Endemies (ekologie)

Hierdie artikel behandel die ekologiese betekenis van "endemies". Sien endemies vir ander betekenisse.
Fynbos-landscape-2
Fynbos is endemies aan Suid-Afrika en kom nie elders voor nie.
Dronte 17th Century color corrected
Die dodo (reeds uitgestorwe) was endemies aan Mauritius en het nie elders voorgekom nie.

Endemies in biologie en ekologie beteken eksklusief inheems aan 'n plek of biota. Dit is in kontras met 'n aantal ander terme wat "nie inheems" beteken (soos eksoties, indringer, ingevoer, genaturaliseer, nie-inheems). Let daarop dat dit ook onderskei word van inheems: 'n Endemiese spesie is uniek aan daardie plek of omgewing, en word nie natuurlik gevind op enige ander plek ter wêreld nie, terwyl 'n inheemse spesie nie uniek is nie, omdat dit ook inheems aan ander liggings is.

Gewoonlik word die term aan 'n diskrete geografiese eenheid toegeken, mees algemeen 'n eiland of eilandgroep, maar soms aan 'n land of ander gedefinieerde area.

Eilande is veral geneig om endemiese lewensvorms te ontwikkel juis as gevolg van hul geografiese isolasie; afgeleë eilandgroepe, soos Hawaii en die Galapagos het groot getalle endemiese spesies. Die afgesonderde area en kwesbaarheid aan die invloed van mense en ingevoerde spesies beteken dat endemiese spesies al té maklik kan uitsterf.

Endemiese spesies kan ook ontwikkel in ander biologies geïsoleerde areas, soos die hoëvelde van Ethiopië, of groot waterliggame soos die Baikalmeer.

Volgens die Wêreldnatuurlewefonds besit die volgende ekostreke die grootste persentasie endemiese plante:

Sien ook

  • Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika
Endemie

Endemie, in 'n wye sin, kan beteken "om te behoort aan" of "inheems aan", "kenmerk van" of "wydverspreid" in 'n spesifieke geografiese gebied, rasseverspreiding, veld, streek of omgewing; inheems aan 'n streek of strekking. Byvoorbeeld, Vigs word endemies aan Afrika genoem.

Dit het verder twee spesifieke betekenisse:

In ekologie is 'n "endemiese" organisme een wat eksklusief inheems aan 'n plek of biota is. Dit is in kontras met vele terme wat "nie inheems" beteken, soos eksoties, indringer, ens. Sien endemies (ekologie).

In epidemiologie word 'n infeksie "endemies" in 'n bevolking genoem wanneer daardie infeksie onderhou word in die bevolking sonder dat enige eksterne invloede nodig is. Sien endemies (epidemiologie).

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.