Euro

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Euro coins and banknotes
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. [4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland[12] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[13] In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM-2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer.[14]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Vlag van Europa  Euro EUR (€) 33,4%
3 Vlag van JapanJapannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterling GBP (£) 11,8%
5 Vlag van SwitserlandSwitserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Vlag van KanadaKanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Vlag van AustraliëAustraliese dollar AUD ($) 4,6%
8 Vlag van MeksikoMeksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Vlag van SwedeSweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Vlag van RuslandRussiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Vlag van HongkongHongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Vlag van Noorweë Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Vlag van SingapoerSingapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Vlag van TurkyeTurkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Vlag van Brasilië Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Vlag van Indië Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%
Euro symbol black
Die euro se valutateken

Wisselkoerse

Eurozone
Die Eurosone:

   19 EU-lande met euro

   Ander lande met euro

   9 EU-lande sonder euro

Frankfurt EZB.Nordwest-2.20141228
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
Europäische Wirtschafts- und Währungsunion
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

   Lidlande van die Eurosone

   Wisselkoersmeganisme II

   WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

   Land met Opt-out-klousule

   Ander EU-lidlande

DOLLAR AND EURO IN THE WORLD
Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

   Verenigde State van Amerika

   Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

   Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

Euro exchange rate to USD
Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
Euro exchange rate to JPY
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
Euro exchange rate to GBP
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
Euro exchange rate to CHF
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
Euro exchange rate to ZAR
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
Geldeenheid Kode
(ISO 4217)
Wisselkoers[17] Gevestig op Opgelewer
Vlag van België Belgiese frank BEF 40,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Duitsland Duitse mark DEM 1,95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Estland Estniese kroon EEK 15,6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011
Vlag van Finland Finse markka FIM 5,94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Frankryk Franse frank FRF 6,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Griekeland Griekse dragme GRD 340,75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001
Vlag van Republiek Ierland Ierse pond IEP 0,787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Italië Italiaanse lira ITL 1,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Letland Letse lats LVL 0,702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014
Vlag van Litaue Litause litas LTL 3,4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015
Vlag van Luxemburg Luxemburgse frank LUF 40,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Malta Maltese lira MTL 0,4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Vlag van Monaco Monegaskiese frank MCF 6,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Nederland Nederlandse gulden NLG 2,20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Oostenryk Oostenrykse schilling ATS 13,7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Portugal Portugese escudo PTE 200,482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van San Marino San Marinese lira SML 1,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Siprus Sipriese pond CYP 0,585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
Vlag van Slowakye Slowaakse koruna SKK 30,126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009
Vlag van Slowenië Sloweense tolar SIT 239,64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007
Vlag van Spanje Spaanse peseta ESP 166,386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
Vlag van Vatikaanstad Vatikaanse lira VAL 1,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
Beeld Waarde Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
EUR 5 obverse (2002 issue) EUR 5 reverse (2002 issue) €5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand[18]
EUR 10 obverse (2002 issue) EUR 10 reverse (2002 issue) €10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster[19]
EUR 20 obverse (2002 issue) EUR 20 reverse (2002 issue) €20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster[20]
EUR 50 obverse (2002 issue) EUR 50 reverse (2002 issue) €50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand[21]
EUR 100 obverse (2002 issue) EUR 100 reverse (2002 issue) €100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster[22]
EUR 200 obverse (2002 issue) EUR 200 reverse (2002 issue) €200 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster[23]
EUR 500 obverse (2002 issue) EUR 500 reverse (2002 issue) €500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster[24]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks[25]
Beeld Waarde Jaar Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
EUR 5 obverse (2013 issue) EUR 5 reverse (2013 issue) €5 2013 120 × 62 Grys[26] Klassiek[26] < 5de[26] Regs bo
EUR 10 obverse (2014 issue) EUR 10 reverse (2014 issue) €10 2014 127 × 67 Rooi[26] Romaans[26] 11–12de[26] Regs bo
The Europa series 20 € obverse side The Europa series 20 € reverse side €20 2015 133 × 72 Blou[26] Goties[26] 12–14de[26] Regs bo
The Europa series 50 € obverse side The Europa series 50 € reverse side €50 2017 140 × 77 Oranje[26] Renaissance[26] 15–16de[26] Regs bo
The Europa series 100 € obverse side The Europa series 100 € reverse side €100 2019 147 × 82 Groen[26] Barok & Rokoko[26] 17–18de[26] Regs bo
The Europa series 200 € obverse side The Europa series 200 € reverse side €200 2019 153 × 82 Geelbruin[26] Tydperk van yster en glas[26] 19–20ste[26] Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Onsekere toekoms

Somige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[27] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Eers later het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[28]

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.

In die geval van Duitsland sou 'n revaluasie van die geldeenheid sonder sy eurolidmaatskap plaasgevind het. Somige kritici wys daarop dat die land se reuse-handelsoorskot sedert 2000 'n regstreekse gevolg van die Eurostelsel was en dat dit die wêreldekonomie se ewewig moontlik bedreig.[29]

Somige ekonome beweer dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.[30] Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Die nuwe Italiaanse minister van Finansies, Tria, het egter verseker dat die land sy staatsskuld nie wil vergroot nie.[31] en oor 'n moontlike uitrekking van die Eurosone gesê:[32]

Cquote1.svg La posizione dell'esecutivo è netta e unanime. Non ė in discussione alcun proposito dall'eur … Pagheremo le imprese nei tempi previsti e in denaro.
Cquote2.svg
Cquote1.svg Die posisie van die uitvoerende gesag is duidelik en eenparig. Daar is heeltemal geen sprake van die euro nie.... Ons sal besighede op tyd en kontant betaal.
Cquote2.svg

Sien ook

  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. (en) "Common sides". Europese Sentrale Bank. Besoek op 13 Desember 2018.
  6. (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55
  7. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  8. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  10. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  11. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  12. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  13. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  14. Reuters 22 Aug 2018
  15. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  16. (en) "ECB ends production and issuance of €500 banknote". Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. Besoek op 3 Oktober 2018.
  17. (en) "Fixed Euro conversion rates". European Central Bank. Besoek op 6 Augustus 2011.
  18. (en) "EuroTracer – Information Notes – €5 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
  19. (en) "EuroTracer – Information Notes – €10 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 7 Januarie 2012.
  20. (en) "EuroTracer – Information Notes – €20 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  21. (en) "EuroTracer – Information Notes – €50 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  22. (en) "EuroTracer – Information Notes – €100 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  23. (en) "EuroTracer – Information Notes – €200 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  24. (en) "EuroTracer – Information Notes – €500 note". EuroTracer. 2002. Besoek op 9 Januarie 2012.
  25. (en) "ECB: Europa series". Europese Sentrale Bank. 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
  26. 26,00 26,01 26,02 26,03 26,04 26,05 26,06 26,07 26,08 26,09 26,10 26,11 26,12 26,13 26,14 26,15 26,16 26,17 (en) "Europa series design – ECB – Our Money". www.new-euro-banknotes.eu. 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.
  27. (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
  28. (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018
  29. (de) Bertelsman-Stiftung: GED Focus Paper: Deutschlands Exportüberschüsse – Fluch oder Segen? Besoek op 12 Junie 2018
  30. (de) Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018
  31. (en) Euractiv 11 Junie 2018
  32. (it) Corriere della sera 9 Junie 2018

Verdere leesstof

  • (en) (Mei 2007) “The Euro and European Financial Market Dependence”. Journal of Banking and Finance 51 (5): 1461–1481.
  • (en) (Oktober 2006) “The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures”. Journal of Empirical Finance 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.

Eksterne skakels

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.