Galisië

Galisië (Galicies: Galicia, Galiza; Spaans: Galicia), is een van die outonome gemeenskappe van Spanje.

Galiza
Galicia
Galisië
Flag of Galicia Escudo de Galicia
Vlag Wapen
Volkslied: Os Pinos
Localización de Galicia
Hoofstad Santiago de Compostela
Amptelike Tale Galicies, Spaans
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Rang 7de
 29 574.4 km²
 5,8%
Bevolking
 – Totaal (2014)
 – % van Spanje
 – Digtheid
Rang 5de
 2 748 695
 6%
 92.94/km²
Inwonersnaam
 – Afrikaans
 – Spaans
 – Galicies

 Galiciaan
 gallego (m); gallega (f)
 galego (m); galega (f)
Statuut van
Outonomiteit
1936

huidig: 1981

Parlementêre
verteenwoordiging

 – Kongressetels
 – Senaatsetels


 25
 19
President Alberto Núñez Feijóo (PPdeG)
ISO 3166-2 ES-GL
Xunta de Galicia

Eksterne skakels

1782

Die jaar 1782 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Andalusië

Andalusië (Spaans: Andalucía) is 'n outonome gewes in die suide van Spanje. Die gewes het 'n bevolking van 8 302 923 in 2010 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Sevilla/Seville.

Baleariese Eilande

Die Baleariese Eilande (Katalaans: Illes Balears, Spaans: Islas Baleares) (39° 30'N, 3° 0'W) is 'n eilandgroep van die Koninkryk van Spanje in die Middellandse See. Dit is geleë naby die ooskus van Spanje (Katalonië en Valencia). Dit vorm 'n outonome gewes van Spanje.

Ceuta

Ceuta (Spaans: Ciudad Autónoma de Ceuta) is 'n vrye hawe en militêre pos aan die oostelike kant van Gibraltar op die kus van Noord-Afrika met 'n bevolking van sowat 80 570.

Dit word deur Spanje saam met Melilla as deel van die provinsie Cádiz geadministreer. Motorveerboete verbind Cueta met Algeciras. Die gebied is in 1580 deur Spanje in besit geneem. Van hier word handel gedryf in tabak en olieprodukte.

Van die besienswaardighede sluit onder meer die ou fort Monte Hacho, die 15de-eeuse katedraal en "Nuestra Señora de África" (uit die 18de eeu) in.

Dnister

Die Dnister (Oekraïens: Дністер; Roemeens: Nistru; Russies: Днестр, Dnestr) is 'n rivier in Oos-Europa wat deur Oekraïne en Moldowa vloei. Die rivier, wat deur die antieke Grieke Tyras genoem is, ontspring in die Karpate, net oos van die grens tot Pole en mond in die Swartsee uit. Die rivier het 'n lengte van 1 352 km, terwyl die stroomgebied 72 100 km² beloop. Die Dnister is na die Dnjepr die tweede grootste rivier in Oekraïne en die grootste in Moldowa. Die Dnister vorm die westelike grens van die wegbreek-republiek Transnistrië in Moldowa. Transnistrië is na die Roemeense naam van die rivier (Nistru) genoem, en beteken dus letterlik "oorkant die Nistru", vergelyk Transkei. Transnistrië se hoofstad en grootste stad Tiraspol is langs die Dnister geleë.

Oorspronklik het die Dnister uitsluitlik deur Oekraïnse gebied gevloei. Eers nadat Roemeenssprekendes hulle vanaf die laat 14de eeu in die gebiede oos van die Karpate-bergreeks en in Bessarabië gevestig het, het die Dnister tussen Mohyliv-Podiskyi en sy monding (wat gelykstaan aan sowat 'n derde van sy totale lengte) die etniese grens tussen Oekraïens- en Roemeenssprekende gebiede begin vorm. Rivieraf van Rybnica het Roemeenssprekende gebiede selfs tot die Dnister se linkeroewer gestrek. Sodoende is byna 'n kwart van die Dnisterbekken buite Oekraïenssprekende gebiede en buite die huidige grense van Oekraïne geleë. Van 1918 tot 1940 was die helfte van die rivier (vanaf Chotyn) die grens tussen Roemenië en die Sowjetunie.

Die Dnister is die belangrikste rivier in Galisië, en so word na dié streek soms ook as Naddnistriansjtsjina (Land aan die Dnister) verwys. Die rivier se historiese en etnografiese betekenis as die simbool van die vorstedom Galisië-Wolhinië was ook ná sy ondergang sterk genoeg dat skrywers soos die Wes-Oekraïense romantici Markian Sjasjekewitsj en Joeri Fedkowitsj dit in hul werke met 'n soort vroomheid beskryf het. In die name van Galisiese instellings en organisasies word dikwels na die Dnister verwys.

Ignacy Łukasiewicz

Jan Józef Ignacy Łukasiewicz (* 8 Maart 1822 in Zaduszniki naby Baranów Sandomierski, † 7 Januarie 1882 in Chorkówka) was 'n Poolse chemikus, apteker en pionier van die oliebedryf wat in 1856 die eerste olieraffinadery ter wêreld opgerig het.Sy ander prestasies sluit die ontdekking van 'n distilleringsproses vir keroseen, die uitvinding van die moderne petroleumlamp in 1853, die invoering van die eerste moderne straatlamp in Europa (1853) en die bou van die eerste olieboor in Pole (1854).Sy uitvindings het van Łukasiewicz 'n welvarende man gemaak, en hy was een van die bekendste filantrope in Galisië. Vanweë sy steun vir die ekonomiese ontwikkeling van hierdie Sentraal-Europese streek het 'n spreekwoord ontstaan waarvolgens alle geteerde paaie aan sy guldens te danke was.

Kanariese Eilande

Die Kanariese Eilande (Spaans: Islas Canarias) (28° 06'N, 15° 24'W) is 'n eilandgroep van die Koninkryk van Spanje wat bestaan uit sewe eilande van vulkaniese oorsprong in die Atlantiese Oseaan. Dit is geleë naby die noordwestelike kus van Afrika (Marokko en Wes-Sahara). Dit vorm 'n outonome gewes van Spanje.

Die naam is waarskynlik afkomstig van 'n Noord-Afrikaanse stam, (die Canarii), of moontlik die Latynse term Insularia Canaria wat Eiland van die Honde beteken, 'n naam wat aanvanklik slegs op die eiland Gran Canaria van toepassing was. Daar word geglo dat die hoë bevolking van 'n endemiese spesie groot en kwaai honde die kenmerk was wat die paar antieke Romeine, wat per see kontak met die eiland bewerkstellig het, die meeste opgeval het.

Die Kanariese Eilande is die enigste Outonome Gemeenskap van Spanje met twee hoofstede: Santa Cruz de Tenerife en Las Palmas de Gran Canaria. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Madeiraeilande vorm die Kanariese Eilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.

Kastilië en León

Kastilië en León (Spaans: Castilla y León, Leonees: Castiella y Llión) is die grootste outonome gewes van Spanje. Die gewes het 'n bevolking van 2 558 463 in 2010 gehad. Valladolid is die hoofstad en met ongeveer 300 duisend inwoners ook die grootste stad.

Lwif

Lwif, Lviv, Lvov of Lemberg (Oekraïens: Львів, uitgespreek [lʲwiu̯]; Pools: Lwów, Russies: Львов, Duits: Lemberg, Jiddisj: לעמבערג) is 'n stad in die weste van die Oekraïne en die administratiewe sentrum van die gelyknamige oblast. Met 'n bevolking van sowat 760 000 is Lwif die sewende grootste stad in Oekraïne. Die historiese stadskern van Lwif is in 1998 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Die geskiedenis van Lwif is deur die eeue deur die naasbestaan van verskillende Europese kulture gekenmerk. Alhoewel die eerste Slawiese nedersettings in die gebied al in die 10de eeu ontstaan het, is die huidige stad eers in die middel van die 13de eeu gestig. Die noordweste van die huidige Oekraïne is destyds deur die Woliniese vors Daniël geregeer wat die nedersetting na sy seun Lef ("Leeu") vernoem het. Lwif voer steeds 'n leeu in sy stadswapen.

Vanaf die 13de eeu het Lwif danksy sy ligging by die kruispunt van belangrike handelsroetes vinnige groei getoon. Handelaars en sakelui uit Wrocław (Breslau), Krakau, Praag, Turyn en ander metropole het hier byeengekom. In 1356 het Lwif stadstatus volgens die Maagdenburgse Reg gekry.

Lwif het toe net soos die Bieszczady al deel uitgemaak van die Poolse magsgebied nadat die Poolse koning Kazimierz Wielki (Kasimir die Grote) hierdie gebiede enkele jare tevore verower het. In 1387 het die Poolse kroon Lwif volledig as Poolse besitting erken. Kazimierz se regentskap was in ekonomiese opsig deur 'n beleid van vrye handel gekenmerk waaruit ook Lwif voordeel kon trek. In sy bloeitydperk gedurende die 15de en 16de eeu het Pole, Duitsers, Oekraïners, Armeniërs en Jode hul kulturele en godsdienstige stempel op die stad gedruk wat tot een van die grootste en welvarendste metropole in Oos- en Sentraal-Europa ontwikkel het. Die verskeidenheid kulture word in die verskillende name weerspieël waarmee die etniese groepe na hul stad verwys het.

Ondanks sy groot anderstalige minderhede het Lwif vanaf die 15de eeu 'n sterk Poolse karakter gekry. As 'n Poolssprekende eiland in Oekraïne het Lwif, wat reeds in die 14de eeu die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop geword het, as Pole se poort tot die ooste gefungeer. Die plaaslike boukuns is net soos in ander Poolse metropole deur adellikes en welvarende burgers oorheers wat pragtige paleise in die Renaissance-styl laat oprig het.

In die 17de eeu is Lwif deur Tatare en Kosakke-leërs onder bevel van Bogdan Chmielnicki, in die vroeë 18de eeu deur Sweedse troepe onder koning Karel XII beleër. Hierdie oorlogshandelinge het groot ekonomiese skade berokken. Nogtans het die Poolse koning Jan II Kazimierz in 1661 die eerste universiteit in Lwif gestig.

As gevolg van die Poolse Delinge het die stad in 1772 onder Oostenrykse bewind gekom om voortaan as hoofstad van Galisië te fungeer. Die Oostenrykse kroon het in 1867 selfregering aan die Poolse stadsregering toegestaan sodat Pools, en nie Duits nie, as ampstaal gebruik is. Die tweede helfte van die 19de eeu was deur modernisering van die infrastruktuur gekenmerk: in 1858 is gaslampe as straatbeligting geïnstalleer, in 1878 is die plaaslike rioleringstelsel gebou en in 1894 die eerste elektriese trem in bedryf gestel.

In die laat 19de eeu het steeds meer nasionalistiese strominge na vore gekom, en die kwessie van selfbeskikking en onafhanklikheid het die politieke debat binne die Oekraïense bevolking begin oorheers. Ná die val van die Oostenryks-Hongaarse monargie aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Lwif die hoofstad van 'n kortstondige Wes-Oekraïense Volksrepubliek geword. Poolse troepe het die stad en sy omgewing ondanks felle weerstand in 1919 terugverower. Hierdie militêre optrede, waartydens Pole en Oekraïners swaar verliese gely het, het die betrekkinge tussen die twee etniese groepe dekades lank vertroebel.

Melilla

Melilla (Spaans: Ciudad Autónoma de Melilla) is 'n vrye hawe en moderne handelstad aan die kus van Noord-Afrika en word geheel en al deur Marokko omring, hoewel dit deur Spanje saam met Ceuta as deel van die provinsie Cádiz geadministreer word. Die bevolking is 73 460.

Die stad is as 'n hawe deur die Fenisiërs gestig en het in 1863 'n vrye hawe geword. Spanje het dit in 1926 weer in besit geneem. Daar is 'n lughawe en veerbote wat dit met Málaga in Spanje verbind.

Melilla dryf hoofsaaklik handel in ystererts. Daar is ook 'n vlootskeepswerf. Die besienswaardighede is onder meer die ou stadswyk en die 16de eeuse Kerk van die Purisíma Concepción.

Morbihan

Morbihan is sedert 1790 'n département in Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6 823 km² en sowat 647 000 inwoners (2003). Die hoofstad (prefektuur) is Vannes.

Morbihan is die enigste département wat geen Franse naam dra nie. Die Bretonse "Morbihan" beteken "klein see" en beskryf die Golf van Morbihan wat soos 'n klein binnesee met honderde eilande lyk. Die kuslengte van sowat 500 kilometer sluit verskillende landskapsvorme van rotsberge tot sandstrande in, en talle van sy klein baaie is natuurreservate. Die baai van Quiberon is 'n belangrike kruisvaarthawe. Die département beskik oor een van die gewildste watersportsentra in Europa, met bekende jaghawens soos La Trinité-sur-Mer, Carnac, Port-Haliguen en Le Crouesty op die skiereiland Rhuys.

Twee ander stede in die département is ook bekendes in die watersport – Lorient, die uitgangspunt vir groot transatlantiese regattas in Europa, en Vannes, waar groot Franse seilregattas plaasvind.

Die gematigde klimaat en baie sonskynure bevorder die ongewone fauna en flora van die gebied wat 'n mens so ver in die noorde eintlik nie meer sou verwag nie. Die département huisves een van die grootste seevoëlkolonies langs die Atlantiese kus van Frankryk, waaronder sowat een kwart van die wêreld se wildeganse. Die klimaat met sy gesonde seelug het van die gebied die Franse sentrum van die thalassoterapie gemaak.

Moskou

Moskou (Russies: Москва, Moskva, [mɐˈskva], ) is die hoofstad en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van die Russiese Federasie. Die stad, wat in die middel van die Europese deel van Rusland in die heuwelland van die Moskwa-rivier geleë is, is met 'n bevolking van 12,1 miljoen in die stadsgebied (soos op 1 Januarie 2014) en meer as 15 miljoen (of 'n tiende van die totale Russiese bevolking) in die metropolitaanse gebied en 'n oppervlakte van 2 510 vierkante kilometer die grootste stad van die land en ook van Europa.

Die eerste verwysing na Moskou kom in 'n kroniek uit die jaar 1147 voor. Met die ontstaan van 'n Russiese Ryk omstreeks 1300, waarvan Moskou in die 15de eeu die hoofstad geword het, het Moskou vinnig tot die beduidendste metropool in Rusland gegroei. Selfs nadat die administratiewe sentrum van Rusland deur Pieter die Grote in 1712 na Sint Petersburg verskuif is, is Russiese heersers steeds in Moskou gekroon en het die stad die ekonomiese en geestelike sentrum van Rusland gebly. Die Russies-Ortodokse patriarg het sy setel sedert 1598 in Moskou.

Die stadskern word gevorm deur die Kremlin-vesting uit die 15de en 16de eeu en Rooiplein (wat in 1990 tot wêrelderfenisgebied verklaar is), met die Lenin-mausoleum, die 16de eeuse Sint Basilius-katedraal met sy nege koepels, die afdelingswinkel GUM (1888–1893) en die Historiese Museum wat tussen 1878 en 1883 ontstaan het. Moskou het in 1918 die hoofstad van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) geword, daarna tussen 1922 en 1991 as administratiewe sentrum van die Sowjetunie gedien en in 1991 hoofstad van die Russiese Federasie geword.

Rooiplein word omsluit deur die historiese stadskern, moderne strate (Russies "prospekte") en ringstrate met nuwe woonkwartiere. Die Nowodewitsji-klooster, wat in die 16de en 17de eeu in die Barokstyl uitgevoer en in 2004 as wêrelderfenisgebied gelys is, is suidwes van die middestad geleë. Die moderne sakesentrum van Moskou het wes van die Kremlin ontstaan; sy argitektuur word oorheers deur 'n groot aantal wolkekrabbers en ander kantoorgeboue, waaronder die Federatsija-toring wat in 2007 as die hoogste wolkekrabber in Europa voltooi is.

Die binnestad van Moskou is oorspronklik deur 'n aantal voorstede omring, waaronder die ou koopmanskwartier Kitai-gorod (tans die setel van Russiese regeringsinstellings), Beli Gorod (wat na sy wit palisademuur genoem is) en Semljanoi Gorod (na sy ou grondwalle genoem). Die groot stadsbrande wat Moskou in 1552 en 1812 (ná die verowering deur Franse troepe onder Napoleon Bonaparte) verwoes het, het sy vinnige groei nouliks belemmer.

Die Moskouse Danilof-klooster uit die 13de eeu is die setel van die Russies-Ortodokse patriarg. As die leidende opvoedkundige sentrum van die Russiese Federasie beskik Moskou naas die Akademie van Wetenskappe oor vyf ander vakgebonde akademies, sowat 200 navorsingsinstitute op alle wetenskaplike terreine, ruim 80 tersiêre instellings (waaronder die bekende Moskouse Staatsuniversiteit, ook bekend as die Lomonosof-universiteit, wat in 1755 gestig is) asook talle biblioteke (waaronder die Russiese Staatsbiblioteek).

Die Moskouse museums bevat van die beduidendste kunsskatte ter wêreld. Die bekendste museums sluit in die Poesjkin-museum vir Beeldende Kunste (wat hom onder meer op Wes-Europese skilderkuns toespits) en die Tretjakof-galery met Russiese kuns. Ander beduidende instellings is die Gorki-, Tsjegof-, Lenin-, Tolstoi-, Andrei Roebljof-, die Historiese en Politegniese Museum asook die Museum vir Kuns en Kultuur van die Nabye-Ooste.

Die lang lys kulturele instellings in Moskou word aangevul deur sowat dertig teaters (waaronder die bekende Bolsjoi-teater), rolprentateljees, beduidende uitgewerye, radio- en televisie-uitsaaiers, skouterreine, 'n diere- en 'n botaniese tuin, groot stadsparke soos Gorki-park en sportstadions. Moskou was die gasheerstad van die XXIIste Olimpiese Somerspele 1980.

Moskou het tot die beduidendste Russiese nywerheidstad ontwikkel. Die belangrikste nywerheidsektore sluit die vervaardiging van motorvoertuie en treinwaens, elektrotegniese en meganiese aanlegte, staal- en metaalvervaardiging, poligrafiese, chemiese, hout-, en tekstielfabrieke, asook voedselverwerking en 'n ruolieraffinadery in. 'n Kernkragsentrale voorsien elektrisiteit aan die metropool. Aardgas word deur pyplyne uit die uitginningsgebiede van Saratof, Stafropol in die Koebanstreek en Dasjawa in Oekraïens-Galisië na Moskou vervoer. As die leidende finansiële sentrum van Rusland beskik Moskou oor meer as 1 000 bank- en sowat 60 versekeringsmaatskappye.

Oekraïne

Oekraïne (Oekraïens: Україна Ukraina [ukrɑˈjinɑ]) is 'n land in Oos-Europa wat in die suide aan die Swartsee, in die ooste aan Rusland, in die noorde aan Wit-Rusland en in die weste aan Pole, Slowakye, Hongarye, Roemenië en Moldowa (voorheen Moldawië) grens.

Oekraïne is die tweede grootste land in Europa ná die Russiese Federasie en die grootste wat in sy geheel in Europa lê. Die hoofstad is Kiëf (soos dit in Russies bekend staan; in Westerse publikasies word gaandeweg oorgeskakel na die Oekraïense Kyiv). Ten noorde van Kiëf lê Tsjornobil (vroeër bekend onder sy Russiese naam Tsjernobil) wat met die kernramp van 1986 verbind word. Drie groot riviere deurkruis die land, die Dnipro (in die weste tot onlangs hoofsaaklik bekend onder sy Russiese naam Dnjepr), die Dnister en die Donets.

Deur die loop van die geskiedenis het Oekraïne en sy streke deel uitgemaak van ten minste veertien verskillende state voordat dit uiteindelik in die laat 20ste eeu as onafhanklike republiek gevestig is. Die belangrikste van hierdie moondhede was die Koninkryk Pole-Litaue, die Russiese Tsareryk en die Sowjetunie.Volgens oorlewerings was Kiëf-Roes, 'n ryk wat deur Skandinawiese Warangiërs in die 9de eeu gestig is, die eerste histories gedokumenteerde Oos-Slawiese staat. Dit het in die middeleeue tot 'n magtige ryk ontwikkel, maar later, in die 12de eeu, verbrokkel. Teen die middel van die 14de eeu het Oekraïense gebiede onder die bewind van drie vreemde moondhede gestaan – die Goue Horde, die Grootvorstedom Litaue en die Koninkryk Pole. Ná die Groot Nordiese Oorlog (1700–1721) het Oekraïense gebiede deel geword van 'n aantal streeksmoondhede. In die 19de eeu is die grootste deel van die land by die Russiese Ryk ingelyf, terwyl die res onder Oostenryks-Hongaarse bewind gestaan het.

Ná die Eerste Wêreld- en die Russiese Burgeroorlog is Oekraïne deur gewapende konflikte geteister, terwyl tussen 1917 en 1921 verskeie pogings onderneem is om die land as onafhanklike staat te herstel. Ondanks internasionale erkenning het Oekraïne onder Sowjet-Russiese invloed gekom om op 30 Desember 1922 as Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek een van die stigtersrepublieke van die Sowjetunie te word. Kort voor en ná die Tweede Wêreldoorlog is gebiede langs die westelike grens by die Oekraïense SSR ingelyf. In 1954 het die Krim-skiereiland onder Oekraïense administrasie gekom. Die Oekraïense SSR was in 1945 een van die stigterslede van die Verenigde Nasies.

Oekraïne het sy onafhanklikheid ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 herwin. Die oorskakeling na 'n markekonomie was 'n moeilike proses wat met 'n lang resessie gepaard gegaan het. Die globale ekonomiese krisis in 2008 het die land nog eens in 'n resessie gedompel. Intussen toon die Oekraïense bruto binnelandse produk hoë jaarlikse groeisyfers. Oekraïne het tot 'n belangrike mark van globale betekenis ontwikkel en was in 2011 die derde grootste graanuitvoerder ter wêreld.

Oostenryk

Oostenryk (Duits: Österreich, [ˈøːstɐˌʁaɪç], ), amptelik die Republiek Oostenryk (Republik Österreich, ), is 'n federale republiek in Sentraal-Europa wat uit nege deelstate (waaronder die hoofstad Wene) bestaan. Die land grens in die weste aan Switserland en Liechtenstein, in die noorde aan Duitsland en Tsjeggië, in die ooste aan Slowakye en Hongarye, en in die suide aan Italië en Slowenië. Die huidige grense is in die Vredesverdrag van Saint-Germain in 1919 vasgelê wat die ontbinding van Oostenryk-Hongarye ná die Eerste Wêreldoorlog gereël het.

Die vroegste gedokumenteerde gebruik van die Duitse landsnaam Österreich as Ostarrichi is in 'n Oudhoogduitse teks van 996 oorgelewer. Daarnaas was ook die Latynse naam Austria gebruiklik. In 1156 het Oostenryk, wat oorspronklik hoofsaaklik deur setlaars uit die aangrensende Beiere ontwikkel is, 'n selfstandige hertogdom in die Heilige Romeinse Ryk geword. Nadat die Babenberg-dinastie in 1246 uitgesterf het, het die land onder Habsburgse bewind gekom. Die gebied, wat as Oostenryk bekendgestaan het, het later die hele Habsburgse monargie behels en uiteindelik die Keiserryk Oostenryk, wat in 1804 gestig is, en die Oostenrykse helfte van die dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye wat vanaf 1867 as veelvolkestaat bestaan het.

Die huidige republiek, aanvanklik vanweë die oorheersende taal ook Duits-Oostenryk genoem, is in 1918 gevorm nadat Oostenryk-Hongarye 'n nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog gely het en die seëvierende geallieerdes die vereniging van Duits-Oostenryk met die Duitse Ryk (retrospektief ook Republiek van Weimar genoem) verbied het. As selfstandige republiek het Oostenryk tussen die twee wêreldoorloë tot 'n diktatoriese korporatiewe staat ontwikkel voordat dit in 1938 met die sogenaamde Anschluss of aansluiting by die Nasionaal-Sosialisties oorheerste Duitse Ryk ingelyf is.

Die geallieerde moondhede, wat Oostenryk – net soos Duitsland – ná die Tweede Wêreldoorlog as besettingsmagte geadministreer het, het Oostenryk se selfstandige status herstel. Ná die einde van die geallieerde besetting het Oostenryk homself in 1955 tot 'n permanent onsydige, onafhanklike republiek verklaar en tot die Verenigde Nasies toegetree.

Oostenryk is sedert 1 Januarie 1995 'n lidland van die Europese Unie. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer; Euro-banknote en -muntstukke is sedert 2002 in omloop.

Pous Innocentius II

Innocentius II was die 164ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Russiese Ryk

Die Russiese Ryk (moderne Russies: Российская империя, transliterasie: Rossiiskaja Imperija) was ’n staat wat van 1721 tot met die Russiese Rewolusie van 1917 bestaan het. Dit was die opvolger van die Tsaredom van Rusland en die voorganger van die Sowjetunie.

Die Russiese Ryk was een van die grootstes in die geskiedenis. Op een tydstip in 1866 het dit van Oos-Europa, oor Noord-Asië tot in Noord-Amerika gestrek. Aan die begin van die 19de eeu was Rusland die grootste land in die wêreld en het dit van die Arktiese Oseaan in die noorde tot by die Swartsee in die suide gestrek en van die Oossee in die weste tot by die Stille Oseaan in die ooste. Oor hierdie uitgestrekte ryk was die ryk se 150 miljoen onderdane gestrooi: van arm, ongeletterde plattelanders tot ryk adellike families. Die ryk, met die keiser aan die hoof, was een van die laaste absolute monargieë in Europa.

Die Russiese Ryk was die natuurlike opvolger van die Tsaredom van Rusland. Hoewel tsaar Pieter I die ryk eers amptelik ná die Verdrag van Nystad (1721) geproklameer het, meen sommige geskiedkundiges dat dit eintlik ontstaan het toe Pieter I die troon vroeg in 1682 bestyg het.

Die administratiewe grense van Europese Rusland, Finland uitgesluit, het rofweg die natuurlike grense van die Oos-Europese vlaktes gevolg. In die noorde het dit die Arktiese Oseaan ontmoet (die eilande van Nowaja Semlja, Kolgoejef en Waigatsj het ook daartoe behoort), maar die Karasee is as deel van Siberië beskou. In die ooste was daar die ryk se Asiatiese heerskappye: Siberië en die Kirgisiese steppe; albei was egter deur die Oeralgebergte, die Oeralrivier en die Kaspiese See van die Russiese Ryk geskei. Die administratiewe grens het egter gedeeltelik gestrek tot aan die Siberiese hang van die Oeralgebergte in Asië. In die suide was daar die Swartsee en die Kaukasus; laasgenoemde is deur die Manitsj-laagte van die ryk geskei. Dié laagte het in Post-Plioseense tye die See van Azof met die Kaspiese See verbind. Die westelike grens was suiwer konvensioneel: dit het die skiereiland van Kola gekruis vanaf die Varangerfjord tot by die Golf van Botnië; daarvandaan het dit gestrek tot by die Koerse strandmeer in die Suidelike Oossee en daarvandaan tot by die mond van die Donau. Uit die Donau het dit in ’n sirkelvorm na die Weste geswaai om Pole te omarm en Rusland van Pruise, Oostenrykse Galisië en Roemenië te skei.

Spanje

Spanje (Spaans: España, [esˈpaɲa], ), amptelik die Koninkryk Spanje (Spaans: Reino de España, Katalaans: Regne d'Espanya, Aragonees: Reino d'Espanya, Asturies: Reinu d'España, Baskies: Espainiako Erresuma, Galicies: Reino de España, Oksitaans: Reiaume d'Espanha), is 'n land in die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese Skiereiland met Portugal en Gibraltar. In die noorde word Spanje begrens deur die Pireneë van Frankryk en die landjie Andorra. Die Baleariese Eilande in die Middellandse See, die Kanariese Eilande langs die weskus van Noord-Afrika, asook die eksklawes Ceuta en Melilla in Noord-Afrika, wat deur Marokko omring word, maak deel uit van Spanje se staatsgebied.

Spanje is 'n grondwetlike erflike monargie nadat dit dekades lank, tot die fascistiese leier of caudillo Francisco Franco se afsterwe in 1975, deur 'n diktatoriese regime beheer is. Administratief word die land onderverdeel in 17 outonome gemeenskappe en twee outonome stede (ciudades autónomas), die eksklawes Ceuta en Melilla. Die hoofstad en grootste metropool is Madrid. Ander belangrike metropolitaanse gebiede sluit Barcelona, Valencia, Sevilla, Bilbao, Zaragoza en Málaga in.

Spanje is 'n lidstaat van die Verenigde Nasies (VN, sedert 14 Desember 1955), die Europese Unie (EU, sedert 1 Januarie 1986), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO, sedert 1961) en die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO, sedert 30 Mei 1982). Dit is een van die hoogs ontwikkelde nywerheidslande en word ook onder die wêreld se grootste twintig in- en uitvoerlande gereken. Danksy 'n hoogs ontwikkelde toerismesektor is Spanje die tweede meesbesoekte land op aarde na Frankryk. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Die amptelike taal is Spaans (Castellano), met Katalaans as tweede ampstaal in die outonome gemeenskappe van Katalonië, Valencia en op die Baleariese Eilande; Baskies in die Baskeland en dele van Navarra; Galicies in Galisië; en Aranees in die Val d'Aran. Aragonees en Asturies word as streekstale erken. Die bevolking word volgens taal of dialek en kultuur onderverdeel in Kastiliane in Noord- en Sentraal-Spanje, Andalusiërs in die suide, Galiciërs in die noordweste, Baske in die noordoostelike Atlantiese kusgebied en Katalane in die noordoostelike Mediterreense streek.

Die geskiedenis van Spanje se kultuur strek terug tot in die prehistoriese tydperk toe die land omstreeks 15 000 v.C. deur die Iberiërs bewoon is wat hul naam aan die Iberiese Skiereiland verleen het. Die geskiedenis van kuns in Spanje strek oor byna twintig millennia, van paleolitiese kuns wat in grotte in die noordweste van die land aangetref word, tot Salvador Dalí se 20ste eeuse surrealistiese skilderye.

Wene

Wene of Wenen (Duits: Wien [viːn] , Oostenryks: Wean) is die hoofstad van Oostenryk en vorm tegelykertyd een van die nege federale deelstate (Bundesland Wien) van dié land. Met 'n bevolking van ongeveer 1,89 milljoen is Wene die grootste stad en die kulturele en politieke spilpunt van die Alperepubliek. Dit is na Berlyn en nog voor Hamburg die naasgrootste Duitssprekende stad in Europa.

Die stad is geleë aan weerskante van die Donau, 40 kilometer van die Oostenryks-Slowaakse grens en 50 km van die Slowaakse hoofstad Bratislava af. Wene, wat ondanks sy periferiese ligging in die ooste van Oostenryk tot dié land se belangrikste politieke, ekonomiese, wetenskaplike en kulturele sentrum ontwikkel het, word as enklawe – en as een van Oostenryk se nege deelstate – volledig omring deur die deelstaat Neder-Oostenryk. Dit is die setel van Oostenryk se seremoniële staatshoof, die federale president (Bundespräsident), die federale regering (Bundesregierung), verskeie administratiewe federale liggame en die regering van Wene wat 'n dubbele politieke funksie uitoefen as munisipale en deelstaatregering. So fungeer die Weense burgemeester gelyktydig as eerste minister van die deelstaat Wene (Landeshauptmann).

Wene is een van die mees bekende stede in Europa en neem 'n prominente plek in die geskiedenis van die Westerse beskawing, wêreldkultuur en -geskiedenis in. Die historiese stadskern is deur Unesco in 2001 as wêrelderfenisgebied gelys. Maar selfs Wene se tradisionele koffiehuiskultuur word deur Unesco as immateriële wêrelderfenis erken.

In sy lang geskiedenis, wat oor meer as 2000 jaar strek, het Wene feitlik alle kenmerkende historiese fases van 'n Europese metropool deurloop, van 'n beskeie begin as Keltiese en Romeinse nedersetting tot sy huidige status as wêreldstad. Die langste fase was dié van keiserlike hoofstad en regeringsetel, 'n funksie wat Wene tussen 1558 en 1918 vervul het – tot 1806 as setel van die Heilige Romeinse Ryk en vervolgens as hoofstad van die Keiserryk Oostenryk-Hongarye, 'n veelvolkestaat wat ná die woelinge van die Eerste Wêreldoorlog verbreek het. Wene se status is daarna afgeskaal tot dié van 'n kleiner, landgebonde en merendeels Duitssprekende Republiek Oostenryk.

Vanaf 1938 is Oostenryk sewe jaar lank by Adolf Hitler se Groot-Duitse Ryk ingesluit. Hitler, 'n boorling van Braunau am Inn in Oostenryk wat jare lank in Wene gewoon het, het besondere guns aan die stad betoon deur die inlywing van omliggende nedersettings. Hierdie Groß-Wien ("Groot Wene"), soos dit – analoog met Groß-Berlin – bekend gestaan het, is deur die geallieerde moondhede, wat Oostenryk in vier besettingsones verdeel het, weer ontbind en sy oorspronklike grense herstel. Anders as die res van die land is Wene in vier sones verdeel – die binnestad of Innere Stadt is tot internasionale sone verklaar. Met die ondertekening van die Oostenrykse Staatsverdrag in 1955 is die geallieerde besetting beëindig en Wene se status as hoofstad van 'n soewereine Republiek Oostenryk herstel.

Al is Wene deur die verwoestinge van die Tweede Wêreldoorlog geraak (meer as sestig persent van alle skade deur bomaanvalle en ander oorlogshandelinge in Oostenryk is in die hoofstad aangeteken), het 'n ambisieuse heropbouprogram verseker dat Wene in sy ou glorie kon herrys. Vandag is dit een van min groot Wes-Europese metropole waarvan die historiese middestad grotendeels bewaar gebly het – met al sy uitsigte wat oor die eeue deur generasies van stadsbeplanners en tuinargitekte ontwerp is. So word die stadskern se kimlyn steeds oorheers deur die torings van die Sint Stefanuskatedraal en het die stadskarakter in sy geheel – in vergelyking met die tydperk voor 1914 – nie merkbaar verander nie.

Terwyl 'n verskeidenheid moderne bouprojekte sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog verwesenlik is, het ook talle voorbeelde van Romeins-Duitse boukuns en argitektuur uit die Oostenryks-Hongaarse Keisertyd bewaar gebly. Leidende Jugendstil-kunstenaars en -boumeesters soos Klimt en Schiele het eweneens hul spore gelaat. Meer as eenhonderd museums (met eersterangse, maar soms ook baie eksentriese versamelings) en die veelsydige kulturele lewe, wat een van sy hoogtepunte gedurende die balseisoen in Januarie en Februarie bereik, en sy reputasie as die "Wêreldhoofstad van musiek", wat deur beroemde klassieke komponiste soos Ludwig van Beethoven, Wolfgang Amadeus Mozart, Gustav Mahler, Johann Strauss en Arnold Schönberg gevestig is, maak van Wene 'n eersterangse internasionale toeristebestemming wat jaarliks meer as elf miljoen besoekers lok.

Wene was, vanweë sy ligging in 'n grensgebied tussen Wes- en Oos-Europa, steeds blootgestel aan 'n verskeidenheid kulturele invloede, maar ook 'n trekpleister vir honderdduisende migrante uit afgeleë Alpevalleie, die Boheemse platteland, die vlaktes van Galisië of die donker woude van Transsilvanië wat hier 'n heenkome probeer vind het. Danksy ongekende groei het Wene se bevolking in 1910 die twee-miljoen-kerf oorskry. Later, gedurende en ná die Groot Oorlog, wat in 1914 uitgebreek het, het vlugtelinge en ander ontworteldes na die Donaumetropool gestroom.

Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), die Verenigde Nasies se Industriële Ontwikkelingsorganisasie (UNIDO), die Organisasie van Petroleum Uitvoerende Lande (Opul), die Internasionale Atoomenergie Agentskap (IAEA), sowel as ander VN-kantore en verskeie internasionale instellings en maatskappye is gevestig in Wene.

Władysław Gomułka

Władysław Gomułka (* 6 Februarie 1905 in Krosno, Galisië, Oostenryk-Hongarye (tans Pole); † 1 September 1982 in Warskou) was 'n Poolse politikus en leier van die Poolse Verenigde Arbeidersparty (PVAP).

Outonome gemeenskappe van Spanje
Outonome gemeenskappe
Outonome stede
Plazas de soberanía

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.