1739


Die jaar 1739 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 39ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1739
| 17de eeu | 18de eeu | 19de eeu |

◄ ◄ | | 1734 | 1735 | 1736 | 1737 | 1738 | ◄ 1739 ► | 1740 | 1741 | 1742 | 1743 | 1744 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1739
Calendar-nl.png Kalenders  
Samuel Scott 2
Die Bitse vloot bombardeer Portobello in Panama.
Gregoriaanse kalender 1739
MDCCXXXIX
Ab urbe condita 2492
Armeense kalender 1188

ԹՎ ՌՃՁԸ

Sjinese kalender 4435 – 4436

乙午 – 丙未

Ethiopiese kalender 1731 –1732
Hebreeuse kalender 5499 – 5500
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1794 – 1795
- Shaka Samvat 1661 – 1662
- Kali Yuga 4840 – 4841
Irannese kalender 1117 –1118
Islamitiese kalender 1152 –1152

Gebeure

  • 23 FebruariePous Clemens XII stel Gaetano Stampa, aartsbiskop van Milaan en Pierre-Guérin de Tencin, aartsbiskop van Embrun aan as kardinaal.
  • 14 AprilHendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is.
  • 15 Julie – Pous Clemens XII stel Marcellino Corio, goewerneur van Rome aan as kardinaal.
  • 30 September – Pous Clemens XII stel Prospero Colonna, ouditeur van die Apostoliese Kamer en Carlo Maria Sacripante, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.

Geboortes

Sterftes

14 April

14 April is die 104de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (105de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 261 dae in hierdie jaar.

15 Julie

15 Julie is die 196ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (197ste in skrikkeljare). Daar volg nog 169 dae in die res van die jaar.

1793

Die jaar 1793 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 93ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1799

Die jaar 1799 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1816

Die jaar 1816 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 16de jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1817

Die jaar 1817 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 17de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

18 Augustus

18 Augustus is die 230ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (231ste in skrikkeljare). Daar volg nog 135 dae in die res van die jaar.

18de eeu

Die 18de eeu het in die jaar 1701 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1800 ten einde geloop.

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland.

18de eeu v.C.

Die 18de eeu v.C. het geduur van 1800 tot 1701 v.C.

24 Oktober

24 Oktober is die 297ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (298ste in skrikkeljare). Daar volg nog 68 dae in die res van die jaar.

30 September

30 September is die 273ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (274ste in skrikkeljare). Dit is ook die laaste dag van die derde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 92 dae.

8 Maart

8 Maart is die 67ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (68ste in skrikkeljare). Daar volg nog 298 dae in die res van die jaar.

9 September

9 September is die 252ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (253ste in skrikkeljare). Daar volg nog 113 dae in die res van die jaar.

Bouveteiland

Bouveteiland (Noors: Bouvetøya) is 'n eiland geleë op 54˚26'SB, 3˚24'OL in die suidelike Atlantiese Oseaan. Die klein eiland behoort aan Noorweë en is eintlik 'n vulkaanpiek bedek met 'n permanente yslaag. Dit is onbewoon en dien amptelik as meteorologiese stasie.

Die eiland is in 1739 ontdek deur die Franse vlootoffisier Jean-Baptiste Bouvet de Lozier. In 1825 word die eiland vir die eerste keer opgeëis deur Engeland. In 1927 neem die Noorweërs dit in en die jaar daarop sien die Engelse van hulle eis af. In 1971 word Bouvet en die omringende water tot natuurreservaat verklaar.

Bouvet skep vir 'n onbewoonde eiland relatief bogemiddelde belangstelling vanweë sy eie Internet-domeinnaam. Dit is ".bv" en word beheer deur Noorweë, maar daar kan niks daarop geregistreer word nie. Baie internettoepassings bied nogtans die moontlikheid om Bouvet as landkeuse te kies.

Die stormbandpikkewyn en die witstormvoël leef en broei op die eiland.

Carl Ditters von Dittersdorf

Carl Ditters von Dittersdorf (2 November 1739 – 24 Oktober 1799) was 'n Oostenrykse komponis en violis.

Daniël van den Henghel

Daniël van den Henghel was die waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie vanaf 19 September 1737 tot 14 April 1739.

Henghel was ook aan bewind toe die owerheid probleme met die Frans gebore Estiénne Barbier begin optel het. Barbier is later onder Hendrik Swellengrebel tereggestel en sy kop en hand in "de roodesands Cloof" geplaas en sy ander vier dele langs ander hoofweë op pale uitgestal.

In 1739 is hy as goewerneur opgevolg deur Hendrik Swellengrebel.

Hendrik Swellengrebel

Hendrik Swellengrebel (Kaapstad, 20 September 1700 – Utrecht, 26 Desember 1760) was die eerste en enigste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is.

Swellengrebel was die oudste seun van Johanna Cruse (5 Februarie 1682, Kaapstad – 19 Mei 1713, Kaapstad) en Johannes Swellengrebel (geb. 17 Mei 1671, Moskou, Rusland). Hy het twee broers, Hieronimus en Johannes Balthasar, en twee susters, Elisabeth en Johanna Catharina gehad. Hy is op 15 Julie 1727 in die Kaap met Helena Wilhelmina ten Damme getroud.Swellengrebel was goewerneur van 1739 tot 1750. Die dorp Swellendam in die Wes-Kaap is na hom en sy vrou, Helena Wilhelmina ten Damme (1706–1746) genoem. Swellengrebel en Helena Wilhelmina het drie dogters, Johanna, Helena, en Claudia Constantia (geb. 1739), en 'n seun, Ertman Balthasar (geb. 1742), gehad. Tydens die terugreis vanaf die Kaap na Texel hou die twee oudste dogters 'n dagboek wat sover bekend die enigste dagboek van 'n reis tussen die Kaap en Nederland was ten tye van de VOC (1602–1795) wat deur vroue geskryf is en bewaar is gebly het. Ná Helena Wilhelmina ten Damme se aftwerwe op redelik jong ouderdom, is Swellengrebel ná sy verhuising na Nederland weer getroud, met Helena van Ruyven.

In 1750 is hy as goewerneur opgevolg deur Ryk Tulbagh, wat getroud was met Hendrik se suster Elizabeth. Nog 'n suster, Johanna, was getroud met ds. Fanciscus le Seuer, Kaapse predikant van 1729 tot 1746.

Joachim van Plettenberg

Joachim Ammena van Plettenberg (8 Maart 1739, Leeuwarden, Nederland – 18 Augustus 1793, Zwolle, Nederland) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 11 Augustus 1771 tot 14 Februarie 1785. Hy het Ryk Tulbagh opgevolg as waarnemende goewerneur na dié se afsterwe. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die posisie.

Van Plettenberg is in 1739 in Leeuwarden, die hoofstad van Friesland in Nederland gebore. Hy kom uit 'n aristokratiese familie en sy ouers was stoere Oranje-manne. Sy vader was 'n kolonel in die sterk Oranje-garnisoen wat in Leeuwarden onderhou is. Na voltooiing van sy skoolopleiding het hy gaan studeer en 'n graad in regte ontvang en is hy tot die State-Generaal verkies. Sy eerste amptelike pos was in Batavia waar hy regsondervinding opgedoen het as 'n junior regsoffisier of adjunk-fiskaal vit twee jaar van 1765. Op 28-jarige ouderdom is hy in 1767 aangestel as die eerste onafhanklike fiskaal in Kaapstad.

In 1774 word hy in waarnemende hoedanigheid as goewerneur aangestel toe goewerneur Tulbagh te sterwe kom. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die posisie. Tydens sy ampstermyn het hy 'n drie maande lange reis onderneem waarin hy al 47 buiteposte in die Kaapkolonie besoek het. Tydens die reis kom hy op 5 November 1778 op Plettenbergbaai aan en op 6 November rig hy die historiese bakenklip van die VOC, wat as die Van Plettenbergbaken bekend staan op. Die heldedaad van Wolraad Woltemade het tydens sy ampstermyn plaasgevind.

Van Plettenberg is na 'n reeks petisies van die Kaapbewoners in 1785 eervol uit sy pos ontslaan. Hy keer na sy vaderland terug en is by Huis Windesheim in Zwolle oorlede in 1793.Plettenbergbaai is deur homself vernoem.

Orde (biologie)

In die wetenskaplike klassifikasiesisteem wat gebruik word in biologie, is die orde (Latyn: ordo, meervoud ordines) 'n rangorde tussen die klas en die familie.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.