1620


Die jaar 1620 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 20ste jaar van die 17de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1620
| 16de eeu | 17de eeu | 18de eeu |

◄ ◄ | | 1615 | 1616 | 1617 | 1618 | 1619 | ◄ 1620 ► | 1621 | 1622 | 1623 | 1624 | 1625 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1620
Calendar-nl.png Kalenders
Gregoriaanse kalender 1620
MDCXX
Ab urbe condita 2373
Armeense kalender 1069

ԹՎ ՌԿԹ

Sjinese kalender 4316 – 4317

丙未 – 丁申

Ethiopiese kalender 1612 –1613
Hebreeuse kalender 5380 – 5381
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1675 – 1676
- Shaka Samvat 1542 – 1543
- Kali Yuga 4721 – 4722
Irannese kalender 998 –999
Islamitiese kalender 1029 –1029

Gebeure

Geboortes

Sterftes

11 September

11 September is die 254ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (255ste in skrikkeljare). Daar volg nog 111 dae in die res van die jaar.

1564

Die jaar 1564 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1616

Die jaar 1616 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 16de jaar van die 17de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1619

Die jaar 1619 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1621

Die jaar 1621 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1623

Die jaar 1623 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1682

Die jaar 1682 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

17de eeu

Die 17de eeu het in die jaar 1601 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1700 ten einde geloop.

17de eeu v.C.

Die 17de eeu v.C. het geduur van 1700 tot 1601 v.C.

18 April

18 April is die 108ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (109de in skrikkeljare). Daar volg nog 257 dae in die res van die jaar.

1 Julie

1 Julie is die 182ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (183ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die derde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 183 dae in die res van die jaar.

31 Mei

31 Mei is die 151ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (152ste in skrikkeljare). Daar volg nog 214 dae in die res van die jaar.

Dertigjarige Oorlog

Die Dertigjarige Oorlog (1618–1648) was een van die verwoestendste konflikte in Europese geskiedenis. Die oorlog is hoofsaaklik (dog nie uitsluitlik) in Duitsland geveg en het met tye die meeste lande van Europa betrek. Seeoorlogvoering het ook oor die seë gereik en die koloniale vorming van toekomstige nasies beïnvloed.

Die oorsprong van die konflik en die doelwitte van die deelnemers is ingewikkeld en daar kan nie na één spesifieke geval verwys word as die hoofrede vir die oorlog nie. Die oorlog was oorspronklik geveg as 'n godsdienstige konflik tussen Protestante en Katolieke in die Heilige Romeinse Ryk, alhoewel geskille oor die interne politiek en balans van mag binne-in die Ryk ook 'n belangrike rol gespeel het. In hierdie fase het die oorlog 'n voortsetting geword van die Bourbon-Habsburg-wedywering vir Europese politieke superioriteit, wat weer gelei het tot verdere oorlogvoering tussen Frankryk en die Habsburg-magte, met minder klem op godsdiens.Een van die grootste gevolge van die Dertigjarige Oorlog was die uitgebreide verwoesting van algehele streke; tallose gebiede is verweer deur plunderende troepe. Die bevolkings van die Duitse state, die Lae Lande en Italië het aansienlik afgeneem as gevolg van voorvalle van hongersnood en siekte, terwyl vegtende magte bankkrotskap in die gesig gestaar het.

In die 17de eeu was daar van leërs verwag om hul fondse grotendeels te verkry uit buit of huldeblyke (wat afgedwing is in die gebiede waar hulle gestasioneer is). Hierdie metode het 'n soort wetteloosheid aangemoedig, wat 'n swaar las vir inwoners van die beleërde gebiede was. Die Dertigjarige Oorlog is amptelik beëindig met die verdrae van Osnabrück en Münster, as deel van die groter Vrede van Wesfale.

Ensiklopedie

'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.

Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia ("in 'n sirkel van onderrig").

Geskrifte met 'n ensiklopediese omvang is al sedert die vroeë menslike geskiedenis saamgestel, maar die term, ensiklopedie, is eers vanaf die 16de eeu gebruik om daarna te verwys.

Alhoewel onderwerpe in enige ensiklopedie dikwels 'n definiërende beskrywing bevat, kan die aspek van 'n woordeboek – naslaanwerk met 'n alfabetiese lys van woorde of terme en inligting daaromtrent – nie met die ingesteldheid van 'n ensiklopedie verwar word nie.

Ignatius van Moskou

Ignatius (Russies: Игнатий, Grieks: Ιγνάτιος; 1540–1620) was ’n Russies-Ortodokse biskop van Griekse afkoms wat in 1605-1606 die tweede patriarg van Moskou en die hele Rusland was. Sy status word egter nou betwis en hy word dikwels uitgelaat uit die lys van patriarge van Moskou.

Ignatius het in 1595 na Rusland gekom as deel van ’n kerksending van die patriarg van Konstantinopel. Hy het deelgeneem aan die kroning van Boris Godoenof as tsaar. Ná Godoenof se dood het hy Vals Dmitri I gesteun. Op 30 Junie 1605 is hy verkies tot patriarg in die plek van die verbanne patriarg Job. Hy het Vals Dmitri op 21 Julie 1605 as tsaar gekroon.

Ná die sluipmoord op Vals Dmitri I het tsaar Wasili IV Ignatius in aanhouding na die Tsjoedof-klooster gestuur. In 1610 het Ignatius Vals Dmitri II gesteun. In 1611 is hy bevry en het hy na Pole gegaan en hom toe in Wilno (Vilnius) gevestig. Daar het hy hom beheer tot Griekse Katolisisme.

Weens sy kroning van Vals Dmitri I en bekering tot Katolisisme word sy status as patriarg vandag dikwels betwis, hoewel dit nie in sy tyd ’n kwessie was nie.

Nederlandse koloniale ryk

Die Nederlandse koloniale ryk (Nederlands: Nederlands koloniale-Rijk) het uit 'n aantal kolonies bestaan, wat deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie en die Nordiese Kompanjie gestig is.

Nieu-Engeland

Nieu-Engeland is 'n gebied in die noordoostelike Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van naastenby 15 miljoen wat deur die deelstate Connecticut, Maine, Massachusetts, New Hampshire, Rhode Island en Vermont gevorm word. Die klimaat is kontinentaal en vogtig, die grond is egter nie baie geskik vir landbou nie. Die Nieu-Engelandstate is bekend vir die pragtige kleure wat sy bosgebiede in die najaar (Indian Summer) vertoon. Sneeuval in die winter maak die gebied geskik vir wintersport. Toerisme en nuwe tegnologiese nywerhede het die tradisionele tekstiel- en ander nywerhede lankal vervang. Die belangrikste ekonomiese en kulturele sentrum is die stad Boston (Massachusetts).

Binne die Verenigde State handhaaf Nieu-Engeland 'n eie afsonderlike kulturele identiteit, waarby kontrasterende Elemente mekaar komplimenteer - godsdienstige puritanisme met liberalisme, 'n florerende landboubedryf in landelike streke met vooruitstrewende stedelike nedersettings, en isolasie met immigrasie - waaronder dié van Iere, Franssprekende Kanadese en Portugese.

Patriarg Joachim van Moskou

Joachim (Russies: Иоаким, Ioakim; 1620 – 17 Maart 1690) was die negende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy was ’n teenstander van die skeuring in die Russies-Ortodokse Kerk en ’n stigter van die Slawies-Grieks-Latynse Akademie.

Hy is gebore as Iwan Petrowitsj Sawelof (Иван Петрович Савелов) en was van adellike afkoms. Nadat sy gesin in 1654 in ’n epidemie dood is, het hy ’n monnik geword.

In 1664 het Joachim die ab van die Tsjoedof-klooster in die Moskouse Kremlin geword en in 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod. Hy is op 26 Julie 1674 tot patriarg verkies ná die dood van patriarg Pitirim. Hoewel Joachim deelgeneem het aan die afsetting van patriarg Nikon, het hy Nikon se beleidsrigtings jeens die Ougelowiges voortgesit.

Plymouth, Massachusetts

Plymouth (historiese spellings Plimouth en Plimoth) is 'n stad in die Plymouth-distrik van die deelstaat Massachusetts, VSA, sowat 64 kilometer suid van Boston. Met 'n bevolking van 58 681 in 2009 en 'n oppervlakte van 347 vierkante kilometer (waarvan 249,8 vk km land) is Plymouth die grootste munisipaliteit in Massachusetts.

Plymouth is naas Brockton een van die twee administratiewe setels van die Plymouth-distrik. Die stad is vernoem na Plymouth in Devon, Engeland en staan vandag veral as die landingsplek van die Britse skip Mayflower en die Pelgrimvaders wat hier in 1620 voet aan wal gesit het om 'n nedersetting te stig waar hulle hul geloof sonder inmenging van die staat se kant af kon beoefen. Plymouth is die oudste munisipaliteit in Nieu-Engeland en een van die oudste in die Verenigde State. Dit is daarnaas ook die oudste oorspronklik Britse nedersetting wat vanaf sy stigting tot vandag toe permanent bewoon was.

Plymouth word met 'n aantal bekende historiese gebeurtenisse vereenselwig, soos byvoorbeeld een van die eerste Oesdankfeeste (Thanksgiving), en het vanaf sy stigting in 1620 tot en met 1691, die jaar van sy ontbinding, as die hoofstad van die Plymouth-kolonie gedien.

Plymouth is in 'n gebied geleë wat as South Shore bekend staan en het in die 19de eeu tot 'n beduidende sentrum van die toumakerbedryf, vissery en skeepsbou ontwikkel. Die wêreld se grootste toumaker-maatskappy, die Plymouth Cordage Company, het vroeër sy hoofkwartier in Plymouth gehad. Terwyl Plymouth nog steeds 'n besige seehawe is, het toerisme intussen die hoofbron van inkomste geword.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.