1916


Die jaar 1916 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 16de jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1916
| 19de eeu | 20ste eeu | 21ste eeu |

◄ ◄ | | 1911 | 1912 | 1913 | 1914 | 1915 | ◄ 1916 ► | 1917 | 1918 | 1919 | 1920 | 1921 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1916
Calendar-nl.png Kalenders  
World-of-coca-cola
Coke-bottel
Gregoriaanse kalender 1916
MCMXVI
Ab urbe condita 2669
Armeense kalender 1365

ԹՎ ՌՅԿԵ

Sjinese kalender 4612 – 4613

壬卯 – 癸辰

Ethiopiese kalender 1908 –1909
Hebreeuse kalender 5676 – 5677
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1971 – 1972
- Shaka Samvat 1838 – 1839
- Kali Yuga 5017 – 5018
Irannese kalender 1294 –1295
Islamitiese kalender 1334 –1334

Gebeure

Geboortes

Sterftes

1994

Die jaar 1994 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1997

Die jaar 1997 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 97ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2003

Die jaar 2003 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 3de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2006

Die jaar 2006 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 6de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2010

Die jaar 2010 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 10de jaar van die 21ste eeu n.C. Dit was ook die eerste jaar van die dekade 2010's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Die jaar is deur die Verenigde Nasies as die Internasionale Jaar van Biodiversiteit gedenk.

20ste eeu

Die 20ste eeu het in die jaar 1901 in aanvang geneem en teen die einde van die jaar 2000 ten einde gekom.

Clathria

Clathria is 'n genus van sponse uit die familie van die Demospongiae (gewone sponse).

Eerste Wêreldoorlog

Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek. As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog (Engels: The Great War, Frans: La Grande Guerre).Die oorlog is hoofsaaklik veroorsaak deur die konflikte van die drie groot magte Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Russiese Ryk op die Balkanskiereiland en die ontluikende nasionalisme van die plaaslike bevolking. Hierdie konflikte het uitgeloop op die sluipmoord op aartshertog Frans Ferdinand en sy vrou Sophie Chotek, wat oor die algemeen beskou word as die oorsaak van die oorlog. Langtermyn-oorsake, soos imperialistiese buitelandse beleid van die groot magte van Europa, soos die Duitse Keiserryk, Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk, die Russiese Ryk, die Britse Ryk, Frankryk en Italië het ook ’n belangrike rol gespeel. Verskeie alliansies wat oor die vorige dekades gevorm het, het mekaar gesteun en binne ’n paar weke ná die sluipmoord het die groot moondhede oorlog gevoer. Hulle het die konflik deur hul kolonies vinnig oor die hele wêreld versprei.

Op 28 Julie 1914 het oorlog uitgebreek met die Oostenryk-Hongaarse strooptog in Serwië, gevolg deur die Duitse strooptog in België, Luxemburg en Frankryk en ’n Russiese aanval op Duitsland. Ná die Duitse mars teen Parys het die wesfront in ’n langdurige oorlog betrokke geraak. In die ooste het die Russiese weermag met sukses teen die Oostenryk-Hongaarse magte geveg, maar hulle is teruggedwing deur die Duitsers. Nog fronte het ontstaan nadat die Ottomaanse Ryk by die oorlog aangesluit het in 1914, Italië en Bulgarye in 1915, Roemenië in 1916 en die Verenigde State in 1917. Die Russiese Ryk het in 1917 ineengestort en Sowjet-Rusland het die oorlog verlaat ná die Oktober-rewolusie later in die jaar. Ná die Duitse aanval op die wesfront in 1918 het die Verenigde State tot die oorlog toegetree en die Geallieerdes het die Duitse weermag verdryf. Op 11 November 1918 het Duitsland ingestem om aanvalle te staak. Dié dag staan bekend as Wapenstilstanddag.

In geen ander konflik voor die Eerste Wêreldoorlog is soveel soldate gemobiliseer of het soveel slagvelde plaasgevind nie. Meer as 70 miljoen militêre personeel uit sowat 40 lande, waarvan 60 miljoen Europeërs was, het aan die oorlog deelgeneem. Teen die einde van dié oorlog was dit die tweede bloedigste opgetekende konflik (ná die Taiping-rebellie) met meer as 17 miljoen sterfgevalle, alhoewel dit binne ’n paar dekades oorskadu sou word deur die Tweede Wêreldoorlog.Die Eerste Wêreldoorlog word gekenmerk deur die loopgraafoorlog, veral aan die wesfront. Meer as nege miljoen soldate het op die oorlogsveld gesneuwel, en amper ewe veel op die tuisfront weens voedseltekort, massamoord en grondgevegte. Chemiese wapens is vir die eerste keer gebruik, die eerste grootskaalse bomaanvalle uit die lug is geloods en van die eeu se eerste grootskaalse burgerlike slagtings het plaasgevind. Die Armeense en die Ponties-Griekse volksmoord, wat grotendeels in die Ottomaanse Ryk plaasgevind het, was verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer twee miljoen Armeniërs en Grieke deur die regering van die Jong Turke.

Die konflik het geëindig met ’n oorwinning deur die Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State een van die belangrikste nywerheidslande geword, terwyl die sukkelende Europa minder belangrik geword het. Die oorlog het die selfbewussyn van die deelnemende koloniale soldate en nasies versterk en het gelei tot meer selfbeskikking in al die kolonies.

Gereformeerde kerk Aliwal-Noord

Die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Oos-Kaapse dorp Aliwal-Noord. Omdat Gereformeerde lidmate in die Suidoos-Vrystaat nog altyd dun gesaai was, het die gemeente van Aliwal uit die staanspoor ook die Vrystaatse dorp Rouxville en omgewing ingesluit. Die handjie vol lidmate van die Gereformeerde kerk Zastron het met dié gemeente se ontbinding in 2004 ook by Aliwal-Noord ingeskakel, nes dié van Jamestown die jaar vantevore. Die belydende lidmate het van einde 2015 tot einde 2016 van 150 tot 132 afgeneem en die dooplidmate van 28 tot 23.

Gereformeerde kerk Bethal

Die Gereformeerde kerk Bethal is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy setel op die dorp Bethal in die provinsie Mpumalanga.

Bethal is die tweede oudste gemeente in die klassis naas Piet Retief, wat in 1875 gestig is, 15 jaar voor Bethal. Met 'n totaal van 205 belydende en dooplidmate in 2014, wat Bethal die tweede grootste gemeente in die klassis naas Secunda met 'n totaal van 840. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Sibitso Sibayoni- en Wockestraat en in 2014 was die leraar dr. Fanie Swanepoel. Die gemeente sluit ook Davel en Morgenzon in.

Gereformeerde kerk Paulpietersburg

Die Gereformeerde kerk Paulpietersburg was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op KwaZulu-Natalse dorp Paulpietersburg.

Gereformeerde kerk Zastron

Die Gereformeerde kerk Zastron was ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Vrystaatse dorp Zastron.

Die Suidoos-Vrystaat was tradisioneel nie ’n gebied waarin Gereformeerdes wortelgeskiet het nie. Van 1902 tot 1912 was dié gebied rondom Rouxville, Zastron, Smithfield en Wepener wyke van die Gereformeerde kerke Bethulie (in die Vrystaat) en Aliwal-Noord (in die Oos-Kaap), maar die afstande het die bediening altyd bemoeilik. Gevolglik is die Gereformeerde kerk Zastron op 16 April 1916 gestig. Sowat 20 jaar later, in 1935, het die siele in dié gemeente 83 getel.

Omdat Zastron altyd ’n betreklik klein gemeente was, moes hy amper deurentyd bedieningsooreenkomste met ander gemeentes sluit, onder meer Aliwal-Noord, Reddersburg en Ladybrand. Nogtans kon die gemeente ’n mooi kerkie laat oprig in Ralphstraat in ’n eenvoudige, waardige styl wat eie is aan tallose plattelandse Gereformeerde kerkgeboue.

In 1965 het Zastron die eerste keer ’n inwonende predikant gekry in die persoon van dr. Petrus Kruger, maar ook net tot 1968 waarna hy na die Gereformeerde kerk Uitenhage vertrek het. Die gedurige wegtrek van Gereformeerdes van die platteland na die stede het die belydende lidmate teen 2000 laat afneem tot net 17 en die dooplidmate tot vyf. In 2004 het die gemeente dan ook ontbind, waarna die oorblywende lidmate ingeskakel het by Aliwal-Noord.

Haliclona

Haliclona is 'n genus van sponsdiere uit die familie van die Demospongiae (gewone sponse).

Huisgenoot

Huisgenoot is 'n weeklikse Afrikaanse gesinstydskrif. Dit het die hoogste sirkulasiesyfers van alle betaalde Suid-Afrikaanse tydskrifte. Sy sustertydskrif YOU, die Engelstalige weergawe, is ook in die topvyf. Nog 'n sustertydskrif, Drum, is op die swart mark gerig. Izelle Venter was van 1 Julie 2011 hoofredakteur van al drie publikasies, wat saam 'n sirkulasie van sowat 435 000 eksemplare per week gehad het in die eerste kwartaal van 2016. Venter het Esmaré Weideman opgevolg wat aangestel is as uitvoerende hoof van Media24. Julia Viljoen het redakteur van Huisgenoot geword en sy is deur Henriëtte Loubser opgevolg. Einde 2013 is die hoofredakteurspos afgeskaf. Yvonne Beyers is van 1 Junie 2017 af redakteur van die tydskrif.Daar word geskat dat meer as twee miljoen mense weekliks Huisgenoot lees. Daar is ook verskeie handelsmerkuitbreidings (afsonderlike tydskrifte oor onder meer brei, bak, blokraaie). Verder is 'n gewilde konsert, Skouspel, jaarliks tot in 2014 aangebied waar van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars opgetree het. Dit is gewoonlik oor twee naweke by Sun City gehou. By 'n afsonderlike geleentheid word die gewildste sangers, akteurs, TV-programme ens. van die jaar vereer met 'n toekenning, Tempo. 'n Jaarlikse Skouspel is ook in Kaapstad gehou. In 2015 het Skouspel SuperSkouspel geword, 'n eenmalige konsert vir sowat 30 000 toeskouers in die FNB-stadion in Johannesburg. Dit is net in 2015 aangebied.

In Julie 2012 het Huisgenoot in samewerking met kykNET hul eie werklikheidsreeks, Saktyd, geloods. Die reeks het vir Huisgenoot-aanhangers 'n agter-die-skerms-kykie gegee van wat dit verg om weekliks die land se grootste tydskrif te vervaardig, terwyl dit ook 13 deelnemers uitgedaag het om 'n gesogte pos by die tydskrif te wen. Die uiteindelike wenner was Christiaan Boonzaier.

Huisgenoot word deur Media24, 'n filiaalmaatskappy van Naspers, uitgegee en die inhoud bestaan uit 'n mengsel van ware drama, glansonderwerpe, mode en verbruikersake sowel as resepte, blokkiesraaisels, tuisprojekte en sport. Dit het ook 'n kinder- en tienerafdeling en elke week minstens een kortverhaal of ’n vervolgverhaal.

Marthinus Theunis Steyn

Marthinus Theunis Steyn (Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat 2 Oktober 1857 – Bloemfontein, 28 November 1916) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, en die sesde en laaste Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1896 tot 1902.

Pieter Willem Botha

Pieter Willem Botha (1916–2006), beter bekend as PW en ook as Die Groot Krokodil, was 'n lid van die ou Suid-Afrikaanse Nasionale Party (NP). Hy was van 1966 tot 1978 die Minister van Verdediging, van 1978 tot 1984 Eerste Minister en van 1984 tot 1989 die Staatspresident van Suid-Afrika. Van 1978 tot 1989 was hy ook die leier van die Nasionale Party. In 1983 stel hy ’n driekamerparlement in – ’n Volksraad vir wit kiesers, ’n Huis van Verteenwoordigers vir bruin mense en ’n Huis van Afgevaardigdes vir Indiërs, maar die gesag het steeds by die Volksraad en by homself (as staatshoof) berus. Hy is in 1988 deur F.W. de Klerk opgevolg.

Soekmekaar

Soekmekaar (of Morebeng) is 'n dorp geleë in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, noordwes van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig.Volgens die 2011-sensus het dié klein dorp en omliggende dele 'n bevolking van 2 371 gehad, waarvan 2 289 (96.5%) Swartes was.Volgens oorlewering is die naam afgelei van die insident toe die twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.

Somertyd

Somertyd (Engels: Daylight Saving Time of DST) is die tydsone wat aan 'n streek toegeken word vir 'n gedeelte van die jaar, gewoonlik 'n uur vorentoe vanaf die standaard amptelike tydsone.

Die stelsel is ontwerp om daglig te "spaar" (teenoor om dit te mors, deur byvoorbeeld te slaap terwyl die son skyn). Die amptelike tyd word vorentoe gestel tydens die lente- en somermaande, sodat die aktiewe werks- en skoolure beter met die ure van daglig ooreenstem.

In Suid-Afrika word hierdie stelsel nie gebruik nie; in Europa bestaan somertyd sedert 1980, alhoewel die eerste tydsverandering al 1916 in Duitsland tydens die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde "oorlogstyd" bestaan, waar die horlosies een uur vorentoe gestel is, en tydens die somermaande nog 'n uur bygesit is. Die doel was die besparing van energie deur die langer periodes van daglig.

Vandag bestaan somertyd in Europa, Kanada, die Verenigde State van Amerika (daar bestaan verskille van deelstaat tot deelstaat), Australië, Nieu-Seeland en Suid-Amerika. Algeheel bestaan die stelsel in 70 lande. In Sentraal-Europa word op die laaste Sondag van Maart die horlosies twee-uur in die oggend na drie-uur vorentoe gestel. Die laaste Oktober-Sondagoggend om drie-uur word die tyd weer een uur agtertoe verander. In ander Europese tydsones (Engeland, Ierland: een uur agter; of Finland, Griekeland: een uur voor) vind die verandering vroeër of later plaas, dus skakel al die Europese lande dieselfde "objektiewe" tyd oor.

Die populêre uitdrukking vir normaaltyd is "wintertyd", maar aangesien dit die eintlike tyd konstitueer, is die naam "normaaltyd" meer voldoende.

Baie mense hou van die effek dat die son saans langer skyn, maar natuurlik word dit ook in die oggend 'n uur later lig; dus is dit dikwels mense wat vroeë skofte moet werk (byvoorbeeld in fabrieke) wat eerder negatief teenoor die tydverandering ingestel is. Tydens die hoogte van die Noordelike Halfrond se somer (Junie) verloor hierdie argument aan grondlaag, omdat die son nogtans al vieruur (in plaas van drie-uur; Sentraal-Europese standpunt) opkom. Groter is die probleem in laat Oktober kort voor die terugverandering na normaaltyd; die son sak eers so ses-uur se kant, maar kom eers omtrent agtuur die oggend op. Tradisioneel is veral boere negatief teenoor somertyd ingestel, omdat hulle diere (bv. koeie wat gemelk moet word) eers aan die tydverandering gewoond moet raak.

Lande wat baie ver noord lê (bv. Ysland) maak geen gebruik van hierdie stelsel nie omdat die son tydens die somermaande in elk geval nooit sak nie, of ten minste nooit ver genoeg onder die horison sak om dit enigstens skemerig te laat word nie. Lande naby die ewenaar het die hele jaar omtrent dieselfde sonop- en sonsaktye, en gebruik dit dus ook nie.

Universiteit Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Wes-Kaapse Boland.

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar word in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir die hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.