1809


Die jaar 1809 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 9de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1809
| 18de eeu | 19de eeu | 20ste eeu |

◄ ◄ | | 1804 | 1805 | 1806 | 1807 | 1808 | ◄ 1809 ► | 1810 | 1811 | 1812 | 1813 | 1814 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1809
Calendar-nl.png Kalenders  
Silhouette of the 2nd Earl of Caledon
Goew. Caledon
Gregoriaanse kalender 1809
MDCCCIX
Ab urbe condita 2562
Armeense kalender 1258

ԹՎ ՌՄԾԸ

Sjinese kalender 4505 – 4506

乙辰 – 丙巳

Ethiopiese kalender 1801 –1802
Hebreeuse kalender 5569 – 5570
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1864 – 1865
- Shaka Samvat 1731 – 1732
- Kali Yuga 4910 – 4911
Irannese kalender 1187 –1188
Islamitiese kalender 1224 –1224

Gebeure

Geboortes

Sterftes

1812

Die jaar 1812 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 12de jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1849

Die jaar 1849 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 49ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1882

Die jaar 1882 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1886

Die jaar 1886 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1887

Die jaar 1887 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 87ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

19 April

19 April is die 109de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (110de in skrikkeljare). Daar volg nog 256 dae.

19 Mei

19 Mei is die 139ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (140ste in skrikkeljare). Daar volg nog 226 dae.

19de eeu

Die 19de eeu het in die jaar 1801 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1900 ten einde geloop.

19de eeu v.C.

Die 19de eeu v.C. het geduur van 1900 tot 1801 v.C.

27 Maart

27 Maart is die 86ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (87ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 279 dae in hierdie jaar.

31 Mei

31 Mei is die 151ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (152ste in skrikkeljare). Daar volg nog 214 dae in die res van die jaar.

4 Junie

4 Junie is die 155ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (156ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 210 dae in hierdie jaar.

Abraham Lincoln

Abraham Lincoln ['eɪbrəhæm 'liŋkən] (* 12 Februarie 1809 naby Hodgenville, Hardin County, tans: LaRue County, Kentucky; † 15 April 1865 in Washington, D.C.) het tussen 1861 en 1865 as 16de President van die Verenigde State van Amerika geregeer.

Hy was die eerste lid van die Republikeinse Party wat as staatshoof gefungeer het asook die eerste president wat in 'n politieke sluipmoord vermoor is. Ná sy oorwinning in die presidentsverkiesing van 1860 is hy in 1864 vir 'n tweede ampstermyn herverkies. Abraham Lincoln was die 16e president van die VSA en is naas George Washington die land se vernaamste volksheld.

Dit was nie soseer sy bestuurs- en wetgewende vermoëns wat hom beroemd gemaak het nie, maar sy onvermoeide pogings om tydens die Amerikaanse Burgeroorlog (1860-1865) die eenheid (Unie) van sy land in stand te hou. Hy was ʼn groot voorstander van die demokrasie en het slawerny in Amerika beëindig. Lincoln, wat ʼn uiters eenvoudige agtergrand gehad het en sonder geleerdheid was, het hom tot die hoogste gesagsposisie opgewerk.

Charles Darwin

Charles Robert Darwin (Shrewsbury, 12 Februarie 1809 - Downe, 19 April 1882) was 'n Britse natuurkundige. Hy was die grondlegger van die evolusieteorie gebaseer op natuurlike seleksie wat die grondslag van huidige sienings oor dié teorie vorm.

In 1868, kort ná die publikasie van sy revolusionêre teorie, is hy in die eksklusiewe Orde Pour le Mérite opgeneem. Hy was ook lid van die Royal Society. Vanweë sy aansienlike bydrae is hy in die Westminster-abdy begrawe, digby twee ander bekendes, John Herschel en Isaac Newton.

Felix Mendelssohn

Felix Mendelssohn (1809–1847) was komponis, pianis en dirigent, en het op verskeie gebiede in 'n gematig Romantiese styl binne die raamwerk van die Weense klassieke styl gekomponeer.

Jakob Ludwig Felix Mendelssohn Bartholdy is op 3 Februarie 1809 in Hamburg gebore en het in Berlyn grootgeword. Die familie het Bartholdy by hul van gevoeg nadat 'n welgestelde oom (Bartholdy) aan moederskant 'n landgoed aan hulle bemaak het. Die Mendelssohns was Jode, maar het die Christelike geloof aanvaar en Felix en sy twee susters is in die Lutherse Kerk gedoop.

Die jong Felix het sy eerste klavierlesse van sy moeder ontvang en daarna het hy klavier en komposisie in Berlyn studeer. Die kinders het ook onderrig ontvang in die lettere en die skilderkuns. Felix het dus 'n breë kunsopleiding geniet en in sy jeugjare het hy reeds 5 operas, 11 simfonieë vir strykorkes, solokonserte, sonates en fugas gekomponeer.

Mendelssohn is van kleins af met beroemdes in aanraking gebring en in 1821 het hy as twaalfjarige kennis gemaak met die bejaarde Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832), met wie hy 'n merkwaardige vriendskap gehad het. In Parys het hy die bewondering van Luigi Cherubini (1760–1842) afgedwing.

In 1825 het Mendelssohn sy Oktet vir Strykers gekomponeer en in 1826 die betowerende Midsomernagdroom-ouverture, waarby hy 15 jaar later bykomstige musiek gevoeg het. Albei hierdie werke toon groot tegniese vermoëns en ligtheid, asook melodiese en ritmiese oorspronklikheid.

Mendelssohn het in 1829 vir 'n historiese geleentheid gesorg toe hy Bach se Mattheüs-passie in Berlyn uitgevoer het – die eerste uitvoering daarvan sedert Bach se dood en die begin van 'n herlewing in die belangstelling in Bach se musiek in die 19de en 20ste eeu.

Tussen 1829 en 1832 het hy in Engeland en Skotland rondgereis en onder meer besoek gebring aan die Hebride-eilande wat die Hebrides-ouverture geïnspireer het. In 1832 is die eerste deel van sy Liedere Sonder Woorde in Londen gepubliseer.

Die reise na Londen, Skotland en Italië het as inspirasie gedien vir verskeie van sy belangrikste orkeswerke: die virtuose Eerste Klavierkonsert (1831), die Derde Simfonie (die sogenaamde Skotse Simfonie, 1830–1842) en die Vierde Simfonie (die sogenaamde Italiaanse Simfonie, 1833).

In 1833 het hy musiekdirekteur in Düsseldorf geword en in 1835 dirigent van die Leipzigse Gewandhaus-orkes. Benewens die werke van sy tydgenote, het hy ook die musiek van Bach, Händel en die Weense klassieke komponiste uitgevoer.

In 1836 het hy in Düsseldorf die première van sy oratorium Paulus self gedirigeer. Hy is in 1837 met Cécile Jeanrenaud getroud en in 1838 het Mendelssohn begin werk aan sy briljante Vioolkonsert, 'n taak wat 6 jaar geduur het.

Frederik Wilhelm IV van Pruise het Mendelssohn in 1841 aangestel as musiekdirekteur, en in 1843 het Leipzig die musieksentrum van Europa geword toe Mendelssohn die Leipzigse Konservatorium gestig het.

Onder sy laaste werke is veral sy 6 orrelsonates (1844–1845) en die oratorium Elia (1846) belangrik.

Mendelssohn se hele lewe is gekenmerk deur 'n snelle lewenstempo, maar met die dood van sy lieflingsuster, Fanny, het sy gesondheid 'n ernstige knou gekry. Ná 'n beroete-aanval is hy op 4 November 1847 in Leipzig oorlede.

Mendelssohn het verskeie ander komponiste, insluitende Wagner, beïnvloed, en as herontdekker van Bach se musiek kan sy belangrikheid nouliks oorskat word. Sy werke word gereeld in konsertsale oor die hele wêreld uitgevoer.

Finland

Finland (Fins: Suomi, [suo̯mi], ; Sweeds: Finland, [ˈfɪnland], ), amptelik Republiek Finland (Fins: Suomen tasavalta, Sweeds: Republiken Finland, ), is 'n land in Noord-Europa wat in die ooste aan die Russiese Federasie, in die noordweste aan Swede en in die noorde aan Noorweë grens. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee wat Finland van sy buurland Swede skei. Net in die noordweste het die twee lande 'n gemeenskaplike landgrens.

Finland word, net soos Ysland, soms beskryf as 'n Skandinawiese land alhoewel Skandinawië streng gesproke beperk is tot Swede, Noorweë en Denemarke. Ook in taalkundige opsig verskil Finland van sy Skandinawiese buurlande omrede Fins, net soos die nou verwante Estnies en ook Hongaars, tot die nie-Indo-Europese Fins-Oegriese taalfamilie behoort.

Die hoofstad en grootste stad is Helsinki (Helsingfors in Sweeds). Die Finse Republiek (Suomen Tasavalta) het in 1917 totstand gekom nadat die land sedert die twaalfde eeu deur Swede en later Rusland oorheers is.

Die huidige Sweedssprekende minderheid van sowat ses persent van die bevolking is 'n erfenis uit die tydperk van die Sweedse heerskappy waaronder Finland tussen 1150 en 1809 gestaan het. Sweedssprekendes vorm in sommige dorpe langs die suid- en ooskus en op die outonome Åland-eilande selfs die meerderheid. 'n Groter aantal dorpe en stede is tweetalig, soos byvoorbeeld Helsinki en Turku, en gebruik Sweedse naas Finse plek- en straatname.

Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste noordelike breedtegraad behoort Finland saam met sy Skandinawiese buurlande Noorweë en Swede en Rusland tot die mees noordelike state op die Europese vasteland. Sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte van sowat 338 000 vierkante kilometer lê binne die Arktiese Sirkel. Nogtans het die mees noordelike provinsie Lapland danksy die Noord-Atlantiese Seestroom 'n sagter klimaat as ander gebiede op dieselfde breedtegraad soos Kanada en Siberië. Vanweë hierdie warm seestroom bly Europa se Arktiese kuslyn tydens die winter ook ysvry.

Die Finse somers is warm maar kort, met gemiddelde temperature van 17 °C in die hoofstad Helsinki en 13 °C in Lapland. Vanweë die noordelike ligging is die somerdae baie lank, en in die Arktiese gebiede word dit in Junie, wanneer die middernagson skyn, glad nie meer nag nie. Daarenteen is die Finse winters lank en koud, met 'n gemiddelde temperatuur van -6 °C in Helsinki gedurende Januarie, terwyl die dae baie kort is. In koue winters raak die oppervlak van die Oossee oor 'n afstand van enkele kilometer vanaf die kuslyn dikwels bevrore sodat ysbrekers benodig word om die seehawens oop te hou. Sneeuvalle is egter gewoonlik nie swaar nie sodat die verkeer selfs in Lapland nie ontwrig word nie.

Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies.

Die land is 'n demokratiese republiek met 'n direk verkose president, wat maksimaal vir twee ampstermyne van ses jaar mag dien. Finland het in historiese en politieke opsig nou bande met sy buurstaat Swede. Ná die tweede onafhanklikheid van Estland het Finland ook nou betrekkinge met dié Baltiese land.

Joseph Haydn

Joseph Haydn (31 Maart 1732 – 31 Mei 1809) was 'n Oostenrykse komponis. Hy is een van die bekendste komponiste van die klassieke tydperk en word dikwels die "vader van die simfonie" en die "vader van die strykkwartet" genoem. Hy het verskeie briljante operas geskryf en het vele groot komponiste ná hom geïnspireer. Hy word saam met Wolfgang Amadeus Mozart en Ludwig van Beethoven as deel van die Eerste Weense Skool gereken.

Joseph Haydn is op 31 Maart 1732 in Rohrau, Oostenryk gebore. Hy bestee 'n groot deel van sy loopbaan as 'n hofmusikant vir die adellike Esterházy-familie op hul afgeleë landgoed. Dit het hom aanvanklik van ander invloede geïsoleer en hom, soos hy dit self gestel het, "gedwing om oorspronklik te wees". Hy is op 31 Mei 1809 op 77-jarige ouderdom in Wene oorlede. Ten tyde van sy dood was hy een van die mees gevierde komponiste in Europa.Haydn was die broer van Michael Haydn, self 'n hoogs aangeskrewe komponis, en Johann Evangelis Haydn, 'n tenoor. Hy was ook 'n vriend van Mozart en 'n onderwyser van Beethoven.

Napoleontiese Oorloë

Die Napoleontiese Oorloë was 'n reeks konflikte wat Napoleon Bonaparte se Franse Ryk en verskillende Europese geallieerde en strydende koalisies tussen 1803 en 1815 ingesluit het. Die oorloë was 'n vervolg van dié wat deur die Franse Rewolusie van 1789 aangehits is en het tydens 'n deel van die Eerste Franse Republiek en die hele bestaan van die Eerste Franse Keiserryk plaasgevind. Die reeks konflikte het 'n omwenteling teweeggebring in die Europese weermagte en het op 'n ongekende skaal plaasgevind, hoofsaaklik as gevolg van die toepassing van diensplig in Frankryk. Franse mag het vinnig toegeneem en die meeste dele van Europa ingeneem, maar het skielik ineengestort na Frankryk se rampspoedige inval van Rusland in 1812. Napoleon se ryk het uiteindelik 'n algehele militêre nederlaag gely, wat gelei het tot die herstelling van die Franse Bourbon-monargie. Die oorloë het die ontbinding van die Heilige Romeinse Ryk ingelui, terwyl die Spaanse Ryk ook begin ontrafel het: die Franse besetting van Spanje het die Spaanse houvas op sy kolonies verswak, wat die weg gebaan het vir nasionalistiese revolusies in Latyns-Amerika. Ná die Napoleontiese Oorloë sou die Britse Ryk vir die volgende eeu die plek van voorste wêreldmag inneem.

Daar is geen konsensus oor die presiese einddatum van die Franse Rewolusionêre Oorlog en die begindatum van die Napoleontiese Oorloë nie. Een moontlike datum is 9 November 1799, toe Bonaparte die mag in Frankryk deur middel van 'n staatsgreep verkry het. 'n Ander moontlik datum is 18 Mei 1803, toe 'n hernieude oorlogsverklaring tussen Brittanje en Frankryk die enigste tydperk van vrede in Europa tussen 1792 en 1814 beëindig het. 'n Derde moontlike datum is 2 Desember 1804: die dag wat Bonaparte homself as Keiser van Frankryk gekroon het.

Die Napoleontiese Oorloë is op 18 Junie 1815 ná Napoleon se finale nederlaag by Waterloo en die Tweede Verdrag van Parys beëindig.

Thomas Jefferson

Thomas Jefferson (13 April 1743 – 4 Julie 1826) was die 3de president van die Verenigde State van Amerika (1801–1809). Tydens sy ampstermyn het Ohio op 1 Maart 1803 die 17de deelstaat van die Verenigde State geword.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.