16de eeu

Die 16de eeu het in die jaar 1501 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1600 ten einde geloop.

<< 15de eeu 16de eeu 17de eeu >>
1501 1502 1503 1504 1505 1506 1507 1508 1509 1510
1511 1512 1513 1514 1515 1516 1517 1518 1519 1520
1521 1522 1523 1524 1525 1526 1527 1528 1529 1530
1531 1532 1533 1534 1535 1536 1537 1538 1539 1540
1541 1542 1543 1544 1545 1546 1547 1548 1549 1550
1551 1552 1553 1554 1555 1556 1557 1558 1559 1560
1561 1562 1563 1564 1565 1566 1567 1568 1569 1570
1571 1572 1573 1574 1575 1576 1577 1578 1579 1580
1581 1582 1583 1584 1585 1586 1587 1588 1589 1590
1591 1592 1593 1594 1595 1596 1597 1598 1599 1600

Die 16de eeu word beskou deur geskiedkundiges as die eeu waarin die opkoms van die Westerse beskawing en die Islamitiese Buskruit Ryke[1] plaasgevind het. Tydens die 16de eeu, het Spanje en Portugal die Indiese Oseaan verken en wêreldwye oseaniese handelsroete oopgemaak. Vasco da Gama is toestemming gegee deur die Indiese Sultans om te vesting in die ryk Bengal Sultanaat.[2][3][4] Groot dele van die Nuwe Wêreld word Spaanse of Portugese kolonies, en terwyl die Portugese die meesters van Asië en Afrika se Indiese Oseaan handel word, het die Spaanse handel oor die Stille Oseaan oopgemaak en die Amerikas met Indië verbind.

Hierdie era van kolonialisme het merkantilisme gevestig as die leidende skool vir ekonomiese denke, waar die ekonomiese stelsel beskou is as 'n nul-som-spel waarin enige wins deur een party 'n verlies deur 'n ander vereis het.[5] Die merkantilistiese leerstelling het die vele intra-Europese oorloë van die tydperk aangemoedig, en het waarskynlik die Europese uitbreiding en imperialisme dwarsdeur die wêreld aangevuur tot die 19de eeu of vroeë 20ste eeu.

Die Protestantse Hervorming het die gesag van die pous en die Rooms-Katolieke Kerk grootliks verswak. Europese politiek is oorheers deur godsdienstige konflikte, met die grondslag vir die epogale Dertigjarige Oorlog wat aan die einde van die eeu gelê is. I Italië, verskeie bydraes van die Italiaanse renaissance se leidende figure het gelei to di stigtin van belangrike onderwerpe soos rekeningkunde en politieke wetenskap.Galileo Galilei het die eerste termometer uitgevind, en het aansienlike bydraes gelewer tot die Wetenskaplike Revolusie. In die Koninkryk van Engeland het die Britse-Italiaanse Alberico Gentili die eerste boek oor publieke internasionale wet geskryf, en het sekularisme van Kanonieke reg eb Rooms-Katolieke teologie geskei.

In die Midde-Ooste het die Ottomaanse Ryk aanhou om uit te brei, die Sultan neem die titel van Kalief, terwyl hy met 'n herlewende Persië te make het. Iran en Irak is gevang deur die gewildheid van die Sjia sekte van Islam onder die heerskappy van die Safawieden-dinastie van vegter-mistieke, grond te bied vir 'n Persië onafhanklik van die meerderheid -Soenni Moslem wêreld.

In die Indiese subkontinent, na die nederlaag van die Delhi Sultanaat, het nuwe magte ontstaan. Die Suri-ryk gestig deur Sher Shah Suri en die Mughal-ryk[6] deur Babur, 'n direkte afstammeling van Timoer en Djengis Khan.[7] Sy opvolgers Humayun en Akbar het die ryk uitgebrei om die grootste deel van Suid-Asië intesluit. Die ryk het 'n sterk en stabiele ekonomie in die wêreld ontwikkel, wat lei tot kommersiële uitbreiding en groter beskermheerskap van kultuur, wat die verloop van die Indiese geskiedenis aansienlik beïnvloed het.

China ontruim die kusgebiede weens Japannese seerowery. Japan het destyds 'n ernstige burgeroorlog gevoer, bekend as die Sengoku-periode.

Nicolaas Copernicus het heliosentrisme voorgetsel wat met sterk weerstand te staan gekom het. Tycho Brahe weerlê die teorie van hemelse sfere met die waarnemingsmeting van 'n 1572 voorkoms van 'n Melkweg supernova. Hierdie gebeure het die langdurige idee van 'n onveranderlike heelal wat deur Ptolemeus en Aristoteles ondersteun is, direk betwis, en het gelei tot groot rewolusies in sterrekunde en wetenskap.

1555-56 CE World Map
Wêreldkaart van die middel van die 16de eeu.

Verwysings

  1. Streusand 2011, bl. 124-164.
  2. Vadime Elisseeff (1998). The Silk Roads: Highways of Culture and Commerce. Berghahn Books. ISBN 978-1-57181-221-6.
  3. Nanda, J. N (2005). Bengal: the unique state. Concept Publishing Company. p. 10. 2005. ISBN 978-81-8069-149-2. Bengal [...] was rich in the production and export of grain, salt, fruit, liquors and wines, precious metals and ornaments besides the output of its handlooms in silk and cotton. Europe referred to Bengal as the richest country to trade with.
  4. "Portuguese, The - Banglapedia". en.banglapedia.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2017.
  5. Ekelund & Tollison 1981, bl. 9.
  6. Singh, Sarina; Lindsay Brown; Paul Clammer; Rodney Cocks; John Mock (2008). Pakistan & the Karakoram Highway. 7, illustrated. Lonely Planet. p. 137. ISBN 1-74104-542-8. Besoek op 23 August 2010.
  7. Babur. Babur Nama. Penguin Books. p. vii. ISBN 978-0-14-400149-1.
1503

Die jaar 1503 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 3de jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1519

Die jaar 1519 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1521

Die jaar 1521 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1533

Die jaar 1533 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1535

Die jaar 1535 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 35ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1564

Die jaar 1564 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1572

Die jaar 1572 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1590

Die jaar 1590 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1598

Die jaar 1598 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

15de eeu

Die 15de eeu het in die jaar 1401 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1500 ten einde geloop.

Bartolomeus Dias het die Kaap die Goeie Hoop in 1488 ontdek. Later het Vasco da Gama in 1497 langs die hele kus van Suider-Afrika gevaar terwyl hy onderweg na Indië was.

16de eeu v.C.

Die 16de eeu v.C. het geduur van 1600 tot 1501 v.C.

17de eeu

Die 17de eeu het in die jaar 1601 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1700 ten einde geloop.

Angola

Angola (Portugees: [ɐ̃ˈɡɔlɐ]; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Ngola, [ɐ̃ˈɡɔlɐ]), amptelik die Republiek Angola (Portugees: República de Angola; Kongo, Kimbundu en Umbundu: Repubilika ya Ngola), is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië in die suide, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, Zambië in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese kolonie wat sy onafhanklikheid in 1975 bereik het. Die hoofstad en grootste stad is Luanda.

Angola was 'n Portugese kolonie vanaf die 16de eeu tot 1975. Ná onafhanklikwording was Angola van 1975 tot 2002 in 'n ernstige burgeroorlog gedompel. Die oorlog het ook deel uitgemaak van die wêreldwye Koue Oorlog, met Sowjetunie en Kuba wat die kommunisties gesinde MPLA (Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho) ondersteun het terwyl Suid-Afrika en die Verenigde State die anti-kommunistiese Unita (União Nacional para a Independência Total de Angola) ondersteun het.

Die land is die naasgrootste petroleum- en diamantprodusent in Afrika suid van die Sahara. Daarteenoor het Angola van die laagste lewensverwagtings- en een van die hoogste kindersterftekoerse in die wêreld. In Augustus 2006 is 'n vredesooreenkoms onderteken met 'n faksie van die Frente para a Libertação do Enclave de Cabinda, FLEC, 'n afgeskeidene guerillagroep van die Cabinda-eksklawe in die noorde van die land, wat steeds aktief is. Nagenoeg 65% van Angola se ruolie is afkomstig van daardie area.

Bolivië

Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu, Guaraní: Tetã Volívia, Spaans: Bolivia, Quechua: Bulibya Mamallaqta, vernoem ná Simón Bolívar), amptelik Plurinasionale Staat van Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu, Guaraní: Tetã Blúrinasionál Volívia, Spaans: Estado Plurinacional de Bolivia, Quechua: Buliwya Achka Nasyun Mama Llaqta), is 'n landingeslote land in Suid-Amerika. Bolivië het 'n oppervlakte van 1 098 581 km² en 'n bevolking van 10 556 102 in 2014 gehad. Bolivië is landgebonde en word begrens deur Brasilië in die noorde en ooste, Paraguay en Argentinië in die suide, Chili en Peru in die weste. Die hoofstad is Sucre (regterlik), die regeringsetel is La Paz (administratief) en die grootste stad is Santa Cruz.

Die Andesgebergte strek van noord na suid deur die weste van die land. Die land het ook ’n hooglandplato (Altiplano), heuwels en laagliggende vlaktes in die Amasonekom. Die gebied was eens deel van die Inkaryk en is in die 16de eeu deur die Spanjaarde verower. In 1825 het Bolivië onafhanklik geword.Dit is ’n ontwikkelende land met heelwat minerale, veral tin, en is bekend vir sy kulturele diversiteit.

Eeu

'n Eeu is 'n periode van een-honderd (100) jaar.

Eeue in die Gregoriaanse kalender (die mees algemeen gebruikte kalender met 365 dae) begin by een instede van nul. Dit beteken die jaar 2000 val in die 20ste eeu, terwyl 2001 in die 21ste eeu val.

Geskiedenis

Die geskiedenis is 'n gesistimatiseerde, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee.

Menslike geskiedenis word in die volgende hoof eras opgedeel:

Mousteriaans (Europa-Asië) 150 000 v.C. – 35 000 v.C.

Middelsteentyd (Afrika) 150 000 v.C. – 35 000 v.C.

Bo-Paleolitikum (Europa) 35 000 v.C. – 12 000 v.C.

Laat-Steentyd (Afrika) 25 000 v.C – 2 000 v.C.

Mesolitikum (Europa) 12 000 v.C. – 8 000 v.C.

Neolitikum (Midde-Ooste) 12 000 v.C. – 6 000 v.C.

Moderne mens 6 000 v.C. – 3 000 v.C

Bronstyd 3 000 v.C – 750 v.C.

Ystertyd 750 v.C.

Antieke geskiedenis

Middeleeue

15de eeu

Renaissance

16de eeu

17de eeu

18de eeu

19de eeu

20ste eeu

21ste eeu

Macau

Macau of Macao (Chinees: 澳門 / 澳门 Àomén, Portugees: Macau; letterlik: "Baaihawe"), amptelik die Macau Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China (Portugees: Região Administrativa Especial de Macau da República Popular da China, Chinees: 中華人民共和國澳門特別行政區), is naas Hongkong een van twee spesiale administratiewe streke van die Volksrepubliek China. Macau is wes van die Pêrelrivierdelta en Hongkong aan die kus van die Suid-Chinese See geleë en grens in die noorde aan die Chinese provinsie Guangdong.

Macau was die eerste en die laaste Europese kolonie in China. Portugese handelaars het hulle reeds in die 16de eeu in Macau gevestig en die gebied begin administreer. In 1887 het die Chinese Mantsjoe-regering die Portugese heerskappy oor die gebied amptelik erken.

Macau het op 20 Desember 1999 weer onder Chinese soewereiniteit gekom, maar sal volgens 'n Portugees-Chinese ooreenkoms hierna nog vyftig jaar lank tot in 2049 'n selfregerende streek bly. Volgens die beginsel van "een land, twee stelsels" is die regering van die Volksrepubliek China verantwoordelik vir die verdediging en buitelandse betrekkinge van Macau, terwyl die streek sy eie regstelsel, polisiemag, monetêre stelsel, doeane- en immigrasiebeleid sal handhaaf. Macau word in internasionale organisasies en by internasionale gebeurtenisse deur sy eie afgevaardigdes verteenwoordig.

Die historiese stadskern van Macau is in 2005 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Naghemp

'n Naghemp is 'n kleed wat bedoel is om gedra te word terwyl 'n persoon slaap. Dit is langer as die meeste gewone hemde, en reik af tot by die dye of onder die knieë, met 'n deel van die bene wat ontbloot is. Dit is oor die algemeen lospassend om beperking van die draer se beweging te verhoed tydens slaaptyd.

Tot en met die 16de eeu het mans naak geslaap of in 'n daghemp; daarna in 'n naghemp, wat wissel het in gehalte. Edelhere in die 16de eeu het geborduurde naghemde gedra.

Protestantisme

Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16de eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk.

Van die grootste verskille met die Rooms-Katolieke Kerk is:

Die gesag van die pous word nie erken nie.

Maria en die heiliges word nie vereer nie.

Slegs twee sakramente (doop en nagmaal) in plaas van sewe.

'n Sinodale struktuur eerder as 'n biskoplike regering.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.