1913


Die jaar 1913 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1913
| 19de eeu | 20ste eeu | 21ste eeu |

◄ ◄ | | 1908 | 1909 | 1910 | 1911 | 1912 | ◄ 1913 ► | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | 1918 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1913
Calendar-nl.png Kalenders  
Franz Marc 028
Der Turm der blauen Pferde, Franz Marc 1913
Gregoriaanse kalender 1913
MCMXIII
Ab urbe condita 2666
Armeense kalender 1362

ԹՎ ՌՅԿԲ

Sjinese kalender 4609 – 4610

己子 – 庚丑

Ethiopiese kalender 1905 –1906
Hebreeuse kalender 5673 – 5674
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1968 – 1969
- Shaka Samvat 1835 – 1836
- Kali Yuga 5014 – 5015
Irannese kalender 1291 –1292
Islamitiese kalender 1331 –1331

Gebeure

Geboortes

Sterftes

1980

Die jaar 1980 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1994

Die jaar 1994 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1998

Die jaar 1998 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1999

Die jaar 1999 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

20ste eeu

Die 20ste eeu het in die jaar 1901 in aanvang geneem en teen die einde van die jaar 2000 ten einde gekom.

20ste eeu v.C.

Die 20ste eeu v.C. het geduur van 2000 tot 1901 v.C.

31 Maart

31 Maart is die 90ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (91ste in ’n skrikkeljaar). Dit is ook die laaste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 275 dae in hierdie jaar.

5 November

5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare). Daar volg nog 56 dae.

Gereformeerde kerk Ermelo

Die Gereformeerde kerk Ermelo is die vyfde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief. Einde 2015, toe hier 109 belydende en 15 dooplidmate was, was dit die vyfde kleinste gemeente in dié Klassis. Einde 2001 was die getalle onderskeidelik 219 en 113, ’n afname van amper 63 persent binne 14 jaar.

Reeds in 1913 is erwe op Ermelo aangekoop met die doel om ’n kerkgebou vir Gereformeerdes hier op te rig. Die geld is verkry uit die verkoop van die plaas Zandbank in die distrik Piet Retief wat behoort het aan Gereformeerdes op Ermelo en is verkoop teen £2 per morg, hoewel die bron nie sê hoe groot die plaas was nie. Die Gereformeerde kerk Ermelo is op 30 Oktober 1915 afgestig, waarskynlik van die Gereformeerde kerk Piet Retief. ’n Jaar later het die bouer A. Pienaar die kerkgebou opgerig teen ’n koste van £1 079, terwyl die hoeksteen gelê is op 6 Mei daardie jaar.

Hierdie gebou, wat sitplek gebied het aan 200 kerkgangers, het in sy oorspronklike vorm as kerk gedien tot 1965, toe die suidoostelike vleuel aangebou is om sitplek aan nog 150 kerkgangers te bied, want reeds in 1960 het die gemeente se sieletal sowat 300 getel. In 1989 is ’n saal aangehou wat ’n eenheid met die kerkgebou vorm.

Gereformeerde kerk Goeie Hoop

Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is die kleinste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes en een van die kleinste in die hele Kerk. Einde 2016 was hier 11 belydende en drie dooplidmate, dieselfde getal belydende lidmate as in 2009, maar vier minder dooplidmate. In 1960 was die syfers onderskeidelik 60 en 50.

Die Gereformeerde kerk Goeie Hoop is in 1931 gestig en die bekende Gemsbokvlakte asook die dorpie Piet Plessis, halfpad tussen Stella en Tosca, val binne die gemeentegrense. Agttien jaar later kon die gemeente sy kerkgebou, wat vandag nog gebruik word, in gebruik neem en wel op 2 Julie 1949. L.A. Nortjé was voorsitter van die boukommissie. Tydens die ingebruikneming van die kerk het 15 sprekers opgetree buite die verwelkoming, oorhandiging van die sleutels en ’n erediens. Ds. J.L. de Bruin het die ingebruiknemingseremonie gehou.

Op dieselfde Saterdag (2 Julie) is die voorbereidingsdiens om seweuur die aand gehou en die eerste Nagmaal in die nuwe die volgende môre.

Hoewel die wegtrek van lidmate uit die omgewing Goeie Hoop se sieletal tot net 14 laat afneem het en hier einde 2015 net twee ouderlinge maar geen diakens was nie, bestaan die gemeente tans (2016) nog voort. Die Hervormde gemeente Goede Hoop is op 29 November 1913 gestig en het einde 2014 36 belydende en 13 dooplidmate gehad, terwyl die NG gemeente Piet Plessis eers in 1956 tot stand gekom het. Dié gemeente het einde 2014 118 belydende en 27 doopldimate gehad.

Gereformeerde kerk Lindley

Die Gereformeerde kerk Lindley is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat en met 37 belydende en 11 dooplidmate einde 2014, ook die kleinste. Benewens die hoofdorp Lindley, sluit die gemeente ook Arlington en Petrus Steyn in.

Lindley is een van die agt sogenaamde Gereformeerde Kerke onder die Kruis wat ontevrede lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen 1897 en 1911 gestig het. Van dié agt kerke, bestaan nog net Lindley, Frankfort, Carolina en Clanwilliam. Op 3 Januarie 1911 is 'n voorlopige byeenkoms gehou van die beswaarde lidmate van die NG gemeente Lindley en 'n kommissie benoem om die name van diegene wat wou uittree uit die NG Kerk, op te neem. Toe daar op 18 Januarie 1911 weer 'n vergadering gehou is ten huise van P.C. Oosthuizen, het dit geblyk dat daar sowat 100 persone was wat bereid was om hul lidmaatskap van die NG Kerk te beëindig weens talle besware teen dié kerkverband.

Op ’n gemeentevergadering op 25 Maart 1911 op die plaas Klipdrift en in samewerking met Steynsrus (waar die NG gemeente Steynsrus die jaar vantevore gestig is) is toe ’n gemeente gestig wat sou bekendstaan as die Gereformeerde Kerk onder die Kruis. Op 6 Januarie 1913 het hulle op aanbeveling van ds. S.J. du Toit, vader van Totius, by die Gereformeerde Kerk aangesluit.

Reeds in Oktober 1912 het die lidmate op ’n gemeentevergadering besluit om ’n kerkgebou op Lindley op te rig. Twee erwe is gekoop en 32 banke is van die Gereformeerde kerk Ventersburg aangekoop. Ds. H.P.J. Pasch het die kerk se hoeksteen op 13 Mei 1913 gelê. Die teks op die steen is Ps. 74:19. Binne-in die hoeksteen is ’n holte gemaak waarin ’n vrugtefles verseël is. Daarin is al die besware van die gemeente en hul beginsels op skrif gestel sodat die nageslag kan sien waarom hulle hier ’n Kruiskerk gestig het.

Later is ’n konsistorie agter die kerk aangebou en ook die vooraansig verander om die deur onder dak te kry.

Gereformeerde kerk Paulpietersburg

Die Gereformeerde kerk Paulpietersburg was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op KwaZulu-Natalse dorp Paulpietersburg.

Gereformeerde kerk Steynsrus

Die Gereformeerde kerk Steynsrus was die naasjongste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat, maar het in 2011 ontbind nadat hier reeds in 2001 net 13 belydende en ses dooplidmate oorgebly het, vergeleke met onderskeidelik 28 en 12 vier jaar vantevore. Nog vier gemeentes het in daardie jaar ophou bestaan: Krugersdorp-Oos (gestig in 1978), Noordbrug (1957), Potchefstroom-Noord (1949, met Noordbrug saamgesmelt as Die Bult) en Westonaria (1961). Twee jaar ná Steynsrus het ook die naasoudste gemeente in die Klassis Oos-Vrystaat, Tweespruit, ontbind toe ook daar net sowat 13 belydende lidmate oor was.

Die geskiedenis van die Gereformeerde kerk Steynsrus is nou vervleg met dié van die Gereformeerde kerk Lindley. Op 3 Januarie 1911 het 'n groep lidmate van die NG gemeente Lindley byeengekom aan huis van P.C. Oosthuizen om vas te stel hoeveel bereid was om hulle lidmaatskap van die NG Kerk te beëindig weens allerlei besware. Op 'n gemeentevergadering op 25 Maart 1911 op die plaas Klipdrif is saam met Steynsrus 'n gemeente gestig wat sou bekendstaan as die Gereformeerde Kerk onder die Kruis. In 1913 of '14 sou hulle met die Gereformeerde Kerk verenig.

Op 'n gemeentevergadering op Steynsrus op 22 Oktober 1912 is besluit om 'n kerkgebou op Steynsrus op te rig. Met 'n volgende vergadering is besluit om die kerkgebou liewer op Lindley te bou. In 1916 het die Steynsrus-wyk amptelik tot stand gekom en is daar met die oprigting van 'n kerkgebou begin. P.C. Oosthuizen het 'n pastorie aan die gemeente geskenk. Die predikant van die Gereformeerde kerk Lindley het op Steynsrus gewoon. Later is albei geboue verkoop en die predikant het op Lindley gaan woon. In 1952 is ’n nuwe kerkgebou op Steynsrus in gebruik geneem, maar eers in 1983 is die Gereformeerde kerk Steynsrus amptelik afgestig.

Gereformeerde kerk Venterstad

Die Gereformeerde kerk Venterstad is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Oos-Kaapse dorpie Venterstad. Dit het vroeër as Ventersburg bekendgestaan, maar die naam is verander om verwarring met die Vrystaatse Ventersburg te voorkom.

Gereformeerde kerk Zeerust

Die Gereformeerde kerk Zeerust is die derde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes. Einde 2015 was hier 139 belydende en 34 dooplidmate vir ’n sieletal van 173, vergeleke met die Klassis se gemiddeld van sowat 200 per gemeente. Einde 2001, toe die gemeente nog geressorteer het onder die Klassis Vryburg, het die belydende lidmate 239 en die dooplidmate 68 getel vir ’n sieletal van 307, ’n afname van sowat 44 persent binne 14 jaar.

Grantiidae

Grantiidae is 'n familie van sponsdiere uit die klas van die Calcarea (kalksponse).

Leucosolenida

Leucosolenida is 'n orde van sponsdiere uit die klas van die Calcarea (kalksponse).

Richard Nixon

Richard Milhous Nixon (9 Januarie 1913 – 22 April 1994) was die 37ste President van die Verenigde State van Amerika en die enigste president wat uit die pos bedank het.Nixon was gebore in Yorba Linda, Kalifornië. Nixon het in 1973 Amerikaanse betrokkenheid by die oorlog in Viëtnam beëindig en die Amerikaanse gevangene van die oorlog huis toe gebring en die militêre dienslig beëindig.

Hy het op 18 April 1994 'n afwykende beroerte gehad en is vier dae later op die ouderdom van 81 oorlede.

Sophiatown

Sophiatown is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Die aanvanklike naam was ook Sophiatown, maar die township is onder apartheid gesloop en 'n wit woonbuurt genaamd Triomf is in die plek van die voormalige swart buurt gestig. In 2006 is die dorp weer na Sophiatown hernoem.

Sophiatown was een van die vier townships buite die stad Johannesburg waar swartmense eiendom kon besit, tesame met Alexandra, Martindale en Newclare. In 1913 is 'n nuwe wet ingestel wat hierdie voorreg egter van swartmense ontneem het.

Sophiatown het in die 1940's en 1950's die simboliese sentrum van swart kultuur in Johannesburg geword. Net soos Harlem in New York Stad, het dit 'n fokuspunt vir die kunste, politiek, religie en vermaak geword.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.