Eiland Wight

Die Eiland Wight (Engels: Isle of Wight) is ’n Engelse Kanaaleiland en graafskap sowat 8 km van die suidkus van die vasteland. Dit word van die vasteland geskei deur ’n seestraat genaam die Solent. Die eiland is sedert die Victoriaanse tydperk gewild as vakansiebestemming. Dit is bekend vir sy natuurskoon en seiljagvaart.

Die eiland het ’n ryk geskiedenis, onder andere ’n kort tydperk as ’n onafhanklike koninkryk in die 15de eeu. Dit was die tuiste van die digter Alfred lord Tennyson, en koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk het haar geliefde somerwoning, Osborne House, daar laat bou. Sy is op 22 Januarie 1901 daar oorlede.

Eiland Wight
Flag of the Isle of Wight
Vlag
Escutmenorwight
Wapen
Isle of Wight UK locator map 2010
Ligging in Engeland
Seremoniële graafskap Eiland Wight
Hoofstad Newport
Oppervlakte 384 km²
Bevolking 138 400 (2011)
Bevolkingsdigtheid 364 inw./km²
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap
Streek Eiland Wight
Administratiewe setel Newport
ISO 3166-2: GB-IOW
Oppervlakte 380,2 km²
Bevolking 138 400 (2011)
Bevolkingsdigtheid 364 inw./km²
Webtuiste www.iwight.com
Distrikte en Unitêre owerhede
Geen
IsleOfWightFromTheISS
Lugfoto van die Eiland Wight.

Klimaat

As een van die mees suidelike streke van die Verenigde Koninkryk het die eiland ’n warmer klimaat as die meeste ander dele. Dit het tot gevolg dat dit ’n gewilde toeriste-bestemming is, veral die oorde in die suidooste van die eiland. Dit het ook ’n langer groeiseisoen as die meeste dele van die VK.[1]

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des
Gem. maksimum (°C) 8 8 10 13 16 19 22 21 19 15 11 9
Gem. minimum (°C) 1 1 2 3 7 9 11 11 9 7 3 2
Gem. (°C) 4 4 6 8 11 14 16 16 14 11 7 5
Gem. reënval (mm) 89 61 66 48 56 53 41 56 66 79 84 89

Grootste dorpe

  • Newport, die hoofstad van die Eiland Wight.
  • Ryde, die eiland se tweede grootste dorp met ’n bevolking van sowat 30 000.
  • Cowes, waar die bekende Cowes-week elke jaar plaasvind en ’n gewilde internasionale seiljag-sentrum.
  • Sandown, nog ’n gewilde toeriste-oord aan die kus.
  • Shanklin, net suid van Sandown, met sy sanderige strande.

Verwysings

  • Hansard, Woensdag 14 November 2001 kolom 850
  • Isle of Wight County Press[2]
  1. http://uk.weather.com/weather/climatology/UKXX1881 Klimaatstatistiek
  2. http://www.iwcp.co.uk/

Eksterne skakels

Berkshire

Berkshire (uitgespreek /ˈbɑrkʃər/) is 'n graafskap in die suide van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Reading, Slough en Windsor. Berkshire het 'n bevolking van 863 800 in 2011 gehad en is dus die 26ste grootste graafskap in die land.

Britse Eilande

Die term Britse Eilande (Engels: British Isles, Iers-Gaelies: Éire agus an Bhreatain Mhór of Oileáin Iarthair Eorpa, Manx-Gaelies: Ny h-Ellanyn Goaldagh, Skots-Gaelies: Eileanan Bhreatainn, Wallies: Ynysoedd Prydain, Frans: Îles Britanniques) is die algemene naam vir die argipel, wat in die noordweste van Europa tussen die Atlantiese Oseaan en die Noordsee geleë is. Die eilandgroep sluit in Groot-Brittanje, Ierland, die Hebride, Shetland, Orkney, Anglesey en die Eiland Man in die Ierse See, die Eiland Wight in die Engelse Kanaal, die Scilly-eilande in die Keltiese See en soms ook die Kanaaleilande voor die kus van Frankryk, maar nie die Faroëreilande tussen Skotland en Ysland nie.Die term Britse Eilande beskik uit politiese, historiese en kulturele redes 'n lae selektiwiteit. Aan die een kant is die affiliasie van Ierland polities omstrede, alhoewel dit geografies deel uitmaak van die argipel. Aan die ander kant word die Kanaaleilande in die Engelse Kanaal, wat geografies tot die Europese vasteland behoort, polities toe die Britse Eilande gereken.

Die geskiedenis van die term Britse Eilande dui daarop, dat die naam van die antieke pretaniese eilande afgelei is, alhoewel dit geen spesifieke vlotheid geniet het. Die herinvoering van die term is geassosieer met die territoriale ekspansionisme van die Engelse en Britse kroon.

Met Ierland en sonder die Kanaaleilandeomvat die argipel sowat 6 000 eilande en 'n oppervlakte van 315 134 km².

Buckinghamshire

Buckinghamshire (uitgespreek /ˈbʌkɪŋəmʃər/ of /ˈbʌkɪŋəmʃɪər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Milton Keynes en Aylesbury. Buckinghamshire het 'n bevolking van 756 600 in 2011 gehad en is dus die 30ste grootste graafskap in die land.

Cambridgeshire

Cambridgeshire (uitgespreek /ˈkeɪmbrɪdʒʃər/) is 'n graafskap in oostelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Cambridge, Ely en St Ives. Cambridgeshire het 'n bevolking van 806 700 in 2011 gehad en is dus die 28ste grootste graafskap in die land.

Carisbrook

Carisbrook is 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland. Dit is die stad se plaaslike en internasionale rugbystadion, maar is ook al gebruik vir ander sportsoorte soos krieket, sokker, rugbyleague en motocross. Carisbrook was het ook al 'n konsert van Joe Cocker aangebied asook voorwedstrydkonserte in die 1990's. In 2011 het Carisbrook sy deure gesluit om plek te maak vir die Forsyth Barrstadion by die Universiteitsplaza in Noord-Dunedin.

Die stadion het sedert die 1990's dag- en aandwedstryde aangebied. Dit staan plaaslik bekend as Die Brook en wêreldwyd soms as die House of Pain weens die feit dat rugbytoerspanne gesukkel het om oorwinnings te behaal in die stadion. Carisbrook is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 en die Krieketwêreldbeker 1992 ingespan.

Die stadion is geleë in die Caversham-voorstad aan die voet van die Glen, 'n steil vallei, en lê tussen die Suid-Eiland hoofspoorlyn en Hillside Ingenieurswerke. Die stadsentrum is ongeveer 3 kilometer noordoos van die stadion en die Staatsnelweg 1 loop naby die noordelike grens van die stadion verby.

Carisbrook is vernoem na die landgoed van 'n vroeë koloniale setlaar, James Macandrew (die landgoed is vernoem na 'n kasteel in die Eiland Wight). Die stadion is ontwikkel gedurende die 1870's en is die eerste keer gebruik vir 'n internasionale krieketwedstryd in 1883 toe Otago teen 'n span van Tasmanië gespeel het. Sedert 1908 word internasionale rugbywedstryde op die stadion gespeel en sedert 1955 word krieket op 'n meer gereelde basis gespeel.

Die stadion was die tuisveld van die Highlanders in die Super 14 en Otago in die Air New Zealand-beker wat na Forsyth Barr-stadion verhuis het. Dit was vroeër ook die tuisveld van Otago krieket (wat na die Universiteitsovaal te Loganpark verhuis het in die vroeë 2000's) en die Otago sokkerspan in die Nieu-Seelandse Sokkerkampioenskap (wat in die 2008-'09-seisoen na Sunnyvalepark verhuis het).

Devon

Hierdie artikel handel oor die graafskap in Engeland. Vir ander gebruike, sien Devon (dubbelsinnig).Devon (uitgespreek /ˈdɛvən/) is 'n graafskap in suidwestelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Exeter, Plymouth en Torquay. Devon het 'n bevolking van 1 141 600 en is dus die 11de grootste graafskap in die land.

Engeland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.

Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight.

Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig.

Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.

Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur.

Engelse Kanaal

Die Engelse Kanaal (Bretons: Mor Breizh, "Bretonse See"; Engels: English Channel; Frans: La Manche, "die mou"; Kornies: Mor Bretannek, "Britse See") verbind die Keltiese See met die Noordsee en is geleë tussen die Europese vasteland met Frankryk in die suide en die Britse Eilande met Engeland in die noorde.

Die Kanaaleilande Guernsey en Jersey is in die suide naby die kus van Frankryk geleë en die Eiland Wight in die noorde digby die kus van Engeland. Die belangrikste rivier, wat in die kanaal vloei, is die Seine en die grootste stede is Bournemouth, Brighton, Plymouth, Portsmouth, Poole, Southampton en Weymouth in die Verenigde Koninkryk en Le Havre in Frankryk.

Die sowat 560 km lange Engelse Kanaal is 'n verlengde inlaat van die Atlantiese Oseaan ná die ooste en vernou soos 'n menslike arm of mou. Dit is hoogstens 240 km wyd en die smalste plek in die Straat van Dover of Straat van Calais tussen Dover en Calais is 34 km wyd. Die Engelse Kanaal het in die weste 'n gemiddelde diepte van 120 m en in die ooste naby die Noordsee 45 m. Die Franse département Manche grens teen die middel van die Kanaal en is daarna genoem.

Essex

Essex (uitgespreek /ˈɛsɨks/) is 'n graafskap in die suidooste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n bevolking van 1 729 200 in 2011 gehad, en sy hoofstad, Chelmsford, het 'n bevolking van sowat 120 000. Die naam beteken Oos-Sakse en is soortgelyk aan Sussex (Suid-Sakse) en die voormalige graafskappe van Wessex (Wes-Sakse) en Middlesex (Middel-Sakse).

Hampshire

Hampshire (soms ook Southamptonshire genoem) is 'n graafskap in die suide van Engeland in die Verenigde Koninkryk. Die seremoniële graafskap sluit in die stede van Southampton en Portsmouth, maar om administratiewe doeleindes beskik hierdie twee stede oor unitêre owerhede (unitary authorities).

Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1,8 miljoen in die 2011-sensus gehad en die administratiewe graafskap 'n bevolking van 1,32 miljoen. Die seremoniële graafskap is die 5de grootste graafskap in die land. Die oppervlakte van die seremoniële graafskap is 3 769 km² en die administratiewe graafskap 3 679 km².

Hertfordshire

Hertfordshire (uitgespreek /ˈhɑrtfərdʃɪər/ of /ˈhɑrfərdʃər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede en dorpe van Hertford, Watford, Hemel Hempstead en Stevenage.

Hertfordshire het 'n geskatte bevolking van 1 180 900 in 2017 gehad en is dus die 36ste grootste graafskap in die land.

Jute

Die Jute (soms ook Jutte of Jutlanders) was 'n Germaanse volk van wie geglo word dat hulle oorspronklik in Jutland (Deens Jylland) in moderne Denemarke en dele van die Frieslandkus gewoon het. Die Jute, saammet die Angelle, Sakse en Friese, was van die eerste Germane wat oor die Noordsee geseil het en Engeland van die laat 4de eeu af ingeval het. Volgens die Eerbiedwaardige Beda, het hulle, hulle op die ou einde in Kent, Hampshire en op die eiland Wight gevestig. Daar is 'n aantal plekname wat dui op die teenwoordigheid van Jute in die gebiede, soos Ytene, wat Florence van Worcester as die destydse Engelse naam vir New Forest beskryf.

Terwyl Jutse invloede in Kent (b.v., die tradisionele gebruik van deelbare oorerwing wat bekend staan as gavelkind) algemeen uitgewys word, het die Jute in Hampshire en op die eiland Wight verdwyn, en het slegs die geringste tekens van hulle teenwoordigheid daar bewaar gebly. Een onlangse vakkundige, Robin Bush, voeraan dat die Jute van Hampshire en die eiland Wight die slagoffers van 'n beleid van etniese suiwering deur die Wes-Sakse was. Dit is egter nog nie 'n uitgemaakte saak nie en is besprekingspunt onder akademici.

Daar word geglo dat van die Jute in hulle kontinentale tuisland gebly het en dat hulle die inheemse bevolking van die moderne Jutland (Denemarke) geword het.

Kent

Hierdie artikel handel oor die graafskap in Engeland. Vir die Sweedse musiekgroep, sien Kent (musiekgroep).Kent is 'n graafskap in die suidweste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n geskatte bevolking van 1 832 300 in 2017 gehad.

Lincolnshire

Lincolnshire (uitgespreek /ˈlɪŋkənʃər/ of /ˈlɪŋkənʃɪər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Norfolk, Cambridgeshire, Rutland, Leicestershire, Nottinghamshire, Suid-Yorkshire en Oos-Yorkshire.

Lincolnshire het 'n geskatte bevolking van sowat 1 082 300 in 2017 gehad en is dus die 18de grootste graafskap in die land.

Mendi

Die Mendi was 'n troepskip wat vergaan het op 21 Februarie 1917. Die skip het behoort aan die Elder-Dempster-redery. Sy het gesink nadat sy gebots het met die SS Darro om 05:00 die oggend. Dit veroorsaak 'n gat van 20m by 20m aan die stuurboordkant. Daar was 'n groot aantal nie-blanke Suid-Afrikaanse soldate van die Native Labour Corps aan boord waarvan nagenoeg 805 dood is. Dit is merkwaardig dat die nuus die afgeleë krale bereik het dae voordat die amptelike verslag per kabel ontvang was. Die ongeluk het gebeur naby die Eiland Wight in die Engelse Kanaal.

Northamptonshire

Northamptonshire (uitgespreek /nɔrˈθæmptənʃər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Northampton, Kettering en Corby.

Northamptonshire het 'n geskatte bevolking van 741 200 in 2017 gehad (waarvan 95,1% Blank was) en is dus die 33ste grootste graafskap in die land.

Oxfordshire

Oxfordshire (uitgespreek /ˈɒksfərdʃər/, dikwels afgekort tot Oxon) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Northamptonshire, Buckinghamshire, Berkshire, Wiltshire, Gloucestershire en Warwickshire.

Oxfordshire het 'n geskatte bevolking van 682 400 in 2017 gehad en is dus die 35ste grootste graafskap in die land.

Suffolk

Suffolk (uitgespreek /ˈsʌfək/) is 'n graafskap in oostelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Ipswich, Felixstowe en Lowestoft.

Suffolk het 'n geskatte bevolking van 757 000 in 2017 gehad, (waarvan 97,2% Blank was) en is dus die 31ste grootste graafskap in die land.

Wes-Midlands

Die Wes-Midlands (Engels: West Midlands) is 'n metropolitaanse graafskap in Engeland (Verenigde Koninkryk). Die graafskap sluit die stede Birmingham, Coventry en Wolverhampton in.

Die Wes-Midlands het 'n geskatte bevolking van 2 897 300 in 2017 gehad.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.