het, die Russe tydens die Tweede Tsjetsjeense Oorlog en die Irakse weermag in die stryd teen ISIL, is die sistematiese vermindering van die guerrillas se bewegingruimte en hul beheelde-gebied. Dit kan bereik word deur 'n stadige maar bestendige opmars, wat die tyd neem om die verowerde gebied te deursoek na guerrilla-vegters. Weerstandpunte word omring, beleër en deur dieselfde metode verower. Daarbenewens vorm die weermag 'n goedbewaakte en aaneengrensende linie sodat guerrilla-vegters nie deur die lyne kan sluip om nog te infiltreer nie. Mens hoef nie noodwendig die hele gebied te verower nie. Dit kan ook voldoende wees om die guerrilla uit die bewoonde gebiede uit te dryf na die onherbergsame en afgeleë gebiede waar die guerrillas min kan bereik of honger en dors kan ly. 'n Voorbeeld hiervan is die Marokkaanse benadering teen die Polisario Front.

Nog 'n moontlikheid is om die guerrilla-beweging van die bevolking te isoleer. Dit kan gedoen word deur 'n sjarme-offensief met die plaaslike bevolking, die weerhouding van weerwraak wat die bevolking in die arms van die guerrillas kan dryf, die geurillas se ideologie weerlê en die bevolking op allerhande maniere kan help, byvoorbeeld deur skole en werkskeppingsprojekte te stig. Dit sal die guerrilla van ondersteuning en rekrute afsny en stadig stadig laat doodloop. Soms kan 'n regering 'n amnestie skema verklaar of probeer om 'n ooreenkoms met die guerrillas te bereik deur byvoorbeeld 'n outonomie-ooreenkoms. As gevolg hiervan kan mens ontslae raak van die grootste deel van die rebelle en 'n klein groepie radikale kan dan steeds militêr bestry word. Die Filippynse regering het hierdie beleid suksesvol nagestreef teen die Moro-opstandelinge in Mindanao. Nog 'n moontlikheid is die oplegging van swaar strawwe vir persone wat die guerrillas help, burgerlike gyselaars neem of gevange guerrillas te verneeder of in die openbaar tereg te stel, hoewel dit ook teenproduktief kan wees en die bevolking in die arms van die guerrillas kan dryf. Daarbenewens word hierdie metodes as 'n oorlogsmisdaad beskou.

Eksterne skakels

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
Abdoel Aziz al-Saoed

Abdoelaziz ibn Abdoel Rahman ibn Faisal ibn Toerki ibn Abdoellah ibn Mohammed Al Saoed (Arabies:عبد العزيز بن عبد الرحمن آل سعود, Abd al-'Azīz ibn 'Abd ar-Raḥman Āl Sa'ūd; 15 Januarie 1875 - 9 November 1953) was die eerste koning en die stigter van Saoedi-Arabië, die "derde Saoediese staat". Hy is onder verskeie name bekend, soos Abdoelaziz in die Arabiese wêreld, maar word meestal in die Weste Ibn Saoed genoem.

Hy het in 1902 die tuisstad van sy voorvaders. Riaad, herower en drie dekades van verowerings begin wat hom die heerser van byna die hele Sentraal- en Noord-Arabië gemaak het. Hy het sy gesag oor Nadjd in 1922 gevestig en toe Hedjaz in 1925 verower. Hy het sy dominiums uitgebrei tot wat in 1932 die Koninkryk Saoedi-Arabië geword het. As koning het hy die ontdekking van petroleum in Saoedi-Arabië in 1938 gelei, asook die begin van olievervaardiging op groot skaal ná die Tweede Wêreldoorlog. Hy het baie kinders gehad – onder andere 45 seuns, wat al die daaropvolgende konings van Saoedi-Arabië insluit.

African Resistance Movement

Die African Resistance Movement (ARM) was 'n militante anti-apartheid weerstandsbeweging, wat in die vroeë en middel-1960's in Suid-Afrika aktief was. Dit is in 1960 as die National Committee of Liberation (NCL) gestig deur lede van die Liberale Party van Suid-Afrika, wat hul beywer het vir die aftakeling van apartheid en geleidelik transformasie van Suid-Afrika tot 'n vrye multirassige samelewing. Dit is in 1964 die naam "African Resistance Movement" aanvaar.

Arabiese wêreld

Die Arabiese wêreld (Arabies: العالم العربي, al-ʿālam al-ʿarabī), of Arabiese state, bestaan tans uit 22 Arabiessprekende lande wat lid van die Arabiese Liga is. Hulle lê in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en dele van Oos-Afrika; die gebiede strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Arabiese See in die ooste, en van die Middellandse See in die noorde tot die Horing van Afrika en die Indiese Oseaan in die suidooste. Die hedendaagse Arabiese wêreld het ’n gesamentlike bevolking van sowat 422 miljoen, van wie meer as die helfte onder 25 jaar oud is.In die voormoderne era was die Arabiese wêreld sinoniem met die historiese Arabiese emirate en kalifate. Arabiese nasionalisme het in die tweede helfte van die 19de eeu ’n aanvang geneem saam met ander nasionalistiese bewegings in die Ottomaanse Ryk. Die Arabiese Liga is in 1945 gestig om die belange van die Arabiese volke te verteenwoordig en veral om die politieke vereniging van die Arabiese state na te streef; ’n projek bekend as Pan-Arabisme.

Che Guevara

Ernesto "Che" Guevara (14 Junie 1928 – 9 Oktober 1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie. Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het. Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor. Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktator Fulgencio Batista omver te werp. Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind.Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appèlle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionêre tribunale, ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industrieë. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wêreld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse sosialisme. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die Varkensbaai (Bay of Pigs) afgeweer het, asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die Sowjetunie na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die Kubaanse Missielkrisis. Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor guerrilla-oorlogvoering saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets Suid-Amerika deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in Kongo-Kinshasa en later in Bolivia, waar hy gevange geneem is deur CIA-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.

Kommunisme

Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes.

In die praktyk word met Kommunisme veral die stroming bedoel wat op die idees van Karl Marx (marxisme) en Wladimir Lenin (leninisme) gebaseer is, en die uitwerking van die idees in die Sowjetunie, Kuba, Noord-Korea en ander "sosialistiese" state.

Met die woord Kommunisme word enersyds 'n ekonomiese stelsel aangedui waarin geen privaatbesit van produksiemiddele voorkom nie en andersyds 'n politieke leer wat die grondslag vorm vir bewegings wat so 'n stelsel nastreef.

Die Kommunistiese leer is veral beïnvloed deur die idees van Karl Marx en Friedrich Engels wat in 1848 in hul Kommunistiese Manifes uiteengesit is. Die oorspronklike Marxistiese teorie is in later jare oral in die wêreld op verskillende wyses by heersende situasies aangepas. In Brittanje en Wes-Europa het politieke bewegings ontstaan wat ten gunste van 'n verwatering van die Marxisme was, terwyl die Sowjetunie onder leiding van Lenin 'n militanter strategie vir die verwesenliking van die Marxisme ontwikkel het as wat Marx waarskynlik self sou voorgestaan het.

In die Sowjetunie het verskeie denkrigtings uit die Marxisme ontwikkel, byvoorbeeld Leninisme, Trotskyȉsme en Stalinisme. Die vinnige verspreiding van die Kommunisme na die Tweede Wêreldoorlog het daartoe gelei dat die beweging sy monolitiese karakter verloor het. In China het Mao Zedong se interpretasie van die Marxisme hom in konflik met die Sowjetunie gebring, terwyl verskeie variasies ook in Europa en Latyns-Amerika ontstaan het, waaronder Titoïsme in Joego-Slawië en Castroïsme in Kuba.

Mosambiekse Vryheidsoorlog

Die Mosambiekse Vryheidsoorlog was 'n gewapende konflik tussen die guerrillamagte van FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique) en Portugal. Die oorlog het amptelik op 25 September 1964 begin en met 'n skietstilstand op 8 September 1974 tot 'n einde gekom. 'n Onderhandelde onafhanklikheid is in 1975 beklink.

Portugal se oorloë teen vryheidsvegters in sy 400 jaaroue Portugese Ryk, het in 1961 met die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid begin. In Mosambiek het die konflik in 1964 begin met onrus en frustrasies onder baie van die inheemse Mosambiekse bevolkings, wat die buitelandse regeerders as 'n vorm van uitbuiting en onderdrukking beskou het, wat net tot voordeel van die Portugese ekonomie gestrek het. Baie Mosambiekers het ook die Portugese se beleid teenoor die plaaslike bevolkings geminag, wat neergekom het op diskriminasie, en beperkte toegang tot die Portugese lewenstyl-opvoeding en geskoolde werksgeleenthede.

Namate suksesvolle selfbeskikkings-bewegings na die Tweede Wêreldoorlog regdeur Afrika posgevat het, het talle Mosambiekers progressief nasionalisties in hul politieke denke begin raak, en toenemend gefrustreerd geraak met die onderdanigheid waaronder hul volk aan 'n buitelandse regeerder uitgelewer was. Aan die ander kant was daar weer die gekultiveerde inheemse Afrikane wat ten volle by die sosiale kringe van die Portugese-Mosambiekers ingeskakel was – veral diegene in die stedelike sentra – wat met gemengde gevoelens, ongemak en agterdog, die eise vir onafhanklikheid, beskou het. Die etniese Portugese van die gebied, wat meestal die regerende owerheid was, het met 'n toename in militêre teenwoordigheid en vinnige ontwikkelingsprojekte hierop gereageer.

'n Massa-uittog van Mosambiek se intelligentsia na naburige lande het veilige hawens vir radikale Mosambiekers geskep waarvandaan aksieplanne opgestel, en politieke onrus in hul geboorteland gestook kon word. Die stigting van die guerrilla-organisasie FRELIMO en die steun van die Sowjetunie, China, Kuba, Joego-Slawië, Bulgarye, Tanzanië, Zambië, Egipte, Algerië, en Moeammar al-Ghaddafi se regering in Libië met wapens en raadgewers, het gelei tot die uitbreek van geweld wat vir meer as 'n dekade voortgewoed het.

Uit 'n militêre oogpunt, het die Portugese Weermag die oorhand behou oor die guerrillamagte. Desnieteenstaande, slaag Mosambiek daarin om sy onafhanklikheid op 25 Junie 1975 te verkry toe 'n burgerlike opstand in Portugal, genaamd die Angelier-rewolusie, die militêre diktatuur, wat deur die Verenigde State ondersteun is, omver gewerp het. Dit was die einde van Portugal se 470 jaar van koloniale heerskappy in die Oos-Afrikastreek. Volgens geskiedkundiges was die staatsgreep in Portugal in 'n mate deur die opstande oor die Portugese troepe se slegte behandeling van die Mosambiekse plaaslike bevolking aangevuur.

Wasili Tsjoeikof

Wasili Iwanowitsj Tsjoeikof (Russies: Васи́лий Ива́нович Чуйко́в; 12 Februarie 1900 – 18 Maart 1982) was ’n luitenant-generaal van die Sowjetunie in die Rooi Leër tydens die Tweede Wêreldoorlog, bevelvoerder van die 62ste Leër tydens die Slag van Stalingrad, ’n dubbele Held van die Sowjetunie (1944 en 1945) en ná die oorlog ’n maarskalk van die Sowjetunie.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.