11 September

11 September is die 254ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (255ste in skrikkeljare). Daar volg nog 111 dae in die res van die jaar.

September 11 Photo Montage
Aanvalle van 11 September 2001 in die VSA
<< September 2019 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30
Al die dae

Gebeure

Geboortes

Sterftes

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

1937

Die jaar 1937 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 37ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1950

Die jaar 1950 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1971

Die jaar 1971 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 71ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1972

Die jaar 1972 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

1973

Die jaar 1973 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 73ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

1978

Die jaar 1978 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 78ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2001

Die jaar 2001 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 1ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

2001 was die Verenigde Nasies se internasionale jaar van die vrywilliger.

2011 Italiaanse Grand Prix

Die 2011 Formule Een Italiaanse Grand Prix is op 11 September 2011 op die Autodromo Nazionale Monza, in Italië, gehou. Dit was die dertiende wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in 'n Red Bull-Renault gewen.

2014 Formule Een-seisoen

Die Formule Een-seisoen van 2014 was die 65ste seisoen van die Formule Eenkampioenskap en is oor 19 Grand Prix-wedrenne beslis.

21ste eeu

Die 21ste eeu, die eeu waarin ons ons tans bevind, het in die jaar 2001 in aanvang geneem en sal teen die einde van die jaar 2100 ten einde kom.

Die begin van die 21ste eeu is gekenmerk deur die Aanvalle op 11 September 2001 in die VSA en die oorloë as gevolg daarvan.

Aanvalle op 11 September 2001

Die aanvalle op 11 September 2001, afgekort as nege-elf of 9/11, was 'n reeks van vier tereuraanvalle wat die oggend van 11 September 2001 in die VSA gepleeg is. Vier groepe ekstremistiese terroriste, elk met 'n opgeleide vlieënier, het passasiersvliegtuie gekaap en dit direk in bekende bakens vasgevlieg. Hierdie teikens was die Pentagon en die Wêreldhandelsentrum se tweelingtorings in New York Stad. Die vierde vliegtuig het neergestort voordat dit sy teiken in Washington, D.C. kon bereik. Byna 3 000 mense sterf tydens die gebeure. Die meeste slagoffers was burgers van die Verenigde State, maar meer as 300 mense van ander lande, soos die Verenigde Koninkryk, Indië en Kanada het ook hiertydens omgekom. Na afloop van die gebeurtenis het die regering van die VSA gesê dat die aanvallers bande met die Al-Kaïda-terroristegroep het.

Chiliboy Ralepelle

Chiliboy Ralepelle (* 11 September 1986, Tzaneen) is ’n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in die Superrugbykompetisie op haker speel.

Hy speel sy eerste toets vir die Springbokke teen die All Blacks op 26 Augustus 2006 in Pretoria op die jeugdige ouderdom van 19 jaar.

Gereformeerde kerk Beestekraal

Die Gereformeerde kerk Beestekraal was ’n gemeente in die GKSA se Klassis Rustenburg. In 2001, die jaar voor die gemeente deel van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier geword het, was hier 136 belydende en 43 dooplidmate, die vierde kleinste van die 14 gemeentes wat destyds dié Klassis gevorm het.

Die boukommissie van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier het op 17 Mei 1947 opdrag ontvang om ’n saal vir Beestekraal te beplan en die nodige perseel vir dié doel te bekom. Ockert en Roelf van Wyk, lidmate, het toe 3 morg grond op Beestekraal aan die kerk geskenk. Op 14 Augustus het die kommissie berig dat die tender van F. du Plessis, eweneens ’n Gereformeerde lidmaat, vir die bou van die saal aanvaar is. Die boukoste het eindelik £885 beloop en die saal is plegtig in gebruik geneem op 30 April 1949.

Op 11 September 1956 is ’n kommissie aangewys om die wenslikheid van die afstigting van Beestekraal en die wyke noord daarvan te ondersoek. Op 2 Mei 1956 is berig die Klassis het afstigting goedgekeur. Op 7 September 1957 het die afstigting gevolglik plaasgevind en in 1958 is die saal vergroot en opgeknap. In die naweek van 14 en 15 Augustus 1976 is die vergrote kerkgebou in ontvangs geneem. Die bouaannemer was ’n Gereformeerde lidmaat, Frans Briel.

In 2002 het Beestekraal se kerkraad besluit hulle sien nie meer kans om as selfstandige gemeente voort te bestaan nie; daarom het hulle Krokodilrivier se kerkraad genader met die oog daarop om weer deel te word van die moedergemeente. Solank Krokodilrivier se lidmaattal dit toegelaat het, het die gemeente twee predikante gehad wat op Soutpansdrift, Krokodilrivier se kerkplek, en Beestekraal gepreek het. Tans (2016) is daar net een leraar, maar albei kerke word nog gebruik met ’n erediens op Soutpansdrift om 10:00 en om 08:00 op Beestekraal.

Gereformeerde kerk Volksrust

Die Gereformeerde kerk Volksrust is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Piet Retief. Einde 2015, toe hier 102 belydende en 14 dooplidmate was, was dit die sesde grootste van die 10 gemeentes in dié Klassis. In 2001 was die syfers onderskeidelik 117 en 52 en in 1960 118 en 86.

Lidmate van die latere gemeente het eers in verskillende provinsies gewoon in die streek waar die destydse Transvaal, Natal en Oranje-Vrystaat mekaar ontmoet het. In 1893 het lidmate hier as die Gereformeerde kerk Martinus Wesselstroom (die latere Wakkerstroom) afgestig. In 1905 het die gemeente se naam verander na Amersfoort. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het Volksrust as spoorwegsentrum ontwikkel en het die gemeente se swaartepunt daarheen verskuif. Vandag nog is Amersfoort, Wakkerstroom asook Memel in die Vrystaat deel van die gemeente Volksrust.

Ds. Derk Rumpff die nuwe kerkgebou op Volksrust se hoeksteen in 1912 gelê. Dis ontwerp as ’n saalkerk met ’n spitsdak en Neo-Gotiese vensters. Die Gereformeerde kerk Heidelberg het die preekstoel en kerkklok aan die gemeente geskenk. Op 8 Augustus 1931 het Volksrust ’n orreltjie present gekry van ’n lidmaat, ene Joubert.

Op 16 November 1957 het die gemeente se vrouelidmate ’n Kanselbybel geskenk en in 1963 het ’n lidmaat, Tommie Labuschagne, die houtwerk aan die preekstoel voltooi, ’n jaar nadat die ou orreltjie deur ’n pyporrel vervang is. Die orrel is geskenk deur Kota Badenhorst, al was hy nie ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk nie. In 1975 is die kerkbanke wit geverf en die vloer met rooi matte bedek. Hierdie mooi, geskiedkundige kerkie is vandag (2017) nog in gebruik nadat dit in 1991 vergroot is, toe ds. G.J.V.S. Roos op 6 Mei daardie jaar ’n nuwe hoeksteen gelê het. Op 11 September 1993 het ds. J.J.J. Erasmus ’n gedenksteen onthul met die oog op die gemeente se 100ste bestaansjaar.

Italiaanse Wikipedia

Die Italiaanse uitgawe van Wikipedia word in Januarie 2002 geskep. Op 22 Januarie 2013 het dit reeds 1 000 000 artikels bevat, wat dit toe die vyfde grootste uitgawe van Wikipedia gemaak het, net na die Engelse, Duitse, Nederlandse en Franse Wikipedias. In Augustus 2005 steek dit die Spaanse en Portugese Wikipedias verby, waardeur dit die 8ste grootste Wikipedia word. Hierdie sprong is hoofsaaklik te danke aan 'n geoutomatiseerde opdatering wat die aantal artikels van 56 000 na 64 000 opstoot. Die groot bywerking staan bekend as operasie "Comuni spagnoli", wat artikels vir meer as 8 000 Spaanse distrikte skep. Op 8 September 2005 steek dit die Nederlandse Wikipedia verby en een dag later word die 100 000 artikelkerf bereik. Op 11 September steek hulle die Sweedse Wikipedia verby en word die 4de grootse taalweergawe danksy nog 'n geoutomatiseerde toevoeging van Franse distrikte.

Die wikipedia het tans 1 558 789 artikels met meer as 1 242 000 geregistreerde gebruikers. Dit is tans die 8ste grootste Wikipedia na die Engelse, Sweedse, Duitse, Nederlandse, Franse, Russiese, Waray-Waray en Cebuano uitgawes.

Pous Benedictus XIII

Benedictus XIII was die 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 5 jaar, 8 maande en 24 dae, van 1724 tot 1730. Vir 'n ander Pous Benedictus XIII, (Pedro de Luna, die laaste pous in Avignon) sien Teenpous Benedictus XIII.

Pous Clemens XI

Clemens XI was die 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 20 jaar, 3 maande en 25 dae, van 1700 tot 1721. Hy word veral onthou weens sy bul "Unigenitus" en sy betrokkenheid by die Spaanse suksessie-oorlog.

Pous Julius II

Pous Julius II was die 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1503 tot 1513. Sy bynaam was "Il Papa Terribile" (die verskriklike pous). Sy pontifikaat is gekenmerk deur 'n aggressiewe buitelandse beleid, ambisieuse bouprojekte en die bevordering van die skone kunste.

Pous Paulus V

Paulus V was die 233ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1605 tot 1621. Hy was haaks met Galileo Galilei oor laasgenoemde se bevestiging van die heliosentriese stelsel van Copernicus.

Ander tale

This page is based on a Wikipedia article written by authors (here).
Text is available under the CC BY-SA 3.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.