GNU-lisensie vir vrye dokumentasie

Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede (meer as 100 eksemplare) versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook beskikbaar gestel word.

Die lisensie is ontwerp vir handleidings, handboeke, ander naslaanwerke of instruksies en dokumentasie wat dikwels met GNU-sagteware gepaard gaan. Dit kan egter vir enige teksgebaseerde werk gebruik word, ongeag van die inhoud of onderwerp. Die tekstuele inhoud van Wikipedia val tans onder die voorwaardes van hierdie lisensie.

Die GNU-deel van die afkorting is 'n rekursiewe akroniem vir GNU's Not Unix. Die res verwys na die Engels vir Vrye Dokumentasie Lisensie.

Heckert GNU white
Die GNU-kenteken.

Sien ook

Eksterne skakels

Japannese Wikipedia

Die Japannese weergawe van Wikipedia (ウィキペディア) is op 20 Mei 2001 geskep. Op 31 Augustus 2010 bevat dit reeds 700 000 artikels.

Die wikipedia het tans 1 170 971 artikels, wat dit die 13de grootste uitgawe van Wikipedia maak, na die Engelse, Sweedse, Duitse, Franse, Italiaanse, Poolse en ander Wikipedias.

Oopbronkode

Oopbronkode (Engels: Open source ˈoʊpən sɔːɹs) verwys na 'n versameling van sagtewarelisensies waardeur sagteware se bronkode in die openbaar toeganklik gemaak kan word, met die veronderstelling dat dit die verdere ontwikkeling en bevordering van hierdie sagteware sal bewerkstellig.

Oopbronsagteware (Engels: Open source software) staan onder een van die Open Source Initiative (OSI) se erkende lisensies. Hierdie organisasie is bemoeid met die assessering van sagteware volgens die kriteria van die Open Source Definition, wat met die beskikbaarheid van die bronkode te doen het. Hierdie kriteria het verskeie ooreenkomste met die definisie van vrye sagteware.

Wikitravel

Wikitravel is 'n webwerf wat poog om 'n volledige, op-datum, en betroubare reisgids oor alle wêrelddele op die Internet beskikbaar te maak. Die webwerf gebruik die MediaWiki-sagteware wat ook op Wikipedia gebruik word. Wikitravel is nou in 19 tale beskikbaar, onder ander in Nederlands, Engels, Duits, Frans, Japannees, Roemeens en Sweeds. Ongelukkig is dit nog nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wikitravel is nie 'n sustersprojek van die Wikimedia Stigting nie, maar is wel afgelei van Wikimedia. Teks op Wikipedia word onder die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie geplaas, terwyl Wikitravel die "Creative Commons Attribution ShareAlike" (CC-BY-SA) lisensie gebruik. Die nadeel hiervan is dat teks nie met Wikimedia projekte gedeel of uitgeruil mag word nie.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.