22 Mei

22 Mei is die 142ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (143ste in skrikkeljare). Daar volg nog 223 dae.

<< Mei 2019 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 31
Al die dae

Gebeure

Geboortes

Sterftes

Vakansiedae

  • Wêreld biodiversiteit Dag
1880

Die jaar 1880 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1907

Die jaar 1907 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 7de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1924

Die jaar 1924 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 24ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1946

Die jaar 1946 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 46ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1957

Die jaar 1957 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 57ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1972

Die jaar 1972 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

2011 Spaanse Grand Prix

Die 2011 Formule Een Spaanse Grand Prix is op 22 Mei 2011 op die Circuit de Barcelona-Catalunya in Montmeló, Spanje gehou. Dit was die vyfde wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in sy Red Bull-Renault gewen.

2015

Die jaar 2015 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 15de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het dit 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2015 is tydens die agt-en-sestigste sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies as die internasionale jaar van lig en van grond aangewys.

Ayanda Dlodlo

Ayanda Dlodlo is 'n dienende kabinetsminister en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Bismarck du Plessis

Bismarck du Plessis (* 22 Mei 1984, Bethlehem, Vrystaat) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Sharks in die Superrugbykompetisie op haker gespeel het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Hy het sy eerste toets vir die Springbokke teen Australië op 7 Julie 2007 in Sydney gespeel.

Sy huidige klub is Montpellier in Frankryk, en sy broer is die oud-Springbokstut Jannie du Plessis.

Gereformeerde kerk Meyerspark

Die Gereformeerde kerk Meyerspark is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die ooste van Pretoria. Dit sluit, benewens die woonbuurt waaraan die naam ontleen is, ook Die Wilgers, Donkerhoek, Equestria, Boschkop, La Montagne, Lynnwoodrif, Murrayfield, Willow Glen en Silverton uitbr. 10 in.

Die gemeente het op 1 Augustus 1971 van die Gereformeerde kerk Silverton afgestig. Destyds was dit ’n jeugdige gemeente waarvan die gemiddelde ouderdom van sy belydende lidmate in Oktober 1972 net 28 jaar was. So het daar ’n hegte band tussen ’n kerngroep lidmate ontstaan. Die lidmate het dan ook mettertyd ál ouer en die dooplidmate ál minder geword: Einde 1997 was die sieletal 1 006 van wie amper 20 persent dooplidmate was; einde 2001 was die sieletal 789, van wie die dooplidmate amper 17 persent was, maar tot einde 2014 het die sieletal afgeneem tot 443, van wie die dooplidmate net 9,5 persent was. Die lidmaattal het trouens al omstreeks 1990 op sowat duisend 'n hoogtepunt bereik en daarna algaande verminder.

Op ’n kerkraadsvergadering op 19 September 1973 is besluit om ’n kerk-en-saal-kompleks vir die gemeente op te rig. ’n Lidmaat, Renier Roos, is as argitek aangewys. Weens die resessie van destyds kon die gemeente eers nie ’n verbandlening kry nie en het hulle besluit dat die kerkraad as eienaarbouer sou optree. Aanvanklik is die koste op R135 000 (sonder professionele fooie) geraam, maar dit het eindelik amper verdubbel tot R240 000.

Die susters van die gemeente het die orrel afbetaal deur middel van koek- en kosverkopings, terwyl J.V. Juventus geld vir die preekstoel ingesamel het. Die kerkgebou is op 22 Mei 1976 plegtig in gebruik geneem. Die kompleks bestaan uit ’n kerkgebou en saal, skakel met ’n moederskamer en die kombuis. Al die vensters kyk uit op ’n binnehof wat met ’n groot glasdeur verbind word met die saal. Dr. C.H. Venter het ’n gedenkplaat in die kerkgebou se voorportaal onthul.

Gereformeerde kerk Oranjerivier

Die Gereformeerde kerk Oranjerivier is die jongste en ook die grootste van die twee gemeentes van die GKSA op die Noord-Kaapse dorpie Orania. Die ander, Gereformeerde kerk Orania, is in 2002 gestig.

Lidmate in die omgewing van Orania het eers onder die Gereformeerde kerk Strydenburg en toe onder die Gereformeerde kerk Philipstown geressorteer. Eersgenoemde het in 2014 ontbind toe daar net 13 belydende en drie dooplidmate oorgebly het terwyl laasgenoemde in 2016 die kleinste gemeente in die Klassis Burgersdorp was met 18 belydende maar geen dooplidmate nie. Op Orania is ’n Gereformeerdekerkkommissie gestig tussen die Gereformeerde, Nederduitse Gereformeerde en Hervormde Kerk. Hierdie kommissie het gereël dat elke kerkverband afwissel vir die eredienste verantwoordelik was. Later het die Orania ’n wyk van die Gereformeerde kerk Kimberley geword. Op 22 Mei 2005 het die Gereformeerdes op Orania wat nie tot die Gereformeerde kerk Orania behoort het nie, afgestig as die Gereformeerde kerk Oranjerivier.

Nes die gemeente Orania het Oranjerivier nie ’n eie kerkgebou nie, maar hou eredienste in die plaaslike gemeenskapsentrum. Oranjerivier se belydende lidmate het van 2011 tot 2015 toegeneem van 23 tot 42 en die dooplidmate van 11 tot 23, terwyl Orania se belydende lidmate toegeneem het van 24 tot 26, maar die dooplidmate afgeneem het ses tot vyf.

Gereformeerde kerk Welkom

Die Gereformeerde kerk Welkom is die negende oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat en een van twee Afrikaanse gemeentes van dié kerkverband in die stad Welkom. Einde 2015 het die gemeente 126 belydende en 26 dooplidmate gehad vergeleke met 276 en 101 in 2001. Die gemeentegrense sluit woonbuurt soos Bedelia, Doorn, Jan Cellierspark, Lakeview, Naudeville, Sandania en St. Helena in terwyl die res van Welkom val onder die gemeente Welkom-Noord, wat in 1969 van Welkom afgestig het.

Die myndorp Welkom is in 1946 op die Vrystaatse Goudvelde geproklameer. Enkele wyke van die Gereformeerde kerk Odendaalsrus het op 8 Oktober 1950 as die Gereformeerde kerk Welkom afgestig. Vier jaar later, op 22 Mei 1954, is ’n eie kerkgebou in gebruik geneem. Die argitek was Pieter Dykstra. Maar drie jaar later, in die vroeë oggendure van 13 November 1957, het ’n brand dié kerk in puin gelê.

Eers drie jaar later, op 3 September 1960, kon die gemeente ’n nuwe kerk in gebruik neem, maar nadat die gemeente te groot geword en die Gereformeerde kerk Welkom-Noord in 1969 afgestig het, is die kerkgebou aan die dogtergemeente afgestaan. So moes die gemeente Welkom die derde maal ’n kerk oprig wat op 14 April 1973 in gebruik geneem is.

Indiese kalender

Die Indiese Nasionale Kalender (ook die Saka-kalender genoem) is die amptelike kalender van die staat van Indië. Hierdie kalender word naas die Gregoriaanse kalender gebruik. Die Saka-kalender moet nie met die Hindoekalender verwar word nie.

Konstantyn X Doukas

Konstantyn X Doukas (Grieks: Κωνσταντῖνος Ι΄ Δούκας, Kōnstantinos X Doukas, 1006 - 22 Mei 1067) was van 24 November 1059 tot 22 Mei 1067 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die stigter en eerste heerser van die Doukas-dinastie.

Konstantyn was die seun van Andronikos Doukas, ’n Griekse edelman wat dalk goewerneur van die provinsie Moesia was. Hy het gehou van eindelose debatte oor filosofie en teologie en het invloed verkry ná sy troue met sy tweede vrou, Eudokia, ’n niggie van patriarg Michael Keroularios. In 1057 het Konstantyn die opstand teen Isak I Komnenos gesteun en geleidelik die kant gekies van die hofburokrate wat ontevrede was oor Isak se hervormings. Desondanks het die siek Isak vir Konstantyn in November 1059 as sy opvolger gekies.

Konstantyn die Grote

Caesar Flavius Valerius Aurelius Constantinus Augustus (27 Februarie omstreeks 272 – 22 Mei 337), algemeen bekend as Konstantyn die Grote, Konstantyn I of in die Ortodokse Kerk as Sint Konstantyn, was van 306 tot 324 medekeiser van die Romeinse Ryk saam met Licinius en tot met sy dood in 337 die alleenkeiser. Hy is algemeen bekend as die eerste Christelike Romeinse keiser.

Konstantyn vaardig die Edik van Milaan uit in die jaar 313. Daarvolgens verkry die Christene geloofsvryheid in die Romeinse Ryk. Hulle kon nou vrylik byeenkom sonder die vrees vir vervolging. Hierdie geloofsvryheid, tesame met die aktiewe steun van Konstantyn, lei tot 'n geweldige groei in die getalle van die Christelike kerk.

Hy roep die Eerste Konsilie van Nicea byeen in 327, as 'n geleentheid om konsensus rondom etlike sake in die Christelike kerk te bereik.

Konstantyn het die antieke Griekse kolonie Bisantium omskep in ’n nuwe keiserlike hoofstad, Konstantinopel, wat langer as 1 000 jaar die hoofstad van die Oos-Romeinse Ryk sou bly.

Pous Benedictus V

Benedictus V was die 132ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir ongeveer een maand in die jaar 964.

Pous Clemens XI

Clemens XI was die 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 20 jaar, 3 maande en 25 dae, van 1700 tot 1721. Hy word veral onthou weens sy bul "Unigenitus" en sy betrokkenheid by die Spaanse suksessie-oorlog.

Pous Stefanus VI

Stefanus VI (VII) was die 113de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VI vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus VII en was hy die 114de pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.