Dawid

Dawid (Hebreeus: דָּוִד, Davīd, Arabies: داود‎, Dāwūd; Grieks: Δαυίδ, Davíd; Latyn: Davidus, David; Ge'ez: ዳዊት, Dawit; Armeens: Դաւիթ, Dawitʿ; Kerkslawies: Давíдъ, Davidŭ; moontlike betekenis: "geliefde een"[1]) was die tweede koning van Israel en het vir 40 jaar regeer. Volgens die Bybel was hy 'n koning reg na God se hart. Hy het die grondslag van die Dawidiese dinastie gelê wat tot in die Nuwe Testament van die Bybel sy invloed sou uitoefen. Hy het ook die ark na Jerusalem teruggebring en die aanvoorwerk vir die bou van die Tempel gedoen.

Dawid
Koning van Israel
Gottlieb Welté - King David
Koning Dawid, skildery deur Gottlieb Welté
Dinastie Huis van Dawid
Bewind ca. 1010–970 v.C.
Gebore ca. 1040 v.C.
Gesterf ca. 970 v.C.
Voorganger Isboset
Salomo
Opvolger Salomo
Gade Michal, Ahinoam, Abigail, Maachah, Haggith, Abital, Eglah, Bathsheba
Kinders Amnon, Chileab, Absalom, Adonijah, Shephatiah, Ithream, Shammua, Shobab, Nathan, Solomo, Ibhar, Elishua, Nepheg, Japhia, Elishama, Eliada, Eliphalet, Tamar
Vader Jesse
Moeder Nitzewet (Talmoed)

Dawid en Saul[2]

Dawid word deur Samuel gesalf tot koning[3]

Soos Saul voor hom, ontvang Dawid geestelike krag saam met die salwing. god kies weereens sy man en berei hom voor lank voordat hy 'n nasionale figuur word.

Dawid vind 'n plek aan die hof[4]

Wanneer die Gees van God Saul verlaat, neem bose magte van hom besit. Saul is oorgelewer aan sy eie onbeheersde temprament. Hy word oorval deur aanvalle van diep neerslagtigheid en gewelddadigheid. Maar die musiek verdryf die donker skaduwees, en Saul se behoefte word Dawid se geleentheid.

Dawid en Goliat[5]

Die Filistynse kampioen was sowat 3 meter lank ten volle bewapen en gepanser. Maar gedurende sy tyd in die heuwels saam met die skape het Dawid geloof geleer en dodelike akkuraatheid met die slingervel.

Dawid dood Goliat en kap sy kop af.

Dawid se vriendskap met Jonatan; Saul word Jaloers[6]

Dawid sou later aan sy vriendskap met Jonatan terugdink as een van die kosbaarste dinge van sy lewe[7]. Niks kon die wonderlike band verbreek die seun van die koning en die man wat hom, menslik gesproke, van die troon sou beroof nie.

Met Dawid se se prestige groei ook Saul se agterdog en hy beplan Dawid se dood. Dawid se armoede Saul die geleentheid om van hom 'n bruidskat te eis wat hom waarskynlik sy lewe sal kos. So 'n prys kon net geëis word van die Filistyne, die Israelitiete se aartsvyande; die ander volke het besnydenis toegepas. Dawid maak dubbel soveel dood as wat Saul vereis, en keer ongedeerd terug om sy koninklike bruid op te eis.

Aanslae op sy lewe dwing Dawid om die hof van Saul te verlaat[8]

Jonatan se eerste versoeningspoging slaag[9], maar Saul verval weer in 'n slegte bui en net Mikal se bedrog kan Dawid red[10]. Dawid sluit 'n tyd lank by Samuel se profeteskool in Rama aan[11]. Wanner Jonatan 'n veilige terugkeer vir Dawid probeer bewerkstellig, draai sy vader teen hom[12]. Die twee vriende word gedwing om te skei[13].

Sien ook

  • Lys van konings van Israel
  • Lys van persone in die Bybel
  • Geskiedenis van Israel in die Bybelse Tyd
  • Geslagsregister van Adam tot Jesus
  • Bybelse Gids - Genesis
  • Bybelse Gids - Eksodus tot Deuteronomium
  • Bybelse Gids - Josua
  • Bybelse Gids - Rigters
  • Bybelse Gids - Boas en Rut
  • Bybelse Gids - Samuel
  • Bybelse Gids - Koning Saul

Verwysings

  1. (en) G. Johannes Botterweck; Helmer Ringgren (1977). Theological Dictionary of the Old Testament. Wm. B. Eerdmans Publishing. p. 158. ISBN 978-0-8028-2327-4.
  2. 1 Sam. 16-31.
  3. 1 Sam. 16:1-13.
  4. 1 Sam. 16:14-23.
  5. 1 Sam. 17.
  6. 1 Sam. 18.
  7. 2 Sam. 1:26.
  8. 1 Sam. 19-20.
  9. 1 Sam. 19:1-7.
  10. 1 Sam. 19:8-17.
  11. 1 Kon. 19:18-24.
  12. 1 Sam. 20:30-33.
  13. 1 Sam. 20:35-42.

Literatuur

  • Die Bybel (1953-Vertaling)
  • Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1
  • Bybel (1983 vertaling) Bybelgenootskap van SA
  • Handboek by die Bybel David en Pat Alexander Lux Verbi

Eksterne skakels

Profete van Islam, soos in die Koran genoem. Star and Crescent.svg
ʾĀdam Iederies Nūḥ Hüd Salih Ibrāhīm Loet Ismāʿīl Iṣḥāq Yāqub Yūsuf Ajjoeb
آدم ادريس نوح هود صالح إبراهيم لوط اسمعيل اسحاق يعقوب يوسف أيوب
Adam Henog Noag Eber Selag Abraham Lot Ismael Isak Jakob Josef Job

Suayb Mūsa Haroen Dhoelkifl Dawud Süleyman Iljas Al-Yasa Yunus Zakarija Jahja ʿĪsā Mohammed
شعيب موسى هارون ذو الكفل داود سليمان إلياس اليسع يونس زكريا يحيى عيسى
Mohammed
Jetro Moses Aäron Esegiël Dawid Salomo Elija Elisa Jona Sagaria Johannes Jesus
1-2 Konings

1-2 Konings is die 11de en 12de boeke in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is.

1-2 Kronieke

1-2 Kronieke is die 13de en 14de boeke van die Hebreeuse Bybel.

1-2 Samuel

1-2 Samuel is die 9de en 10de boeke in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as die Ou Testament in die Bybel opgeneem is.

1935

Die jaar 1935 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 35ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1 September

1 September is die 244ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (245ste in skrikkeljare). Daar volg nog 121 dae in die res van die jaar.

8 Junie

8 Junie is die 159ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (160ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 206 dae in die res van die jaar.

Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit

Die nuut gestigte Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit is een van die Plaaslike Munisipaliteite in die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 'n samesmelting van die voormalige //Khara Hais en Mier Plaaslike Munisipaliteite.

Esra

Esra is die 15de boek van die Hebreeuse Bybel en handel oor die herbou van die tempel deur die ballinge wat saam met Serubbabel teruggekom het, en die herstel van die tempeldiens. So beklemtoon dit die boodskap van Kronieke. Serubbabel was immers 'n nasaat van Dawid. Ook Esra se optrede was in die belang van die suiwer tempeldiens.

Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos

Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos was die laaste van die vier Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1859 en 1975 in Rustenburg, Noordwes, gestig is.

Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord het van die sestigerjare af gedurig gegroei, hoofsaaklik vanweë die bedrywighede van die platinummyne. In 1974 was daar 704 belydende en 482 dooplidmate. Al het dié lidmate baie gewissel, soos gewoonlik die geval is in ’n myngemeenskap, het die moedergemeente dit goed gedink om die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos in November 1975 af te stig.

Die afstigtingsooreenkoms het bepaal dat die Noord-gemeente die helfte van sy eiendom se waarde aan die Oos-gemeente sou uitbetaal. Vanaf Maart 1976 het lidmate in die Laerskool Dawid Brink vir eredienste byeengekom. ’n Pastorie was die eerste behoefte en is in 1977 voltooi nadat die gemeente as eienaarbouer opgetree het.

Die onbestendigheid van die mynbou het kerkbou lank gestrem. Ds. W. Venter het omstreeks 1980 ’n groot aandeel gehad in die bou van ’n moderne kerk op die hoek van Dawes- en Wolmaransstraat. Rustenburg-Oos is egter ’n bestaan van net 18 jaar gegun, want weens veral die veranderende demografiese samestelling van die woonbuurte binne sy grense, het dit noodsaaklik geraak om saam te smelt. Die nuwe kerkgebou is toe aan die Ou Apostels verkoop in 1993 het Rustenburg-Oos met Rustenburg-Noord saamgesmelt as die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos. Die saamgestelde gemeente gebruik die kerkgebou van die ou Rustenburg-Noord op die hoek van Klopper- en Lukasstraat.

Jesaja

Jesaja is die 23ste boek in die kanon van Hebreeuse Geskrifte wat as Ou Testament in die Bybel opgeneem is. Die boek Jesaja (1-39) handel oor die tyd van Jesaja (740-690 v.C.) toe Juda en Israel gevaar geloop het om deur die Assiriërs ingeneem en in ballingskap weggevoer te word. Jesaja waarsku die verbondsvolk om net op die Here te vertrou en om hulle te weerhou van koalisies met ander nasies. Die Here eis bekering, 'n lewe van reg en geregtigheid en geloof en vertroue in Hom. Jesaja lê veral nadruk daarop dat die Here heilig is en die sonde van die volk, onder ander die vormgodsdiens en onreg aan hulpeloses, vernietigend gaan straf. Tog sal Hy sy volk laat wees soos 'n afgekapte stomp waaruit 'n nuwe lootjie uitloop, want hy is God, Hy regeer. Hy handhaaf sy verbondsverhouding met sy volk en sal hulle red, onder ander deur 'n persoon wat op 'n besondere manier daarvoor toegerus is, 'n koning uit die stam van Dawid (7:14 e.v.;9:1-6;11:1-10). Dan sal die ander nasies die Here dien in sy vrederyk.

Jesaja was 'n profeet wat ca. 740 tot 700 v. C. in Jerusalem geleef en gewerk het. Sy profesieë is versamel in die Bybelboek wat na hom vernoem is en bestaan uit 66 hoofstukke, waarvan die oorsprong nie altyd baie duidelik is nie. Alle hoofstukke is in elk geval nie deur hom geskryf of uit sy tyd nie.

Khoikhoi

Die Khoikhoi (die regte mense of mense onder mense) of Khoi is 'n historiese onderdeel van die Khoisan etniese groep van suid-westelike Afrika wat nou verwant is aan die Boesmans. Khoikhoi word soms KhoeKhoe gespel. Die Khoikhoi is tevore Hottentotte genoem maar die term word nou as neerhalend beskou. Ten tye van die aankoms van Europese setlaars in 1652 het die Khoikhoi reeds vir ongeveer 30 000 jaar in Suider-Afrika gewoon. Die naam "Hottentot" is waarskynlik deur die Nederlanders aan hulle gegee weens die baie klikgeluide (suigklanke) in hulle taal, terwyl "Khoikhoi" ("manne van manne") die benaming is wat hulle hulleself genoem het.

Hulle het nomadiese veeboerdery (skaap en bees) aan die kusgebiede van die Kaap beoefen tot so ver oos as die Buffelsrivier. Hulle het in rietpondokke gewoon wat hulle met gevlegte matte bedek het en het die velle van wilde diere en skape vir kleding gebruik. Hulle dieet het grotendeels bestaan uit melk, vleis, sprinkane, wilde wortels en vrugte. Hulle belangrikste wapentuig was die pyl-en-boog, met pyle wat in melkbossap gedoop is.

Hulle het 'n god genaamd Tsui-Goub genoem aanbid. Hulle het geglo dat hy uit die ooste gekom het, uit sy geesteswêreld die wolke maak en die reën laat uitsak, die beesstapels laat vermeerder en weiding vir die beeste verskaf. Hulle het aan die nadoodse voortbestaan van die siel geglo. Hul grafte is eweneens na die ooste georiënteer, vanwaar hulle geglo het Tsui-Goub gekom het.

Hulle het die hottentotsgot as 'n gelukbringer vereer. Sommige stamme het die een testikel van seuns verwyder met puberteit, omdat daar geglo is dat dit die voortbring van tweelinge sou verhoed.

Die Khoikhoi aan die Kaap se taal was Korannataal (ook bekend as Griekwa), wat uitgesterf het. Hulle laaste hoofman was Dawid Stuurman, wat in 1819 na Nieu-Suid-Wallis in Australië verban is en in 1830 daar oorlede is.

Die nasate van die Kaapse Khoikhoi is grotendeels opgeneem in die bruin en in 'n mindere mate swart gemeenskappe van Suid-Afrika. Die enigste suiwer Khoikhoi's wat vandag nog voorkom is die Namas.

Pous Benedictus VII

Benedictus VII was die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Psalms

Psalms (uit die Grieks: Psalmoi, Ψαλμοί; Hebreeus: Tehilim, תהילים) is 'n boek in die Hebreeuse Bybel (die Tanakh of die Ou Testament). Omdat die oorspronklike betekenis van die woord lied beteken, kan die woord psalm gebruik word om godsdienstige lied te beteken.

Die boek Psalms is 'n versameling liedere wat oor 'n lang tydperk ontstaan het en gebruik is in die godsdiens van Israel. Daar is verskillende soorte liedere, byvoorbeeld lof-, klaag- en dankliedere wat 'n goeie beeld gee van die geloofshouding van die volk, asook van enkelinge. Die boek is in vyf liedversamelings ingedeel: Ps. 1-41, 42-72, 73-89, 90-106, 107-150. Hierdie indeling is waarskynlik laat gemaak om die eerste vyf boeke van die Bybel, die Torah - die Wet - (ook bekend as die Pentateug) te ego.

Daar is 150 psalms in die Bybel deur verskillende digters. Die langste psalm is Psalm 119 'n uitgebreide alfabetsgedig of te wel akrostikon.

In sowel die Joodse as Christelike erediens, en in die persoonlike gebed, beklee die Psalms 'n belangrike plek. Dit bly steeds 'n uitdaging vir die digters om in die vertaling daarvan 'n kompromis te vind tussen die Hebreeuse taaleie en die steeds veranderende ontvangende taal (doeltaal).

Die Boek van die Psalms in die Bybel is 'n versameling van 150 oud-Hebreeuse lofsange, en is waarskynlik 'n doelbewuste versameling uit 'n baie omvangryker oud-Israelitiese liedereskat. Dit word bevestig deur liedere wat elders in die Bybel voorkom, onder meer in Habakuk 2, Jona 2 en 1 Samuel 2. Die benaming psalm (Grieks psalmos = "lofsang") word egter uit praktiese oorwegings beperk tot die liedere van die boek van die Psalms, wat ook wel psalterium of psalter genoem word.

Die Boek van die Psalms word in 5 dele onderverdeel (1 - 41, 42-72, 73- 89, 90- 106 en 107-150), wat waarskynlik 'n weerspieëling van die 5 boeke van Moses, die Pentateug, is. In baie psalm-opskrifte kom die naam Dawid voor, sodat daar algemeen van die Psalms van Dawid gepraat word. Hoewel Dawid ongetwyfeld 'n onuitwisbare stempel op die oud-Hebreeuse godsdienstige digkuns gelaat het, is dit ook seker dat hy nie die skrywer van al die psalms was nie.

Heelparty moes ontstaan het tussen die tyd van sy dood (ca. 960 v.C.) en die Babiloniese ballingskap (587-538 v.C.) en, te oordeel na die woordgebruik, ook nog daarna. Belangrike eksegete op die gebied van die psalmondersoek was Hermann Gunkel (1862- 1932). Wat Sitz im Leben, die agtergronde van die Psalms, beskryf het. Hy het probeer om die agtergrond van die 150 Psalms te verklaar op grond van die funksie wat dit by die kultus vervul het, terwyl die Noor Sigmund Mowinckel (1884-1965) die Psalms vanuit die godsdiensgeskiedenis probeer verklaar het. In die verband het hy ook gemeen dat baie Psalms beter verklaar kan word wanneer daar (soos in Babilon) ook in Israel 'n troonbestygingsfees van Jahweh sou bestaan het.

Of so 'n fees werklik bestaan het, is nie seker nie. Die eksegete G. Widengren en M. Dahood het 'n groot bydrae gelewer tot die psalmondersoek deur die Psalms uit Babiloniese en Ugaritiese tekste meer verstaanbaar te maak. Hoewel al die Psalms godsdienstig van aard is, verskil hulle tog onderling wat sowel inhoud as vorm betref. Daar is gebede, klagtes, lofliedere en leerdigte. Soms spreek die digter baie persoonlik en liries, dan spreek hy weer namens die hele volk of ʼn bepaalde groep. In baie gevalle word daar af in die Hebreeuse teks opskrifte gevind wat die lied by ʼn bepaalde groep indeel, byvoorbeeld die "Psalm van Asaf" (Ps. 50,73-83). Asaf was heel moontlik die naam van 'n sangersgilde wat omstreeks 538 v.C. eerste uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het.

Baie psalmopskrifte is egter tot vandag toe nog nie verklaar nie, ondanks intensiewe ondersoeke wat gedoen is. Die details van die reëls wat deur die psalmdigters gevolg is, is onbekend. Sekere afwykende woordkeuses kom voor, asook die gewoonte om iets twee keer met verskillende woorde te sê, die sogenaamde parallelismus membrorum, byvoorbeeld: "Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies kan neerlê ... " (Ps. 84:4).

Die psalmdigters hel vermoedelik probeer om ʼn bepaalde versmaat of 'n vaste ritme te handhaaf. 'n Groot aantal van die Psalms is gebruik in die liturgie van die tempel in Jerusalem en beklee ook in die liturgie van die sinagoge tot vandag toe 'n belangrike plek. Die Psalms vervul egter hul grootste rol in die persoonlike oordenking. Die Christelike Kerk het die liturgiese funksie van die Psalms in die erediens oorgeneem, onder meer as belangrike onderdeel van die missaal en die brevier (die gebedeboek vir die priesters).

Die Protestantse Kerk in Nederland en Suid-Afrika gebruik 'n omdigting in berymde koeplette (psalmberyming), wat op 16e-eeuse melodieë deur die hele gemeente gesing word. In 1976 is daar in Suid-Afrika begin om die melodieë van die Psalms te hersien. Die woorde van die Psalms het in groot mate die taal en die uitdrukkings van die sinagogale gebede beïnvloed, en dieselfde geld ook vir die gebede en die liturgie van die Christelike Kerke.

Die Psalms het as lied of musikale komposisie, of as materiaal vir persoonlike oordenking, vir talle mense vertroosting gebied, byvoorbeeld Ps.130 "De profundis" (Uit dieptes gans verlore ... ), wat as ʼn bedevaartslied gebruik word. Ook die digters het hulle deur die eeue heen aangetrokke gevoel tot die Boek van die Psalms. Bekende berymings van die Psalms sluit onder meer in die van Marnix van St. Aldegonde, Joost van den Vondel (harpgesange van Dawid) en Gabriel Smit (geb. 1910), terwyl talle digters een of meer Psalms berym het.

Die mees onlangse (Nederlandse) vertaling van die Psalms is die van die digteres Ida Gerhardt (geb. 1905) en Marie van der Zeyde van 1972, wat enersyds probeer het om die Hebreeuse taaleie so goed as moontlik weer te gee, en andersyds die oorspronklike ritme te behou. Met die tweede herlewing van Afrikaans in Suid-Afrika, en die vertaling van die Bybel in Afrikaans, het daar ook 'n behoefte ontstaan aan 'n Psalmboek in Afrikaans. In 1920 hel dr. J.D. du Toit (Totius) opdrag van die Sinode van die Gereformeerde Kerk ontvang om die Psalms in Afrikaans te berym.

Sy berymings vir die 150 Psalms is goedgekeur, terwyl ook berymings van dr. G.B.A. Gerdener (tweede beryming van Psalm 23) en die van ds. Kuhn (tweede beryming van Psalm 130) aanvaar is.

Rut

Rut is die agste boek van die Hebreeuse Bybel en handel oor 'n ou gebruik, dié van losser.

Toe Naomi na haar man en seuns se dood in Moab terugkeer Betlehem toe, kom Rut, haar een Moabitiese skoondogter, saam. Rut ontmoet vir Boas op sy koringland buite Betlehem en trou later met hom. Die mooi verhaal vertel hoe 'n ou gebruik, dié van losser, in die vroeë geskiedenis van Israel toegepas is. Wanneer 'n man gesterf het, moes sy naaste manlike bloedverwant die weduwees en weeskinders onder sy sorg neem. Hy moes toesien dat hulle versorg word en dat die familiegrond wat in vreemde hande geval het, losgekoop word. Daarom is hy die losser genoem.

Verder verduidelik die boek ook hoe dit gebeur het dat daar Moabitiese bloed in Dawid se are gevloei het, en dit ten spyte van die bepaling van Deuteronomium 23:3-6.

Salomo

Salomo (Hebreeus: שלמה) was die vierde koning van Israel en 'n seun van koning Dawid en Betseba. Hy het op haar aandrang die troonopvolger van Dawid geword. Salomo het volgens Bybelse geskrifte van ongeveer 970 v.C. tot 930 v.C. geregeer en het ook volgens die Hebreeuse Bybel die eerste Joodse Tempel gebou.

Silverton

Silverton is 'n ou en gevestigde voorstad in die verre ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Menige ander woonbuurte het rondom Silverton uitgebrei oor die afgelope 60 jaar.

Staat Palestina

Palestina (Arabies: فلسطين, Filasṭīn), amptelik die Staat Palestina (Arabies: دولة فلسطين, Dawlat Filasṭīn), is 'n land met omstrede status, geleë in Wes-Asië, en word deur Israel beset en geëis. Die Staat Palestina is deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie verklaar op 15 November 1988 en word deur meer as 134 lande erken. Op 31 Oktober 2011 het Palestina 'n lid van Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer gestem. Palestina bestaan uit die Gasastrook en die Wesoewer.

Sedert die begin van die Palestynse Burgeroorlog tussen die Fatah en Hamas is die Grondgebiede verdeel: Die Fatah beheer die Wesoewer, terwyl die Hamas die Gasastrook regeer. Die Fatah is 'n lid van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, maar nie die Hamas nie. Nes die Suid-Afrikaanse ANC en die Namibiese SWAPO is die Fatah 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal (SI), terwyl die Hamas deur verskeie lande as 'n terroristiese organisasie gelys word.Die PLO het op 15 November 1988 in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad verklaar, wat deur 137 (van 'n total van 193) VN-lidlande erken word en geniet sedert 2012 die status as 'n waarnemer-land sonder lidmaatskap in die Verenigde Nasies – wat die erkenning van staatskap impliseer. Dit is 'n lidland van die Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, G77 en die Internasionale Olimpiese Komitee asook ander internasionale organisasies.

Swartkop, Dawid Kruiper

Swartkop is 'n klein nedersetting aan die R359-hoofpad op die suidelike oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die buurt is naby Upington en is in die hart van die rosyntjie en sultanabedryf.

Swjatoslaf II van Kiëf

Swjatoslaf II (Russies: Святослав Ярославич; 1027–1076) het van 1073 tot met sy dood as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die seun van Jaroslaf die Wyse.

Ná die dood van sy pa het hy en sy broers Wsewolod en Isjaslaf saamgespan en Kiëf-Roes tot in 1072 regeer. In 1067 het hulle Wseslaf van Polotsk verslaan en hom gevange geneem. ’n Jaar later is die broers egter deur Polotsk verslaan. Ná ’n ruk het Swjatoslaf met ’n kleiner leër teruggekeer en Polotsk verslaan, wat sy aansien by die bevolking aansienlik laat styg het.

Swjatoslaf se eerste vrou se naam was Kilikia; sy was moontlik ’n Kaukasiese prinses. Hul seuns was Oleg, Gleb, Roman en Dawid. In 1072 is hy met Oda, ’n dogter van ene graaf Lippold, getroud. Hulle het ’n seun, Jaroslaf, en moontlik ’n dogter gehad.

In 1073 het daar ’n einde gekom aan die gesamentlike mag toe Swjatoslaf, met sy jonger broer Wsewolod se steun, sy broer Isjaslaf van sy mag ontneem en self sy plek inneem.

Drie jaar later is die Izbornik Swjatoslawa op sy versoek saamgestel. Dit is een van die oudste Oud-Oos-Slawiese tekste en is ’n versameling artikels oor grammatika, logika, poësie, raaisels en kerklike tekste. Die boek bevat ’n miniatuur van Swajatoslaf self, saam met sy tweede vrou, Oda, en sy seuns.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.