David Ben-Gurion

David Ben-Gurion (Hebreeus: דוד בן גוריון; Arabies: دافيد بن غوريون‎; gebore as David Grün; * 16 Oktober 1886 in Płońsk, Kongres-Pole; † 1 Desember 1973 in Tel HaSjomer, Israel) was ’n Israeliese politikus en een van die hoofrolspelers in die totstandkoming van die onafhanklike Joodse staat Israel.[1] Hy was ook die eerste premier van Israel en een van die stigters van die sosiaal-demokratiese Arbeidersparty van Israel, Awoda. Tussen 1948 en 1963 het hy die amp van partyleier beklee.

Ben-Gurion het tussen 1948 en 1954 en nog eens tussen 1955 en 1963 as premier van Israel gefungeer. In 1948 het hy ook voorsitter van die Provisoriese Staatsraad (eintlik president) gewees. In 1955 het hy tydelik ook die amp van minister van verdediging beklee.

David Ben-Gurion
דוד בן גוריון
David Ben-Gurion

David Ben-Gurion in 1959

Eerste Minister van Israel
Ampstermyn
17 Mei 1948 – 26 Januarie 1954
President Chaim Weizmann
Yitzhak Ben-Zvi
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Moshe Sharett
Ampstermyn
3 November 1955 – 26 Junie 1963
President Yitzhak Ben-Zvi
Zalman Shazar
Voorafgegaan deur Moshe Sharett
Opgevolg deur Levi Eshkol

Voorsitter van die Voorlopige Nasionale Raad van Israel
Ampstermyn
14 Mei 1948 – 16 Mei 1948
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Chaim Weizmann

Minister van Verdediging
Ampstermyn
14 Mei 1948 – 26 Januarie 1954
Eerste minister Homself
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Pinhas Lavon
Ampstermyn
21 Februarie 1955 – 26 Junie 1963
Eerste minister Moshe Sharett
Homself
Voorafgegaan deur Pinhas Lavon
Opgevolg deur Levi Eshkol

Persoonlike besonderhede
Gebore 16 Oktober 1886
Płońsk, Kongres-Pole, Russiese Ryk (tans Pole)
Sterf 1 Desember 1973 (op 87)
Tel HaShomer, Israel
Politieke party Mapai, Rafi, Nasionale Lys
Eggenoot/eggenote Paula Ben-Gurion
Kind(ers) 3
Religie Joodse Ateïsme
Handtekening
David Ben-Gurion Signature

Sien ook

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Voorafgegaan deur
-
President van Israel
1948
Opgevolg deur
Chaim Weizmann
Voorafgegaan deur
-
Eerste Minister van Israel
1948-1954
Opgevolg deur
Moshe Sharett
Voorafgegaan deur
Moshe Sharett
Eerste Minister van Israel
1955-1963
Opgevolg deur
Levi Eshkol
14 Mei

14 Mei is die 134ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (135ste in skrikkeljare). Daar volg nog 231 dae in die jaar.

1953

Die jaar 1953 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 53ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Britse mandaat van Palestina

Die Britse Mandaat van Palestina, soms na verwys as die Mandaat van Palestina (Arabies: الانتداب البريطاني على فلسطين, Engels: Mandatory Palestine, Hebreeus: המנדט הבריטי), was 'n Volkebondmandaat wat na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan het toe die Ottomaanse Ryk volgens die Verdrag van Sèvres verdeel is. Die Britse Mandaat van Palestina het bestaan uit die gebied van die hedendaagse Jordanië, Israel, die Wesoewer en die Gasastrook. Die grense van die Mandaat van Palestina het gestrek van die Middellandse See tot die weste van die Franse Mandaat van Libanon, Franse Mandaat van Sirië, en die Britse Mandaat van Mesopotamië in die Noorde, die Koninkryk van Saoedi Arabië aan die ooste en suide, en die Koninkryk van Egipte aan die suidweste.

Die Britse Mandaat het gefunksioneer van 1923 tot met die onafhanklikheid van Transjordanië in 1946 en van Israel in 1948. Die oogmerk van die Volkebondmandaat was om die disfunsionele Ottomaanse Ryk, wat sedert die 16de eeu in beheer van die Middeooste was, te administreer, "tot op 'n stadium wat hulle op hulle eie sou kon staan."

Vlag van Israel

Die nasionale vlag van Israel (Hebreeus: דגל ישראל, Degel Jisra'él; Arabies: علم إسرائيل, ʿAlam Israʼīl) is op 28 Oktober 1948 amptelik goedgekeur, vyf maande nadat die Staat Israel tot stand gekom het. Dit verteenwoordig die staat, sy soewereiniteit, sy instansies en sy burgers, sowel in Israel asook in die wêreld. Die vlag vertoon ’n blou Dawidster tussen twee horisontale blou bane op ’n wit agtergrond. Die Israeliese vlagwetgewing bepaal die amptelike metings op 160 by 220 cm. Daarom is die amptelike verhoudings 8:11. Variante met ’n wye verskeidenheid van verhoudings kan gevind word, met 2:3 wat algemeen is.

Die blou kleur word as “donker lugblou” beskryf en wissel van vlag tot vlag. Die vlag is in 1891 vir die Sionistiese Beweging ontwerp. Die basiese ontwerp herinner aan die talliet (טַלִּית), die Joodse gebedskleed, wat wit is met donker strepe. Die simbool in die middel verteenwoordig die Dawidster (מָגֵן דָּוִד, Maden David), ’n Joodse simbool wat van Antieke tye dateer. Die vlag het in Risjon LeSion tydens die eerste alijá in 1885 verskyn en is in Basel deur die Eerste Sionistiese Kongres van 1897 aanvaar. Hierdie vlag is verkies bo die "Sewester-vlag" wat deur Theodor Herzl voorgestel is. Na die stigting van die Staat Israel het die Voorlopige Staatsraad die vlag van die staat bespreek. Die vlag van die Sionistiese beweging is amptelik gekies om vanaf 28 Oktober 1948 as vlag van die staat Israel te dien en het voorkeur geniet bo ander idees, hoofsaaklik as gevolg van die gewildheid onder die Joodse volk. Die regstatus van die vlag is veranker in die Vlag- en Simboolwet 5719–2018 en het grondwetlike status in die Grondwet ontvang: Basiese wet: Israel as die nasiestaat van die Joodse volk.

’n Beduidende deel van die van die Staat Israel se Joodse bevolking, en van die Jode wat in ander lande woon, beskou die nasionale vlag as ’n simbool van die onafhanklikheid van die Staat Israel. Een van die mees algemene uitdrukkings hiervan is die opheffing van die vlag op huise en motors op Onafhanklikheidsdag. In die ultraortodokse sektor is daar ’n polemiek oor die houding jeens die vlag en sy plek in hierdie samelewings, veral omdat dit ’n Sionistiese simbool is, en in sommige Arabiese sektore is daar dieselfde polemiek omdat dit ’n Sionistiese en Joodse simbool is.

In 2007 is ’n Israelse vlag van 660 m by 100 m met ’n gewig van 5,2 ton naby die antieke Joodse vesting Masada onthul waar dit ’n wêreldrekord opgestel het vir die grootste vlag. Dit is later deur ’n reuse-vlag van Libanon verbygesteek, wat in 2013 weer deur ’n reuse-vlag van Roemenië in Clinceni geklop is.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.