1943


Die jaar 1943 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 43ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1943
| 19de eeu | 20ste eeu | 21ste eeu |

◄ ◄ | | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | 1942 | ◄ 1943 ► | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | 1948 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1943
Calendar-nl.png Kalenders  
Wrecks in the Ironbottom Sound
Skeepswrakke naby Guadalcanal
Gregoriaanse kalender 1943
MCMXLIII
Ab urbe condita 2696
Armeense kalender 1392

ԹՎ ՌՅՂԲ

Sjinese kalender 4639 – 4640

己午 – 庚未

Ethiopiese kalender 1935 –1936
Hebreeuse kalender 5703 – 5704
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1998 – 1999
- Shaka Samvat 1865 – 1866
- Kali Yuga 5044 – 5045
Irannese kalender 1321 –1322
Islamitiese kalender 1362 –1362

Gebeure

Geboortes

Sterftes

1867

Die jaar 1867 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1870

Die jaar 1870 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 70ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1873

Die jaar 1873 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 73ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1951

Die jaar 1951 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 51ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

20ste eeu

Die 20ste eeu het in die jaar 1901 in aanvang geneem en teen die einde van die jaar 2000 ten einde gekom.

Gereformeerde kerk Bethlehem

Die Gereformeerde kerk Bethlehem is ’n gemeente van die GKSA op die Vrystaatse dorp Bethlehem, maar dit sluit ook die dorpe Clarens, Kestell en Paul Roux asook Golden Gate in. Die gemeente was einde 2001 die grootste in die Klassis Ladybrand toe dit 304 belydende en 114 dooplidmate gehad het. Einde 2014, nadat die klassis se naam verander is na Oos-Vrystaat, het Bethlehem 253 belydende en 48 dooplidmate gehad, die tweede grootste gemeente in die klassis naas Frankfort.

Gereformeerde kerk Delarey

Die Gereformeerde kerk Delarey was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, deels in Roodepoort en deels in Johannesburg, waarvan die naam in 1998 Bergbron geword het nadat Johannesburg-Wes en die Melville-gedeelte van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord by Delarey ingelyf is.

Gereformeerde kerk Delmas

Die Gereformeerde kerk Delmas is die tweede oudste gemeente in die GKSA se Klassis Verre-Oos-Rand en was einde 2015, met 187 belydende en 30 dooplidmate, die vyfde grootste van die 11 gemeentes.

Lidmate van die Gereformeerde kerke Heidelberg en Erasmus (Bronkhorstspruit) wat in die omgewing van Delmas gewoon het, het soms Nagmaal in ’n gesamentlike gebou van die drie Afrikaanse kerke gehou op die plaas Strydpan en soms in die NG kerkgebou op Delmas. Op 28 Mei 1938, die jaar van die Simboliese Ossewatrek, het die Gereformeerde kerk Delmas van Heidelberg en Erasmus afgestig.

Die eerste en huidige kerkgebou is opgerig op ’n stuk grond van 1 morg wat Karel Schoeman aan die kerk geskenk het. Die argitekte Geers en Geers het die plan geteken en ds. B.R. Kruger het die hoeksteen op 28 Augustus 1943 gelê. Hierdie gebou is in 1944 voltooi teen ’n koste van £9 000. Die kerkskuld is in 1965 gedelg en van toe tot 1970 is die konsistorie vergroot teen ’n koste van R6 095 en ’n kerkorrel geïnstalleer van amper R20 000.

Eers 40 jaar ná die gemeente se stigting en wel in 1978 is die behoefte aan ’n kerksaal en katkisasielokale uitgespreek. Op 8 November 1981 is die nuwe gebouekompleks, wat R102 000 gekos het, oopgesluit met dieselfde sleutels as dié waarmee die oorspronklike gebou ontsluit is.

Gereformeerde kerk Eendracht

Die Gereformeerde kerk Eendracht is die kleinste gemeente in die GKSA se Klassis Piet Retief. Einde 2015 het die belydende lidmate 24 getel en die dooplidmate twee, vergeleke met onderskeidelik 40 en 14 in 2001. Einde 2016 was dit 28 en twee.

Die dorpie Eendracht het naasaan Leslie in Mpumalanga gelê, nagenoeg halfpad tussen Springs en Bethal. Later is die nedersettings saamgevoeg onder die naam Leandra. Op Eendracht is die Gereformeerde kerk Eendracht op 22 Desember 1934 van die Gereformeerde kerk Heidelberg afgestig. As bruidskat het die dogter ’n aantal erwe gekry.

Die kerkgebou van die Hervormde gemeente Eendracht, gestig op 20 Maart 1917 en met ’n sieletal van 307 in 2014, is in die beginjare gehuur teen £5 per jaar op voorwaarde dat die Gereformeerde kerk ook die windpomp in stand hou. Ná baie vergaderings en beplanning het die Gereformeerdes in 1943 begin met die oprigting van hul eie kerkgebou. Ds. P.J.J. Delport van die Gereformeerde kerk Bethal het die hoeksteen gelê van die gehou wat sitplek bied aan 400 kerkgangers en sowat £8 500 gekos het.

Die kerk is op 29 Januarie 1944 in gebruik geneem tydens ’n geleentheid waar prof. J.D. du Toit (Totius) opgetree het.

Gereformeerde kerk Eloffsdal

Die Gereformeerde kerk Eloffsdal is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) noord van Pretoria se middestad.

Dit was einde 2014 een van die kleinste Gereformeerde kerke in Pretoria met 118 belydende en 29 dooplidmate, vergeleke met onderskeidelik 165 en 35 einde 2001, maar einde 2015 was dit onderskeidelik 130 en 31. Die kerkgebou is geleë by Mancelaan 760, Mayville. Behalwe dié woonbuurt, beslaan die gemeente ook die woonbuurt waaraan hy sy naam ontleen (Eloffsdal), gedeeltes van Gezina en Wonderboom-Suid en Les Marais. Dis net noord van die woonbuurt Capital Park, wat binne die Gereformeerde kerk Pretoria se grense val.

Eloffsdal het in Oktober 1973 van die gemeentes Eloffsdal-Wonderboom-Suid (waarvan die naam toe Pretoria-Wonderboom-Suid geword het) en Bergsig afgestig. (Nadat Eloffsdal se stigtingsdatum jare lank in die GKSA se Almanak as 1973 aangedui is en Pretoria-Wonderboom-Suid s'n as 1943, is dit in vroeg in die 21ste eeu verander sodat albei se stigtingsdatum van toe af 1943 aangedui word.) Aanvanklik is dienste in die Laerskole Eloffsdal en Boerefort se saal gehou. Later is ’n erf in die woonbuurt Roseville gekoop, maar voor beplanning aan bouwerk nog begin het, het die leraar, ds. P.C. Buys, met die plaaslike AGS-pastoor oor ’n ruiltransaksie begin onderhandel. Albei kerkrade het dit goedgekeur dat Eloffsdal sy erf plus R48 000 ruil vir die AGS se kerkgebou in Mansfieldlaan en ’n pastorie. Die gemeente die kerkgebou skaars sewe jaar gebruik toe die stadsraad die gemeente se eiendom uitkoop sodat Mansfieldlaand heelwat verbreed kon word ter wille van beter verkeersvloei. Met die ruim vergoeding wat hulle ontvang het, kon die kerkraad ’n nuwe gebou in Mancelaan, een blok oos van die bestaande gebou, oprig.

Die erf waarop die nuwe kerk gebou is, het aan ’n lidmaat, ene Kuyper, behoort wat ’n kluisenaarsbestaan gevoer het. Ná sy dood het die kerkraad die grond aangekoop. Nadat die eerste kerk ontruim moes word, is dienste intussen in die Laerskool Mayville gehou. Die argitekte Paul du Plessis en Van Wyk, wat gevra is om die plan op te stel, het voorgestel dat die gemeente sy kerk bou volgens ’n gewysigde plan van die NG gemeente Wierdapark, wat pas voltooi is.

Ds. B.C. Smit het die eerste sooi op 25 November 1989 gespit en ook die hoeksteen op 23 Februarie 1991 onthul. Die gemeente het as eienaarbouer op getree onder leiding van oudl. J. Briel. Talle ander lidmate het ook bydraes gelewer, byvoorbeeld oudl. T. Sauer wat banke bekom het van die NG gemeente Petronella. Die nuwe kerk is gebou van donker ongepleisterde baksteen en het ’n betreklik laer plafon en plat dakstruktuur. Dit het nie ’n toring of klok nie. Die vensters is horisontaal op grondvlak en teen die plafon geplaas. Die kerk bied sitplek aan 450 kerkgangers, maar aangesien skuifdeure die kerk aan die saal verbind, kan nog 150 sitplekke voorsien word deur die deure oop te skuif.

Gereformeerde kerk Ermelo

Die Gereformeerde kerk Ermelo is die vyfde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief. Einde 2015, toe hier 109 belydende en 15 dooplidmate was, was dit die vyfde kleinste gemeente in dié Klassis. Einde 2001 was die getalle onderskeidelik 219 en 113, ’n afname van amper 63 persent binne 14 jaar.

Reeds in 1913 is erwe op Ermelo aangekoop met die doel om ’n kerkgebou vir Gereformeerdes hier op te rig. Die geld is verkry uit die verkoop van die plaas Zandbank in die distrik Piet Retief wat behoort het aan Gereformeerdes op Ermelo en is verkoop teen £2 per morg, hoewel die bron nie sê hoe groot die plaas was nie. Die Gereformeerde kerk Ermelo is op 30 Oktober 1915 afgestig, waarskynlik van die Gereformeerde kerk Piet Retief. ’n Jaar later het die bouer A. Pienaar die kerkgebou opgerig teen ’n koste van £1 079, terwyl die hoeksteen gelê is op 6 Mei daardie jaar.

Hierdie gebou, wat sitplek gebied het aan 200 kerkgangers, het in sy oorspronklike vorm as kerk gedien tot 1965, toe die suidoostelike vleuel aangebou is om sitplek aan nog 150 kerkgangers te bied, want reeds in 1960 het die gemeente se sieletal sowat 300 getel. In 1989 is ’n saal aangehou wat ’n eenheid met die kerkgebou vorm.

Gereformeerde kerk Grootfontein

Die Gereformeerde kerk Grootfontein is ’n Gereformeerde gemeente op die Namibiese dorp Grootfontein. Dis amptelik op 29 Mei 1943 gestig en het sy 75-jarige bestaan in die naweek van 26 en 27 Mei 2018 gedenk.

Ds. H.S. van Jaarsveld, na wie die Gereformeerde kerk Biermanskool oorspronklik Vanjaarsveld genoem is ter ere van sy baanbrekerswerk in Suidwes-Afrika, het as konsulent gehelp met die bediening van die Gereformeerdes in die noorde van die gebied. Onder sy leiding is Grootfontein in 1943 gestig, naas die gemeente Outjo (1930), die tweede oudste gemeente in die noorde.

Aanvanklik het die gemeente byeengekom in die Hervormde kerkgebou, want dié kerkverband was reeds gevestig op die dorp nadat sy plaaslike gemeente op 4 September 1937 gestig is, 35 dae ná die eerste Hervormde gemeente in Suidwes, Gobabis, en 14 dae ná die tweede, Otjiwarongo. In Grootfontein se geval is die plaaslike NG gemeente (gestig in 1944) dan ook die jongste van die drie Afrikaanse Kerke. Dié Hervormde kerkgebou het die Gereformeerdes tot 1956 gebruik toe hulle hul eie kerk opgerig het.

Op 17 September 1949 het die jong Gereformeerde gemeente die plaaslike munisipaliteit skriftelik vir ’n kerkerf gevra. Op 20 Mei 1950 het die kerkraad ’n gunstige antwoord ontvang. Dié erf is geleë op die geskiedkundige plek waar die Angola-Boere, onder leiding van pres. Diederik Prinsloo, van 1885 tot 1886 in die Republiek van Upingtonia gewoon het. Al die "burgers" van dié republiek was Doppers. Twee groot wildevyebome wat in 1928 as hekpale geplant is, oorskadu die voetpaadjie.

In 1953 het die gemeente geld vir kerkbou begin insamel en £85 in die boufondsrekening inbetaal. In 1955 het die plaaslike Gereformeerde boere 5 persent van hul kalweroes aan die boufonds afgestaan. Die kerk het ’n brandyster gekry en al die beeste is gebrandmerk. Die boere het gratis weiding voorsien, die beeste onder toesig van die kerkraad verkoop en die geld in die boufondsrekening inbetaal.

Ene Meyer, die argitek, het ’n bouplan in 1964 opgestel, wat die kerkraad dan ook goedgekeur het. ’n Boukommissie is aangestel, bestaande uit ds. E.W. Meyer, oudll. L.A. Grobler (sameroeper), N. van der Walt, P. du Toit en J.H. du Plessis. Tenders vir die oprigting van die kerkgebou is gevra en ene Harteveld van Gobabis s’n is aanvaar vir R22 000. Karel Strydom en ene Arends het die preekstoel, tafels, stoele en banke gemaak van dolfhout wat lidmate van Maroelaboom geskenk het en bykomende hout wat aangekoop is. ’n Lidmaat het later die banke oorgetrek. Ook die orrel was ’n skenking aan die kerk.

’n Ouderling en lid van die boukommissie, Jan Harm (Boet Jannie) du Plessis (gebore 28 Julie 1921, Mombolo, Angola, en oorlede 14 Mei 1984 op Walvisbaai) se vader, Lourens Marthienus du Plessis, is op 19 Junie 1886, terwyl die Dorslandtrekkers hier in die destydse Upingtonia oorgestaan het, op die grond gebore waarop die kerk gebou is. L.M. du Plessis het teruggetrek na Angola, maar is op 16 Mei 1962 op Onkoshi, Tsumeb, oorlede.

Die kerkgebou is op 27 en 28 Februarie 1965 amptelik in gebruik geneem. ’n Lidmaat, Nelie Prinsloo, het die sleutel in ontvangs geneem en die deur oopgesluit. Prof. W.J. Snyman het die opening waargeneem en die gedenksteen onthul.

Grootfontein is een van die opmerklike uitsonderings op die reël dat Gereformeerde Kerke in Namibië se lidmaattal in die eerste 15 jaar van die 21ste eeu betreklik bestendig gebly het, want einde 1997 was die sieletal (belydende en dooplidmate) 188, maar einde 2014 net 54.

Gereformeerde kerk Pretoria-Noord

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Noord is die vierde oudste bestaande gemeente van die Gereformeerde Kerk in Pretoria. Einde 2015 het die gemeente 261 belydende (298 einde 2014) en 35 dooplidmate (44 einde 2014) gehad, vergeleke met 395 en 104 einde 2001.

Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) direk noord van die Pretoriase middestad in die Moot-gebied. Dit sluit gedeeltes van die woongebiede Wonderboom-Suid, Rietfontein en Gezina in.

Die gemeente is in 1943 gestig as die Gereformeerde kerk Eloffsdal. Aan die begin is eredienste gehou in die kerksaal van die NG gemeente Eloffsdal, die Wesleyaanse kerkgebou en aan huis van die gesin Wiegers, tot ’n kerksaal in Mayville gebou is. In 1949 besluit die kerkraad om ’n kerkgebou op te rig in Wonderboom-Suid. Die plan is opgestel deur ene Semeyn en die bouaannemer was H.A.G. Kapp, ’n Gereformeerde lidmaat, wat onder ds. H.F.V. Kruger se toesig sou werk. Lidmate van alle ouderdomme sou met die bouwerk help. Ds. Kruger het die hoeksteen op 18 Februarie 1950 gelê. Piet Pelser het die preekstoel gemaak.

Ds. Kruger het gevra dat die ouderling- en diakenbanke agter die preekstoel geplaas word sodat die ouderlinge en die diakens "toesig oor die predikant en gemeente kon hou". Dié galerye sit skuins weerskante van die preekstoel en die orrelpype. Die verloop van die bouwerk aan die kerkgebou is op film vasgelê. Die kerktoring is 27,5 m hoog en het ’n klok wat uit Nederland ingevoer is.

Omdat die kerkgebou nou in Wonderboom-Suid en nie in Eloffsdal was nie, hê die gemeente besluit om sy naam te verander na Eloffsdal-Wonderboom-Suid. In 1973 is die gemeentenaam nog ’n maal verander nadat Eloffsdal afgestig het en sedertdien is dit Pretoria-Wonderboom-Suid. Dekades daarna is Pretoria-Wonderboom-Suid se stigtingsdatum in die GKSA se Almanak as 1943 aangegee en Eloffsdal s’n as 1973, maar vroeg in die 21ste eeu is dit verander sodat albei nou in 1943 gestig is.

Joego-Slawië

Joego-Slawië (Serwo-Kroaties: Jugoslavija/Југославија, [juɡǒslaːʋija]; Sloweens: Jugoslavija, [juɡɔˈslàːʋija]; Masedonies: Југославија, [juɡɔˈsɫavija]; Albanees: Jugosllavia, Hongaars: Jugoszlávia; letterlik: "Suid-Slawië") was tussen 1918 en 2003 die naam van drie opeenvolgende state in Suidoos-Europa op die Balkanskiereiland. Die hoofstad van hierdie state was telkens Belgrado.

Die eerste Joego-Slawië (1918–1941) was 'n koninklike diktatuur wat van 1918 tot 1929 bekend was as die Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene en van 1929 tot 1941 as die Koninkryk Joego-Slawië. Dit het bestaan tot dit deur Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval is.

Die tweede Joego-Slawië (1943–1992) was die bekendste. Die staat het van 1943 tot 1945 as die Federale Demokratiese Republiek Joego-Slawië bekend gestaan, van 1945 tot 1963 die Federale Volksrepubliek Joego-Slawië en van 1963 tot 1992 die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië.

Die derde Joego-Slawië (1992–2003) het ontstaan na die Joego-Slawiese Oorlog en het bestaan uit Serwië en Montenegro. Die amptelike naam was die Federale Republiek van Joego-Slawië.Vanaf 2003 het hierdie staat as Serwië en Montenegro bekend gestaan, maar in 2006 het dit verdeel in aparte state, naamlik Serwië en Montenegro.

Nazi-Duitsland

Nazi-Duitsland of die Derde Ryk (Duits: Drittes Reich) verwys gewoonlik na Duitsland in die jare tussen 1933 en 1945, toe dit onder die beheer was van Adolf Hitler se diktatorskap en die ideologie van Nasionaalsosialisme ('n weergawe van fascisme).

Die term Nazi is 'n kort vorm van die Duitse Nationalsozialismus; die ideologie was ingestel in die NSDAP (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei), die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty, of Nazi-party in kort.

Die Derde Ryk is 'n verafrikaansing van die Duitse uitdrukking "Drittes Reich", en word gebruik as 'n sinoniem vir Nazi-Duitsland. Die term is in gebruik geneem deur Nazi-propaganda, wat die Heilige Romeinse Ryk as die eerste Reich beskou het, 1871 se Duitse Keiserryk as die tweede, en hulle eie bewind as die derde. Dit is gedoen met die doel om 'n terugkeer te suggereer na die voormalige Duitse glorie na die beweerde mislukking van die 1919 Republiek van Weimar.

Die Derde Ryk is soms ook die "Duisendjarige Ryk" (Tausendjähriges Reich) genoem, soos beplan deur sy stigter, Adolf Hitler, om te bestaan vir 'n duisend jaar.

Terry Eagleton

Terence Francis Eagleton (gebore 1943) is 'n Engelse taalkundige.Eagleton het meer as veertig boeke gepubliseer, en is mees bekend vir Literary Theory: An Introduction (1983), wat oor 750,000 kopie verkoop het.

Tweede Wêreldoorlog

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.Hierdie globale konflik het die meeste van die wêreld se nasies in twee kampe verdeel: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. As gevolg van die groot skaal waarop die oorlog plaasgevind het, het meer as 60 miljoen mense omgekom, wat beteken dat dié konflik ook die dodelikste in die aangetekende geskiedenis van die mens is. Die oorlog was tot dusver ook die enigste waartydens sowel kernwapens (deur die Verenigde State in Japan) asook biologiese en chemiese wapens (deur Japan in China) gebruik is.

Die Tweede Wêreldoorlog was dan ook die verreikendste oorlog in die geskiedenis en die betrokke lande het saam meer as 100 miljoen militêre personeel gehad wat aan die oorlog deelgeneem het. Totale oorlog het die onderskeiding tussen burgerlike en militêre hulpmiddels tot niet gemaak en was ook die toneel vir een nasie se mobilisering van sy ekonomiese, industriële en wetenskaplike vermoëns tot inspanning van die oorlog. Amper twee derdes van die gestorwenes was siviele burgers. Die Holocaust, wat grotendeels in Oos-Europa plaasgevind het, was verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer ses miljoen Jode en ander sosiale en politieke minderhede (Sinti en Roma, Kommuniste, ens.) deur die Spilmoondhede.

Die konflik het geëindig met 'n oorwinning deur die Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State en die Sowjetunie ontwaak as die twee voorste wêreldmoondhede. Selfbeskikking het tot dekolonisasie- en onafhanklikheidsbewegings in Afrika en Asië gelei, terwyl Europa self die pad na integrasie begin loop het.

Winston Ridge

Winston Ridge is ’n klein residensiële voorstad van Johannesburg, sowat 9 km noordnoordoos van die stadsaal.

Die voorstad beslaan net sowat 0,22 km², en strek sowat 600 m van oos na wes en 350 m van noord na suid. In die ooste grens dit aan die De Villiers Graaff-snelweg (M1) en Bramley, in die suide aan Birnam, in die weste en noorde aan Elton Hill. In die ou bedeling het dit deel gevorm van Sandton se munisipale gebied.

Winston Ridge is op die ou plaas Syferfontein aangelê en op 7 Julie 1943 geproklameer. Dis genoem ter ere van sir Winston Churchill, destyds premier van Groot-Brittanje, en na die rif of helling waarteen dit geleë is.

Ses jaar nadat dit uitgelê is, het Winston Ridge 37 Engelssprekende munisipale kiesers gehad en geen Afrikaanssprekendes nie. In 1961 het die Afrikaanssprekende kiesers toegeneem tot een en die Engelssprekendes tot 144.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.