1994


Die jaar 1994 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1994
| 19de eeu | 20ste eeu | 21ste eeu |

◄ ◄ | | 1989 | 1990 | 1991 | 1992 | 1993 | ◄ 1994 ► | 1995 | 1996 | 1997 | 1998 | 1999 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1994
Calendar-nl.png Kalenders  
Mandela voting in 1994
Mandela by die algemene verkiesings
Gregoriaanse kalender 1994
MCMXCIV
Ab urbe condita 2747
Armeense kalender 1443

ԹՎ ՌՆԽԳ

Sjinese kalender 4690 – 4691

庚酉 – 辛戌

Ethiopiese kalender 1986 –1987
Hebreeuse kalender 5754 – 5755
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 2049 – 2050
- Shaka Samvat 1916 – 1917
- Kali Yuga 5095 – 5096
Irannese kalender 1372 –1373
Islamitiese kalender 1415 –1415

Gebeure

Geboortes

Sterftes

African National Congress

Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar.

Bantu Holomisa

Bantubonke Harrington Holomisa (gebore 25 Julie 1955 in Mqanduli, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse parlementslid wat die United Democratic Movement verteenwoordig.Holomisa het hom in 1976 by die Transkeise weermag aangesluit en was 'n brigadier teen 1985. Hy het eerste minister Stella Sigcau in 1987 in 'n staatsgreep omvergewerp en was die leier van die Transkei van 1987 tot 1994.In 1994 is Holomisa tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies, en was die adjunkminister van omgewingsake en toerisme van Suid-Afrika. Hy is uit die ANC geskop op 30 September 1996 na hy getuig het voor die waarheid-en-versoeningskommissie.Holomisa was die medestigter van die UDM in 1997 saam met Roelf Meyer, en is tot die parlement verkies in 1999.

Corné Mulder

Dr. Corné (C.P.) Mulder is die voorsitter van die Vryheidsfront Plus se Grondwetlike Komitee. Hy behaal sy B.Iuris graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1980, met Politieke Wetenskap en Internasionale Politiek as ekstra hoofvakke.

Hy voltooi 'n LLB graad in 1982 met onderskeidings in verskeie vakke.

Daarna het hy navorsing by die Instituut vir Gevorderde Regsstudies van die Universiteit van Londen en die Max-Planck-Instituut für ausländisches öffentliches Recht und Völkerrecht, te Heidelberg, Duitsland gedoen. Hierdie navorsingsperiode was ondersteunend tot die voltooiing van 'n Doktorsgraad in Staatsreg (LLD) wat hy op die ouderdom van 26 in 1984 behaal het.

Nadat hy in 1987 as prokureur van die Hooggeregshof toegelaat is, is hy op 29 Maart 1988 op 29 jarige leeftyd in 'n tussen-verkiesing vir die eerste keer as Parlementslid verkies. In 1989 word hy tydens die algemene verkiesing weer tot die Parlement verkies. Hy het die kiesafdeling Randfontein verteenwoordig.

Hy was in Maart 1994 direk betrokke by die stigting van die Vryheidsfront, en word herkies as Parlementslid op 27 April 1994, op 2 Junie 1999, op 14 April 2004 en weer op 22 April 2009.

Hy is 'n lid van die Portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake sowel as die Komitee vir Internasionale Betrekkinge (Buitelandse Sake). Hy is in 1999 aangewys as Hoofsweep van die Vryheidsfront. Tans dien hy as Sweep in die Parlement namens 9 politieke partye. Hy verteenwoordig die groepering van 9 kleiner politieke partye in die Parlement op die POA (Parliamentary Oversight Authority) wat die Parlement se hoogste beleidmakende liggaam is. Hy was betrokke by die skryf van die nuwe Grondwet as lid van die Grondwetlike Komitee van die Grondwetlike Vergadering. Hy het na 'n onderhandelingsooreenkoms met die ANC bereik is artikel 185 en artikel 235 van die grondwet wat met selfbeskikking en die regte van groepe handel voorgestel in die grondwetskrywende vergadering wat netso in die grondwet opgeneem is. Hy is deur opposisielede van die parlement aangewys as een van vier verteenwoordigers op die Geregtelike Dienstekommissie. Dit is die kommissie wat regters vir Suid-Afrikaanse howe keur en vir aanstelling voorlê.

Dr. Mulder het uitgebreide buitelandse reise onderneem vir navorsings- en studiedoeleindes, en het 'n belangrike rol gespeel om die VF in lyn met moderne staatkundige ontwikkelings rakende selfbeskikking en minderheidsregte in die wêreld te plaas.

Dr. Mulder is getroud met Alma Visser en het twee seuns en twee dogters.

Gauteng

Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met 'n sterk handel- en nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg.

Gauteng is voorheen die PWV genoem (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Die naam Gauteng is 'n Sotho-woord wat "Plek van goud" beteken en is 'n ontlening aan Afrikaans "goud". Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is.

Die provinsiale hoofstad Johannesburg is die grootste stad in Suid-Afrika. Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad. Nog belangrike plekke is Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Centurion (deel van Tshwane Metropool (Pretoria)), Germiston, Heidelberg, Kemptonpark, Krugersdorp, Midrand, Randburg, Roodepoort, Springs, Soweto (deel van Johannesburg), Vanderbijlpark en Vereeniging.

Kaapprovinsie

Die Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, beter bekend as die Kaapprovinsie (of kortweg die Kaap of Kaapland) het op 31 Mei 1910 ontstaan toe die Unie van Suid-Afrika gestig is. Die Kaapkolonie het op daardie datum in sy geheel formeel die Kaapprovinsie geword, met Kaapstad as provinsiale hoofstad.

Die Parlementsgebou van die Kaapkolonie in Kaapstad het die tuiste geword van die Unie-Parlement en die provinsie se eie wetgewer is die Kaapse Provinsiale Raad genoem. Die raad het ’n Administrateur aan die hoof gehad, wat bygestaan is deur ’n Uitvoerende Komitee, waarvan die lede verkose lede moes wees van die Provinsiale Raad. Die provinsiale staatsdiens het bekend gestaan as die Kaapse Provinsiale Administrasie (KPA), met verskeie afdelingsrade reg oor die provinsie versprei.

Sedert Januarie 1921 is Walvisbaai deur die Kaaprovinsie geadministreer (met 'n onderbreking tussen 1 Oktober 1922 en 30 Augustus 1977 toe dit deur Suidwes-Afrika geadministreer is, alhoewel dit ingevolge internasionale reg steeds 'n mandaatgebied van die Kaapprovinsie gebly het).

Ná die onafhanklikheid van Namibië in 1990 is Walvisbaai op 1 Maart 1994 aan Namibië oorhandig.

Die Kaapprovinsie het stam-trustgebiede in sy oostelike dele en in die verre noorde ingesluit, wat onder die beleid van apartheid uitgemerk is vir “tuislande” of “Bantoestans” en wat in die laat 1970's en vroeë 1980's “onafhanklike” state geword het – hulle het ’n status bereik wat deur Suid-Afrika erken is, maar deur geen ander land nie.

Transkei, wat vanaf die Groot-Keirivier tot aan die Mtamvunarivier (op die grens met Natal) gestrek het, was die eerste om op 26 Oktober 1976 onafhanklik te word. Hierdie gebied het die afdelingsraad Griekwaland-Oos van die res van die Kaapprovinsie afgesny en twee distrikte is aan Natal oorgedra.

Bophuthatswana, wat bestaan het uit geïsoleerde stukke grond versprei oor die verre Noord-Kaapland en twee ander provinsies, het op 6 Desember 1977 onafhanklik geword.

Ciskei, wat vanaf die Groot-Visrivier tot die buitewyke van Oos-Londen en noordwaarts tot naby Queenstown gestrek het, het op 4 Desember 1981 onafhanklik geword.Die einde van apartheid in 1994 het ook die einde van die Kaapprovinsie beteken en dit is in vier dele verdeel: Wes-Kaap (hoofstad Kaapstad) en Noord-Kaap (hoofstad Kimberley), wat nie deur “tuislande” geaffekteer is nie, en Oos-Kaap (hoofstad Bhisho), en die Provinsie Noordwes, wat deels of in hulle geheel die drie “onafhanklike” state wat vroeër uit Kaapland gesny is, ingesluit het.

Kenneth Meshoe

Eerw. Kenneth Rasalabe Joseph Meshoe is die President van die Afrika Christen Demokratiese Party in Suid-Afrika.

Kenneth Meshoe is gebore in Pretoria en is die vierde van sewe kinders. Hy het sy Matriek Sertifikaat voltooi in 1972, en het in 1975 gegradueer aan die Universiteit van die Noorde met 'n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1976 tree hy in die huwelik met sy vrou, Lydia; hulle het drie kinders.

In 1976, sluit Kenneth en Lydia aan by Christ For All Nations, en hy is sedert Februarie 1980 een van Reinhard Bonnke se mede-evangeliste.

In Januarie 1987, is Kenneth na die Shekinah Bible Institute in Kingsport, Tennessee in die VSA, waar hy sy tweede jaar Teologiese Diploma voltooi het.

In 1988, begin Kenneth 'n onafhanklike kerk bekend as die Hope of Glory Tabernacle, wat sedertdien goed gegroei het.

In Desember 1993, begin hulle 'n politieke party wat gebaseer is op bybelse beginsels en noem dit die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP), waarvan Kenneth die eerste President is. Hy vervul hierdie rol tot vandag toe nog.

Gedurende die April 1994 verkiesings het die ACDP twee setels in die nasionale parlement verower, en drie in die provinsiale parlement. in die 1999 verkiesing, het hul steun met meer as 300% toegeneem deurdat hulle 7 setels in die nasionale parlement verower het, en 4 in die provinsiale wetgewers. In April 2004 neem die party se verteenwoordiging in die nasionale parlement (7 parlementslede) en die provinsiale wetgewers (8 lede) verder toe.

Gedurende die Munisipale Regeringsverkiesings van Desember 2000 het die ACDP se steun met oor die 1000% toegeneem van 5 Stadsraadslede in 1995 tot 62. Die ACDP is nou verteenwoordig op plaaslike vlak in elke provinsie van Suid-Afrika.

Kenneth verteenwoordig die ACDP in die Nasionale Parlement, tesame met 6 ander LP's.

Op die 18de Desember 1994 is Kenneth Meshoe sy Ere-Doktorsgraad (Doctorate of Humane Letters afgekort L.H.D) toegeken, deur die Bethel Christian College van Riverside, Kalifornië VSA, en is ook aangewys om te dien as 'n Associate Member on the Board of Regents van Bethel College.

KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal of KwaZoeloe-Natal (uitgespreek /kwɑːˌzuːluː nəˈtɑːl/) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Pietermaritzburg en Durban is die grootste stad.

Limpopo

Hierdie artikel handel oor die provinsie in Suid-Afrika. Vir die gelyknamige rivier, sien Limpopo (rivier).Limpopo is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Polokwane (voorheen Pietersburg). Die provinsie kry sy naam van die Limpoporivier, wat die mees noordelike rivier in Suid-Afrika is, en die grens met Zimbabwe vorm.

Limpopo het vroeër as die Noordelike Provinsie en voor 1994 as Noord-Transvaal bekend gestaan. Sedert 1994 sluit dit ook die voormalige tuislande Venda, Gazankulu en Lebowa in.

Belangrike plekke is Polokwane, Lephalale (Ellisras), Louis Trichardt, Musina, Phalaborwa, Mokopane (Potgietersrus), Thabazimbi, Tzaneen en Bela Bela (voorheen Warmbad).

Lys van omstrede gebiede

Hierdie is 'n lys van omstrede gebiede soos onafhanklike lande en afhanklike gebiede.

Mangosuthu Buthelezi

Mangosuthu Buthelezi (1928–) is 'n Zoeloehoofman en politikus. Hy is ook die stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IVP). Vanaf 1994 tot 2004 het hy as die minister van Binnelandse Sake in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien.

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: Mntla-Koloni) is die grootste en mees ylbevolkte provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

Noordwes

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

Oos-Kaap

Die Oos-Kaap (Engels: Eastern Cape, Xhosa: IPhondo yaMpuma-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bhisho. Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.

Die stede en belangrikste dorpe is Port Elizabeth, Oos-Londen, Grahamstad, King William's Town, Queenstown, Uitenhage, Jeffreysbaai, Mthatha (voorheen Umtata), Aliwal-Noord, Graaff-Reinet en Cradock.

Pieter Groenewald

Dr. Pieter Groenewald (* 27 Augustus 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is die nasionale leier en 'n stigterslid van die Vryheidsfront Plus, lid van die parlement van Suid-Afrika, en lid van die dagbestuur van die Organisasie van Nie-verteenwoordigde Nasies en Volkere. Groenewald was van 1994 tot Maart 2017 die provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes en hy was voorsitter van die Vryheidsfront Plus van 11 Augustus 2011 tot 12 November 2016, toe hy as nasionale leier van die party verkies is. Hy was van 1994 tot 1999 voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee op verdediging.

Groenewald het sy militêre diens by die berede-sentrum in Potchefstroom voltooi en 'n B.luris-graad van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verwerf. Hy het ook 'n nagraadse diploma in kommunikasie voltooi, gevolg deur 'n meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en 'n doktorsgraad in politieke wetenskap. Hy het talle oorsese studietoere onderneem.

Provinsies van Suid-Afrika

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

Wes-Kaap (Kaapstad)

Noord-Kaap (Kimberley)

Oos-Kaap (Bhisho)

KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)

Vrystaat (Bloemfontein)

Noordwes (Mahikeng)

Gauteng (Johannesburg)

Mpumalanga (Nelspruit)

Limpopo (Polokwane)

Suid-Afrika

Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië (1 005 km grens), Botswana (1 969 km grens) en Zimbabwe (230 km grens), en in die noordooste aan Mosambiek (496 km grens) en eSwatini (438 km grens). Lesotho (1 106 km grens) vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.

Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde op die kontinent met moderne infrastruktuur oor die hele land. Suid-Afrika is 'n lidland van die Afrika-unie, Gemeenskaplike Monetêre Gebied, Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Britse Statebond en die Verenigde Nasies. Daarbenewens is Suid-Afrika die enigste Afrikaland van die Groep van 20 en het in 2010 by BRIC aangesluit, wat vervolgens BRICS geword het.

Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die Suid-Afrikaanse geskiedenis en politiek lank oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidsbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party na die verkiesings van 1948 aan bewind gekom het, is verskeie stelsels ingestel gegrond op eie rasse-ontwikkeling. Wette wat suiwer op eie rasse-ontwikkeling gegrond is, is vanaf 1990 afgeskaf na 'n lang en soms gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, Bruin en Indiër-Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid.

Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika (en die res van die ontwikkelende lande) wat nie 'n staatsgreep ondergaan het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van die grondwette met stewige beskerming van menseregte.

Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys – 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige president Nelson Mandela – as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.

Tito Mboweni

Tito Mboweni (* 16 Maart 1959 in Tzaneen) dien sedert 9 Oktober 2018 as Suid-Afrika se minister van finansies onder president Cyril Ramaphosa.Tussen 1999 en 2009 het hy die pos as agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank beklee. Hy is op 8 Augustus 1999 in die posisie aangestel om dr. Chris Stals op te volg. Me. Gill Marcus vervang hom as goewerneur op 9 November 2009. Onder president Nelson Mandela het hy tussen 1994 en 1999 as minister van arbeid gedien.

Transvaal

Transvaal is die informele naam vir een van die onafhanklike republieke wat deur die Voortrekkers tydens die 19de eeu gestig is en amptelik as Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) bekend gestaan het. Ná 1910 vorm Transvaal, wat in die noord-ooste van Suid-Afrika lê, een van die vier provinsies van die Unie van Suid-Afrika en sedert 1961 een van die vier provinsies van die Republiek van Suid-Afrika.

Transvaal is sowel in landboukundige asook in mynboukundige opsig 'n skatkamer. Sy uitgestrekte plase en sy mynbounywerheid lewer 'n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Teen die suidelike rand van die Transvaalse Hoëveld lê Suid-Afrika se belangrikste nywerheidsgebied, die Witwatersrand.

Ná die algemene verkiesing van 1994 is die administratiewe verdeling van Suid-Afrika verander en die provinsie Transvaal ontbind. Op sy grondgebied het vier nuwe provinsies ontstaan: Gauteng (aanvanklik die P.W.V. genoem), Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Die naam Transvaal word nog steeds gebruik om na die oorspronklike geografiese gebied te verwys.

Wes-Kaap

Die Wes-Kaap (Engels: Western Cape, Xhosa: Ntshona-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste nedersetting is Kaapstad. Dit het in 1994 'n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap verdeel is. Die Prins Eduard-eilande, bestaande uit die Prins Eduard-eiland en Marion-eiland in die suidelike Indiese Oseaan, maak deel uit van die provinsie Wes-Kaap.

Kaapstad is ook Suid-Afrika se moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante Parlementsgebou. Die Kaapstad-hawe (vroeër Tafelbaaihawe) is die naasbesigste hawe in die land (ná die Durban-hawe).

Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Knysna, Oudtshoorn, Saldanha, Vredenburg, Worcester, Malmesbury, Mosselbaai en Vredendal.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.