Ferrari

Ferrari is 'n Italiaanse motormaatskappy met sy hoofkwartier in Maranello. Die maatskappy is deur Enzo Ferrari in die laat 1940's gestig.

Ilario Bandini ed Enzo Ferrari
Enzo Ferrari (links).

Enzo Ferrari was van jongs af baie entoesiasties oor renmotors en het Ferrari gestig om geld in te samel sodat hy aan meer motorrenne kon deelneem. Dit het eers as 'n klein maatskappy begin, maar het vinning gegroei tot een van die bekendste en beroemdste motorfabrikate in die wêreld.

Ferrari neem tans ook deel aan Formule Eenwedrenne. Die span was vir jare lank die nommer een span in die kompetisie, nadat dit vele podiumplekke behaal het, jaar na jaar, met die Duitser Michael Schumacher as toprenjaer. In 2009 is die twee Formule Een motors deur die Fin Kimi Räikkönen en die Brasilianer Felipe Massa bestuur.

Enzo FerRari
Ferrari se supermotor
Ferrari 360
Die Ferrari 360
Ferrari Werke
Die Ferrarifabriek en hoofkantoor

Terug in die vertoonlokaal, was die 2009 motors op Ferrari se verkoopslys die 612 Scaglietti, 599 GTB Fiorana, F430 en die California. Die California is Ferrari se eerste poging om 'n harde afslaankap te produseer, en die motor het tot dusver verskeie pryse verower vir sy uitstekende dinamika, ten spyte van die ekstra massa van die afslaankap wat in die kattebak kan wegvou.

Die 599 GTB (Gran Turismo Berlinetta) is 'n herskepping van 'n vroeëre motor, die 1960's 275GTB, en die California is 'n herskepping van 'n motor van die 1970's met dieselfde naam. Die 599 GTB word tans deur Ferrari beskryf as 'n perfekte supermotor vir alledaagse gebruik en is gebou op dieselfde basiese beginsel as die 275GTB met 'n enjin wat voor sit, 'n ratkas wat agter die bestuurder lê en agterwielaangedrewe is om 'n amper perfekte massaverspreiding tussen die voor- en agterwiele te verkry. Hierdie uitleg maak dat die 599 GTB van nul tot honderd kan versnel in 4,2 sekondes en aanhou hardloop tot oor 300 km/h. Die F430 aan die ander kant inkorporeer 'n ander bou-uitleg met 'n midgeplaasde enjin, ratkas wat voor sit en agtergedrewe is. In die F430 klas is 'n liggewigmodel, die F430 Scuderia, ook beskikbaar. Die motor se bakwerk bestaan meestal uit ligte materiale en al die onnodige rekenaars en elektronika is verwyder om meer as 100 kg te bespaar. Hierdie gewigsbesparing het 'n effek wat die nul-tot-honderdtyd vir die Scuderia met 'n sekonde verbeter bó die standaard F430.

Ferrari S.p.A.
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1929
1947 (nuut)
Hoofkantoor MaranelloItalië
SleutelpersoneLuca di Montezemolo (hoof uitvoerende beampte)
Piero Ferrari (adjunkhoof)
Amedeo Felisa (voorsitter van die Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
Produktesuperkarre
DiensteFinansiële en logistieke dienste
Inkomste2,3 miljard €[1] (2013)
Werknemers2 695[2] (2011)
MoedermaatskappyFiat S.p.A. (90%)
Piero Ferrari (10%)
Webwerfferrari.com

Verwysings

  1. (fr) Ferrari affiche un chiffre d'affaires record en 2013, Challenges, besoek op 13 April 2014.
  2. (en) "Annual Report 2011" (PDF). fiatspa.com. Besoek op 13 April 2014.

Bronne:

2016 Brasiliaanse Grand Prix

Die 2016 Formule Een Brasiliaanse Grand Prix het op 13 November 2016 op die Autódromo José Carlos Pace (beter bekend as Interlagos) in São Paulo, Brasilië plaasgevind. Dit was die twintigste en voorlaaste wedren van die 2016-kampioenskapseisoen.

2016 Japannese Grand Prix

Die 2016 Formule Een Japannese Grand Prix het op 9 Oktober 2016 op die Suzuka Internasionale Renbaan in Japan plaasgevind. Dit was die sewentiende wedren van die kampioenskapseisoen.

Mercedesjaer Nico Rosberg lei die F1-Wêreldbestuurderskampioenskap met 'n voorsprong van 23 punte oor spanmaat Lewis Hamilton. Mercedes het 'n voorsprong van 194 punte oor Red Bull Racing in die F1-Wêreldvervaardigerskampioenskap.

2016 Kanadese Grand Prix

Die 2016 Formule Een Kanadese Grand Prix is op 12 Junie 2016 op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada gehou. Dit was die sewende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes AMG gewen.

2016 Oostenrykse Grand Prix

Die 2016 Formule Een Oostenrykse Grand Prix is op 3 Julie 2016 op die Red Bull Ring in Spielberg, Oostenryk gehou. Dit was die negende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Lewis Hamilton in sy Mercedes gewen.

2016 Russiese Grand Prix

Die 2016 Formule Een Russiese Grand Prix is op 1 Mei 2016 op die Sochi Autodrom gehou. Dit was die vierde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Nico Rosberg in sy Mercedes-Benz gewen.

2016 Verenigde State Grand Prix

Die 2016 Formule Een Verenigde State Grand Prix het op 23 Oktober 2016 op die Circuit of the Americas in Austin, Texas plaasvind. Dit was die agtiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Mercedesjaer Nico Rosberg het die F1-Wêreldbestuurderskampioenskap gelei met 'n voorsprong van 33 punte oor spanmaat Lewis Hamilton. Mercedes het 'n onaantasbare voorsprong van 208 punte oor Red Bull Racing in die F1-Wêreldvervaardigerskampioenskap.

2017 Britse Grand Prix

Die 2017 Formule Een Britse Grand Prix is op 16 Julie 2017 op die Silverstone-renbaan in Silverstone, Engeland gehou. Dit was die tiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

2017 Formule Een-seisoen

Die Formule Een-seisoen van 2017 het uit 20 Grand Prix-wedrenne bestaan, wat oor alle wêrelddele, behalwe Afrika, plaasgevind het.

2017 Hongaarse Grand Prix

Die 2017 Formule Een Hongaarse Grand Prix (Hongaars: Formula 1 Magyar Nagydij 2017) is op 30 Julie 2017 op die Hungaroring in Budapest, Hongarye beslis. Dit was die 947ste wedren van die Wêreldbeker-Formule Een wat sedert 1950 gejaag is.

Dit was sedert 1986 die twee-en-dertigste uitgawe van die Hongaarse Grand Prix in die wêreldkampioenskap van Formule 1, en die elfde rondte van die kampioenskap in 2017.

2017 Kanadese Grand Prix

Die 2017 Formule Een Kanadese Grand Prix het op 11 Junie 2017 op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada plaasgevind. Dit was die sewende wedren van die kampioenskapseisoen gewees en is deur Lewis Hamilton in sy fabrieks-Mercedes AMG gewen.

2017 Meksikaanse Grand Prix

Die 2017 Formule Een Meksikaanse Grand Prix is op 29 Oktober 2017 op die Autódromo Hermanos Rodríguez in Meksikostad, Meksiko beslis. Dit was die agtiende wedren van die kampioenskapseisoen en die derde keer sedert 1992 wat dit in Meksiko plaasgevind het.

2017 Monaco Grand Prix

Die 2017 Formule Een Monaco Grand Prix is op 28 Mei 2017 op die Monaco-renbaan in Monte Carlo gehou. Dit was die sesde ren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in sy fabrieksingeskrewe Ferrari gewen.

2017 Oostenrykse Grand Prix

Die 2017 Formule Een Oostenrykse Grand Prix is op 9 Julie 2017 op die Red Bull Ring in Spielberg, Oostenryk gehou. Dit was die negende wedren van die kampioenskapseisoen gewees, en is deur die jong renjaer Valtteri Bottas in 'n Mercedes AMG gewen.

2018 Azerbeidjanse Grand Prix

Die 2018 Formule Een Azerbeidjanse Grand Prix het vir die tweede jaar op 29 April 2018 op die Bakoe-straatrenbaan in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan, plaasgevind. Dit was die vierde wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

2018 Formule Een-seisoen

Die Formule Een-seisoen van 2018 bestaan uit 21 Grand Prix-wedrenne, wat tans oor alle wêrelddele, behalwe Afrika, gehou word.

Lewis Hamilton is die huidige wêreldbestuurderskampioen, en Mercedes die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers.

Pirelli is weereens die enigste bandverskaffer vir die 2018-seisoen.

2018 Japannese Grand Prix

Die 2018 Formule Een Japannese Grand Prix is op 7 Oktober 2018 op die Suzuka Internasionale Renbaan in Japan gehou. Dit was die sewentiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

2018 Spaanse Grand Prix

Die 2018 Formule Een Spaanse Grand Prix is op 13 Mei 2018 op die Circuit de Barcelona-Catalunya in Montmeló, Spanje gehou. Dit was die vyfde wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

2019 Oostenrykse Grand Prix

Die 2019 Formule Een Oostenrykse Grand Prix is op 30 Junie 2019 op die Red Bull Ring in Spielberg, Oostenryk gehou. Dit was die negende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Scuderia Ferrari

Scuderia Ferrari is die naam vir die Gestione Sportiva, die afdeling van die Ferrari motormaatskappy wat by motorsport betrokke is. Die renspan het in verskeie klasse van motorsport deelgeneem sedert sy stigting in 1929. Die span neem tans slegs in Formule Een onder die naam "Scuderia Ferrari" deel. Die Scuderia en Ferrari Corse Clienti hanteer ook die wedrenaktiwiteite van talle Ferrarikliënte en privaatspanne in ander kategorieë van motorsport.

Scuderia Ferrari is statisties die mees suksesvolle F1-span in die geskiedenis, met 'n rekord van 15 bestuurderskampioenskappe en 16 vervaardigerskampioenskappe gewen. Deur sedert 1948 deel te neem is dit ook die oudste oorlewende span. Ferrari is ook een van die mees gewilde spanne in motorsport met 'n groot aantal ondersteuners, bekend as tifosi.

Ferrari was vele kere die Formule Een vervaardigerskampioen. Die span se huidige bestuurders is Sebastian Vettel en Kimi Räikkönen, en hul toetsbestuurders is Esteban Gutiérrez en Jean-Éric Vergne. Michael Schumacher was voorheen ook 'n tegniese adviseur vir die span en was aangewys as 'n tydelike bestuurder terwyl Felipe Massa herstel het van 'n besering, maar Schumacher het later geweier om te bestuur as gevolg van bekommernis met betrekking tot 'n nekbesering wat hy tydens 'n motorfietsongeluk opgedoen het. Ferrari het 'n plek aan Giancarlo Fisichella gegee na sy goeie vertoning in die 2009 Belgiese Grand Prix. Hy sou die laaste vyf renne van die seisoen vir Ferrari jaag.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.