Genus

'n Genus (meervoud: genera of genusse; ook soms geslag genoem) is 'n taksonomiese groepering wat uit een of meer spesies bestaan; as daar meer as een spesie in 'n genus is, sal die spesies morfologiese eienskappe deel wat groter ooreenkomste met mekaar toon as spesies van ander genera.

In die benamingskodes vir bionomiale name wat wêreldwyd in gebruik is, bestaan die naam van 'n organisme uit twee dele: die genusnaam (dit begin altyd met 'n hoofletter) en spesienaam. Albei name is kursief. 'n Voorbeeld is Homo sapiens, die naam vir die menslike spesie, wat tot die genus Homo behoort. Sien die artikel oor wetenskaplike klassifikasie vir meer besonderhede oor hierdie stelsel.

'n Genus in een koninkryk kan 'n naam hê wat in 'n ander koninkryk vir 'n genus of ander takson gebruik word. Al word dit deur die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings en die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante ontmoedig, is daar 5 000 sulke name wat in meer as een koninkryk gebruik word. Anura is byvoorbeeld die naam van die orde van paddas, maar ook van 'n plantgenus. Baie genera word verder onderverdeel in subgenera.

LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

Sien ook

Eksterne skakels

Axinella

Die Axinella vorm 'n genus binne die familie van Axinellidae (Kelksponse).

Binomiale naam

In biologie is binomiale name die formele metode waarvolgens spesies se name gegee word. Soos die woord "binomiaal" suggereer, word die wetenskaplike naam van 'n spesie gevorm deur die kombinasie van twee terme: die genus naam en die spesie beskrywer. Alhoewel die fynere detail kan verskil, is daar seker aspekte wat universeel aangeneem word:

Wetenskaplike name word gewoonlik kursief gedruk of getik, soos Homo sapiens. As dit met die hand geskryf word behoort dit onderstreep te word.

Die eerste term (genusnaam / geslagnaam / generiese naam) word altyd met 'n hoofletter geskryf, terwyl die beskrywer nie met 'n hoofletter geskryf word nie al is dit afkomstig van 'n eienaam. Byvoorbeeld, Canis lupus of Anthus hodgsoni. (Maar let daarop dat dit 'n moderne gebruik is: Linnaeus het altyd die spesifieke beskrywer met 'n hoofletter geskryf, en tot die vroeë 20ste eeu was dit algemene gebruik om die spesifieke beskrywer met 'n hoofletter te skryf as dit van 'n eienaam afkomstig was.)

Wanneer dit saam met 'n gewone naam gebruik word, word die wetenskaplike naam gewoonlik agterna in hakkies geskryf, byvoorbeeld, "die Huismossie (Passer domesticus) is bedreig."

Die wetenskaplike naam behoort in die algemeen voluit geskryf word wanneer dit vir die eerste keer gebruik word of as verskeie spesies van die selfde genus in 'n referaat of verslaggelys of bespreek word . Dit kan afgekort word deur slegs die aanvanklike letter (en 'n punt) vir die genus te gebruik; byvoorbeeld Canis lupus word C. lupus. In uitsonderlike gevalle het die afkorting tot meer algemene gebruik versprei — byvoorbeeld die bakterie Escherichia coli word gereeld slegs E. coli genoem, en Tyrannosaurus rex is moontlik meer bekend as T. rex.

Die afkorting "sp." (of "spec.") word gebruik wanneer die werklike spefieke naam nie bekend is nie: byvoorbeeld Canis sp. dui "'n spesie van die genus Canis" aan. Die afkorting "spp." (meervoud) dui "verskeie onbekende spesies" aan.

Die afkorting "cf." word gebruik wanneer die indentifikasie nie bevestig is nie: byvoorbeeld Corvus cf. splendens dui aan dat daar twyfel oor die spesie bestaan.

Callyspongia

Callyspongia is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse).

Familie (biologie)

Familie (Latyn: familia, meervoud familiae) is 'n rangorde in die taksonomie, oftewel wetenskaplike klassifikasie, tussen orde en genus. Die 'familie' is die mees belangrike rangorde in die klassifikasie, naas 'spesie' en 'genus'.

Genitief

Die genitief of genitiewe naamval (Latyn genus wat "afkoms" beteken) of vierde naamval is die naamval wat gebruik word om besit uit te druk, een van agt oorspronklike naamvalle vanuit die Proto-Indo-Europese taal. Naamvalle het oorspronklik die verhouding van die selfstandige naamwoord met die werkwoord uitgedruk.

Geodia

Geodia is 'n genus van sponse uit die familie van die Demospongiae (gewone sponse).

Halichondria

Halichondria is 'n genus van sponse uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse).

Hymedesmia

Hymedesmia is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse).

Kaneel

Kaneel is 'n spesery wat geoes word van die binnenste bas van 'n aantal bome van die genus Cinnamomum wat oorspronklik net in Sri Lanka gegroei het. Die Cinnamom zeylanicum boom is die bekendste.

Kaneel word in beide soet en sout Suid-Afrikaanse disse gebruik.

Knoffel

Knoffel (Allium sativum), word as spesery gebruik en is die tweede mees verboude spesie van die genus Allium. Hierdie genus bevat ook verskeie ander spesies wat as uie bekend staan en verbou word as voedsel, soos die bruinui (A. cepa), sjalotte, preie, die Japannese tros-ui (A. fistulosum), Egiptiese ui (A. ×proliferum), en die Kanadese ui (A. canadense).

Leucandra

Leucandra is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Calcarea (kalksponse).

Lissodendoryx

Lissodendoryx is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse).

Mycale (spons)

Mycale is 'n genus van sponsdiere uit die klas van die Demospongiae (gewone sponse).

Namakwaland

Namakwaland is 'n distrik in die Noord-Kaap in die mees noordwestelike hoek van die land, antikloksgewys begrens deur die Atlantiese Oseaan, die Noordweste, Boesmanland en Namibië. Die hoofdorp is Springbok en ander vername dorpe is Garies, Port Nolloth, Kamieskroon, Alexanderbaai, Steinkopf, Hondeklipbaai en Leliefontein. Gebiede ten Suide van Namakwaland word dikwels verkeerdelik by die distrik ingesluit. Die dorpies Bitterfontein en Nuwerus is byvoorbeeld die mees noordelike nedersettings in die Noordweste van Wes-Kaap, terwyl Pofadder in die Ooste die hoofdorp van Boesmanland is. Die N7 nasionale pad gaan regdeur die Namakwaland.

Pleistoseen

Die Pleistoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 2,588 miljoen tot 11,56 duisend jaar gelede. Die Pleistoseen kom na die Plioseen en voor die Holoseen.

Die pleistoseen was 'n tydperk van globale afkoeling wat in die gematigde sones van die planeet tot 'n afwisseling van ystye en interglasiale tye gelei het.

Die flora en fauna het soos die huidige gelyk, behalwe dat daar steeds talle opvallende groot diere geleef het wat nou uigestorwe is. Van die diere was die mammoet en die mastodonte, die langhoringbison, die sabeltandkat, die reuseluiaard en die Amerikaanse perde en kamele. Daar was ook reusevoëls in die Amerikas, van die genus Teratornis. Al hierdie vorme het aan die einde van die laaste ystyd verdwyn en daar is baie debat oor die oorsake van hierdie uitsterwingsgolf, wat Kwartêre Uitwissing genoem word. Een van die teorieë is dat die mens Homo sapiens en sy verbeterde jagtegnieke die oorsaak was.

Sangvoëls

Sangvoëls (Passeriformes) is 'n besonder groot orde van moderne voëls (Aves). Ongeveer 60% van alle lewende voëlspesies behoort aan die orde. Sangvoëls is waarskynlik die jongste orde van voëls en stam uit die Oligoseen- of moontlik uit die Eoseen-tydperk. Meeste van hulle is kleinerig en die meeste kan baie goed sing.

Sangvoëls is bekend vir hulle musikale getjirp. Hulle het 'n besonder goed ontwikkelde Syrinx wat hulle op musikale gebied van ander voëls onderskei. Sewe spiere word ingespan om verskillende note te produseer.

Sitrus

Sitrus is die versamelnaam vir 'n verskeidenheid soortgelyke subtropiese vrugte van die genus Citrus (of blomdraende plante) in die familie Rutaceae. Sitrus het klaarblyklik ontstaan in die deel van Suidoos-Asië wat deur Noordoos-Indië, Mianmar (Birma) en die Yunnan-provinsie van China begrens word.Die bekendste voorbeelde van sitrusvrugte is:

lemoen

nartjie

pomelo

suurlemoen

lemmetjie.

Veilige spesie

’n Veilige spesie is ’n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir diere en plante wat nie kwalifiseer vir enige ander status soos bedreig, byna-bedreig of kritiek bedreig nie.

’n Spesie behoort nie in dié kategorie geplaas te word sonder deeglike evaluering van sy bevolking nie. Genoegsame inligting is dus nodig om te bepaal dat geen bedreiging die spesie in die gesig staar nie.

Hoewel die IUBN "Veilige spesies" nie beskou as ’n ware rooilyskategorie nie, val 15 636 spesies nog in dié kategorie (soos in 2006). Dit sluit in 14 033 diere, wat verskeie ongespesifiseerde spesies insluit soos ’n padda van die genus Philautus. Daar is ook 101 dieresubspesies en 1 500 plante (1 410 spesies, 55 subspesies en 35 variëteite).

Die mens is in 2008 amptelik geëvalueer en val ook in dié kategorie.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.