1771


Die jaar 1771 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 71ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1771
| 17de eeu | 18de eeu | 19de eeu |

◄ ◄ | | 1766 | 1767 | 1768 | 1769 | 1770 | ◄ 1771 ► | 1772 | 1773 | 1774 | 1775 | 1776 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1771
Calendar-nl.png Kalenders  
FardierdeCugnot20050111
Die tweede en komplete stoomwa: die Fardier van Gugnot
Gregoriaanse kalender 1771
MDCCLXXI
Ab urbe condita 2524
Armeense kalender 1220

ԹՎ ՌՄԻ

Sjinese kalender 4467 – 4468

丁寅 – 戊卯

Ethiopiese kalender 1763 –1764
Hebreeuse kalender 5531 – 5532
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1826 – 1827
- Shaka Samvat 1693 – 1694
- Kali Yuga 4872 – 4873
Irannese kalender 1149 –1150
Islamitiese kalender 1185 –1185

Gebeure

Geboortes

Sterftes

14 Mei

14 Mei is die 134ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (135ste in skrikkeljare). Daar volg nog 231 dae in die jaar.

1848

Die jaar 1848 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1849

Die jaar 1849 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 49ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

18de eeu

Die 18de eeu het in die jaar 1701 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1800 ten einde geloop.

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland.

18de eeu v.C.

Die 18de eeu v.C. het geduur van 1800 tot 1701 v.C.

21 September

21 September is die 264ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (265ste in skrikkeljare). Daar volg nog 101 dae.

Encyclopædia Britannica

Die Encyclopædia Britannica (Latyn vir "Britse Ensiklopedie") is 'n algemene Engelstalige ensiklopedie gepubliseer deur Encyclopædia Britannica, Inc., 'n private maatskappy. Artikels is gemik op geletterde volwassenes, en word geskryf deur ongeveer 100 voltydse redakteurs en meer as 4 000 spesialisbydraers. Dit word beskou as die mees deskundig-onderlegde ensiklopedie. Die 2010-weergawe van die 15de uitgawe, wat 32 volumes en 32 640 bladsye beslaan, was die laaste gedrukte uitgawe.

Die Britannica is die oudste Engelstalige ensiklopedie wat steeds in druk is. Dit is vir die eerste keer gepubliseer tussen 1768 en 1771 in Edinburg, Skotland, en het toegeneem in gewildheid en omvang, sodat die derde uitgawe (1797) en aanhangsel daarvan (1801) twintig bande beslaan het. Die opgang in aansien het bygedra tot die werwing van toonaangewende bydraers, en die 9de uitgawe (1875–1889) en die 11de uitgawe (1911) was 'n baken in terme van geleerdheid en letterkundige styl. Beginnend by die 11de uitgawe, is die Britannica se artikels verkort en vereenvoudig ter wille van groter aanvaarding in die Noord-Amerikaanse mark. In 1933, het die Britannica die eerste ensiklopedie geword om "deurlopende hersiening" te aanvaar, waarvolgens die ensiklopedie onverpoos herdruk word, en elke artikel geskeduleerd opdateer word.Die mees onlangse uitgawe, die 15de, beskik oor 'n unieke drieledige samestelling: 'n 12-bundel Micropædia met kort artikels (meestal minder as 750 woorde), 'n 17-bundel Macropædia met langer artikels (twee tot 310 bladsye) en 'n enkelband Propædia wat 'n rangordelike raamwerk van kennis verskaf. Die Micropædia is gemik op vinnige naslaan van feite en as 'n gids tot die Macropædia; lesers word aangeraai om die Propædia-raamwerk te raadpleeg om die onderwerp se konteks te verstaan en sodoende meer spesifieke artikels na te spoor. Die grootte van die Britannica het vir 70 jaar min of meer konstant gebly, en bevat ongeveer 40 miljoen woorde en 'n halfmiljoen onderwerpe. Alhoewel dit sedert 1901 in die Verenigde State gepubliseer word, het die Britannica Britse spelwyse behou.Die Britannica het moeite ondervind om winsgewend te bly. Sekere artikels in vroeëre uitgawes is gekritiseer betreffende sorgvuldigheid, vooroordeel of ongekwalifiseerde bydraers. Die akkuraatheid van dele van die 15de uitgawe is eweneens onder verdenking geplaas, maar die bestuur van Britannica het teenargumente op die kritiek gelewer.

Gatcombe Park

Gatcombe Park is die private landelike woning van prinses Anne. Dit is in Engeland geleë, tussen die Gloucestershire-dorpe Minchinhampton en Avening, sowat 10 km noord van Highgrove House, die landelike woning van prins Charles.

Die landgoed is in 1976 deur koningin Elizabeth vir prinses Anne en haar man, kaptein Mark Phillips, gekoop.

Die huis is van 1771 tot 1774 gebou en omstreeks 1820 verander. Dit het vyf hoofslaapkamers, nog vier slaapkamers, vier onthaalkamers, ’n biblioteek, biljartkamer en kweekhuis. Dit is vir prinses Anne en kaptein Phillips gerestoureer en hulle het in November 1977 ingetrek. In 1978 is die aangrensende Aston Farm ook bygekoop. Daar is ’n aansienlike getal perdestalle op die landgoed.

Prinses Anne woon tans saam met haar tweede man, sir Timothy Laurence, in die huis. Mark Phillips en sy tweede vrou woon op die aangrensende Aston Farm nadat die twee landgoedere geskei is met hul egskeiding.

Die landgoed is bekend vir die aanbieding van die Festival of British Eventing, ’n driefase-perdekompetisie, in die eerste naweek in Augustus. Dit word deur kaptein Phillips georganiseer en lok die wêreld se top-perderuiters en meer as 40 000 toeskouers.

Messier-katalogus

Die Messier-voorwerpe is ’n lys sterrekundige voorwerpe wat aanvanklik in 1771 saamgestel is deur die Franse sterrekundige Charles Messier. Messier het die ruimte gefynkam vir komete en is gefrustreer deur voorwerpe wat soos komete lyk, maar dit nie is nie. Hy het toe ’n katalogus van hulle saam met sy assistent Pierre Méchain saamgestel om sy navorsing te vergemaklik.

In die eerste uitgawe is 45 voorwerpe gelys, van M1 tot M45. Messier se uiteindelike katalogus het 103 voorwerpe bevat, maar die lys is later bygewerk deur ander sterrekundiges wat gemotiveer is deur aantekeninge in Messier en Méchain se tekste wat aandui dat hulle van die voorwerpe geweet het. Die eerste aanpassing is in 1921 gedoen deur Nicolas Camille Flammarion, wat Messier 104 bygevoeg het nadat hy ’n aantekening van Messier in dié se 1781-eksemplaar gevind het. M105 tot M107 is in 1947 bygevoeg deur Helen Sawyer Hogg, M108 en M109 in 1960 deur Owen Gingerich en M110 in 1967 deur Kenneth Glyn Jones. M102 is deur Méchain waargeneem en hy het Messier daaroor ingelig. Later het Méchain self erken dat die voorwerp nie bestaan nie, maar ’n herwaarneming van M101 is. Sommige bronne identifiseer die sterrestelsel NGC 5866 as M102, maar die beskrywing stem nie ooreen met dié in Méchain se aantekeninge nie.

Dié voorwerpe is steeds bekend onder hul Messier-nommers volgens sy lys.

Messier het sy navorsing in Frankryk gedoen waar hy gewoon het, en sy waarnemings sluit dus net voorwerpe in wat in die Noordelike Halfrond sigbaar is. Baie indrukwekkende voorwerpe wat net in die Suidelike Halfrond sigbaar is, soos die Groot en Klein Magellaanse Wolk, kom nie daarop voor nie.

Al die Messier-voorwerpe is met verkykers of klein teleskope sigbaar en is dus gewild onder amateur-sterrekykers. Vroeg in die noordelike lente kom sterrekundiges soms byeen vir "Messier-marathons", wanneer al die voorwerpe in een nag gesien kan word.

Messier 46

Messier 46 of M46 (ook bekend as NGC 2437) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Agterdek. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Die sterreswerm is sowat 5 500 ligjare van die Aarde af en sy geraamde ouderdom is verskeie honderdmiljoene jare. Dit lyk of die planetêre newel NGC 2438 in die swerm aan sy noordelike rand lê, maar dit is waarskynlik onverwant omdat sy radiale snelheid verskil van die swerm s'n.M46 is sowat 1 graad oos van Messier 47 in die lug en die twee oop swerms kan saam gesien word met ’n verkyker of wye teleskopiese veld.

Messier 47

Messier 47 of M47 (ook bekend as NGC 2422) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Agterdek. Dit is voor 1654 deur Giovanni Batista Hodierna ontdek en in 1771 herontdek deur Charles Messier, wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.

Daar is nie werklik ’n sterreswerm in die posisie wat deur Messier aangedui is nie (wat hy uitgedruk het in terme van sy regte klimming en deklinasie ten opsigte van die ster K Puppis). As die tekens van Messier se koördinaatverskille verander word, stem die posisie egter ooreen met dié van NGC 2422.M47 is sowat 1 600 ligjare van die Aarde af en is sowat 78 miljoen jaar oud. Dit bevat omtrent 50 sterre, waarvan die helderste een ’n sigbare helderheid van 5,7 mag het.

Messier 48

Messier 48 of M48 (ook bekend as NGC 2548) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Daar is nie werklik ’n sterreswerm in die posisie wat Messier aangedui het nie. Die waarde wat hy aangee vir die regte klimming stem ooreen met dié van NGC 2548, maar die deklinasie is vyf grade uit. Caroline Herschel kry soms die krediet vir die ontdekking van die swerm in 1783.In goeie toestande is M48 met die blote oog van die Aarde af sigbaar. Dit is sowat 1 500 ligjare van hier en na raming 300 miljoen jaar oud.

Messier 49

Messier 49 of M49 (ook bekend as onder meer NGC 4472) is ’n elliptiese sterrestelsel sowat 49 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 19 Februarie 1771 deur Charles Messier ontdek en hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

As ’n elliptiese sterrestelsel het Messier 49 die vorm van ’n radiosein-intensiewe stelsel, maar dit het net die radio-emissies van ’n gewone sterrestelsel. Die kern straal X-strale uit wat dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n geraamde massa van 5,65 × 108 sonmassas, of 565 miljoen keer die massa van die Son. Die enigste supernova wat nog in die stelsel gesien is, is SN 1969Q, wat in Junie 1969 ontdek is.M49 het ’n groot versameling bolvormige sterreswerms – sowat 5 900. Dit is egter veel minder as die 13 450 bolswerms in die superreusagtige elliptiese sterrestelsel Messier 87. Die swerms in M49 is gemiddeld sowat 10 miljard jaar oud.M49 is die eerste lid van die Virgo-sterrestelselswerm wat ontdek is. Dit is die helderste stelsel in die Virgo-swerm – helderder as enige stelsel nader aan die Aarde. Dit is in ’n swaartekrag-interaksie gewikkel met die onreëlmatige dwergstelsel UGC 7636. Die dwerg toon ’n spoor van afval wat oor rofweg 1 × 5 boogminute strek.

Messier 62

Messier 62 of M62 (ook bekend as NGC 6266) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

M62 het ’n skynbare helderheid van 7,39 mag. Dit is sowat 22 500 ligjare van die Aarde af en sowat 100 ligjare breed. In die 70's is gevind die swerm bevat ’n hele 89 veranderlike sterre en verskeie X-straalbronne, wat vermoedelik dubbelsterre is.

Pous Clemens XIV

Clemens XIV was die 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 5 jaar, 4 maande en 4 dae, van 1769 tot 1774.

Ryk Tulbagh

Ryk Tulbagh (Utrecht, 14 Mei 1699 – Kaapstad, 11 Augustus 1771) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 27 Februarie 1751 tot 11 Augustus 1771.

Ryk Tulbagh was die oudste seun van Dirk Tulbagh en Catharina Cattepoel. Dirk Tulbagh was in diens van die State-Generaal in Utrecht maar is in 1704 na Bergen op Zoom verplaas. Ryk Tulbagh het sy opleiding daar ontvang en op sestienjarige ouderdom in Dordrecht voltooi.

Terwyl hy steeds slegs sestien jaar oud was is hy in 1715 deur die VOC in diens geneem en op die skip Terhorst na die Kaapkolonie gestuur vir 'n vyf jaar kontrak waar hy aangewend kon word waarvoor ook al die kompanjie hom sou benodig. Goewerneur De Chavonnes het die jong man se vermoë raakgesien en hom bevorder tot assistentklerk van die Sekretaris van die Politieke Raad waarmee hy sy loopbaan as administratiewe amptenaar begin het.

Tulbagh het snelle opgang gemaak en sy swaer Hendrik Swellengrebel as hoofklerk van die Politieke Raad opgevolg. In April 1739 het hy Sekunde en Senior Handelaar geword en in het hy Hendrik Swellengrebel in 1751 as Goewerneur opgevolg, 'n pos wat hy vir 20 jaar tot met sy afsterwe in 1771 sou beklee.Ryk Tulbagh is op 26 Augustus 1725 met Elisabeth Swellengrebel, die suster van Hendrik Swellengrebel getroud. Tulbagh se enigste 2 kinders is vroeg oorlede en sy vrou is in 1753 dood. Tydens sy bewind het hy talle bekende besoekers in die Kasteel onthaal, onder wie sterrekundiges soos Abbé Nicolas Louis de la Caille, Charles Mason en Jeremiah Dixon, skrywers soos Bernardin de St. Pierre en die Engelse ontdekkingsreisiger James Cook.

Tulbagh word onder andere onthou vir sy aanpassing van die sogenaamde weeldewette uit Batavia wat daarop gemik was om oordadigheid (Prag en Praal) onder die amptenary te beperk. Sy wet van 1755 het bepaal dat slegs die goewerneur sy koets met 'n wapenskild mag versier en dat slegs hy en lede van die Politieke Raad hulle koetsiers in livrei mag geklee het.

Laer amptenare en hulle vrouens is verbied om sambrele te dra. Vroue mag ook nie mantels gedra het wat met sy of fluweel geborduurd was nie. Die toenmalige mode van japonne met 'n sleep is verbied en alle oorbodige vertoon by begrafnisse moes vermy word.Tulbagh was ook verantwoordelik vir die kodifisering van die slawewette van die kolonie in die sogenaamde Tulbagh Kode wat in 1754 gepubliseer is. Die Tulbagh Kode was 'n stel reëls oor die beheer van slawe in die Kaap.

Ryk Tulbagh het met die bekende botanikus Carolus Linnaeus gekorrespondeer en in 1763 meer as 200 plantmonsters, verskeie goed bewaarde voëls, 'n versameling bolle en 50 sade gestuur.Tulbagh het heelwat gedoen om die gevolge van die pokke-epidemieë van 1755 en 1767 te temper. Uit waardering vir sy welwillendheid het hy onder die Kaapse bevolking die erenaam Vader Tulbagh gekry.

Hy het 'n groot belangstelling in plant en dierkunde getoon en die Kaap se tuine en dieretuin het groot lot van besoekers uit die Ooste en Europa ontvang. Die Wes-Kaapse dorp Tulbagh en die plant genus Tulbaghia, wilde knoffel, is na Ryk Tulbagh vernoem. Ook is Aeropetes tulbaghia of Bergnooientjie na die goewerneur vernoem. Dit is 'n skoenlapper wat deel was van 'n versameling wat hy na Carolus Linnaeus in Europa gestuur het.

In 1761 is die eerste biblioteek in die Kaap opgerig met ʼn boekery wat deur Joachom von Dessin, sekretaris van die Weeskamer, aan die Kaapse Kerkraad geskenk is. Die Kaap is tydens Tulbagh se bewind deur 2 groot pokke-epidemies getref (1755 en 1767), en in albei gevalle het die bestryding van die gevreesde siekte, wat byna die hele Khoi-bevolking uitgewis het, sy persoonlike aandag geniet.

Die eerste epidemie was die ergste en die Blanke bevolking het ten spyte van die hoë natuurlike aanwas van 6 110 na 5 123 verminder. Die tol onder die slawe was meer as 500. Die tweede epidemie het in totaal meer as 500 lewens geëis en was eers teen 1770 heeltemal uitgewoed. Tulbagh het die lewensomstandighede aan die Kaap veraangenaam deur die instelling van openbare dienste soos die skoonmaak en herstel van strate, brandbestrydingsmaatreëls, burger- en ratelwagte en regulasies ten opsigte van slawe en hul bewegings.

Die slawewetgewing van 1754 was in hoofsaak 'n samevoeging en rasionalisering van reeds bestaande slawewette, maar het ook in baie opsigte die lot van die slawe verbeter. Die doodstraf is net toegepas op slawe wat hul meesters vermoor of liggaamlik aangerand het, terwyl ander oortredings met lyfstraf of harde arbeid gestraf is. Slawe is toegelaat om 'n ambag te beoefen en diegene wat genoeg geld gespaar het, kon hulle vryheid en die van hul naastes koop.

Vrygestelde slawe (bekend as Vryswartes) is op gelyke voet met die Blankes geplaas. Die bekendste wetgewing van Tulbagh se bewind was die sogenaamde prag- en praalwette, wat in 1755 uitgevaardig is. Die wetgewing het geskied op versoek van Jacob Mossel, goewerneur-generaal van Batavia, wat 'n einde wou maak aan die uitspattigheid van die VOC se amptenare in die Ooste. 'n Afskrif van die 124 bepalings wat in Batavia toegepas is, is na die Kaap gestuur met die versoek dat dit by die Kaapse omstandighede aangepas word.

Tulbagh het in die tyd al sy persoonlike aandag aan die bestryding van die pokke-epidemie bestee en die prag- en praalwette was hoofsaaklik die werk van 'n kommissie van ondersoek wat deur hom aangestel is. Vanweë die groot verskille in klimaat, afstande en woonomstandighede is die meeste van Batavia se bepalings ten opsigte van klere en rytuie nie aan die Kaap toegepas nie. Die Kaapse prag- en praalwette het onder meer die gebruik van ʼn statussimbool soos die sonsambreel (kiepersol) tot amptenare bo ʼn sekere rang en hul vroue beperk.

Alle vroue is belet om die nuwe mode (sleeptabberds) te dra, terwyl net die vroue en dogters van onderkoopmans en hoër toegelaat is om sy- en fluweelmantels te dra. Slegs die goewerneur en hoë amptenare is toegelaat om in versierde koetse te ry en hul slawe in livrei te klee. Slawe moes stemmig gekleed wees, en vertoon by begrafnisse is aan bande gelê. Nadat hy goewerneur geword het, het Tulbagh nie meer self in die binneland gereis nie, maar hy het elke geleentheid aangegryp om kennis oor die binneland en die binnelandse bewoners te bekom.

'n Ekspedisie wat in 1752 noordooswaarts gestuur is, was die grootste sedert Simon van der Stel se ekspedisie van 1685. Die ekspedisie het deur Temboe- en Xhosaland tot by die Qorarivier gereis en eers na 8 maande teruggekeer. Later het ʼn ekspedisie onder leiding van kaptein Hendrik Hop noordwaarts tot ver anderkant die Grootrivier gereis. Die soort ekspedisies was onder meer noodsaaklik om vas te stel tot hoe diep in die binneland die veeboere al getrek het.

In 1770 het Tulbagh bepaal dat die Gamtoosrivier die oosgrens van die Swellendamdistrik moet wees en die Swartberge die noordgrens moet vorm. Hy kon egter nie daarin slaag om die grensbepalings te handhaaf nie. Weens sy wyse administrasie en sin vir regverdigheid, het Tulbagh onder die Kaapse bevolking as "Vader Tulbagh" bekend geword. Hy is op 11 Augustus 1771 na 'n lang siekbed oorlede en is in die Groote Kerk begrawe.

Thatched House Lodge

Thatched House Lodge is ’n koninklike woning in Londen, Engeland. Die hoofhuis het ses onthaalkamers en ses slaapkamers, en die terrein is 1,6 ha groot. In die tuin staan ’n 18de-eeuse somerhuis met ’n grasdak en twee kamers, vandaar die hoofhuis se naam. Sedert 1963 is dit die tuiste van prinses Alexandra, die agbare lady Ogilvy, ’n niggie van koningin Elizabeth. Dit is deur haar oorlede man, sir Angus Ogilvy, van die owerhede gehuur ná hul troue.

Dit is aanvanklik in 1673 as twee huise gebou. Dit is in 1727 vergroot, en in 1771 is die huise verbind en herdoop na Thatched House Lodge. Die huis is voorheen deur verskeie lede van die koninklike huishouding gebruik.

Tulbagh

Tulbagh is 'n dorp in die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit van die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met bykans 9 000 inwoners (2011), Dit is sowat 125 kilometer noord-oos van Kaapstad geleë en is genoem na Ryk Tulbagh, die Kaapse goewerneur van 1751 tot 1771. Tulbagh is die sentrum van 'n wynboustreek.

Walter Scott

Sir Walter Scott (Edinburgh, 14 Augustus 1771 - Abbotsford House, Abbotsford, 21 September 1832) was 'n Skotse digter en skrywer, veral bekend vir sy historiese romans, waaronder Ivanhoe.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.