1480


Die jaar 1480 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1480
| 14de eeu | 15de eeu | 16de eeu |

◄ ◄ | | 1475 | 1476 | 1477 | 1478 | 1479 | ◄ 1480 ► | 1481 | 1482 | 1483 | 1484 | 1485 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1480
Calendar-nl.png Kalenders
Gregoriaanse kalender 1480
MCDLXXX
Ab urbe condita 2233
Armeense kalender 929

ԹՎ ՋԻԹ

Sjinese kalender 4176 – 4177

丙亥 – 丁子

Ethiopiese kalender 1472 –1473
Hebreeuse kalender 5240 – 5241
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1535 – 1536
- Shaka Samvat 1402 – 1403
- Kali Yuga 4581 – 4582
Irannese kalender 858 –859
Islamitiese kalender 885 –885

Gebeure

Geboortes

Sterftes

1475

Die jaar 1475 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1483

Die jaar 1483 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 83ste jaar van die 15de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1484

Die jaar 1484 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 84ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1488

Die jaar 1488 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 15de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1520

Die jaar 1520 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 20ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1521

Die jaar 1521 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1557

Die jaar 1557 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 57ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1558

Die jaar 1558 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 58ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

15 Mei

15 Mei is die 135ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (136ste in skrikkeljare). Daar volg nog 230 dae.

15de eeu

Die 15de eeu het in die jaar 1401 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1500 ten einde geloop.

Bartolomeus Dias het die Kaap die Goeie Hoop in 1488 ontdek. Later het Vasco da Gama in 1497 langs die hele kus van Suider-Afrika gevaar terwyl hy onderweg na Indië was.

15de eeu v.C.

Die 15de eeu v.C. het geduur van 1500 tot 1401 v.C.

18 April

18 April is die 108ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (109de in skrikkeljare). Daar volg nog 257 dae in die res van die jaar.

27 April

27 April is die 117de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (118de in skrikkeljare). Daar volg nog 248 dae.

Ferdinand Magellaan

Ferdinand Magellaan (Portugees: Fernão de Magalhães; Spaans: Fernando of Hernando de Magallanes; Lente 1480–27 April 1521) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger wat, in diens van Spanje, probeer het om 'n Weswaartse roete na die Spesery-eilande van Indonesië te vind. Die soektog was die eerste suksesvolle probeerslag om rondom die wêreld te seil. Magellaan het nie sy finale, Weswaartste reistog voltooi nie; hy was doodgemaak tydens die Slag van Maktan in die Filippyne. Hy het egter verder wes as die Spesery-eilande gesterf en het dié eilande wel op vroeë togte besoek. Hy was een van die eerste persone wat al die meridiane van die aardbol oorgesteek het. Hy was ook die eerste persoon wat 'n ontdekkingstog gelei het deur Asië vanaf Europa te bereik deur weswaarts te seil en ook die eerste persoon om die Stille Oseaan oor te steek.

Van die 270 bemanningslede wat die ekspedisie saam met Magellaan begin het, kon slegs 18 daarin slaag om terug te keer na Spanje en dus die reis om die aardbol te voltooi. Hulle was deur die Spanjaard Juan Sebastián Elcano gelei, wat die leisels oorgeneem het na Magellaan se dood.

Leonardo da Vinci

Leonardo di ser Piero da Vinci (15 April 1452 – 2 Mei 1519) was 'n Italiaanse veelweter: 'n wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer. Hy is gebore in Vinci, 'n dorp in Florence, as die buite-egtelike seun van 'n notaris, Piero da Vinci, en 'n plattelandse meisie, Caterina. Hy het opleiding ontvang in die ateljee van die bekende Florentynse skilder Verrocchio. 'n Groot gedeelte van sy vroeë werkende lewe was in die diens van Ludovico il Moro, in Milaan, waar verskeie van sy belangrikste werke geskep is. Hy het ook in Rome, Bologna en Venesië gewerk, maar het sy laaste jare in Frankryk deurgebring, in die tuiste wat deur koning Frans I aan hom gegee is.

Leonardo is dikwels beskryf as die argetipiese "Renaissance-man" of universele genie: 'n man wie se skynbare eindelose verbeelding slegs deur sy uitvindingsvermoë geëwenaar is. Hy word wyd beskou as een van die beste skilders van alle tye en moontlik die mees divers begaafde persoon wat ooit geleef het.Leonardo was, en is, hoofsaaklik beroemd vanweë sy skilderwerk. Twee van sy werke, die Mona Lisa en Die Laaste Avondmaal, het reeds albei die unieke eer te beurt geval om die bekendste, mees geïllustreerde en mees nageskilderde portret en religieuse skildery van alle tye genoem te word. Slegs Michelangelo se Skepping van Adam is naastenby so bekend. Leonardo se tekening van die Vitruviaanse Man is ook 'n ikoniese beeld. Daar is moontlik 15 skilderye wat behoue gebly het: die klein getal is te wyte aan Leonardo se konstante (en dikwels rampspoedige) eksperimentering met nuwe tegnieke en sy chroniese getalm. Nietemin word hierdie klein aantal werke, saam met sy notaboeke, wat tekeninge en wetenskaplike diagramme bevat, en sy idees oor die aard van skilder beskou as 'n bydrae aan skilders van latere geslagte waarmee slegs dié van sy tydgenoot Michelangelo kan meeding.

As 'n ingenieur was baie van Leonardo se idees sy eie tyd vooruit: in konsep het Leonardo 'n helikopter, 'n tenk, die gebruik van gekonsentreerde sonenergie, 'n sakrekenaar, 'n kru teorie oor plaat-tektonika en baie ander konsepte uitgevind. Relatief min van sy eie ontwerpe was ooit gebou of enigsins uitvoerbaar tydens sy eie leeftyd. maar sommige van sy kleiner uitvindings, soos 'n outomatiese spoelopwenner en 'n masjien wat die trekvastheid van draad toets, het die vervaardigingswêreld onbesonge betree. As 'n wetenskaplike het hy die stand van kennis in die gebiede van ontleedkunde, siviele ingenieurswese, optika en waterloopkunde besonders bevorder.

Pier Gerlofs Donia

Pier Gerlofs Donia (Kimswerd, 1480 – Sneek, 28 Oktober 1520) was 'n Friese vryheidsvegter, volksheld, piraat en rebel. Hy was 'n enorme man en daar is gesê dat hy heelwat langer as 7 voet hoog gestaan het. Donia was hoofsaaklik bekend as vryheidsvegter vir die onafhanklikheid van Friesland (deesdae 'n provinsie van Nederland). Vanweë sy legendariese grootte en krag het hy ook die bynaam "Grote Pier" (Wes-Fries: Grutte Pier) gekry. Alhoewel niemand sy bestaan betwyfel nie, is die details van sy lewe in legende gehul.

Pous Paulus II

Paulus II was die 211de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1464 tot 1471. Hy was 'n kardinaal-nepoot van Pous Eugenius IV en die oom van beroemde kardinale Marco Barbo, Giovanni Battista en Giovanni Michiel.

Pous Sixtus IV

Sixtus IV was die 212de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1471 tot 1484. Hy het die Sistynse kapel laat oprig.

Teenpous Martinus IV

Vir die wettige pous met dieselfde naam sien Pous Martinus IV.Teenpous Martinus IV word nie as sulks in die lyste van teenpouse genoem nie. Kardinaal Bernardino Lopez de Carvajal het homself tot teenpous laat verkies op die skismatiese konsilie van Pisa in 1511.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.