Eksodus

Hierdie artikel handel oor die tweede boek van die Tora en die Ou Testament. Vir die oorsprongsmite van die Israeliete sien Exodus.
Moses and Aaron before Pharaoh
Moses, Aäron en die Farao
Justus Van Ghent 001
Moses met die Tien Gebooie

Eksodus (Grieks: Εξοδος = uittog; Hebreeus: שמות sjemot = naam) is die tweede boek van die Hebreeuse Bybel. Die boek vertel van die uittog van Jakob se nageslag uit Egipte onder leiding van Moses en Aäron. God het sy volk gered uit die mag van die farao, soos die Egiptiese konings genoem is.

Die boek begin met die sin:

Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin: Ruben, Simeon, Levi en Juda, Issakar, Sebulon en Benjamin; Dan, Naftali, Gad en Aser.

Hooftrekke van die boek

  • Die nageslag van Jakob word slawe in Egipte 1:1-22
  • Die geboorte van Moses, sy vlug 2:1-23
  • Die roeping van Moses 3:1-4:31
  • Moses en Aäron by die farao, die plae 5:1-11:10
  • Die Paasfees en die uittog 12:1-15:21
  • Van die Rietsee af tot by Sinaiberg 15:22-18:27
  • Die tien gebooie en die verbond 19:1-24:18
  • Voorskrifte vir die tent van ontmoeting en sy toebehore 25:1-31:18
  • Die goue kalf, die verbond word hernu 32:1 – 35:3
  • Die tent van ontmoeting word gemaak en ingerig 35:4 – 39:43
  • Die weiding van die tent van ontmoeting 40:1 – 38

Bronne

Eksterne skakels

Afrikaanse letterkunde

Die Afrikaanse letterkunde het geleidelik vanaf 6 April 1652 met die aankoms van Jan van Riebeeck in Tafelbaai ontwikkel toe die Kaapse vorm van Nederlands al verder en verder van die Standaardnederlands begin ontwikkel het. Hoewel 'n aantal tekste reeds spore van "Kaaps-Hollands" vertoon het, neem die moderne Afrikaanse letterkunde 'n aanvang met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875.

Aäron

Aäron (Hebreeus: אַהֲרֹן, Ahärôn, helder verlig of die verligte, Arabies: هارون, Hārūn; Grieks: Ἀαρών) is 'n persoon wat in die Bybel en die Koran beskryf word. Hy was die ouer broer van Moses. Volgens Eksodus 7: 7 was hy drie jaar ouer as Moses maar jonger as Mirjam, hulle suster. Aäron het sy broer Moses gehelp om die Israeliete uit Egipte te lei. In die Hebreeuse Bybel (Ou Testament) word hy in die boek van Sjemot/Eksodus beskryf.

Aäron is met Eliseba, die dogter van Amminadab en die suster van Nagson getroud (uit die stam Juda) en hulle het saam vier seuns gehad: Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar (Eksodus 6: 22, Numeri 3: 2, 1: 7, 2: 3, 7: 12, 10: 14, Rut 4: 20, 1 Kronieke 2: 10-11).

Bybel

Die Bybel is die heilige boek van die Christelike en Joodse geloof. Die Joodse Bybel of Tenach het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel.Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (Die Tanach is anders georden)

Die Apokriewe boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.

Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).

Met 'n geraamde verkope van meer as 5 miljard kopieë word die Bybel algemeen as die topverkoper boek van alle tye beskou. Na raming word 100 miljoen Bybels jaarliks verkoop. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is. Dit het ook 'n groot invloed op letterkunde en die geskiedenis, veral in die Weste, uitgeoefen.

Ikoon

Ikone (afgelei van die Griekse εικόνα, ikóna, "beeld", "afbeelding") is gewyde kultus- of heiligebeelde in die Oostelike Kerke van die Christendom, veral in die Ortodokse Kerke van die Bisantynse Rite en kan as een van die mees karakteristieke kenmerke van dié kerke beskou word. Ikone speel daarnaas 'n sentrale rol in die Bisantynse kuns.

Ikone word ook in die kultus van die Oosters-Ortodokse Kerke, soos byvoorbeeld die Koptiese Kerk of die Armeense Apostoliese Kerk vereer, maar nie in die Assiriese Kerk nie. Koptiese ikone toon invloede van die Oud-Egiptiese kuns.

Ikone word gewoonlik op hout geskilder en het Christus, Maria met die Christuskind, heiliges of Bybelverhale as sentrale motiewe, maar hulle teologiese en spirituele betekenis strek verder as dié van 'n gewone kunswerk of 'n versiering. Ikone help die gelowige aanskouer om 'n eksistensiële verbintenis met die afgebeeldes en sodoende ook met God te bereik.

Die oorspronge van ikonografie gaan terug na die 4de eeu. Die Ortodokse ikoneskilderkuns het vanuit die Bisantynse Ryk na Suid-Italië, Armenië en Rusland uitgebrei. Die oudste ikone, wat bewaar gebly het, dateer uit die 6de eeu. Maar slegs 'n klein aantal eksemplare uit dié tydperk is - veral in afgeleë gebiede - nie tydens die Bisantynse beeldestryd in die 8ste en 9de eeu vernietig nie. Hierdie teologiese stryd is rondom die Bybelse uitsprake teen beelde van God gevoer - soos byvoorbeeld in Eksodus 20,4: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is... nie."

Volgens die teologie van die Oostelike Kerke word dié Bybelse gebod egter nie deur die skepping en verering van ikone oortree nie aangesien dit God self was wat Christus deur sy menswording sigbaar gemaak het. Die godsdienstige verering van ikone het daarnaas slegs betrekking tot die waarheid wat met die beeld versinnebeeld word, nie tot die beeld self nie.

Die skilder van ikone is as liturgiese handeling aan streng reëls onderworpe en volg voorbeelde wat oor die eeue heen feitlik onveranderd gebly het. Heiliges word gewoonlik in 'n eenvoudige styl en in frontale aansig uitgebeeld, meestal teen 'n goue agtergrond wat die hemelryk versinnebeeld.

In Ortodokse kerke word ikone dikwels op 'n drieledige beeldewand, die sogenaamde ikonostase, tussen die altaar en die sentrale skip van die kerk vertoon. Uit die perspektief van die aanskouer word aan die ikonostase se regterkant 'n ikoon van die opgestane Christus geplaas, terwyl 'n ikoon aan die linkerkant Maria met die Jesuskind vertoon. Te midde van hierdie twee ikone is die koninklike deur waardeur die priester in die Evangelies en in die Eucharistie binnekom en vir die gemeente die "koning van ere" bring.

Judaïsme

Judaïsme (vanaf Latyn: Iudaismus, afgelei van Grieks: Ἰουδαϊσμός, oorspronklik van Hebreeus: יהודה, Jehoedá, "Judah"; in Hebreeus: יהדות, Jahadoet) of Jodedom is die godsdiens van die Jode met omtrent 15 miljoen volgelinge wêreldwyd in 2006. Dis een van die eerste monoteïstiese godsdienste wat opgeteken is, en een van die oudste tradisies wat nog gevolg word. Judaïsme verskaf ook die waardes en historiese agtergrond tot ander godsdienste, soos Christendom en Islam. Daarbenewens kan die term Judaïsme ook na die Jode se tradisies en leefwyse, hul filosofie en gewoonlik ook hul kulture verwys asook na die Jode as 'n groep. Jerusalem, Hebron, Safed en Tiberias vorm die vier heilige stede van Judaïsme. Chanoeka, Jom Kippoer, Pesach, Poerim, Rosj haSjana, Sabbat, Sjawoe'ot, Soekot en Tisj'a be'Aw (alfabetiese volgorde) is van die vernaamste feeste en herdenkings in die Joodse kalender.

Mara

Mara is 'n klein nedersetting in Limpopo, Suid-Afrika. Die dorpie is 30 km wes van Louis Trichardt op die R522 hoofpad. Die naam is afgelei van die Bybelse woord wat 'bitter water' beteken (Eksodus 15:23) na aanleiding van die bitter water wat in die omgewing gevind word. Die Maraproefplaas is hier naby waar prof. J.C. Bonsma die Bonsmarabeesras ontwikkel het. Vivo en Buysdorp is wes van Mara.

Moord

Moord is 'n misdryf waar 'n persoon se lewe met opset (doelbewuste rade) geneem word. Die persoon wat die moord pleeg word die moordenaar genoem en die oorledene die vermoorde. As 'n persoon nie doelbewus doodgemaak word nie, staan dit eerder as manslag bekend.

Die straf vir 'n moordenaar is meestal lewenslange gevangenisstraf. In lande waar die doodstraf steeds gebruiklik is, kan die moordenaar tereggestel word.

Die eerste moord word in die Bybel in Genesis 4:8 beskryf waar Kain sy broer Abel doodslaan.

In Eksodus 20:13 word die sesde gebod van die Tien Gebooie aangegee as: "Jy mag nie doodslaan nie."

Moses

Moses (Hebreeus: מֹשֶׁה, Mōšæ; Arabies: مُوسَى, Mūsā; Grieks: Μωυσῆς en Μωσῆς, Mō(y)sēs) is naas Abraham die tweede sentrale figuur in die geskiedenis van die volk Israel. Volgens die Bybel is hy die vernaamste profeet, wat die Israeliete uit Egipte gelei het. Hy word beskou as die stigter van die Israelietise godsdiens en is volgens die Bybel die ontvanger van die Tien Gebooie op die berg Sinai. Moses was ook die aanvoerder van die volk Israel tydens die deurtog deur die woestyn tot aan die grense van Kanaän.

Moses is een van die belangrikste figure in die Joodse volksgeskiedenis en onder sy leiding is die Israeliete weggevoer uit die slawerny in Egipte na die beloofde land Kanaän, die land van hul voorvaders. Volgens die Bybelse geskiedenis het Moses op die berg Sinai die Tora van God ontvang.

Die lewensgeskiedenis van Moses word vertel in die Bybelboeke Sjemot/Eksodus tot en met Dwarim/Deuteronomium en is ten nouste verweef met die verhaal van die uittog van die Israeliete (Jode) uit Egipte. Moses is gebore op 'n tydstip toe die verdrukking van die Israeliete in Egipte 'n hoogtepunt bereik het, waarskynlik onder die bewind van farao Seti I (1318–1304 v.C.). Seti I het 'n wet uitgevaardig ingevolge waarvan alle Hebreeuse seuntjies wat gebore word, doodgemaak moes word.

Volgens oorlewering het Moses se ouers, Amram en Jogebed, hom aanvanklik in hul huis versteek en later in 'n mandjie van biesies langs die Nylrivier. Die farao se dogter, wat hier kom bad het, het Moses in sy mandjie gevind en hom saam met haar na die paleis gebring, waar hy as 'n Egiptiese prins grootgemaak is. Tydens 'n geskil tussen ’n Israelitiese slaaf en 'n Egiptenaar het Moses so woedend geword dat hy die Egiptenaar doodgeslaan en na Midian in die noorde van die Arabiese Skiereiland gevlug het.

Daar het hy die skaapwagter van die priester van Midian, Jetro (Réhuel), geword en met een van sy dogters, Sippora, getrou. Volgens die Bybelse verhaal het God op 'n dag in 'n brandende doringbos wat nie uitgebrand het nie (die brandende doringbos, Sjemot/Eksodus 3,2), aan Moses verskyn. Hy het opdrag ontvang om sy volk uit die slawerny in Egipte te bevry.

Moses het homself as onbekwaam beskou vir hierdie bomenslike taak, maar God het hom verseker dat Hy altyd met Moses sou wees deur Hom bekend te maak as JHWH. In Egipte het Moses kwaai weerstand van die farao (waarskynlik Ramses II, 1290–1224 v.C.) ondervind. Met die hulp van God, wat tien plae oor Egipte laat kom het, en met die bystand van sy broer Aäron het Moses daarin geslaag om sy opdrag uit te voer.

By die berg Sinaï (of Horeb), waar Moses die opdrag ontvang het om sy volk te bevry, het die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die Joodse volk plaasgevind: God het aan die Joodse volk sy wil bekend gemaak deur aan hulle die Tora te gee. Volgens die Bybelse verhaal het Moses by hierdie openbaring 'n sentrale rol gespeel: God het met hom gepraat omdat die volk die aanblik van God nie sou kon verduur nie. God het twee kliptafels waarop die Tien Woorde geskryf gestaan het, aan Moses gegee sodat hy die volk kon onderrig.

Moses was die geestelike leier van die volk en is ook later Mosje Rabbenoe ("Moses, ons leraar") genoem. Hierin lê die verskil tussen Moses as die eerste profeet en die latere profete. Die volk het uit die hand van Moses die Tora ontvang en hy het 'n klomp slawe saamgesnoer tot 'n volk wat tot vandag toe sy identiteit behou het. Latere profete het in hul vermaninge en aansporinge steeds na Moses en sy werk terugverwys.

Moses moes voortdurend vir sy volk intree by God wanneer hulle verkeerd gedoen, in afgodery teruggeval en in opstand gekom het. Na 'n omswerwing van 40 jaar het Moses die volk tot op die grens van die beloofde land gebring. Hier het hy die leiding aan sy vertroueling Josua oorgedra en kort daarna gesterf. "Hy het vir Moses begrawe in 'n vlakte in Moab, regoor Bet-Peor, maar tot nou toe weet niemand waar sy graf is nie." (Dwarim/Deuteronomium 34,6).

Ontario

Ontario [ɔn.'tɛɹ.i.oʊ] is die mees digbevolkte en tweede grootste provinsie van Kanada in die sentraal-oostelike deel van die land met 'n oppervlakte van 1 076 395 vierkante kilometer en 'n bevolking wat in die tweede kwartaal van 2019 op 14,5 miljoen beraam is - wat gelykstaan aan sowat 35 persent van die totale Kanadese bevolking. Die hoofstad is Toronto en die nasionale hoofstad van Kanada, Ottawa, is ook 'n munisipaliteit van Ontario. Die naam van die provinsie is afgelei van 'n Irokese woord, wat "mooi meer" of "mooi water" beteken. Die provinsie sluit dele van gebiede in wat tradisioneel deur elf Eerste Nasies bewoon is - Ojibwa, Odawa, Potawatomi, Algonquin, Mississauga, Haudenosaunee, Neutral, Wendat, Cree, Oji-Cree en Métis.

Ten opsigte van sy bevolking is Ontario die grootste en ten opsigte van sy oppervlakte die tweede grootste Kanadese provinsie na Quebec. Ontario word in die weste deur Manitoba, in die ooste deur Quebec en die Amerikaanse deelstate Michigan, New York, Ohio, Pennsilvanië en Minnesota in die suide begrens. Die grootste deel van sy grenslyn met die VSA is van natuurlike oorsprong en sluit die Lake of the Woods, die Groot Mere en die Sint-Laurensrivier in. Ontario is die enigste Kanadese provinsie wat aan die Groot Mere grens.

Die provinsie se naam is afgelei van die Ontariomeer; Ontario is 'n woord uit die Huroonse taal en beteken letterlik "groot meer". 'n Ander etimologiese wortel is dalk skanadario ("mooi water" in Irokees). Saam met Nieu-Brunswyk, Nova Scotia en Quebec was Ontario een van die vier oorspronklike provinsies van Kanada toe die land op 1 Julie 1867 volgens die British North America Act as 'n nasie geskep is. Vandag is Ontario in geografiese opsig halfpad tussen die mees oostelike Atlantiese provinsie Newfoundland en Labrador en die Pasifiese weskusprovinsie Brits-Kolombië geleë.

Ontario is tans die beduidendste nywerheidsentrum van Kanada en het in 2004 sowat 52 persent van die land se industriële produksie opgelewer. Net die suidelike strook langs die grens met die Verenigde State is 'n digbevolkte verstedelikte gebied, terwyl die grotendeels ongerepte en ylbevolkte noorde die meeste van Ontario se meer as 250 000 mere, riviere met 'n totale lengte van 60 000 kilometer en uitgestrekte naald- en loofbosse behels. Ontario staan daarnaas bekend vir een van Kanada se grootste natuurwonders, die Niagara-watervalle, maar ook vir sy wingerde en vrugbare landbougebiede.

Ontario is in die nasleep van die Amerikaanse Rewolusie deur die United Empire Loyalists gestig, politieke vlugtelinge uit die dertien Amerikaanse provinsies wat in 1776 hul onafhanklikheid van die Britse Kron verklaar het. Hierdie setlaars, wat lojaal teenoor die Kroon gestaan het, het noordwaarts getrek om in hulle in Brits-oorheerste gebied te vestig. Hier het hulle nedersettings op 'n smal landstrook langs die boloop van die Sint-Laurensrivier en in die Niagara-gebied gevestig. Vanuit 'n beskeie begin het hierdie gemeenskap binne die volgende halfeeu tot 'n florerende agrariese samelewing van sowat 'n halfmiljoen inwoners gegroei wat hoofsaaklik op die wydgestrekte, vrugbare suidwestelike skiereiland tussen die Groot Mere en hul hoofstad Toronto saamgetrek was. Toronto was in hierdie tydperk reeds die spilpunt van Ontario se politieke en ekonomiese lewe.

Alhoewel die aantal lojaliste, wat hulle in Ontario gevestig het, op net sowat 10 000 beraam word, en hulle met die volgende immigrasiegolwe uit Europa getallewys 'n klein minderheid sou word, het hulle hul stempel in baie opsigte op die provinsie, sy kultuur en leefstyl afgedruk. Net soos in die geval van die Puriteinse setlaars in Nieu-Engeland en die oorspronklike setlaars van Quebec was hul vormende invloed danksy hul vroeë aankoms groter heelwat groter as hul getal sou laat vermoed het. Die simboliese krag van hul eksodus uit die rebelle-kolonies en hul triomfantelike nuwe begin mag eweneens nie onderskat word nie.

Ou Testament

Die term Ou Testament (van Latyns testamentum, 'n vertaling van respektiewelik die Hebreeuse בְּרִית (berît) en Griekse διαθήκη (diathēkē) – "verbond", ook: Eerste Testament) verwys in die Christelike teologie sedert omstreeks 180 na die Heilige Skrifte van die Jodedom wat daar sedert omstreeks 100 as Tanach bekend staan, asook 'n aantal skrifte uit die Septuagint wat vanaf 250 v.C. ontstaan het. Dit is oorspronklik in Hebreeus geskryf (vandaar die alternatiewe name Hebreeuse Skrifte of Hebreeuse Bybel), afgesien van kleiner gedeeltes in Bybelse Aramees.

Die eerste Christene het hierdie skrifte as die "Woord van God" beskou wat Jesus van Nasaret as Messias van Israel en die wêreld se ander volke verkondig. Afhangende van die skrifte se uitlegging word Jesus as die verlosser beskryf. Die Ou Kerk het die Hebreeuse Skrifte as openbaring teen kleiner Christelike minderhede verdedig wat hierdie opvatting nie gedeel het nie.

As kanon is die Ou Testament tot 350 saamgestel en die volgorde van sy boeke vasgelê om saam met die Nuwe Testament as Christelike Bybel te dien. Nogtans verskil die groot Christelike kerke oor die aantal boeke wat tot die kanon behoort. Terwyl Protestantse kerke dit tot die boeke van die Tanach beperk het, erken die Rooms-Katolieke Kerk net soos Ortodokse Christene daarnaas ook verskillende skrifte uit die Septuagint.

Pentateug

Die Pentateug is die eerste vyf boeke van die Ou Testament in die Bybel. Penta is Grieks vir 5 en Teuchos is Grieks vir boek. Pentateug beteken dus die "vyf boeke" of "vyf boekrolle." Hierdie vyf boeke staan ook as die Torah of Boeke van Moses bekend. Hulle is:

Genesis

Eksodus

Levitikus

Numeri

DeuteronomiumDie Pentateug vertel die verhaal van die skepping van die wêreld tot die dood van Moses en die Israeliete se voorbereiding om die land Kanaän in te gaan. Die verhaal word in drie dele vertel. Die eerste deel (Gen. 1-11) is oor die skepping en die begin van die mensdom op aarde. Die tweede deel (Genesis 12-50) vertel die stories van die Israeliete se voorsate, hoofsaaklik Abraham, Isak, Jakob en Josef. Die derde deel, wat met die boek van Eksodus begin, beskryf hoe die Israeliete Egipte verlaat en die vroeë geskiedenis van Israel as 'n volk. Dit bevat verskeie wette oor hoe die Israeliete hulle samelewing moet reël en bou. Deuteronomium is hoofsaaklik Moses se finale toespraak aan sy volk asook 'n opsomming van die Pentateug.

Die Pentateug is die oudste deel van die Bybel, maar skoliere weet nie presies wanneer hierdie boeke geskryf is nie. Die vroegste dele is moontlik meer as 1000 jaar voor die finale dele geskryf. Moderne argeologiese vondse dui daarop dat sommige van die oudste stories in Genesis tot drie duisend jaar terug kan dateer.

Pesach

Pesach of Pasga (Hebreeus: פֶּסַח, péssag, ; Aramees: פַּסְחָא, pas’ga; Grieks: πάσχα, pás’ga; letterlik: "huppel", "spring"; figuurlik: "oorslaan", "weglaat"), ook lentefees, vryheidsfees of matsafees, is een van die belangrikste Joodse feesvierings. Dit herdenk die uittog uit Egipte onder die leierskap van Moses en die bevryding van die Israeliete uit slawerny, waarvan die Hebreeuse Bybel (Sjemot/Eksodus) vertel. Hierdie gebeure is sentraal in die Joodse etos en die oorvertelling (haggada) van hierdie gebeurtenis verbind elke nuwe generasie van Jode met hul sentrale bevrydingservaring.

Die Paasfees word deur Jode in die week van 15 tot 21, in die Joodse diaspora tot 22 Nisan, volgens die Joodse kalender gevier. Dit is 'n familiefees met verskillende rites soos die Seder en die weeklange nuttiging van matsot. Daarom word dit ook "Fees van ongesuurde brode" genoem. Saam met Sjawoe'ot en Soekot is Pesach een van die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim). Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek om daar offers te bring. Op Pesach volg 49 dae se Omertelling en op die 50ste dag, dus sewe weke en een dag na Pesach, word Sjawoe'ot gevier.

Sabbat

Die Sabbat (Hebreeus: שַׁבָּת, [ʃa'bat]; letterlik: "rus" of "verposing"; meervoud: Sjabbatót, שבתות) se ontstaan is so oud soos die mens en die skepping self, ten minste vir diegene wat die Bybelse beskrywing van die skepping aanvaar. Volgens Beresjiet/Genesis 2 verse 2 en 3 sien ons die instelling van die Sabbat waar JHWH, die skepper, op dié dag rus, dit seën en afsonder. Die naam Sabbat kom van die Hebreeuse woord sjawat (שבת) wat beteken "om te rus" of "om op te hou".

Jom Kippoer en Sabbat is die heiligste dae in Judaïsme; altwee staan ook bekend as Sjabbat Sjabbaton ("'n groot groot Sabbat"). Jom Kippoer is die enigste vasdag wat selfs op 'n Sabbat gehou kan word; die ander vasdae word verskuif indien hulle op 'n Sabbat sou val. Die Sabbat-gebedsdiens omvat verskeie unieke aspekte. Een daarvan is die spesifieke getal gebedsdienste. Anders as gewone dae, waarop daar drie gebedsdienste is (Ma'ariew (מעריב), die aandgebed; Sjagariet (שחרית), die oggendgebed; en Mienga (מִנְחָה), die namiddaggebed), het die Sabbat nes ander Jamim Towim vier gebedsdienste (Ma'ariew (מעריב); Sjagariet (שחרית); Moesaf (מוסף), die bykomende gebed; en Mienga (מִנְחָה)); net Jom Kippoer beskik met vyf gebedsdienste (Ma'ariew (מעריב); Sjagariet (שחרית); Moesaf (מוסף); Mienga (מִנְחָה); en Ne'ila (נעילה), die afsluitingsgebed) oor meer as enige ander Joodse fees of herdenking. Tydens elke gebedsdiens is die Amidá (עמידה) die sentrale gebed. Sjema Jisrael, die Joodse geloofsbelydenis, word in Ma'ariew en Sjagariet geresiteer.

Volgens die Heilige Skrif (Tanag) se getuienis het JHWH die Sabbat deur Mosje (Moses) in die woestyn aan Jisra'él (Israel) opgedra (Sjemot/Eksodus 16:23) nog voordat die Tien Woorde aan hulle gegee is. Dit is ook 'n teken van die verbond tussen JHWH en Jisra'él (Sjemot/Eksodus 31:13).Naas die verskeie bepalings wat oor die Sabbat in die Tora gevind word, is dit ook die vierde gebod in die Tien Woorde en ons vind dit opgeteken in Sjemot/Eksodus 20 verse 8 – 11 en Dwarim/Deuteronomium 5 verse 12-15. Na aanleiding van Beresjiet/Genesis 2 voel sommige mense dat die Sabbatgebod vir alle mense gegee is. Die redenasie is dat indien die Sabbat slegs vir Hebreërs en hedendaagse Jehoedim (Jode) was dan sou die opdrag eers met die Verbond in die woestyn bekend geword het.

Sabbat begin soos al die ander dae van die Joodse kalender volgens Beresjiet/Genesis 1,5 met die aand en duur vanaf sononder op Vrydag tot aandskemer van die volgende Saterdag. Tydens Sabbat mag mens nie werk verrig nie, omdat dit 'n rusdag is (Sjemot/Eksodus 20,10). Die Joodse tradisie van 'n rusdag ná ses dae se werk is later deur Christene en Moslems oorgeneem en is die oorsprong van 'n vyf- of sesdaagse werkweek met 'n aansluitende naweek en die wêreldwye stelsel van 'n week met altesaam sewe dae. In die meeste Europese tale is die plaaslike woord vir Saterdag afgelei van die Hebreeuse woord Sjabbat. In Afrikaans en Nederlands is Saterdag egter na Saturnus genoem.

Sjawoe'ot

Sjawoe'ot () of Sjawoe'os (Jiddisj: שבועות, ) in Asjkenasiese gemeenskappe, Sjawoe'ot in Sefardiese en Mizrachi-gemeenskappe (Hebreeus: שבועות, letterlik: "Weke"), ook bekend as Wekefees, Fees van die weke of Pinkster (Grieks: πεντηκοστὴ [ἡμέρα], pentēkostē [hēméra], letterlik: "vyftigste [dag]"), is 'n Joodse fees.

Sjawoe'ot word na 49 dae se Omertelling op die 50ste dag, dus sewe weke en een dag na Pesach, gevier. Dit val op die sesde en sewende dag van die maand Siwan volgens die Joodse kalender. Saam met Pesach en Soekot is Sjawoe'ot een van die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim). Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek om daar offers te bring.

Sjawoe'ot het 'n dubbele betekenis. Dit dui op die eerstelinge van die koringoes in Israel (Sjemot/Eksodus 34,22) en herdenk die dag toe God die Tora aan die versamelde volk Israel by die berg Sinai gegee het. Die verhouding tussen die ontvangs van die Tora (Matan Tora) en Sjawoe'ot blyk duidelik uit die Bybelse teks (Sjemot/Eksodus 19,1; 19,3–7; 19,8,10–11; 19,21–25; Wajikra/Levitikus 23,15).

Tien Gebooie

Die Tien Gebooie of Tien Woorde (Hebreeus: עשרת הדיברות, Aseret ha'Dibrot), ook Dekaloog (Grieks: δεκάλογος, dekálogos), is 'n lys godsdienstige en morele verpligtinge, wat volgens die Bybel deur God aan Moses gegee is op die berg Sinai (Eksodus 19:23) of Horeb (Dewerim/Deuteronomium 5:2). Die Joodse fees Sjawoe'ot herdenk die ontvangs van die Tien Woorde deur Moses op die berg Sinai.

Tora

Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora (Hebreeus: תּוֹרָה, "onderwysing", "leerstelling", "ontwerp"), die Heilige Skrifte van Judaïsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies. Die Tora bestaan uit vyf boeke wat die eerste gedeelte van die Tanag vorm en staan in die Jodedom as gamisjá goemsjei torá, "die vyf vyfdes van die Tora" bekend. Die Griekse benaming is Πεντάτευχος (Pentáteuchos), Latyn: Pentateuchus of Pentateuchum, Afrikaans: Pentateug, letterlik: "vyf boeke" of "vyf boekrolle".

In sy breedste betekenis verwys die woord Tora na al die Joodse bepalings en leringe, wat die Tanag sowel as die Talmoed insluit. In die nou betekenis van die woord verwys dit net na die eerste vyf boeke (Pentateug) van die Bybel wat op die berg Sinai deur God aan Moses geopenbaar is.

Verbondsark

Die verbondsark (Hebreeus: אָרוֹן הַבְּרִית, ʾĀrôn Habbərît) was in die tradisie van die Hebreeuse Bybel ’n heilige kis. Dit is deur Basaleël gemaak tydens die uittog uit Egipte, by Berg Sinai. Dit was ’n draagbare kis waarin die twee plat klippe met die tien gebooie op bewaar is. Dit het gestaan in die Heilige van die Allerheiligste, die binnenste ruimte van die tabernakel, en later op dieselfde plek in Salomo se Tempel in Jerusalem.

Wierook

Wierook is 'n mengsel van aromatiese organiese stowwe, wat aangesteek kan word om 'n aangename soet geur in die lug te versprei. Wierook verwys ook soms na die hars van die wierookboom (Boswellia). Die oorspronklike betekenis van die woord wierook is "wyrook" (soos in gewyde rook).

Bybelboeke
Hoofklassifikasie
Sekondêre klassifikasie
Manuskripte

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.