27 Augustus

27 Augustus is die 239ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (240ste in skrikkeljare). Daar volg nog 126 dae in die res van die jaar.

<< Augustus 2019 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31
Al die dae
Louis Botha
Generaal Louis Botha sterf.

Gebeure

Geboortes

Sterftes

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

1908

Die jaar 1908 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1910

Die jaar 1910 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 10de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1919

Die jaar 1919 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1924

Die jaar 1924 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 24ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1933

Die jaar 1933 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1979

Die jaar 1979 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 79ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Dit was die laaste jaar van die dekade 1970's.

1980

Die jaar 1980 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1991

Die jaar 1991 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 91ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1992

Die jaar 1992 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 92ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

2017 Belgiese Grand Prix

Die 2017 Formule Een Belgiese Grand Prix is op 27 Augustus 2017 op die Circuit de Spa-Francorchamps, in België, gehou. Dit was die twaalfde wedren van die kampioenskapseisoen gewees.

Eswatini

Eswatini (Swazi: [ɛswa̯ˈtiːni]), amptelik die Koninkryk Eswatini (Engels: Kingdom of Eswatini, Swazi: Umbuso weSwatini), tot 19 April 2018 Swaziland, is 'n absolute monargie en landingeslote land in Suider-Afrika. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Mbabane, terwyl Lobamba die regeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad is. Eswatini is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek. Op politieke vlak het Eswatini in geen stadium aan Suid-Afrika behoort nie. Die Menslike ontwikkelingsindeks van 2017 plaas Eswatini op 144ste plek van 187 lande. Eswatini is 'n lidland van die Afrika-unie, Beweging van Onverbonde Lande, Britse Statebond, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Verenigde Nasies. Eswatini is een van min lande wêreldwyd wat die Republiek China op Taiwan teen spyte van groot druk deur die Volksrepubliek China as 'n selfstandige land erken.

Die eerste inwoners van die hedendaagse Eswatini was sedert 25 000 v.C. die Boesmans wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. Die Bantoevolke het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uit Swazi's en hul taal is Swati, ook bekend as Swazi. Onder leierskap van Ngwane III het hulle in die middel van die 18de eeu hul koninkryk gestig. Beide die land en die volk is na Mswati II, die 19de-eeuse koning wat die koninkryk verenig en uitgebrei het, genoem; die hedendaagse grense is tydens die Wedloop om Afrika in 1881 bepaal. Na die Tweede Vryheidsoorlog het die koninkryk in 1903 'n Britse protektoraat geword. Op 6 September 1968 het die land onder sy destydse naam Swaziland van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Eswatini is 'n unitêre parlementêre absolute monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg (Ngwenyama) as staatshoof. Eswatini is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, Lesotho, Maleisië en Tonga).

Op 19 April 2018, met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die huidige koning se 50ste verjaardag, het Mswati III aangekondig dat sy land se naam verander van Swaziland na Eswatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.

Georg Wilhelm Friedrich Hegel

Georg Wilhelm Friedrich Hegel (27 Augustus 1770 – 14 November 1831) was 'n Duitse filosoof. Hy word as 'n belangrike figuur in die Duitse idealisme beskou. Sy historistiese en idealistiese siening van die werklikheid het 'n rewolusie in Europese filosofie veroorsaak en het as 'n belangrike voorloper tot kontinentale filosofie, Marxisme en historisme gedien.

Hegel het die filosofiese beweging genaamd Hegelianisme begin, wat 'n deel van die Duitse idealisme is. Hy het 'n groot invloed op verskeie skrywers en filosowe gehad. Sommige van hulle het met hom saamgestem (soos Bradley, Sartre, Küng, Bauer, Stirner en Marx), terwyl ander sy idees teëgestaan het (Kierkegaard, Schopenhauer, Nietzsche, Heidegger en Schelling). Sy boeke is moeilik om te lees en behandel soms verskillende idees op dieselfde tyd. Hy het oor die geskiedenis, politiek, godsdiens, kuns, logika en metafisika geskryf.

Gereformeerde kerk Brakpan

Die Gereformeerde kerk Brakpan was van 1926 tot 1979 en weer vanaf 2013 die enigste gemeente van die Gereformeerde Kerk op die Oos-Randse dorp Brakpan. In die tussentyd was daar ook ’n gemeente Brakpan-Suid, wat van die eerste gemeente afgestig het en eindelik weer by haar ingelyf is.

Die gemeente Brakpan is in 1926 op ’n gemeentevergadering van Germiston afgestig. Op Saterdag 10 Julie 1926, op die eerste kerkraadsvergadering bestaande uit vier ouderlinge en drie diakens, is ’n kerkboufonds gestig. Intussen is eredienste in die saal van die NG gemeente Brakpan gehou. Kort daarna, op 26 Augustus daardie jaar, het die kerkraad besluit om twee erwe teen £80 elk van die Kompanjie Brakpandorp te koop. Presies ’n dag en 'n jaar later (27 Augustus 1927) het die gemeente besluit om tot kerkbou oor te gaan. P. Vorster, ’n lidmaat van die gemeente, se tender vir £1 055 is aanvaar en elke lidmaat moes binne ses maande £10 vir die boufonds bymekaarmaak.

Ds. P.J.S. de Klerk, die gemeente se eerste leraar (in kombinasie met die moedergemeente), het die hoeksteen op Sondag 16 Oktober 1927 gelê. Sowat 20 jaar lank het die ou kerk die gemeente gehuisves, maar mettertyd het dit te klein geword. Omstreeks die eeufees van die Gereformeerde Kerk in 1959 het dit byvoorbeeld uit sowat 600 belydende en 430 dooplidmate bestaan. In die nadraai van die Tweede Wêreldoorlog, toe boubeperkings gegeld het, het die kerkraad op 14 November 1946 om ’n boupermit aansoek gedoen. Dr. S.J. van der Walt het daarna op 1 Mei 1948 die hoeksteen van die nuwe kerk gelê. Die argitek was weer ’n Gereformeerde lidmaat, J.J. Vorster, siviele ingenieur van Brakpan se stadsraad. Die bouaannemer, eweneens ’n plaaslike lidmaat, was A. Boot.

Op 7 Mei 1949 het die gemeente van die ou na die nuwe kerkgebou gestap om dit amptelik in gebruik te neem. ’n Statebybel en ’n Afrikaanse Bybel is die vier straatblokke saamgedra na die nuwe gebou op die hoek van Bekker- en Schuttestraat, genoem na ds. J.A. Schutte, die gemeente se eerste voltydse leraar. Hy het ook in die stadsraad gedien en is daarom vernoem.

Die kerkgebou word vandag nog gebruik tesame met Brakpan-Suid se kerk by Magnoliastraat 19. Dit bied sitplek aan sowat 400 kerkgangers en het ’n pragtige pyporrel.

Gereformeerde kerk Hendrina

Die Gereformeerde kerk Odendaalsrus is die derde jongste van die 16 gemeentes in die GKSA se Klassis Lydenburg. Einde 2015 was hier 109 belydende en 21 dooplidmate vergeleke met 120 en 53 einde 2001, maar die afname in die kindertal is ’n verskynsel in al die Afrikaanse kerke in Suid-Afrika. Buiten die hoofdorp, Hendrina, Mpumalanga, sluit die gemeentegrense ook die Komati-kragsentrale, Pullenshope en Rietkuil in.

Die dorp Hendrina en die kragsentrales Komati, Arnot en Pullenshope was almal wyke van die Gereformeerde Kerk Middelburg, Tvl. ln 1973 is D.P. du Plessis en S.J. van Vuuren verkies tot onderskeidelik ouderling en diaken van die Middelburgse kerkraad. Op 'n vergadering met Middelburg se eiendomskommissie is die wenslikheid van afstigting ernstig deur dié twee kerkraadslede voorgehou, maar die kerkraad het die vermoë van die voorgestelde gemeente bevraagteken om selfstandig te bestaan en 'n predikant te onderhou. Ná 'n kort maar hewige debat is besluit dat die dorp Hendrina en die Komati-kragsentrale mag afstig. Middelburg het 'n bruidskat van R1 500 bewillig.

Die nuwe gemeente het van 'n skenker 'n hele blok vir 'n kerkterrein ontvang, asook 'n erf vir 'n pastorie. 'n Soortgelyke skenking is gedoen aan die Hervormde en NG Kerk (die NG gemeente Hendrina is reeds in 1916 gestig en die Hervormde gemeente Hendrina op 27 Augustus 1937). Die eerste diens van die nuwe gemeente is in die laerskoolsaal gehou. Dit blyk toe met hierdie byeenkoms dat daar baie meer lidmate is as wat verwag was. Die saal was stampvol. Die eerste leesdiens is waargeneem deur oudl. D.P. du Plessis, met Hettie Harmse wat op die skoolklavier die sang begelei het. Groot geesrif het onder die lidmate geheers.

Die eerste kerkraadsvergadering is op 23 November 1974 gehou. Op 5 November 1975 is die beginsel goedgekeur om te begin met die bou van 'n kerk, en 'n lening van R30 000 is goedgekeur. Groot geldinsamelingsprojekte het gevolg en baie bydraes (ook van ander kerkverbande op Hendrina) is ontvang. Op 23 Junie 1976 is die A-lyn-konstruksie reeds opgerig en afbetaal. Die bouwerk aan die mure het op 5 Julie 1976 begin. Die Gereformeerde kerk Nelspruit het 'n elektroniese orrel aan Hendrina geskenk. 'n Vorige besluit van die gemeente dat los plastiekstoele vir die kerk aangekoop sou word, is herroep en houtbanke is bekom teen R5 899. ln Oktober 1976 is die bouwerk feitlik afgehandel met 'n totale koste van amper R33 000. Die lidmate se bydrae in die oprigting van die gebou het groot besparing verseker. Op 30 Oktober 1976 is die kerk feestelike in gebruik geneem.

Mangosuthu Buthelezi

Mangosuthu Buthelezi (1928–) is 'n Zoeloehoofman en politikus. Hy is ook die stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP). Vanaf 1994 tot 2004 het hy as die minister van Binnelandse Sake in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien.

Mark Webber

Mark Webber (gebore 27 Augustus 1976) is 'n Australiese professionele renjaer, wat tans in die FIA Wêrelduithoukampioenskap as 'n Porsche fabrieksjaer deelneem in die Le Mans Prototipe (LMP1).

Hy was voorheen (2002–2013) 'n Formule Een motorrenjaer vir die Minardi, Jaguar, Williams en Red Bull spanne.

Pieter Groenewald

Dr. Pieter Groenewald (* 27 Augustus 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is die nasionale leier en 'n stigterslid van die Vryheidsfront Plus, lid van die parlement van Suid-Afrika, en lid van die dagbestuur van die Organisasie van Nie-verteenwoordigde Nasies en Volkere. Groenewald was van 1994 tot Maart 2017 die provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes en hy was voorsitter van die Vryheidsfront Plus van 11 Augustus 2011 tot 12 November 2016, toe hy as nasionale leier van die party verkies is. Hy was van 1994 tot 1999 voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee op verdediging.

Groenewald het sy militêre diens by die berede-sentrum in Potchefstroom voltooi en 'n B.luris-graad van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verwerf. Hy het ook 'n nagraadse diploma in kommunikasie voltooi, gevolg deur 'n meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en 'n doktorsgraad in politieke wetenskap. Hy het talle oorsese studietoere onderneem.

Pous Eugenius II

Eugenius II was die 99ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Tanzanië

Tanzanië (Engels: Tanzania; [ˌtænzəˈniːə]; Swahili: Tanzania, [tanzaˈni.a]), amptelik die Verenigde Republiek Tanzanië (Engels: United Republic of Tanzania; Swahili: Jamhuri ya Muungano wa Tanzania), is 'n groot land in Oos-Afrika, geleë binne die Groot Mere van Afrika-streek. Dele van die land is in Suider-Afrika. Dit word begrens deur Kenia en Uganda in die noorde; Rwanda, Burundi, en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste; Zambië, Malawi, Mosambiek in die suide; en deur die Indiese Oseaan aan die ooste. Kilimandjaro, Afrika se hoogste berg, is in die noordooste van Tanzanië.

Tanzanië het 'n diverse bevolking van 51,82 miljoen mense (2014-sensus) wat bestaan uit verskeie etniese, taal- en godsdiensgroepe. Die land is 'n presidensiële grondwetlike republiek, en sedert 1996 is die amptelike hoofstad Dodoma, waar die president se kantoor, die nasionale vergadering en die ministeries gesetel is. Dar-es-Salaam, die voormalige hoofstad, huisves steeds meeste van die regeringskantore, en is die land se grootste stad, hoofhawe, en leidende handelsentrum.Europese kolonialisme het in die laat 19de eeu begin toe die Duitse Keiserryk Duits-Oos-Afrika gestig het, wat na die Eerste Wêreldoorlog onder Britse beheer geval het. Die vasteland is in die naam van Tanganjika bestuur, terwyl Zanzibar 'n afsonderlike koloniale jurisdiksie gehad het. Nadat die twee gebiede respektiewelik in 1961 en 1963 onafhanklik geword het, is dit in April 1964 saamgesmelt as die Verenigde Republiek Tanzanië.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.