Europese Unie

Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 28 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.

Map-Europe-Outermost-regions
Spesiale gebiede van die lidlande van die Europese Unie:

   Europese Unie

   Afhanklike gebiede

   Oorsese gebiede

Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 510 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €14,9 ($17,0) biljoen in 2017.[7] Die Unie is ook 'n enkelmark[10] met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery-ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan.[11] Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 19 lede aanvaar is.

Burgers van EU-lidmaatlande is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidlande kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidlande is deur die Schengen-ooreenkoms afgeskaf.[12]

Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 24 amptelike tale.

Europese Unie
Vlag van Europa Kenteken van Europa
Vlag Kenteken
Nasionale leuse: Unita in Diversitate[1][2][3]
(Latyns vir: "In verskeidenheid verenig")
Volkslied: Europese volkslied[2]
(Afrikaans: "Lofsang aan die vreugde")
Ligging van Europa
Hoofstad Vlag van België Brussel (de facto)[4]

50°51′N 4°21′O / 50.850°N 4.350°O

Grootste stad Vlag van Verenigde Koninkryk Londen en Vlag van Frankryk Parys
Amptelike tale Bulgaars, Deens, Duits,
Engels, Estnies, Fins,
Frans, Grieks, Hongaars,
Italiaans, Iers, Kroaties,
Lets, Litaus, Maltees,
Nederlands, Pools, Portugees,
Roemeens, Slowaaks, Sloweens,
Spaans, Sweeds, Tsjeggies
Regering
• Europese Kommissie-president
• Europese Raad-president
Polities-ekonomiese unie
Jean-Claude Juncker
Donald Tusk
Onafhanklikheid
Vorming
• Verdrag van Rome
Verdrag van Maastricht


1 Januarie 1958
1 November 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
4 479 968[5] km2  (7de(a))
1 729 725 myl2
3,08
Bevolking
 - 2017-skatting
 - Digtheid
 
510 284 430[6] (3de(a))
113,9 / km2 (-)
295 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$20 745 miljard[7] (2de(a))
$40 610[7] (18de(a))

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$16 970 miljard[7] (2de(a))
$32 348[7] (15de(a))

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,874[8] (13de/29ste(a))  –  baie hoog
Gini (2015) 31[9](16de(a)) –  medium
Geldeenheid Euro (€); 10 ander (EUR; Eurosone)
Tydsone
 - Somertyd
WET, MET, OET(b) (UTC±0, +1, +2)
WEST, MEST, OEST (UTC+1, +2, +3)
Internet-TLD .eu(c)
Skakelkode +
(a) Indien beskou as 'n enkele entiteit.
(b) Uitsluitend oorsese gebiede.
(c) .eu verteenwoordig die hele EU; lidlande het ook hul eie TLDs.

Geskiedenis

EU Constitution Ratification Map
Ratifikasie van die Grondwet vir Europa:

   Ja – Deel van die toetreding onderhandel

   Ja – Parlement

   Ja – Referendum

   Nee – Referendum

   Referendum gekanselleer

   Parlement gekanselleer

Lisbon Treaty ratification progress
Ratifikasie vooruitgang van die Verdrag van Lissabon in die Europese Unie.

Die idee het reeds tydens die Tweede Wêreldoorlog pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. In 1943 het die regerings van Nederland, België en Luxemburg in ballingskap in Londen die Benelux gestig.[13] Frankryk wou aanvanklik ook aansluit maar die Franse regering het die voorwaarde gestel dat die Verenigde Koninkryk ook lid sou word, maar hulle het geweier.

Verdrag van Parys: die EGKS

Ná die oorlog het die geallieerde lande Duitsland se vervaardiging van kole en staal aanvanklik beperk omdat hulle 'n nuwe Duitse bewapening as 'n gevaar gesien het. Dit het nogtans ook die ekonomiese herstel van die kontinent verhinder. In Frankryk het mense soos Jean Monnet en Robert Schuman Europese integrasie as 'n oplossing van hierdie probleem gesien. In Duitsland het hulle van Konrad Adenauer steun gekry en in Italië van Alcide De Gasperi. Robert Schuman het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied, waarin die mag oor vervaardiging van kole en staal aan 'n supranasionale outoriteit bo die nasionale owerhede afgegee sou word. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur ondertekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.

Verdrag van Rome: die EEG

Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, ondergeteken deur dieselfde ses lande, het die Euratom en die Europese Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur ondertekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Europese Kommissie, die Europese Raad en die Europese Parlement. Die EEG was baie suksesvol en die ekonomie van die ses het gegroei. Ander lande is in 1957 genooi om ook deel te neem, maar die Verenigde Koninkryk het opnuut geweier en het in 1960 as alternatief 'n eie organisasie opgerig, die EFTA, wat net op vryhandel gebaseer was en geen politieke integrasie nagestreef het nie. Die EFTA kon nogtans nie verhinder dat die Britse ekonomie, veral deur die dekolonisasie, in die 1960's groot probleme kry nie.

De Gaulle

Die Franse president Charles de Gaulle het die ideeë van Schuman en Monnet oor supranasionalisme verwerp en het Frankryk enige tyd uit die EEG teruggetrek. Die ander vyf het nogtans nie opgegee nie. Frankryk keer terug omdat die Franse ekonomie dit nodig het, maar die planne vir meer supranasionalisme word bevries (die kompromis van Luxemburg). Die Verenigde Koninkryk verander ook sy planne en wou toetree. Aanvanklik blokkeer De Gaulle dit.

Eerste uitbreiding

In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Die Noorse regering onderhandel ook met sukses, maar die lidmaatskap word in 'n referendum deur die bevolking afgewys. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal het ná hulle demokraties geword het in 1986 gevolg.

Verdrag van Maastricht: die EU

In hierdie tydperk het 'n verwarrende verskeidenheid aan (intergoewermentele) Europese organisasies bestaan. Altiero Spinelli het met sy Krokodilklub – met gedeeltelike sukses – geprobeer om verder integrasie 'n hupstoot te gee. Hy oortuig die Franse president François Mitterrand om die Franse non teen verder integrasie en meer supransionalisme op te gee. In 1987 word die besluitneming versoepel en die Verdrag van Maastricht, onderteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie.

Tweede uitbreiding

Die einde van die Koue Oorlog bring groot veranderings. In 1990 is die Duitse Demokratiese Republiek opgehef en word hierdie gebied wat op papier altyd lid gewees het geïntegreer in die EU. Dit verloop nie sonder probleme nie. Die koppeling tussen die munte, die ERM, word onhoudbaar en die VK verlaat die ERM. In 1995 word Oostenryk, Finland en Swede lede van die EU. Aldrie was neutraal in die Koue Oorlog. Die Euro is in 2002 ingevoer, maar sommige lande het hul eie geldeenhede behou.

Derde uitbreiding

Tien nuwe lande het op 1 Mei 2004 lede geword van die EU: Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. Op 1 Januarie 2007 het Bulgarye en Roemenië nog bygekom. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 onderteken. In 2012 het die Europese Unie die Nobelprys vir Vrede vir "60 jare Vrede in Europa" ontvang.[14] Op 1 Julie 2013 het Kroasië by die EU aangesluit, sodat die EU nou in totaal uit 28 lidlande bestaan. Op 1 Januarie 2014 het die Franse oorsese gebied Mayotte deel van die EU-gebied geword.

Tydlyn

Tydlyn met die evolusie van die struktuur van die Europese Unie.

Onderteken
In werking
Dokument
1948
1948
Brussel
1951
1952
Paris
1954
1955
Modified Brussel
1957
1958
Rome
1965
1967
Samesmelting Verdrag
1975
N/A
Europese Raad
1986
1987
Europese Akte
1992
1993
Maastricht
1997
1999
Amsterdam
2001
2003
Nice
2007
2009
Lissabon
Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif Pix.gif
                       
Pylerstruktuur van die Europese Unie:  
Europese Gemeenskap (EG):  
Europese Atoomenergie Gemeenskap (EAG)
Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) Verdrag 2002 beëindig Europese Unie (EU)
    Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) Europese Gemeenskap (EG)
    TREVI Justisie en Binnelandse Sake (JBS)  
  Polisiële en justisiële samewerking in strafsake (PJSS)
  Europese politieke samewerking (EPS) Gemeenskaplik buitelands en veiligheidsbeleid (GBVB)
Ongekonsolideerde liggame Wes-Europese Unie (WEU)    
Verdrag 2010 beëindig  
                   

Lidlande

EC-EU-enlargement animation
Lidlande volgens jare
EU28-states with applications
Kandidaatlande van die Europese Unie:

   Lidlande

   Kandidaatlande

   Aansoek om lidmaatskap

   Toetreding in 'n referendum verwerp

   Aansoek gevries

   Aansoek deur EG verwerp

Schengenzone
Lidlande van die Schengen-ooreenkoms:

   Schengen-lidlande van die Europese Unie

   Ander Europese Schengen-lidlande

   Kandidaatlande van die Schengen-ooreenkoms

   Vennootlande

European Union Eastern Partnership
Oostelike vennootlande van die Europese Unie:

   Europese Unie

   Vennootlande

EU28-2013-Union for the Mediterranean
Lidlande van die Unie van die Middellandse See:

   Lidlande van die Europese Unie

   Ander lidlande

Datum Geskiedenis van die lidmaatskap van die EU No.
1 Januarie 1957 Vlag van België België, Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitslanda, Vlag van Frankryk Frankryk, Vlag van Italië Italië, Vlag van Luxemburg Luxemburg, Vlag van Nederland Nederland 6
1 Januarie 1973 Vlag van Denemarke Denemarkeb, Flag of Ireland Ierland, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 9
1 Januarie 1981 Vlag van Griekeland Griekeland 10
1 Januarie 1986 Vlag van Portugal Portugal en Vlag van Spanje Spanje 12
1 Januarie 1995 Vlag van Finland Finland, Vlag van Oostenryk Oostenryk, Vlag van Swede Swede 15
1 Mei 2004 Vlag van Estland Estland, Vlag van Hongarye Hongarye, Vlag van Letland Letland, Vlag van Litaue Litaue, Vlag van Malta Malta, Vlag van Pole Pole, Flag of Cyprus Siprusc, Vlag van Slowakye Slowakye, Vlag van Slowenië Slowenië, Flag of the Czech Republic Tsjeggië 25
1 Januarie 2007 Vlag van Bulgarye Bulgarye en Vlag van Roemenië Roemenië 27
1 Julie 2013 Vlag van Kroasië Kroasië 28

a Op 3 Oktober 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.
b Groenland het in 1979 outonoom van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.
c de facto is slegs die suidelike deel van Siprus 'n lidland van die EU. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is 'n omstrede gebied en word net deur Turkye erken.

Kandidaatlande

Amptelike kandidaatlande van die Europese Unie is Albanië, Masedonië, Montenegro, Serwië en Turkye. Moontlike kandidaatlande is Bosnië en Herzegowina en Kosovo. Voormalige kandidaatlande is Noorweë, Switserland en Ysland.

Bestuur

Verdrae

Die EU is gegrondves op twee verdrae: die Verdrag betreffende die Europese Unie en die Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie.[15] Daar is ook nog 'n apart verdrag vir Euratom.

Instellinge en ander liggame

Instellinge

Die instellinge van die Europese Unie is:[16]

Verspreiding van setels per land in die Europese Parlement:[17]

Land 1952 1958 1973 1979 1981 1986 1990 1994 1995 2004 2007 2009 2011 2013 2014
Flag of Europe Europese Unie 78 142 198 410 434 518 536 567 626 732 785 736 754 766 751
Vlag van België België 10 14 14 24 24 24 24 24 25 25 24 22 22 22 21
Vlag van Duitsland Duitsland 18 36 36 81 81 81 99 99 99 99 99 99 99 99 96
Vlag van Frankryk Frankryk 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 74 74 74
Vlag van Italië Italië 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73
Vlag van Luxemburg Luxemburg 04 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06 06
Vlag van Nederland Nederland 10 14 14 25 25 25 25 31 31 27 27 25 26 26 26
Vlag van Denemarke Denemarke 10 16 16 16 16 16 16 14 14 13 13 13 13
Flag of Ireland Ierland 10 15 15 15 15 15 15 13 13 12 12 12 11
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73
Vlag van Griekeland Griekeland 24 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21
Vlag van Spanje Spanje 60 60 64 64 54 54 50 54 54 54
Vlag van Portugal Portugal 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21
Vlag van Finland Finland 16 14 14 13 13 13 13
Vlag van Oostenryk Oostenryk 21 18 18 17 19 19 18
Vlag van Swede Swede 22 19 19 18 20 20 20
Vlag van Estland Estland 06 06 06 06 06 06
Vlag van Letland Letland 09 09 08 09 09 08
Vlag van Litaue Litaue 13 13 12 12 12 11
Vlag van Malta Malta 05 05 05 06 06 06
Vlag van Pole Pole 54 54 50 51 51 51
Vlag van Slowakye Slowakye 14 14 13 13 13 13
Vlag van Slowenië Slowenië 07 07 07 08 08 08
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 24 24 22 22 22 21
Vlag van Hongarye Hongarye 24 24 22 22 22 21
Flag of Cyprus Siprus 06 06 06 06 06 06
Vlag van Bulgarye Bulgarye 18 17 18 18 17
Vlag van Roemenië Roemenië 35 33 33 33 32
Vlag van Kroasië Kroasië 12 11
Institutions europeennes IMG 4300
Setel van die Europese Parlement in Straatsburg, Frankryk.
Résidence Palace seen from Chaussée d'Etterbeek
Gebou van die Europese Raad en die Raad van die Europese Unie in Brussel, België.
Europäischer Rechnungshof
Die Europese Rekenkamer in Luxemburg-stad, Luxemburg.
Frankfurt EZB.Nordwest-2.20141228
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland.
European Court of Justice - Luxembourg (1674586821)
Hof van Justisie van die Europese Unie in Luxemburg.
Voorsitter van die Europese Raad (voor 2009) en van die Raad van die Europese Unie[18]
Jaar, Land (eerste ses maande, tweede ses maande)
2007 Duitsland, Portugal 2008 Slowenië, Frankryk 2009 Tsjeggië, Swede
2010 Spanje, België 2011 Hongarye, Pole 2012 Denemarke, Siprus
2013 Ierland, Litaue 2014 Griekeland, Italië 2015 Letland, Luxemburg
2016 Nederland, Slowakye 2017 Malta, Estland 2018 Bulgarye, Oostenryk
2019 Roemenië, Finland 2020 Kroasië, Duitsland 2021 Portugal, Slowenië
2022 Frankryk, Tsjeggië 2023 Swede, Spanje 2024 België, Hongarye
2025 Pole, Denemarke 2026 Siprus, Ierland 2027 Litaue, Griekeland
2028 Italië, Letland 2029 Luxemburg, Nederland 2030 Slowakye, Malta

Ander instansies

Ander instansies is:[19]

  • Die Europese Investeringsbank (met daarin inbegrepe die Europese Investeringsfonds).
  • Die Komitee van die Regio's verteenwoordig die regionale belang.
  • Die Europese Ekonomiese en Sosiaal Komitee adviseer oor die ekonomiese en sosiale beleid (hoofsaaklik die verhouding tussen werkgewers en werknemers).
  • Die Europese Ombudsman, wat klagtes oor wanbeleid van EU-instellings ondersoek.

Agentskappe

Daar is ook nog baie EU-liggame, dikwels ingestel deur tweedegraadse wetgewing, wat opgerig is vir 'n spesiaal doel. Hierdie liggame word die agentskappe van die Europese Unie genoem.[19]

Wetgewingsprosedures

Daar is verskillende maniere waarop die Kommissie, die Parlement en die Raad tot Europese wetgewing kom, waarvan die belangrikste die gewone wetgewingsprosedure is.

Regsinstrumente

Die Europese Unie ken 'n aantal regsinstrumente, waarvan die belangrikste die Europese verordening en die Europese riglyn is. 'n Verordening het direkte regskrag, 'n riglyn moet eers in die nasionale wetgewing word deurgevoer.

Amptelike tale

Die 24 amptelike tale van die Europese Unie is:[20]

Verhouding tussen die EU en die lidlande

Verdeling van die bevoegdhede

Die bevoegdhede van die Europese Unie ten opsigte van die lidlande is sedert die Verdrag van Lissabon[21] uitdruklik vasgelê. Hulle word ingedeel in drie kategorieë:

  • Eksklusiewe bevoegdhede: net die EU kan op hierdie vlak optree. Die lidlande kan slegs die beslissings van die EU uitvoer.
  • Gedeelde bevoegdhede: sowel die EU as die lidlande kan wetgewend optree. As die EU wetgewing in hierdie sektore uitvaardig het die EU-reëls wel voorrang op die nasionale wette. Die meeste EU-bevoegdhede is van hierdie soort.
  • Ondersteunende, koördinerende en aanvullende bevoegdhede: soos die naam reeds sê mag die EU die beleid van die lidlande in hierdie sektore ondersteun, aanvul of koördineer. Die lidlande behou egter altyd die volledige wetgewende vryheid. Die EU mag op hierdie vlakke geen harmonisasie tussen die verskillende nasionale stelsels nastreef nie. Meestal kom hierdie soort bevoegdhede in die vorm van 'n finansiële bydrae van die EU.

Regsposisie

Die lidlande van die Europese Unie het mettertyd 'n aansienlike hoeveelheid soewereiniteit oorgedra aan die Europese Unie. Die Europese Unie het as sodanig meer mag as alle andere nie-soewereine streeksorganisasies. Op verskillende terreine begin die EU te lyk soos 'n bondstaat of 'n statebond. Die Unie bly egter gebaseer op verdrae tussen lidlande, waaruit volg dat die Unie slegs bestaan vanuit die wil van die lidlande. 'n Lidland kan op elk moment besluit om terug te trek uit die Unie en wysigings aan die verdrae moet deur alle lidlande individueel geratifiseer word.

In hierdie opsig lyk die Europese Unie die mees op 'n statebond, wat in teenstelling tot 'n bondstaat nie soewerein is nie en dus ook slegs bestaan uit die grasie van die lidlande. 'n Statebond in die tradisionele betekenis van die woord het egter veel meer mag, veral op die vlak van buitelandse sake en defensie. Die meeste mense klassifiseer die Europese Unie daarom as 'n struktuur sui generis, 'n unieke vorm van samewerking tussen lande.

Sedert die Verdrag van Lissabon besit die Unie regspersoonlikheid.[22] Dit magtig die Unie om origens geensins wetgewend of andersins op te tree nie, buiten die bevoegdhede wat die lidlande van die EU in die verdrae aan hom toegedeel het.

Intergoewermentalisme en supranasionalisme

Binne die EU bestaan 'n spanningsveld tussen intergoewermentele en supranasionale tendense. Intergoewermentalisme is 'n metode van besluitneming in internasionale organisasies waarby die mag by die lidlande lê en beslissings met eenvormheid geneem moet word. Afgevaardigdes van die regerings of van gekose verteenwoordigings het uitsluitend adviserende of uitvoerende funksies. Die meeste internasionale organisasies het teenwoordig 'n intergoewermentele grondslag.

Supranasionalisme is 'n ander metode van besluitneming. Hier lê die mag by onafhanklike afgevaardigdes van die regeringe of van gekose verteenwoordiginge. lidlande het nog steeds mag, maar moet hierdie mag deel met ander instansies. Bowendien word beslissings net by 'n meerderheid van stemme geneem. Dit kan dan ook gebeur dat 'n lidland, gedwonge deur ander lidlande, 'n beslissing teen sy wil moet uitvoer.

Beide vorme van besluitneming het aanhangers binne die EU. Voorstanders van supranasionalisme redeneer dat dit die proses van integrasie kan versnel. Wanneer beslissings wat eenvormige goedkeuring van alle betrokke regerings vereis, kan dit jare duur voordat 'n besluit geneem word. Voorstanders van intergoewermentalisme argumenteer dat supranasionalisme die soewereiniteit en die demokratiese gehalte van afsonderlike lande in gevaar bring en meen dat die legitimiteit van gemeenskaplike besluite alleen afgelei kan word van die legitimiteit van die nasionale regerings. Frankryk is tradisioneel 'n voorstander van 'n intergoewermentele EU gewees. Dit geld ook vir euroskeptiese lande soos die Verenigde Koninkryk en Denemarke. Lande soos België, Duitsland en Italië neig meer na die supranasionale benadering. In die praktyk balanseer die EU tussen beide ekstreme. Hierdie balans is egter 'n moeisame kompromie, wat dikwels lei tot ingewikkelde besluitnemingsprosesse.

Sien ook

Verwysings

  1. (en) Barnard, Catherine (Augustus 2007). The Substantive Law of the EU: The four freedoms (2 uitg.). Oxford University Press. p. 447. ISBN 978-0-19-929035-2.
  2. 2,0 2,1 (en) "United in diversity". Europa. Europese Kommissie. Besoek op 20 Januarie 2010.
  3. (en) "European Parliament: The Legislative Observatory". Europa. Europese Kommissie. Besoek op 20 Januarie 2010.
  4. (en) "Brussels' EU capital role seen as irreversible". Euractiv.com. Besoek op 28 Oktober 2012.
  5. (en) "European Union". Central Intelligence Agency. 26 Junie 2017. Besoek op 1 Julie 2017.
  6. (en) "Eurostat – Population on 1 January 2016". Europese Kommissie. Besoek op 1 Julie 2017.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 (en) "IMF World Economic Outlook Database, Oktober 2016". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Julie 2017.
  8. Bereken volgens die UNDP-data vir die lidlande met geweegde bevolking.
  9. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)". Eurostat Data Explorer. Besoek op 1 Julie 2017.
  10. (en) EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. europa.eu: Border-free Europe (single market)
  11. (en) papers.ssrn.com: EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie 2007.
  12. Sien asb. (en) ec.europa.eu: Schengen: Europe without internal borders, Europa. (Laaste besoek 31 Mei, 2012)
  13. (nl) Geschiedenis van de Benelux.
  14. (en) "The Nobel Peace Prize 2012". Nobelprize.org. Besoek op 6 Oktober 2017.
  15. Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Artikel 1
  16. Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 13
  17. (nl) europarl.europa.eu: Leden per lidstaat en fractie // 7de zittingsperiode
  18. (de) consilium.europa.eu: Turnusmäßig wechselnder Ratsvorsitz: Beschluss über Änderung der Reihenfolge
  19. 19,0 19,1 (nl) europa.eu: EU-instellingen en -organen
  20. (en) ec.europa.eu: Official EU languages
  21. Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Eerste deel, Titel I
  22. Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 47

Eksterne skakels

Amptelike inligting
Afrikaanse persberigte
.eu

.eu is die Internettopvlakdomein vir die Europese Unie. Die domainname word deur EURid (The European Registry of Internet Domain Names) geadministreer, wat ook aanspreeklik is vir die topvlak-domein 'eu'.

1 Januarie

1 Januarie is nuwejaarsdag, die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook die eerste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar (365 in skrikkeljare).

2013

Die jaar 2013 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Dit was ook die eerste jaar sedert 1987 waarvan al die syfers verskillend was.

2014

Die jaar 2014 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Die Verenigde Nasies het 2014 as die internasionale jaar van familieboerdery en kristallografie verklaar.

2016

Die jaar 2016 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 16de jaar van die 21ste eeu n.C. en in teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

2019

Die jaar 2019 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dis is die 19de jaar van die 21ste eeu n.C. wees. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae.

Akrotiri en Dhekelië

Akrotiri (Grieks: Ακρωτήρι, Turks: Agrotur) en Dhekelië (Engels: Dhekelia, Grieks: Δεκέλεια, Turks: Dikelya) is ’n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk op die eiland Siprus in die noordooste van die Middellandse See en bestaan uit twee militêre basisse. Akrotiri is suid van die Republiek Siprus en Dhekelië is tussen die Republiek Siprus en die omstrede gebied, die Turkse Republiek van Noord-Siprus in die ooste van die eiland geleë.

Akrotiri en Dhekelië het ’n oppervlakte van 254 km² en 'n bevolking van 14 500 in 2010 gehad. Die gebied is in 1960 gestig en behoort sedert die onafhanklikheid van Siprus aan die Verenigde Koninkryk. Akrotiri en Dhekelië is nie deel van die Europese Unie of NAVO nie. Sedert 1 Januarie 2008 is die euro die amptelike geldeenheid.

Barcelona

Barcelona is die hoofstad van Katalonië en die tweede grootste stedelike nedersetting in Spanje na Madrid, geleë aan die Middellandse See. Barcelona is daarnaas die elfde grootste stad in die Europese Unie en die tweede grootste stedelike nedersetting (ná Hamburg) wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is.

Donald Tusk

Donald Franciszek Tusk ('dɔnalt fran'tɕiʃɛk tusk; * 22 April 1957 in Gdańsk) is 'n Poolse Christen-Demokratiese politikus wat vanaf November 2007 tot September 2014 die amp van Eerste Minister van Pole beklee het. Op 30 Augustus 2014 is aangekondig, dat hy tot president van die Europese Raad benoem is en hy het dié amp op 1 Desember 2014 aangetree en is op 1 Desember 2019 deur Charles Michel opgevolg.

Hy is daarnaas ook die medestigter en sedert 2002 die voorsitter van die gematigde konserwatiewe party Platforma Obywatelska (PO, "Burgerplatform") wat in die Europese Parlement by die Europese Volksparty aangesluit het.

Euro

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer. 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang, op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta en Siprus, op 1 Januarie 2009 in Slowakye, op 1 Januarie 2011 in Estland, op 1 Januarie 2014 in Letland en op 1 Januarie 2015 in Litaue. In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM-2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer.Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het. Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.

Fauna Europaea

Fauna Europaea is ’n databasis met inligting oor die wetenskaplike name en verspreiding van alle lewende, veelsellige land- en seediere in Europa. Die geld vir die daarstelling daarvan is aanvanklik deur die Europese Unie verskaf (2000-2004). Die projek word deur die Universiteit van Amsterdam medebestuur.

GPS

Die Globale Posisioneringstelsel (GPS) is 'n "konstellasie" van 32 satelliete, wat seine uitstuur wat deur 'n GPS-ontvanger op aarde ontvang kan word. Hierdie inligting word deur die GPS-ontvanger verwerk om die posisie daarvan te bereken. GPS-ontvangers wat deur burgerlike persone aangekoop kan word, kan onder ideale toestande 'n posisie met 'n akkuraatheid van 3 meter aandui. Seine vanaf minstens 4 GPS satelliete is nodig om 'n posisie (lengte- en breedtegraad en hoogte bo seevlak) akkuraat te bepaal.

Die GPS satelliete is deur die Amerikaanse Weermag gelanseer en word deur hulle instand gehou. Die Europese Unie het vroeg in 2003 'n projek aangekondig om hulle eie satellietposisioneringstelsel te lanseer.

Hongarye

Hongarye (Hongaars: Magyarország [ˈmɒɟɒrorsaːɡ]) is 'n landgebonde staat in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan in eie land bekend as die Land van die Magyare of Magyarország.

Tot en met 1918 het Hongarye deel uitgemaak van Oostenryk-Hongarye, maar moes as gevolg van die vredesooreenkoms ná die Eerste Wêreldoorlog sowat sewentig persent van sy staatsgebied aan die destydse buurlande Joego-Slawië, Roemenië en Tsjeggo-Slowakye afstaan. 'n Minderheid van meer as 2,8 miljoen Hongare woon steeds in aangrensende lande.

Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. Die Hongaarse opstand van 1956 was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig neergeslaan. Ná die val van die Sowjetunie is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidstaat van die Europese Unie.

Luxemburg

Hierdie artikel handel oor die land in Europa. Vir ander gelyknamige gebruike, sien gerus Luxemburg (dubbelsinnig).Luxemburg (Luxemburgs: Lëtzebuerg, [ˈlətsəbuə̯ɕ], ; Duits: Luxemburg, ; Frans: Luxembourg, ), amptelik die Groothertogdom Luxemburg (Luxemburgs: Groussherzogtum Lëtzebuerg, [ˈgʀəʊ̯sˌhɛχtsoːktuːm ˈlətsəbuːə̯ɕ]; Duits: Großherzogtum Luxemburg, [ˈgʁoːsˌhɛɐ̯tsoːktuːm ˈlʊksm̩ˌbʊɐ̯k], ; Frans: Grand-Duché de Luxembourg, [ɡʁɑ̃ dyʃe də lyksɑ̃buʁ]), is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 'n bevolking van 563 000 (soos op 1 Januarie 2015). Dit word begrens deur België in die weste en noorde, Frankryk in die suide en Duitsland in die ooste, vervolgens is dit 'n landingeslote land.

Die geskiedenis van Luxemburg is onskeibaar verbonde met dié van sy buurlande. Vanweë sy sentrale ligging in Europa was die land van groot strategiese belang vir 'n verskeidenheid moondhede. Die geskiedenis van versterkings en kastele, wat in Luxemburg gebou is, strek terug tot in die antieke tydperk toe hier 'n Romeinse fort ontstaan het. Later, in die vroeë middeleeue, is 'n belangrike Frankiese kasteel hier gebou, en tussen die 16de en 17de eeu was dit 'n vesting langs die Spaanse Pad, 'n Europese roete van militêre en ekonomiese belang.

Luxemburg is in sy geskiedenis deur 'n verskeidenheid state en dinastieë geregeer, maar vorm sedert die 10de eeu 'n eie politieke entiteit, al was dit nie steeds onafhanklik of outonoom nie. Vandag is Luxemburg, 'n land van saggies golwende heuwellandskappe en bosse met matige winters en warm somers, 'n erflike konstitusionele monargie met 'n eenkamerparlement – en die laaste onafhanklike groothertogdom ter wêreld.

Danksy die politieke onafhanklikheid het die groothertogdom sy plaaslike dialek, Luxemburgs of Lëtzebuergesch, tot nasionale taal uitgebou. Dit is nou verwant aan die Moeselfrankiese dialekte wat oorkant die grens in Duitsland gepraat word, terwyl Duits ook die eerste vreemde taal en die medium van die mediabedryf is. Frans dien as administratiewe taal.

Die Luxemburgse ekonomie word veral deur die bank-, assuransie- en staalbedryf oorheers. Maar ook die plaaslike landbousektor en wynbedryf speel 'n belangrike rol. Die Moeselvallei, 'n vallei wat oor Luxemburgse en Duitse gebied strek, lewer witwyne van gehalte op. Net soos in ander Europese lande noord van die Alpe is ook bier baie gewild. Die inheemse bosse, mere en rivier lewer 'n verskeidenheid eersterangse produkte op, waaronder haasvleis (Hasenpfeffer of haasbredie is een van die nasionale geregte van die land), Ardenne-ham en forelle.

Luxemburg is 'n stigterslid van die Europese Unie en van die NAVO. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer en in 2002 die Eurobanknote en -muntstukke.

Mayotte

Mayotte (Comoraans: Mahoré) is 'n eiland en oorsese département (département d'outre-mer, of DOM) van Frankryk aan die noordelike punt van die Mosambiekkanaal in die Indiese Oseaan, tussen noordelike Madagaskar en noordelike Mosambiek, met 'n oppervlak van 374 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 645. Die gebied is geografies deel van die Comore-eilande, maar nie polities nie. Dit staan ook as Mahoré bekend, veral onder voorstaanders vir die insluiting daarvan in die Unie van Comore.

Soos ander oorsese Franse gebiede is Mayotte ook een van die 27 régions van Frankryk met 'n status soortgelyk aan dié van die metropolitaanse Frankryk op die Europese vasteland. Mayotte maak sedert 31 Maart 2011 deel uit van die Euro-gebied en sedert 1 Januarie 2014 van die Europese Unie.

Portugal

Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣaɫ]), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpuβlikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal.

Portugal is 'n stigterslid van die NAVO en sedert 1 Januarie 1986 lid van die Europese Unie. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.

Portugees

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Portugese.

Portugees (português [puɾtuˈɣeʃ] of [poʁtuˈɡes]) is 'n plurisentriese Romaanse taal wat in Portugal, Brasilië, Angola, Guinee-Bissau, São Tomé en Príncipe, Oos-Timor, Mosambiek, op die Kaap Verde en in ander gebiede soos Goa en Malakka (Cristao) deur sowat 250 miljoen sprekers gepraat word. 'n Verdere twintig miljoen het Portugees as vreemde taal aangeleer. Dit is ook die taal van 'n minderheid in Macau, waar dit 'n amptelike taal is. In Galicië, 'n gebied in Spanje ten noorde van Portugal, word Galego (Galicies) gepraat; amptelik 'n ander taal, maar baie naby aan Portugees.

Suid-Afrika het ook 'n beduidende Portugese bevolking, bestaande uit kleiner groepe immigrante van die Portugese vasteland en die eiland Madeira, asook groter groepe Portugeessprekende blankes uit die voormalige kolonies Angola en Mosambiek wat hulle na die gebiede se onafhanklikwording in 1975 aan die Kaap hervestig het.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het Portugees as die snelste groeiende taal in Europa (na Engels) beskryf, terwyl dit die potensiaal het om die snelste groeiende tweede of vreemde taal in Suider-Afrika en Suid-Amerika te word. Dit is 'n amptelike taal van die Europese Unie, die Afrika-unie, Mercosul, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander organisasies. 'n Twintigtal kreooltale het Portugees as basis.Danksy die groot Brasiliaanse bevolking van meer as 200 miljoen is Portugees is die mees gesproke taal in Suid-Amerika en die hele Suidelike Halfrond. Sy status word weerspieël deur die feit dat dit 'n verpligte skoolvak is in aangrensende Spaanssprekende lande soos Argentinië en Uruguay. Die taal word daarnaas op 'n vrywillige basis onderrig in Venezuela, die Republiek Kongo, Senegal, Zambië, Suid-Afrika en Namibië.

Brasiliaanse Portugees wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede, nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie, maar ook in spelling, as gevolg van 'n spellingshervorming (die Acordo Ortográfico uit 1990, gewysig in 1998). Dié was wél ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande, en in 2009 geratifiseer met die gevolg dat die spelling van Portugees nou universeel is in al die Portugeessprekende lande. Brasiliaanse Portugees se uitspraak bly egter nog verskillend van dié van ander Portugeessprekende lande, alhoewel dit, weens die spellingshervorming, op skrif identies is.

Slowenië

Slowenië (Sloweens: Slovenija, [slɔˈʋèːnija], ), amptelik die Republiek Slowenië (Republika Slovenija, ), is 'n land in die suidelike Sentraal-Europa, aan die suidoostelike uitlopers van die Alpe. Slowenië beslaan 'n oppervlakte van 20 273 km² en het 'n bevolking van 2 066 880 in 2017 gehad.

Slowenië word in die weste begrens deur Italië, in die suide deur die Adriatiese See, Kroasië in die suide en ooste, Hongarye in die noordooste en Oostenryk in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Ljubljana.

Tot en met sy onafhanklikheid in 1991 het Slowenië 'n deelstaat van Joego-Slawië gevorm. Slowenië is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2007 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Die land is ook 'n lid van die Europese Raad, NAVO en het waarnemerstatus in die gemeenskap van Franstalige state, La Francophonie.

Slowenië is die welvarendste en mees ontwikkelde van alle voormalige Joego-Slawiese deelstate. Op 25 Junie 1991, aan die begin van die Joego-Slawiese oorloë het Kroasië en Slowenië gelyktydig hul onafhanklikheid van Joego-Slawië verklaar, waarmee die verbrokkeling van dié multi-etniese staat begin het.

Wes-Europa

Wes-Europa is 'n geografiese gebied in die weste van Europa.

Tydens die Koue Oorlog was Wes-Europa hoofsaaklik 'n sosio-politieke konsep wat gebruik is om die Europese lande in die Eerste Wêreld saam te groepeer. Dit is van Oos-Europa onderskei met betrekking tot die verskille in ekonomie, politiek en godsdiens eerder as deur geografiese afbakening.

Vandag het die term Wes-Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met liberale demokrasieë, kapitalisme, asook met die Europese Unie geassosieer. Meeste van die lande in hierdie streek deel die Westerse kultuur en baie het ekonomiese en politieke bande met die lande in Noord-Amerika, Suid-Amerika en Oseanië. Daarteenoor word lande in Noord-Europa eerder met sosiale demokrasie en neutraliteit ten opsigte van internasionale geskille geassosieer.

Flag of Europe.svg Europese Unie (EU)
Regionale organisasies
Liggame
Onderwerpe

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.