132


Die jaar 132 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 32ste jaar van die 2de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

132
| 1ste eeu | 2de eeu | 3de eeu |

◄ ◄ | | 127 | 128 | 129 | 130 | 131 | ◄ 132 ► | 133 | 134 | 135 | 136 | 137 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:132
Calendar-nl.png Kalenders  
Βιβλιοθήκη Αδριανού 7983
Hadrianus se biblioteek
Gregoriaanse kalender 132
CXXXII
Ab urbe condita 885
Sjinese kalender 2828 – 2829

戊未 – 己申

Ethiopiese kalender 124 –125
Hebreeuse kalender 3892 – 3893
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 187 – 188
- Shaka Samvat 54 – 55
- Kali Yuga 3233 – 3234

Gebeure

  • Zhang Heng van China vind die seismograaf uit.
  • Hadrianus se biblioteek in Athene word voltooi.

Geboortes

Sterftes

21 Augustus

21 Augustus is die 233ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (234ste in skrikkeljare). Daar volg nog 132 dae in die res van die jaar.

2de eeu

Die 2de eeu het in die jaar 101 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 200 ten einde geloop.

2de eeu v.C.

Die 2de eeu v.C. het geduur van 200 tot 101 v.C.

Bereitet die Wege, bereitet die Bahn, BWV 132

Bereitet die Wege, bereitet die Bahn, BWV 132, is 'n kantate van Johann Sebastian Bach.

Evaton

Evaton is 'n groot township in suidelike Gauteng, Suid-Afrika. Volgens die 2011-sensus het die township 'n bevolking van 132 851 gehad. Die meerderheid van die bevolking praat Suid-Sotho.

Gereformeerde kerk Aliwal-Noord

Die Gereformeerde kerk Aliwal-Noord is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Oos-Kaapse dorp Aliwal-Noord. Omdat Gereformeerde lidmate in die Suidoos-Vrystaat nog altyd dun gesaai was, het die gemeente van Aliwal uit die staanspoor ook die Vrystaatse dorp Rouxville en omgewing ingesluit. Die handjie vol lidmate van die Gereformeerde kerk Zastron het met dié gemeente se ontbinding in 2004 ook by Aliwal-Noord ingeskakel, nes dié van Jamestown die jaar vantevore. Die belydende lidmate het van einde 2015 tot einde 2016 van 150 tot 132 afgeneem en die dooplidmate van 28 tot 23.

Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant is die vierde jongste van die 11 gemeentes in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria. In dié klassis was dit einde 2014 die derde grootste gemeente met 462 belydende en 91 dooplidmate, vergeleke met 681 en 132 einde 2001. Die sieletal het dus binne die eerste 13 jaar van die 21ste eeu met amper ’n derde afgeneem.

Die gegoede voorstede en woonbuurte binne die gemeente se grense is onder meer Alphen Park, Ashlea Gardens, Constantiapark, Faerie Glen (sonder sy uitbreidings), Hazelwood, Lynnwood Glen, Lynnwood Park, Menlyn, Newlands en Waterkloof Glen.

Pretoria-Alkantrant het op 3 November 1974 uit die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn afgestig. As bruidskat het die nuwe gemeente twee erwe in die woonbuurt Ashlea Gardens ontvang wat geskenk is deur Harm Oost en die familie Koelman. Oudl. Koelman was juis die eerste lidmaat wat uit die kerk begrawe is en die straat waarin die kerk opgerig is, is dan ook na hom genoem. Eers is eredienste in skoolsale gehou en in April 1978 het die kerkraad ’n tender vir die oprigting van die kerk aanvaar.

Daar was geen sprake van simboliek in die plan, wat ontwerp is deur die firma Hartman, Van der Walt en Vermooten, nie. Dit bied sitplek aan sowat 500 kerkgangers, maar wanneer die konsistorie se skuifdeure oopgemaak word, is daar plek vir nog 80. Daar was voorheen ’n skaapkraal op wat die kerkperseel geword het, iets wat voordelig was vir die ontwikkeling van die tuin.

Ds. A. Le R. du Plooy het die kerkgebou se hoeksteen op 23 September 1978 gelê en sewe maande later kon die gebou in gebruik geneem word. Ná aanbouing kon die vergrote saal-konsistorie-kompleks op 30 Junie 1991 ingewy word.

Gereformeerde kerk Vanderbijlpark

Die Gereformeerde kerk Vanderbijlpark was sedert sy stigting in 1951 die moedergemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die nywerheidsdorp Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek. In 2000 het die gemeente saamgesmelt met Vanderbijlpark-Noord (gestig in 1988) as Vanderbijl, wat op 24 Mei 2009 met Vanderbijlpark-Oos (1974) en Vanderbijlpark-Suid (1962) saamgesmelt het as Vanderbijlpark-Trinitas, ’n naam wat deels dui op die drie samestellende dele en op die Drie-enige God. Dis voorgestel deur Pieter en Maureen van Helden, waaroor die gemeente toe gestem het. Dié gemeente het in 2014 715 belydende en 166 dooplidmate gehad, vergeleke met sy samestellende dele se 1 132 belydende en 432 dooplidmate in 2002. In 2015 was dit onderskeidelik 693 en 159.

Hirosjima

Die Japannese stad Hirosjima (広島市, Hirosjima-shi) is die hoofstad van die Hirosjima-prefektuur en die grootste stad in die Tsjoegokoestreek van Wes-Honsjoe, die grootste eiland van Japan. Die stad is geleë by 34°23′07″N, 132°27′19″O (die stadshuis). Hirosjima is daarvoor bekend dat dit die eerste stad in die geskiedenis is wat die teiken van kernwapenoorlog was in die Tweede Wêreldoorlog.

Hirosjima het op 1 April 1889 munisipale status gekry en op 1 April 1980 'n bevolking van 500 000 amptelik oorskry. Die stad se huidige burgemeester is Tadatosji Akiba, wat op 23 Februarie 1999 ingehuldig is.

Irannese kalender

Die Irannese kalender (ook bekend as Persiese kalender of die Jalāli kalender) is 'n sonkalender wat in Iran, Koerdistan en Afghanistan gebruik word. Die kalender is op observasie eerder as vaste reëls gebaseer.

Elke nuwe jaar begin op die lente-equinox soos bepaal deur presiese astronomiese observasie vanuit Teheran (of die 52.5°O meridiaan) en Kabul. Dit maak die kalender akkurater as die Gregoriaanse kalender, maar dit is moeiliker om skrikkeljare te bepaal.

Japan Nasionale Roete 11

Nasionale Roete 11 is 'n nasionale snelweg van Japan.

Japan Nasionale Roete 132

Japan Nasionale Roete 132 is 'n nasionale snelweg in Japan.

Japan Nasionale Roete 378

Japan Nasionale Roete 378 is 'n nasionale snelweg in Japan.

Kantate

'n Kantate is 'n vokale genre vir een of meer stemme met instrumentale begeleiding wat uit die barok dateer, bestaande uit 'n opeenvolging van resitatiewe, arias, duette en kore. Dit mag of sekulêr of gewyd van aard en funksie wees, en kan daarby ook 'n liriese, allegoriese of dramatiese inslag hê. Verder kan kantates op 'n verskeidenheid van maniere gekonseptualiseer word; vanaf intieme kleinskaalse werke met min sangers en beperkte begeleiding (soms kamer-kantates genoem) tot en met grootskaalse werke met kore en orkestrale begeleiding, wat gekomponeer is om spesifieke gebeurtenisse te herdenk.Die kanatate vind sy oorsprong in die 17de eeu in Italië, waar die term oorspronklik gebruik is om onderskeid te tref tussen 'n stuk musiek wat gesing word (kantate) teenoor 'n stuk musiek wat op instrumente gespeel word (sonate). Die heel eerste gebruik van die term "kantate" was waarskynlik in 'n 1589-publikasie, genoem Cantata pastorale fatta per Calen di Maggio in Siena, wat die 1586 huwelik van Cesare d'Este en Virginia de' Medici herdenk.Aan die begin van die 17de eeu in Italië was die kantate vir eers 'n nederige kunsvorm, bestaande uit 'n opeenvolging van kontrasterende afdelings, wat dan teen die 18de eeu ontwikkel het in aparte bewegings (gewoonlik twee arias, elkeen voorafgegaan met 'n resitatief). Alhoelwel sommige kantates van hierdie era vir twee of drie stemme gekomponeer was, is die meeste van hulle vir 'n solo-stem gekomponeer. Tot en met die einde van die 17de eeu was die kantate hoofsaaklik 'n sekulêre kunsvorm. Dit is eers later, gedurende die 18de eeu in Duitsland, wat die sogenaamde kerkkantate 'n belangrike deel van Lutherse kerkmusiek en musiek in die breë geword het.Die begeleidings van kantates het gedurende die baroktydperk meer kompleks geword. Waar dit eers uitsluitlik deur kontinuo-instrumente begelei was, het die begeleidings mettertyd orkestraal geword, insluitende obbligaatinstrumente.Behalwe vir opera en oratorium verteenwoordig die kantate die algemeenste en belangrikste tipe vokale musiek van die baroktydperk. Hoofsaaklik sekulêre kantates het gevolglik ook versprei na Frankryk, Spanje en Engeland gedurende die 18de eeu. Nietemin het hierdie musikale genre gedurende die middel van daardie eeu afgeneem, sodat dit teen die begin van die 19e eeu 'n baie minder belangrike genre geword het. In die laaste honderd jaar is daar relatief min werke wat kantates genoem is, en dan werklik net omdat hulle werke vir koor en orkes is.Die belangrikste kantates wat vandag nog uitgevoer word, is die kantates deur J.S. Bach, wat oorwegend gewyde werke met Duitse tekste is, bedoel om tydens Lutherse kerkdienste gesing te word.

Kigali

Kigali is die hoofstad van Rwanda en die "ekonomiese enjin" van die land. Die stad het 'n bevolking van 1 132 686 in 2012 gehad met 'n oppervlakte van 730 km². Kigali is op 'n aantal heuwels gebou en in 1907 in die destydse Duits-Oos-Afrika gestig, maar het eers met Rwanda se onafhanklikheid in 1962 dié land se hoofstad geword. Die burgemeester is Fidele Ndayisaba.

Lys van visfamilies

Hier is 'n tabel met al die visfamilies wat aan die Suider-Afrikaanse kus voorkom. Dit sluit families van beide die Kraakbeenvisse en Beenvisse in:

* Die familie is ingesluit om die verwarring met die term 'Kabeljou uit te klaar.

Nylrivier

Hierdie artikel handel oor die bekende, langste rivier in die wêreld. Vir die rivier in Suid-Afrika, sien Nylrivier (Suid-Afrika).Die Nylrivier (Amharies: አባይ ወንዝ, ʿAbbai; Arabies: النيل, an-Nīl; Engels: Nile; Kopties: ⲫⲓⲁⲣⲱ, P(h)iaro) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Afrika. Die rivier, met 'n lengte van 6 650 km (4 132 myl), word algemeen beskou as die langste rivier in die wêreld. Dit is egter omstrede (en nog nie duidelik nie) of hy nie na die Amasonerivier as die tweede langste rivier gerangskik moet word nie.

Paarl

Die Paarl is naas Kaapstad en Stellenbosch een van die drie oudste Europese nedersettings in Suid-Afrika. Die dorp het 112 000 inwoners in 2011 gehad en lê in die provinsie Wes-Kaap, sowat 60 kilometer noordoos van Kaapstad, aan die oewers van die Bergrivier en 132 meter bo seevlak. Paarl is die grootste dorp in die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit en is bekend vir sy roemryke geskiedenis en pragtige natuurskoon.

Die Paarl lê in die Kaapse winterreënstreek en sowat 80% van die jaarlikse reënval (700 millimeter) word gedurende die wintermaande aangeteken. Die Paarlberg beskik oor 'n geologiese besonderheid. Die reusagtige granietrots word deur drie geronde dagsome gevorm – dit is die grootste granietdagsoom ter wêreld en een van die min berge in Suid-Afrika wat tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Dit is ook die tweede grootste dagsoom naas die sedimentêre Uluru, voorheen bekend as Ayers Rock, in Australië.

Simondium

Simondium is 'n gehuggie 6 km suid van die Paarl wat genoem is na Pierre Simond (1651–1713), Hugenote-predikant aan die Kaap, en deel uitmaak van die munisipaliteit Drakenstein.

Die plekkie het in 1958 sy eie gemeente van die NG Kerk gekry, wat deel is van die Ring van die Paarl en in 2010 164 lidmate gehad het, vergeleke met 284 in 1990. Einde 2015 het dit teruggesak tot 132.

Victory Park

Victory Park is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 8 km noordnoordwes van die stadsaal.

Victory Park tesame met die Victory Park-kleinhoewes, wat uit enkele oop stukke grond, ’n paar straatblokke met onder meer die Joodse privaat hoërskool King David en die Victory Park Hebreeuse gemeente se geboue, beslaan sowat 1,6 km². In die noorde grens dit aan Deltapark in Blairgowrie, in die noordooste aan Craighall Park, in die weste aan Parkhurst, in die suidooste aan Greenside, in die suidweste aan Emmarentia en in die weste aan Linden. Ingevolge die ou munisipale bedeling was, het Victory Park dus onder Johannesburg geval en is dit deur Linden van Randburg geskei.

Victory Park is uitgelê op die plas Braamfontein en aansoek daarvoor is in Januarie 1919 gedoen. Die naam herdenk volgens oorlewering die oorwinning van die Geallieerdes tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914–18).

Die voorstad het blykbaar stadig ontwikkel, want in 1934 was hier net 10 Afrikaanse en agt Engelse kiesers op die munisipale kieserslys. Teen 1949 was dit 16 en 26, maar teen 1961 het die Engels kiesers skerp toegeneem tot 171, vergeleke met 45 Afrikaanssprekendes. Die voorstad huisves drie van Johannesburg se agt privaat Joodse Kind David-skole: ’n preprimêre (132 leerders in 2017), primêre (343) en sekondêre skool (375). Die sekondêre skool was toe net die helfte so groot soos die Hoërskool King David in Linksfield in die noordooste van Johannesburg, wat tradisioneel 'n groter Joodse teenwoordigheid het as die noordweste.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.