Geografiese koördinatestelsel

'n Geografiese koördinatestelsel help om alle posisies op aarde te spesifiseer deur hoofsaaklik van die sferiese koördinatestelsel gebruik te maak. Daar is drie koördinate: lengtegraade, breedtegraade en geodetiese hoogte.

WorldMapLongLat-eq-circles-tropics-non
Kaart van die aarde met lengte- (horisontaal) en breedtegraade (vertikaal), Eckert VI projeksie; groot weergawe (pdf, 1.8MB)

Sien ook

  • GPS, Globale Posisioneringstelsel.
Kartografie

Kartografie (In Grieks "chartis", om te skryf)

Kartografie behels die optrek van kaarte, deur dit te bestudeer en te beoefen. 'n Persoon wat in kartografie spesialiseer, word 'n kartograaf genoem.

Gewoonlik was kaarte opgetrek met behulp van pen en papier, maar die koms en verspreiding van rekenaars het 'n omwenteling in kartografie teweeg gebring. Die meeste hedendaagse kaarte word met behulp van kartografiese sagteware op rekenaars geproduseer.

Kaarte dien as die visuele voorstellings van data wat handel oor verskillende ruimtes en areas. Hierdie data word deur verskeie tipe metings verkry, en word in 'n databasis gestoor. Die data kan dan later vir verskeie gebruike weer herroep word.

Die kartografiese proses is gebaseer op die vasgestelde feit dat die wêreld meetbaar is, en dat ons betroubare voorstellings of modelle van daardie realiteit kan maak.

Kartografie behels gevorderde vaardighede en ingesteldhede, asook die gebruik van simbole om sekere geografiese verskynsels mee te verteenwoordig, asook die vermoë om die wêreld op 'n abstrakte en afgeskaalde wyse te kan visualiseer.

Die kartografie was oorspronklik ʼn onderafdeling van die geografie, maar het deur die toepassing van eie tegnieke tot 'n selfstandige wetenskap ontwikkel. Die doel met die kartografie is om geografiese inligting met behulp van kaarte aan die kaartgebruiker of - leser oor te dra.

Die mens het van kaarte gebruik gemaak lank voordat hy kon skryf en in baie ou skriflose kulture is die jag· en oorlogsveld met behulp van die kaart afgebaken en verken. Uit ou kaarte kry 'n mens 'n goeie beeld van vroeëre beskawings se wêreldbeeld en die hoeveelheid kennis waaroor hulle beskik het ten opsigte van hulle omgewing. Dit is byvoorbeeld bekend dat die Grieke reeds voor Christus 'n teorie gehad het dal die aarde bolvormig is, 'n idee wat by die Romeine verlore gegaan het.

Gedurende die Middeleeue is daar weinig gegewens tot die bestaande kennis toegevoeg, maar in die Renaissance het daar 'n groot opbloei gekom, veraI deur die talle seekaarte wat vir die snel ontwikkelende seevaart noodsaaklik was. By die vervaardiging van landkaarte is daar aan die begin moeisame terreinopmetings gedoen, maar in die laaste paar dekades het die lugfotografie 'n baie vername rol begin speel by die versameling van gegewens wat op kaarte ingevoeg word.

Eers word 'n basiskaart gemaak waarop die kartograaf al sy waarnemings oor die topografie (hoogte, riviere, dorpe, ensovoorts) invul. Op hierdie manier ontstaan dan die topografiese kaart wat vir elke land onmisbaar is omdat dit as grondslag dien vir allerlei kaarte wat daarvan afgelei word en wat op hulle beurt weer onmisbaar is vir die ruimtelike ordening van die moderne samelewing. Wanneer daar op 'n topografiese kaart gegewens aangebring word wat die verspreiding van verskynsels volgens kwaliteit of kwantiteit aangee, is dit 'n tematiese kaart. Voorbeelde hiervan is die bevolkingsdigtheids- en die weerkaart.

Omdat hierdie kaarte dikwels ʼn goeie beeld gee van die veranderinge wat 'n bepaalde verskynsel in 'n bepaalde rigting toon (uit die gegewens op 'n wêreldkaart sou dit byvoorbeeld blyk dat die reënval oor die algemeen afneem hoe verder 'n mens jou van die kus bevind), vind die tematiese kaart baie toepassings in die samelewing. Een van die groot probleme van die kartograaf is dat hy gegewens van 'n bolvormige voorwerp (die aarde) op 'n plat vlak (die kaart) moet weergee.

As gevolg hiervan ontstaan daar allerlei vervormings ten opsigte van vorm, afstand of oppervlakte. Verskeie projeksies is nou reeds ontwikkel, maar veral oor groot gebiede moet die kartograaf dikwels tevrede wees met 'n kompromis, omdat hy nie in alle gevalle vorm-, oppervlakte- en afstandgetroue weergawes verkry nie. Die enigste ware voorstelling van die aarde is die wat met 'n aardbol verkry word. Prakties sou dit egter onmoontlik wees om op 'n aardbol al die topografiese gegewens in detail aan te bring, aangesien 'n mens dan ʼn enorme aardbol sou moes hê.

Omdat die kartograaf die gegewens nie volgens die ware grootte op ʼn kaart kan aanbring nie, maak hy gebruik van 'n skaal. Vir die bepaling van afstande word dan van verskillende metodes gebruik gemaak, waarvan die lugfoto vanuit 'n vliegtuig of 'n aardsatelliet een van die hulpmiddele is wat die meeste gebruik word.

Koördinatestelsel

In wiskunde en toepassing is 'n koördinatestelsel, of koördinaatstelsel, 'n stelsel om 'n tupel van getalle aan elk van die punte in 'n n-dimensionele ruimte toe te ken. "Getalle" beteken in baie gevalle reële getalle, maar kan ook, afhangende van die konteks, komplekse getalle of elemente van een of ander ander veld beteken. Indien die ruimte of variëteit gekrom is, mag dit nie moontlik wees om 'n konsekwente koördinatestelsel vir die hele ruimte verskaf. In die geval word 'n versameling van koördinatestelsels, wat kaarte genoem word, gebruik om 'n atlas saam te stel wat die hele ruimte dek.

As die ruimte een of ander addisionele algebraïese struktuur het, sal die koördinate ook onder ringe of groepe transformeer; 'n besonder beroemde voorbeeld in die geval is die Lie groepe.

Alhoewel enige spesifieke koördinatestelsel nuttig is vir numeriese berekeninge in 'n gegewe ruimte, word die ruimte beskou as iets wat onafhanklik van enige besonder koördinaat keuse bestaan. Volgens konvensie is die oorsprong van die koördinatestelsel in Cartesiese koördinate die punt (0, 0, …, 0), wat aan enige punt in die Euklidiese ruimte toegeken kan word.

In sommige koördinatestelsel word sommige punte geassosieer met veelvuldige koördinaat tupels, b.v. die oorsprong in die poolkoördinatestelsel: r = 0 maar θ kan enige hoek wees.

OpenStreetMap

OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.