Encyclopædia Britannica

Die Encyclopædia Britannica (Latyn vir "Britse Ensiklopedie") is 'n algemene Engelstalige ensiklopedie gepubliseer deur Encyclopædia Britannica, Inc., 'n private maatskappy. Artikels is gemik op geletterde volwassenes, en word geskryf deur ongeveer 100 voltydse redakteurs en meer as 4 000 spesialisbydraers. Dit word beskou as die mees deskundig-onderlegde ensiklopedie.[1][2] Die 2010-weergawe van die 15de uitgawe, wat 32 volumes[3] en 32 640 bladsye beslaan, was die laaste gedrukte uitgawe.

Die Britannica is die oudste Engelstalige ensiklopedie wat steeds in druk is.[4] Dit is vir die eerste keer gepubliseer tussen 1768 en 1771 in Edinburg, Skotland, en het toegeneem in gewildheid en omvang, sodat die derde uitgawe (1797) en aanhangsel daarvan (1801) twintig bande beslaan het.[5][6][7] Die opgang in aansien het bygedra tot die werwing van toonaangewende bydraers, en die 9de uitgawe (1875–1889) en die 11de uitgawe (1911) was 'n baken in terme van geleerdheid en letterkundige styl.[6] Beginnend by die 11de uitgawe, is die Britannica se artikels verkort en vereenvoudig ter wille van groter aanvaarding in die Noord-Amerikaanse mark.[6] In 1933, het die Britannica die eerste ensiklopedie geword om "deurlopende hersiening" te aanvaar, waarvolgens die ensiklopedie onverpoos herdruk word, en elke artikel geskeduleerd opdateer word.[7]

Die mees onlangse uitgawe, die 15de, beskik oor 'n unieke drieledige samestelling: 'n 12-bundel Micropædia met kort artikels (meestal minder as 750 woorde), 'n 17-bundel Macropædia met langer artikels (twee tot 310 bladsye) en 'n enkelband Propædia wat 'n rangordelike raamwerk van kennis verskaf. Die Micropædia is gemik op vinnige naslaan van feite en as 'n gids tot die Macropædia; lesers word aangeraai om die Propædia-raamwerk te raadpleeg om die onderwerp se konteks te verstaan en sodoende meer spesifieke artikels na te spoor.[8] Die grootte van die Britannica het vir 70 jaar min of meer konstant gebly, en bevat ongeveer 40 miljoen woorde en 'n halfmiljoen onderwerpe.[9] Alhoewel dit sedert 1901 in die Verenigde State gepubliseer word, het die Britannica Britse spelwyse behou.[1]

Die Britannica het moeite ondervind om winsgewend te bly.[4] Sekere artikels in vroeëre uitgawes is gekritiseer betreffende sorgvuldigheid, vooroordeel of ongekwalifiseerde bydraers.[6][10] Die akkuraatheid van dele van die 15de uitgawe is eweneens onder verdenking geplaas,[1][11] maar die bestuur van Britannica het teenargumente op die kritiek gelewer.[12]

Encyclopædia Britannica
Göttingen-SUB-Britannica.02
OuteurSoos op 2008 4 411 genoemde bydraers
Omslagontwerperverskeie; Aanvanklike gravures deur Andrew Bell
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (1768–1901)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1901–hede)
TaalEngels
OnderwerpAlgemeen
GenreEnsiklopedie
UitgewerEncyclopædia Britannica, Inc.
Uitgegee1ste tot 6de uitgawes (1768-1826): privaatuitgewers soos Andrew Bell, Archibald Constable en Colin Macfarquhar
7de tot 9de uitgawes (1827-1901): A & C Black
10de tot 14de uitgawes (1901-1973): Amerikaanse besighede, insluitende Sears Roebuck en die Benton Foundation
15de uitgawe: Benton Foundation en Encyclopædia Britannica, Inc. (as 'n afsonderlike entiteit, saam met Britannica.com Inc.)
MediumDruk (1768–2010)
Bladsye32 640 (15de uitgawe, 2010)
ISBN1-59339-292-3
Letterkunde-portaal

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Kister, KF (1994). Kister's Best Encyclopedias: A Comparative Guide to General and Specialized Encyclopedias (2de uitgawe uitg.). Phoenix, Arizona: Oryx Press. ISBN 0897747445.
  2. Sader, Marian (1995). Encyclopedias, Atlases, and Dictionaries. New Providence, New Jersey: R. R. Bowker (A Reed Reference Publishing Company). ISBN 0-8352-3669-2. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help)
  3. Bosman, Julie (13 March 2012). "After 244 Years, Encyclopædia Britannica Stops the Presses". The New York Times. Besoek op 13 Maart 2012.
  4. 4,0 4,1 "Encyclopedias and Dictionaries". Encyclopædia Britannica (15de uitgawe) 18. (2007). Encyclopædia Britannica, Inc.. 257–286.
  5. Frank A. Kafker en Jeff Loveland, red., The Early Britannica: The Growth of an Outstanding Encyclopedia (Oxford: Voltaire Stigting, 2009).
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 Kogan, Herman (1958). The Great EB: The Story of the Encyclopædia Britannica. Chicago: The University of Chicago Press. Sjabloon:LCCN.
  7. 7,0 7,1 "Encyclopædia". Encyclopædia Britannica (14de uitgawe). (1954). Behalwe dat dit 'n uitstekende opsomming bied van die Britannica se geskiedenis en vroeë aanverwante produkte, beskryf hierdie artikel ook die lewenssiklus van 'n tipiese Britannica uitgawe. 'n Nuwe uitgawe begin tipies namate sterk verkope afplat wanneer die ensiklopedie verouderd raak. Wanneer werk aan 'n nuwe uitgawe aangepak word, droog verkope van die ou uitgawe op, presies wanneer fiskale behoefte die akuutste is: 'n nuwe redaksiespan moet saamgestel word, en artikels moet gedelegeer word. Elkan Harrison Powell het hierdie wisseling in inkomste uitgewys as 'n bedreiging vir enige ensiklopedie, en het die hoop uitgespreek dat deurlopende hersiening 'n oplossing kan wees.
  8. The New Encyclopædia Britannica (15de uitgawe, Propædia uitg.). 2007. pp. 5–8.
  9. The New Encyclopædia Britannica (15de uitgawe, Indeks aanhef uitg.). 2007.
  10. George Lincoln Burr (1911). “The Encyclopædia Britannica: A Dictionary of Arts, Sciences, Literature and General Information”. American Historical Review 17 (1): 103–109. doi:10.2307/1832843.
  11. Giles, Jim (15 Desember 2005). “Internet encyclopedias go head to head”. Nature 438 (7070): 900–901. doi:10.1038/438900a. Besoek op 21 Oktober 2006.
  12. "Fatally Flawed: Refuting the recent study on encyclopedic accuracy by the journal Nature" (PDF). Encyclopædia Britannica, Inc. 2006. Besoek op 21 Oktober 2006. Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)

Eksterne skakels

Pous Agapetus II

Agapetus II was die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Benedictus V

Benedictus V was die 132ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir ongeveer een maand in die jaar 964.

Pous Benedictus VII

Benedictus VII was die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Higinus

Higinus was die negende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Lando

Lando was die 121ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Leo V

Leo V was die 118de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Leo VI

Leo VI was die 123ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Pius I

Pius I was die tiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Silvester III

Silvester III was die 146ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Soter

Soter was die twaalfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Teenpous Bonifatius VII

Bonifatius VII gebore Franco Ferrucci die seun van Ferrucius was 'n teenpous van die Rooms Katolieke Kerk eers in 974 en later weer van 984 tot 985. Hy het die steun van die adellike familie die Crescentii gehad.

Teenpous Constantinus II

Constantinus II was 'n teenpous na die dood van Pous Paulus I. Hy is aangestel deur sy broer Toto met die hulp van Toskaanse troepe en weer afgeset deur die primicesrius Chistoforus met die hulp van Lombardiese troepe.

Teenpous Felix II

Felix II is die derde teenpous van die Rooms Katolieke Kerk. Soms word hy in die opeenvolging van pouse oorgeslaan en word Pous Felix III Pous Felix II of soms Felix II (III) of self Felix III (II) genoem.

Teenpous Filippus

Filippus was 'n teenpous vir slegs een dag op 31 Julie 768. Filippus was die ab van die klooster van St. Vitus in Rome en 'n kardinaal (volgens Miranda), maar hy was afkomstig uit Lombardye. Nadat koning Desiderius van die Lombarde Rome verower het op graaf Toto van Nepi en sy broer Teenpous Constantinus II, benoem hy Filippus op 31 Julie 768 tot die nuwe pous. Die kerklike regbank ontslaan egter Constantinus offisieel op 1 Augustus en Filippus trek vrywillig terug.

Teenpous Gregorius VI

Vir die wettige pous met dieselfde naam sien Pous Gregorius VI

Gregorius VI was ‘n teenpous van Mei 1012 tot 25 Desember van dieselfde jaar.

Teenpous Innocentius III

Vir die wettige pous met dieselfde naam, sien Pous Innocentius IIIInnocentius III gebore Lando van Sezze was die vierde en laaste teenpous teen Pous Alexander III.

Teenpous Johannes VIII

Sien Pous Johannes VIII vir die wettige pous.Johannes VIII was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk vir 'n kort tydjie in 844. Johannes VIII word ook in die literatuur sonder sy volgnommer as Teenpous Johannes aangegeeOnder Pous Gregorius IV was Johannes 'n aartsdeken in Rome. Toe Gregorius in 844 sterf roep die burgers van Rome Johannes uit tot pous. Die Romeinse adel was nie daarmee tevrede nie en kies Sergius wat uit die adelstand was. Sergius kon gou 'n einde maak aan Johannes se pretensies en het hom in 'n klooster gevange gehou. Sergius is toe as pous gekroon.

Teenpous Paschalis I

Na die kort pontifikaat van Pous Konon was daar twee moontlike opvolgers: Theodorus en Paschalis. Theodorus was die kandidaat van die burgers van Rome. Paschalis het steun gesoek by die eksarg Johannes Platyn van Ravenna. Hy het glo die eksarg 100 pond goud belowe. Pous Sergius I word tot kompromis-kandidaat verkies. Paschalis beroep hom weer op die eksarg. Die eksarg kom na Rome maar skaar hom agter Sergius wat glo die 100 pond goud betaal het. Theodorus berus by die verkiesing van Sergius, maar Paschalis bly in verset. Uiteindelik word hy van toordery aangekla en na 'n klooster verban. Tot by sy dood het hy homself as die ware pous beskou.

Teenpous Silvester IV

Teenpous Silvester IV was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk van 18 November 1105 tot 11 of 12 April 1111. Hy was die vierde teenpous tydens die pontifikaat van Pous Paschalis II gedurende die Investituurstryd.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.