1751


Die jaar 1751 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 51ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1751
| 17de eeu | 18de eeu | 19de eeu |

◄ ◄ | | 1746 | 1747 | 1748 | 1749 | 1750 | ◄ 1751 ► | 1752 | 1753 | 1754 | 1755 | 1756 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1751
Calendar-nl.png Kalenders  
Albinoni
Tomaso Albinoni
Gregoriaanse kalender 1751
MDCCLI
Ab urbe condita 2504
Armeense kalender 1200

ԹՎ ՌՄ

Sjinese kalender 4447 – 4448

丁午 – 戊未

Ethiopiese kalender 1743 –1744
Hebreeuse kalender 5511 – 5512
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1806 – 1807
- Shaka Samvat 1673 – 1674
- Kali Yuga 4852 – 4853
Irannese kalender 1129 –1130
Islamitiese kalender 1164 –1164

Gebeure

  • 1 JanuariePous Benedictus XIV publiseer Celebationem magni ter afsluiting van die Heilige Jaar 1750.
  • 30 Januarie – Pous Benedictus XIV publiseer Prodiit jamdudum, weer oor karnaval.
  • 20 Februarie – Pous Benedictus XIV publiseer Elapso poxime anno oor kettery en asiel.
  • 18 Maart – Pous Benedictus XIV publiseer Providas Romanorum teen Vrymesselary.
  • 2 Junie – Pous Benedictus XIV publiseer Magno cum animi oor private oratoria.
  • 14 Junie – Pous Benedictus XIV publiseer A Quo Primum oor die vreedsame samelewing van Jode en Christene.
  • 21 November – Pous Benedictus XIV verklaar Jeanne de Chantal salig.

Geboortes

Sterftes

11 November

11 November is die 315de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (316de in skrikkeljare). Daar volg nog 50 dae in die res van die jaar.

14 Junie

14 Junie is die 165ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (166ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 200 dae in die res van die jaar.

16 Maart

16 Maart is die 75ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (76ste in skrikkeljare). Daar volg nog 290 dae.

1814

Die jaar 1814 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1828

Die jaar 1828 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 28ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1829

Die jaar 1829 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 29ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1836

Die jaar 1836 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

18 Maart

18 Maart is die 77ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (78ste in skrikkeljare). Daar volg nog 288 dae.

18de eeu

Die 18de eeu het in die jaar 1701 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1800 ten einde geloop.

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland.

18de eeu v.C.

Die 18de eeu v.C. het geduur van 1800 tot 1701 v.C.

20 Februarie

20 Februarie is die 51ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 314 dae in die res van die jaar (315 in skrikkeljare).

25 Desember

25 Desember is Kersdag, die 359ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (360ste in skrikkeljare). Daar volg nog 6 dae in die res van die jaar.

8 Junie

8 Junie is die 159ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (160ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 206 dae in die res van die jaar.

Ensiklopedie

'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.

Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia ("in 'n sirkel van onderrig").

Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel, maar die term, ensiklopedie, is eers vanaf die 16de eeu gebruik om daarna te verwys.

Alhoewel onderwerpe in enige ensiklopedie dikwels 'n definiërende beskrywing bevat, kan die aspek van 'n woordeboek – naslaanwerk met 'n alfabetiese lys van woorde of terme en inligting daaromtrent – nie met die ingesteldheid van 'n ensiklopedie verwar word nie.

James Madison

James Madison (* 16 Maart 1751, † 28 Junie 1836) was 'n Amerikaanse politikus en politieke filosoof wat tussen 1809 en 1817 die amp van President van die Verenigde State beklee het; hy was die vierde president. Hy word daarnaas as een van die Stigtingsvaders van die Verenigde State beskou. Tydens sy ampstermyn het Louisiana (30 April 1812) en Indiana (11 Desember 1816) die 18de en 19de deelstate van die Verenigde State van Amerika geword.

Madison het die belangrikste bydrae tot die Amerikaanse grondwet gelewer sodat na hom dikwels as die "Vader van die Grondwet" verwys word. In 1788 het hy meer as 'n derde van die Federalist Papers geskryf, 'n invloedryke kommentaar op die Amerikaanse grondwet.

Madison was die eerste president wat tot verteenwoordiger van die Amerikaanse Kongres verkies is. Hy was 'n leier in die 1ste Kongres van die Verenigde State waar hy talle basiese wette ontwerp het en ook verantwoordelik was vir die eerste tien wysigings van die grondwet (wat na bewering op Virginië se Verklaring van Menseregte gebaseer was). Derhalwe staan hy ook bekend as die "Vader van die Bill of Rights". As 'n politieke teoretikus het hy veral die oortuiging aangehang dat die nuwe republiek die regte van individue deur middel van wigte en teenwigte (checks and balances) teen 'n moontlike tirannie van die meerderheid moes beskerm.

As 'n leier in die Huis van Verteenwoordigers (House of Representatives) het Madison by die organisering van die nuwe federale regering nou saamgewerk met George Washington.

Maria Anna Mozart

Maria Anna Walburga Ignatia Mozart (noemnaam Marianne, bynaam Nannerl; * Salzburg, 30/31 Julie 1751; † Salzburg, 29 Oktober 1829) was 'n Oostenrykse musikant and die suster van Wolfgang Amadeus Mozart. Sy het ook gekomponeer, maar geen van haar werke het oorleef nie. In 1784 trou sy op aandrang van haar vader met Johann Baptist von Berchtold zu Sonnenburg, 'n magistraat wat 15 jaar ouer was as sy. Hul enigste kind wat volwassenheid bereik het, was Leopold (1785–1840), met wie sy na Salzburg terugkeer na haar man se dood in 1801. Met 'n toename in belangstelling in haar broer, verskaf sy inligting en help met die opspoor van manuskripte.

Messier 69

Messier 69 of M69 (ook bekend as NGC 6637) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 31 Augustus 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Hy het op dié tydstip gesoek na ’n voorwerp wat LaCaille in 1751-'52 beskryf het en het gedink hy het dit herontdek, maar dit is nie duidelik of LaCaille in werklikheid M69 beskryf het nie.

M69 is sowat 29 700 ligjare van die Aarde af. Dit is na aan die bolvormige swerm M70 – net sowat 1 800 ligjare van hom af. Albei die swerms lê naby die Melkweg se middel. Dit is sover bekend een van die metaalrykste bolvormige sterreswerms.

Pous Benedictus XIV

Benedictus XIV was die 247ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 17 jaar, 9 maande en 17 dae, van 1740 tot 1758. Hy word gesien as die grootste pous uit die 18de eeu. Hy het 'n groot aantal briewe en ensiklieke geskrywe. Vir die twee teenpouse met dieselfde naam sien Teenpous Benedictus XIV.

Tulbagh

Tulbagh is 'n dorp in die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit van die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met bykans 9 000 inwoners (2011), Dit is sowat 125 kilometer noord-oos van Kaapstad geleë en is genoem na Ryk Tulbagh, die Kaapse goewerneur van 1751 tot 1771. Tulbagh is die sentrum van 'n wynboustreek.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.