Gasa

Gasa of Gaza (Arabies: غزة‎, Hebreeus: עזה‎‎) is die hoofstad van die Gasastrook en die grootste stad in die Palestynse Grondgebiede. Die stad het 'n bevolking van ongeveer 449 221. Israel is in beheer van die Gasastrook se lugweë en seeroetes.

Gasa
غزة‎
עזה

Gaza
Gasa in 2007
Gasa in 2007
Ligging van Gasa op 'n kaart (Palestynse Grondgebiede)

Gasa
Gasa
Koördinate: 31°31′0″N 34°27′0″O / 31.51667°N 34.45000°OKoördinate: 31°31′0″N 34°27′0″O / 31.51667°N 34.45000°O
Land Vlag van Staat Palestina Palestynse Owerheid
Gebied Gasastrook
Regering Gasa
Hoogte 15-18 m (-44 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 449 221
Webwerf: www.mogaza.org
31 Augustus

31 Augustus is die 243ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (244ste in skrikkeljare). Daar volg nog 122 dae in die res van die jaar.

Alexander die Grote

Alexander die Grote (Grieks: Mέγας Αλέξανδρος, 20 of 21 Junie 356 v.C. – 10 of 13 Junie 323 v.C.) was die koning van Masedonië. Hy het op 'n jong ouderdom beheer oor Griekeland, Egipte en die meeste lande oos van die Middellandse See tot so ver as Indië oorgeneem. Hy het ook talle stede gestig, waaronder Alexandrië in Egipte. Hy word as een van die grootste militêre leiers in die geskiedenis beskou.

Alexander is in 356 v.C. in Pella gebore. Hy word tot die ouderdom van 16 deur die beroemde filosoof, Aristoteles, opgelei. In 336 v.C. kom hy aan bewind nadat sy vader, Philippos II van Masedonië, vermoor is.

Hy het die strydende Griekse stadstate verenig en het in nege jaar die Persiese Ryk (Persië) en die Antieke Egipte verower tot en met die grense van Indië. Daarna het hy die verowering van Arabië beplan.

Vandag nog is daar 'n betowering in die naam van die man wat meer as tweeduisend jaar gelede in Babilon op die ouderdom van 32 jaar aan malaria of tifus oorlede is. In Europa en Asië word hy steeds as 'n groot veldheer onthou.Naas Djengis Khan is Alexander die tweede grootste veroweraar van grondgebied.

Aviv Kochavi

Aviv Kochavi, Hebreeus: אביב כוכבי , (gebore op 23 April 1964 in Kiryat Bialik) is 'n Israelse generaal. Sedert 15 Januarie 2019 is hy die Israelse Weermag se bevelvoerder (Ramatkal) en daarmee die opvolger van Gadi Eisenkot.

Kochavi het in sy geboorteplek opgegroei, 'n stad noordoostelik van Haifa.

In 1982 het hy in die militêre diens getree, het hom by die valskermtroep aangesluit en offisier geword.

Hy was betrokke gewees by die Eerste en die Tweede Intifada, die oorloë in Libanon in 1982 en 2006 as ook by militêre operasies in die Gasastrook.

Kochavi het verskeie eenhede gekommandeer. So was hy in 2005 die Gasa divisie se bevelvoerder gewees en het die divisie operasies gelei. Van 2010 tot 2014 was hy die hoof van die militêre intelligensiediens Aman gewees, van 2014 tot 2017 van die noordelike kommando en van 2017 tot 2019 die weermag se adjunk-bevelvoerder.

Kochavi het filosofie aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem gestudeer. Ook het hy bestuurskunde aan die Harvard-universiteit en internasionale betrekkinge aan die Johns Hopkins-universiteit gestudeer.

Hy is getroud en het drie dogters. Verder is hy die veganisme toegewyd.

Filistyne

Die Filistyne (Hebreeus: פְּלִשְׁתִּים, Plištim) was ’n volk wat in die Bybel beskryf word. Hulle was ’n seevarende volk wat hulle aan die einde van die 2de millennium v.C. op die kusstrook in die suide van Kanaän gevestig en vermoedelik intensiewe kontak behou het met Alasjië (Siprus), Miceense Griekeland en Minoïese Kreta.

Gasastrook

Die Gasastrook is 'n dun kusstrook lang die Middellandse See in die Midde-Ooste. In Arabies is dit bekend as قطاع غزة, Qitˁɑ' Ġazzah/Qita' Ghazzah en in Hebreeus as רצועת עזה, Retzu'at 'Azza) Die strook is vernoem na die hoofstad, Gasa, en het ongeveer 1,4 miljoen inwoners, waarvan die meeste Palestyne is. Die oppervlakte van die Gasastrook is 360 km². Die Gasastrook word tans nie as 'n wetlike onderdeel van enige heersende land gesien nie, maar word wel deur die Palestynse Outoriteite regeer. Die Gasastrook vorm saam met die Wesoewer die Staat van Palestina.

Israel is in beheer van die Gasastrook se lugweë en seeroetes. Die strook self en sy bevolking val onder die gesag van die Palestynse Nasionale Outoriteite wat ook die Gasastrook se Rafah-grenspos na Egipte onder toesig van die Europese Unie beheer.

Israel hou vol dat hul besetting van Gasa geëindig het met die eensydige onttrekking. Die Palestynse Outoriteite en sommige regsgeleerdes en menseregtedeskundiges hou vol dat die besetting steeds voortgaan as gevolg van Israel se volgehoue en volledige beheer van die strook.

Griekse Donker Eeue

Die Griekse Donker Eeue of die Geometriese of Homeriese tydperk (omstreeks 1100–800 v.C.) is terme wat gebruik word om te verwys na die tyd in die geskiedenis van Griekeland vanaf die veronderstelde Doriese inval en die einde van die Miceense tydperk omstreeks 1100 v.C., tot met die eerste tekens van die poleis van Argaïese Griekeland in die 9de eeu v.C.

Argeologiese bewyse dui op ’n wydverspreide verval van die Bronstyd-beskawing in die oostelike Middellandse See-gebied aan die begin van dié tydperk, aangesien die groot paleise en stede van die Miceense tyd vernietig of verlaat is. Omstreeks dié tyd het die beskawing van die Hetiete groot ontwrigting ondervind en stede van Troje tot Gasa is verwoes.

Ná die verval was daar minder en kleiner nedersettings, wat dui op hongersnood en ontvolking. In Griekeland het geskrewe Grieks in onbruik geraak. Die versierings van potte ná omstreeks 1100 v.C. ontbreek die figuratiewe ontwerpe van die Miceense tyd en is beperk tot kleiner, algemene geometriese style (1000–700 v.C.). Daar is vroeër geglo alle kontak is in dié tyd verbreek tussen Griekeland en buitelandse magte, hoewel bewyse intussen gevind is dat daar wel kulturele en handelsbande met die ooste was, veral die Levant-kus, en van ’n Griekse teenwoordigheid in Siprus en aan die Siriese kus.

Groot Moskee

Die term groot moskee verwys gewoonlik na die eerste en grootste Islamitiese moskee, Al-Masdjid al-Haram in Mekka, Saoedi-Arabië, maar dit kan ook enige moskee wees wat dien as die hoofaanbiddingsplek vir ’n spesifieke gebied. Daar is verskeie groot moskees in die wêreld.

Hieronder volg ’n onvolledige lys van die bekendste groot moskees.

Jasser Arafat

Jasser Arafat (Arabies: ياسر عرفات;‎ 24 Augustus 1929 – 11 November 2004) was die president van Palestina, wat eintlik beteken dat hy die president was van die gesagsliggaam wat die Palestynse Grondgebiede in die Gasastrook en die Wesoewer beheer het. Hy was ook die gesig van Palestynse nasionalisme wat die wêreld vier dekades lank geken het. Hy het daarin geslaag om Palestynse aspirasies lewend te hou en om die vele faksies in die geledere van die Palestyne te verenig.Onder sy prestasies tel die stigting van die el-Fata-groep, bestaande uit Palestynse ballinge, sy verkiesing tot leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) en tot president van die Palestynse Nasionale Raad. In 1996 is hy verkies tot president van Palestina.

In 1994 het hy die Nobelprys vir Vrede gedeel met die Israeliese leiers Yitzhak Rabin en Shimon Peres vir hul bydraes tot die totstandkoming van die Oslo-vredesooreenkomste. Sy besluit om nie die vredesvoorstel te aanvaar wat die destydse Amerikaanse president Bill Clinton in 2000 by Camp David gefasiliteer het nie, het egter daartoe gelei dat die vredesproses ontspoor het.

Arafat se internasionale profiel het die afgelope 40 jaar dramaties verander. Tydens die Sestigerjare is hy beskou as die leier van ’n terreurorganisasie wat vele aanvalle op Israel uitgevoer het. In die Sewentigerjare het die wêreld hom beskou as 'n politikus sonder 'n land. In die Tagtigerjare het hy toenemend steun van die Weste gekry, en in die Negentigerjare het die internasionale samelewing hom begin sien as 'n pragmatiese, gematigde leier.Arafat se steun van binne sy eie geledere het sedert die begin van 2001 egter vinnig begin taan. Dit was toe te skryf aan die opkoms van ander, meer radikale groepe wat meer aktief en meer verteenwoordigend van die openbare mening was, sowel as die feit dat Israel sy bewegings ná 'n vlaag selfmoordbomaanvalle so ingeperk het dat hy nie in staat was tot iets noemenswaardigs nie. Hy is gevolglik deur party van sy eie mense uitgemaak as 'n swakkeling.

Dit doen egter nie afbreuk aan die feit dat hy tydens sy leierskap dit reggekry het om die uiteenlopende faksies binne Palestynse geledere te verenig nie en om, tot sekere mate, radikale elemente te beheer en geweld te beperk. Sy dood in November 2004 het 'n reuse-reaksie van Palestyne sowel as wêreldleiers uitgelok, wat hulde gebring het aan die rol wat hy in die kookpot van die Midde-Oosterse politiek gespeel het.

Kanaän

Kanaän (Noordwes-Semities: knaʿn; Hebreeus: כנען, Knaʿn; Masoreties: כְּנָעַן, Kənā'an) was in die laat 2de millennium v.C. ’n streek in die Antieke Nabye-Ooste. Volgens beskrywings in die Bybel het dit min of meer met die Levant ooreengestem, veral die suidelike dele (Israel en Palestina) waar die vertellings in die Hebreeuse Bybel afspeel.

Lys van beskermde gebiede van Bhoetan

Die beskermde gebiede van Bhoetan is sy nasionale parke en wild- en natuurreservate. Die meeste hiervan is in die 1960's aangewys en het oorspronklik die grootste deel van die noorde en suide van Bhoetan bedek. Vandag beslaan die beskermde gebiede meer as 42% van die land, meestal in die noordelike streke. Beskermde gebiede lê ook aan die grootste deel van Bhoetan se internasionale grense met China en Indië.

Lys van stede in Bhoetan

Hierdie is 'n lys van stede en dorpe in Bhoetan.

Midde-Ooste

Die Midde-Ooste is 'n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes-Asië, Siprus, Turkye (Suidoos-Europa), en Egipte (Noord-Afrika). Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is Midde-Oosterse, en die afgeleide naamwoord is Midde-Oosterling.

Vroeër jare is die Eurosentriese sinoniem van die Midde-Ooste (in teenstelling met die verwysing na die Verre Ooste) oor die algemeen gebruik. Arabiere, Azerbeidjanners, Koerde, Perse, en Turke was die grootste etniese groepe in die streek, gegrond op bevolkingsgetalle, terwyl die Armeniërs, Assiriërs, Sirkassiërs, Kopte, Droese, Grieke, Jode, Maronites, Somaliërs, en ander etniese en etno-godsdienstige groepe die beduidende minderheidsgroepe uitgemaak het.

Die geskiedenis van die Midde-Ooste dateer uit die antieke tye, met die (geopolitieke) belangrikheid van die streek wat al vir millennia hoog geag word. Verskeie vername gelowe het hul oorsprong in die Midde-Ooste. Dit sluit in: Judaïsme, die Christendom, en die Islam; die Baha’i, Mandaïsme, Vrye-Droese, en talle ander geloofstelsels het ook hul oorsprong in die streek.

Die Midde-Ooste se klimaat is oor die algemeen warm en dor, met verskeie groot riviere wat besproeiing moontlik maak vir landbou in bepaalde gebiede soos die Nyldelta in Egipte, die Tigrisrivier en die Eufraat se waterskeidings van Mesopotamië, en die meeste van die sogenaamde Vrugbare Halfmaan.

Die meeste lande wat grens aan die Persiese Golf het groot reserwes van ru-olie, met die diktators van die Arabiese Skiereiland wat veral baat vind by die petroleum-uitvoere.

Middellandse See

Die Middellandse See (die naam is afgelei van die oorspronklike Latyn mare mediterraneum) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan, alhoewel dit net deur die Seestraat van Gibraltar met dié oseaan verbind word en andersins 'n binnelandse see vorm, wat die vastelande van Europa en Afrika van mekaar skei. Deur die Dardanelle, die See van Marmara en die Bosporus word dit ook met 'n aangrensende kleiner binnelandse see, die Swartsee van Oos-Europa, verbind.

Die water van die Middellandse See beslaan 'n oppervlakte van 2 331 000 vierkante kilometer; die afstand tussen sy uiterste westelike en oostelike punte is sowat 3 520 km en die grootste afstand in 'n noord-suidrigting is 1 120 km. Die Middellandse See bereik sy diepste diepte in die Ioniese See op meer as 5 000 m.

Die see word in twee groot bekkens verdeel, die Westelike Hoofbekken met die Baleariese of Iberiese See in die weste en die Tireense See in die ooste, en die Oostelike Bekken, wat die Ioniese See met die Adriatiese See en die Levantynse See met die Egeïese See insluit.

Die grootste eilande is Korsika (Frankryk), Sardinië en Sisilië (Italië), die Baleariese Eilande (Spanje), Kreta en die Ioniese eilandgroep (Griekeland), Siprus en Malta.

Nasionale Park Jigme Dorji

Die Nasionale Park Jigme Dorji, wat na die eertydse koning Jigme Dorji Wangchuck genoem is, is die tweede grootste nasionale park van Bhoetan. Dit beslaan feitlik die hele distrik Gasa sowel as die noordelike dele van die distrikte Thimphu, Paro, Punakha en Wangdue Phodrang. Dit is in 1974 gevestig en strek oor ’n gebied van 4 316 km2, dus al drie klimaatsones van Bhoetan. Sowat 6 500 mense in 1 000 huishoudings woon in die park. Dit is op Bhoetan se lys van tentatiewe Unesco-insluitings as wêrelderfenisgebied.

Openbare vakansiedae in Bhoetan

Openbare vakansiedae in Bhoetan bestaan uit beide nasionale vakansiedae en plaaslike feeste bekend as tshechu's. Nasionale vakansiedae word oor die hele Bhoetan gevier, maar tsechu's net in spesifieke gebiede. Die land gebruik sy eie kalender, ’n weergawe van die Tibettaanse kalender. Omdat dit ’n maansonkalender is, wissel die datums van sommige nasionale vakansiedae en die meeste tshechu's van jaar tot jaar. Nuwejaar, Losar, word byvoorbeeld gewoonlik tussen Februarie en Maart gevier.

Palestyne

Die Palestyne (Arabies: الفلسطينيون, al-Filasṭīniyyūn; Hebreeus: פָלַסְטִינִים; afgelei van Nieu-Grieks: Παλαιστίνη, Palaistínē; Arabies: فلسطين, Falasṭīn, [falasˈtˁiːn] of Filasṭīn, [filasˈtˁiːn]) is 'n Arabiese etniese groep inheems aan die streek Palestina. Oorspronklik het die term na die hele bevolking van die Britse mandaat van Palestina verwys, insluitende Jode en Samaritane. Vandag verwys Palestyne na die Arabiese bevolking van Palestina, insluitende die wêreldwye diaspora sedert 1948, wat hoofsaaklik uit vlugtelinge bestaan. Arabiese burgers van Israel identifiseer hulself as Israeli's, Palestyne of Arabiere.

Die Palestyne het hul naam van die Antieke Filistyne verkry. Volgens bewerings het die Antieke Egiptiese term Peleset/Purusati na die "Seevolke", waaronder veral die Filistyne, verwys. Van die Semitiese tale is die Akkadiese Palaštu (soms Pilištu) gebruik om na die 7de-eeuse Philistia en sy destydse vier stadstate te verwys. Die Bybels-Hebreeuse verwante woord Plištim word algemeen as "Filistyne" vertaal.

Die Verenigde Nasies het op 29 November 1947 'n Partisieplan vir die streek Palestina uitgevaardig waarin die destydse Britse mandaat van Palestina in 'n Arabiese en 'n Joodse staat opgedeel is. Baie Palestyne het met die stigting van die Staat Israel op 14 Mei 1948 die voormalige Britse mandaat van Palestina verlaat en hulle in Arabiese buurlande soos Egipte, Jordanië, Libanon en Sirië gevestig. Tydens die Israeliese Onafhanklikheidsoorlog van 1948 is die Gasastrook deur Egipte en die Wesoewer deur Jordanië beset. In die Sesdaagse Oorlog van 1967 is beide die Gasastrook en die Wesoewer deur Israel verower, gelyktydig is die oostelike en westelike dele van Jerusalem herenig en tot die "ondeelbare hoofstad" van Israel verklaar.Op 15 November 1988 het die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) in Algiers, Algerië, die Staat Palestina se onafhanklikheid van Israel verklaar, wat sedertdien deur die meeste lidlande van die Verenigde Nasies as staat van die Palestyne erken word. Op 4 Mei 1994 is met die Gasa-Jerigo-ooreenkoms binne die Israelies besette gebiede die Palestynse Grondgebiede gestig, wat die Gasastrook en 40% van die Wesoewer beslaan. Op 31 Oktober 2011 het die Staat Palestina 'n lid van die Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van die Staat Palestina as 'n waarnemende land gestem.Die meeste Palestyne is Soennitiese Moslems, met minderhede van Christene, Samaritane, Droese en Sjiite. Die Palestynse Christene behoort veral aan die Oosters-Ortodokse Kerk (Grieks-Ortodokse Patriargaat van Jerusalem); hul persentasie in Palestina het weens 'n sterk emigrasie egter sterk gedaal, van 21% in 1950 tot net 8% in 2008. Die meeste Palestyne bly in die Palestynse Gasastrook en die Wesoewer, gevolg deur Jordanië, Israel, Sirië, Chili en Libanon. Chili huisves tans met 'n halfmiljoen vlugtelinge die grootste aantal Palestyne buiten die Midde-Ooste.

Palestynse Bevrydingsorganisasie

Die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO), meer bekend onder die Engelse afkorting PLO (Palestine Liberation Organization; Arabies: منظمة التحرير الفلسطينية‎; Munaẓẓamat at-Taḥrīr al-Filasṭīniyyah), is op 28 Mei 1964 gestig. Gamal Abd-el Nasser het 'n belangrike rol in die stigting van die organisasie gespeel. Hulle word dikwels met Hamas, 'n organisasie in Libanon verwar.

Die PBO beywer hom om 'n onafhanklike staat vir die Palestyne te skep. Hulle gebruik onder andere geweld om land wat die Israeli's in 1948 van die Palestyne afgeneem het terug te eis. Verskeie gevegte het al tussen die PBO en die Israeliese weermag plaasgevind.

Van 1993 tot 1998 het die PBO ooreenkomste met Israel aangegaan wat die Palestynse Nasionale Owerheid (PNO) daargestel, en hulle in beheer van dele van Gasa en die Wesoewer geplaas het.Jasser Arafat was die leier van die PNO. Hy het 'n reeks vredesverdrae met Yitzhak Rabin, die destydse Eerste Minister van Israel onderteken. Hierdie verdrae staan as die Oslo-ooreenkomste bekend. Verskeie PBO-lede en Israeli's was nie hiermee genoeë nie en Rabin is later deur 'n teenstander hiervan vermoor.

Palestynse Grondgebiede

Die Palestynse Grondgebiede (Arabies: الأراضي الفلسطينية, al-Arāḍī al-Filasṭīniyya) is deel van die Britse mandaat van Palestina wat deur Jordanië en Egipte ingeneem is in die laat 1940's, en deur Israel ingeneem in die Sesdaagse Oorlog van 1967. Die Palestynse Grondgebiede is deur die Gasa-Jerigo-Ooreenkoms met Israel op 4 Mei 1994 gestig. Dit bestaan uit die Gasastrook en 40 % van die Wesoewer, terwyl die Staat Palestina volgens internasionale reg uit die Gasastrook, die Wesoewer en die hoofstad Oos-Jerusalem bestaan.

Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word. Op 31 Oktober 2011 het "Palestina" 'n lid van die Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem.

Staat Palestina

Palestina (Arabies: فلسطين, Filasṭīn), amptelik die Staat Palestina (Arabies: دولة فلسطين, Dawlat Filasṭīn), is 'n land met omstrede status, geleë in Wes-Asië, en word deur Israel beset en geëis. Die Staat Palestina is deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie verklaar op 15 November 1988 en word deur meer as 134 lande erken. Op 31 Oktober 2011 het Palestina 'n lid van Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem. Palestina bestaan uit die Gasastrook en die Wesoewer.

Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word en geniet sedert 2012 die status as 'n waarnemer-land sonder lidmaatskap in die Verenigde Nasies – wat die erkenning van staatskap impliseer. Dit is 'n lidland van die Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, G77 en die Internasionale Olimpiese Komitee asook ander internasionale organisasies.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.