13 September

13 September is die 256ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (257ste in skrikkeljare). Daar volg nog 109 dae.

<< September 2019 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30
Al die dae

Gebeure

Geboortes

Sterftes

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Gepubliseer

Teologie

1872

Die jaar 1872 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1882

Die jaar 1882 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1916

Die jaar 1916 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 16de jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1919

Die jaar 1919 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1921

Die jaar 1921 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1941

Die jaar 1941 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 41ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1977

Die jaar 1977 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1988

Die jaar 1988 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1996

Die jaar 1996 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1998

Die jaar 1998 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2009 Italiaanse Grand Prix

Die 2009 Formule Een Italiaanse Grand Prix is op 13 September 2009 op die Autodromo Nazionale Monza, in Italië, gehou. Dit was die dertiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Rubens Barrichello in 'n Brawn-Mercedes gewen.

2019

Die jaar 2019 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dis is die 19de jaar van die 21ste eeu n.C. wees. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae.

Afrikaanse Wikipedia

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopielinkse lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is. Dit beskik tans oor ongeveer 85 950 artikels en is die 69ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels. Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.

Volgens Greenman se webjoernaal van Mei 2013 is die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar is dit wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.Die Afrikaanse Wikipedia het tans 261 922 bladsye, waarvan 85 952 artikels is. Dit het 115 653 geregistreerde gebruikers, waarvan 197 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 2 053 077 wysigings aangebring en 9 051 lêers opgelaai.

Die Wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.35.0-wmf.1 (f8ed243).Beide die adresse af.wikipedia.org en wikipedia.co.za kan gebruik word om die Afrikaanse Wikipedia te besoek.

Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid

Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid is die laaste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika wat die naam van die stad Johannesburg bevat nadat vyf ander kerke met dié naam ontbind het, naamlik die Gereformeerde kerk Johannesburg (later genoem Johannesburg-Mayfair en eindelik Johannesburg-Melville), Johannesburg-Noord, Johannesburg-Oos, Johannesburg-Sentraal en Johannesburg-Wes.

Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid is amptelik afgestig op 10 Januarie 1931, dieselfde dag waarop die gemeente se eerste kerkgebou, in Turffontein, in gebruik geneem is. Die indertydse minister van lande, P.G.W. Grobler, het die hoeksteen op 13 September 1930 gelê. Die 30 kerkbanke, twee Nagmaalstafels en die preekstoel is aangekoop teen £480. Die kerk is in ’n kruisvorm ontwerp op voorstel van die ds. W.J. de Klerk, wat ook die stoel op die preekstoel geskenk het. Volgens die hoeksteen was die argitek die Brits gebore Henry Rowe-Rowe (1870–1932).

Weens die Tweede Wêreldoorlog (1939–1945) kon die orrel eers in 1949 in gebruik geneem word. Dit was een van die eerste plaaslik vervaardigde orrels en word vandag nog gebruik, hoewel in die kerkgebou van die destydse Gereformeerde kerk Klipriviersberg in Oakdene, wat ontbind het en toe by Johannesburg-Suid ingeskakel het. H. Hoeksema het die doelmatige kerksaal ontwerp en die bouaannemer was A.L. Naudé. Dr. I.J. van der Walt het die saal se hoeksteen op 9 Maart 1957 gelê. Dit is indertyd as een van die land se beste kerksale beskou. Die gemeente het dié saal, met sy sitplek vir 450 mense en wat die naam Postma-saal gekry het, tot November 2004 gebruik, toe dit aan ’n ander kerkverband verkoop is.

Nadat Klipriviersberg ontbind en by Johannesburg-Suid ingeskakel het, het die gemeente uit sy kerkgebou in Turffontein oorgetrek na eersgenoemde se kerkgebou in die baie rustiger voorstad Oakdene. Die preekstoel en orrel is terselfdertyd na die Oakdene-kerk verskuif. Dié gebou is ontwerp deur André Venter en is op 8 September 1984 ingewy. Ds. R. Maré het die gedenkplaat onthul. Dit bied sitplek aan 250 kerkgangers, meer as twee keer die getal oorblywende belydende lidmate in Johannesburg-Suid.

Gereformeerde kerk Klerksdorp

Die Gereformeerde kerk Klerksdorp is in werklikheid die oudste gemeente van die GKSA in Klerksdorp, maar vandat die Gereformeerde kerk Klerksdorp-Wes met Klerksdorp verenig het, word laasgenoemde se stigtingsjaar as 1995 aangegee.

Lidmate in die omgewing van Klerksdorp het eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Potchefstroom gevorm. Vanaf 1907 het die predikant van Potchefstroom af en toe ’n erediens op Klerksdorp gehou en vanaf 1919 Nagmaal hier bedien. Twee wyke van die moedergemeente met 80 belydende en 73 dooplidmate het in Oktober 1927 afgestig as die Gereformeerde kerk Klerksdorp. Van toe tot 1949 het baanbrekersjare vir die gemeente gevolg. Dikwels was hy in kombinasie met buurgemeentes en ook moes hy allerhande probleme oorkom.

Pous Sabinianus

Sabinianus was die 65ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Rewlatch

Rewlatch is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë.

Singapoer

Singapoer (Chinees: 新加坡, pinyin: Xīnjiāpō; Engels: Singapore, [ˈsɪŋɡəpɔːr], ; Maleis: Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர், Ciṅkappūr), amptelik die Republiek Singapoer (Chinees: 新加坡共和国, pinyin: Xīnjiāpō Gònghéguó; Engels: Republic of Singapore; Maleis: Republik Singapura; Tamil: சிங்கப்பூர் குடியரசு, Ciṅkappūr Kuṭiyaracu), is die kleinste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 704 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,6 miljoen in 2016. Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Seestraat van Malakka kon oorheers.

Toe Singapoer-eiland in 1819 danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind gekom het, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was Singapura (letterlik "Die Leeustad") reeds in die 14de eeu 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Madjapahit (Java, Indonesië) en Siam (die huidige Thailand) verniel is.

Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Stamford Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot by die jaar 1959 'n Britse besitting gebly en het daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad gevorm. Singapoer het in 1963 by die Federasie van Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die afskeiding van Maleisië gelei, sodat Singapoer in 1965 'n onafhanklike republiek geword het.

Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële suksesse beskou. Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, was steeds op die wêreldmark gemik. Dit is 'n moderne stad met wolkekrabbers in sy sentrum en is die digbevolkste land in Suidoos-Asië, wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.

Die fenomenale ekonomiese groei van Singapoer was steeds aan die outoritêre bewind van die People's Action Party (PAP) gekoppel wat volgens sy beleid van 'n sosialistiese markekonomie 'n moderne welvaartstaat geskep het, maar het as gevolg van Singapoer se verkiesingswette die parlement al dekades lank oorheers en ook in die verkiesing van 6 Mei 2006 weer 'n oorweldigende meerderheid van 82 setels in die parlement behaal, teenoor slegs een setel elk vir die twee opposisiepartye Workers' Party en Singapore Democratic Alliance.Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is in Singapoer sedert 1991 die hoogste aantal teregstellings aangeteken.Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Han-Chinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane in. Meer as veertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Moslems en Christene 14 persent, Taoïste sowat agt en Hindoes vier persent van die bevolking verteenwoordig.

Singapoer is naas die Republiek China op Taiwan een van twee gebiede buite die Chinese stamland wat in politieke opsig deur Han-Chinese oorheers word.

Wikispecies

Wikispecies is 'n projek van die Wikimedia-stigting wat op 13 September 2004 geloods is. Die doel van die webwerf is om 'n wetenskaplike klassifikasie en beskrywing van plante, diere en ander organismes beskikbaar te stel. Omrede Wikipedia volgens beleid nie oorspronklike navorsing toelaat nie, kan sulke inligting nie hier gepubliseer word nie.

Die werf se leuse is: "Wikispecies is free. Because life is public domain!" (Wikispesies is gratis, omdat die lewe openbare grondgebied is!).

Wikispecies is in meer as 131 verskillende tale beskikbaar.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.